Getuienisbediening se dankie…

Die Getuienisbediening het 28 Januarie 2025 ‘n oggend tee met versnaperinge voorgesit, as dankie vir almal wat bygedra het tot die sukses van die Wolwedans 2024 Kersprojek. Die gemeente en besighede in die omgewing het ruimskoots bygedra.

Die Kerspakkies (105) is op 12 Desember 2024 uitgedeel, en met baie dankbaarheid en soms met trane van dankbaarheid ontvang. Nogmaals dankie aan elkeen wat gedring was om by te dra om die Getuienisbediening se hande te vat.