Skep asem vir vandag: 1 April 2025

1 April

Vandag begin die vierde maand van die jaar. Ek wens dat jy die volwassenheid aanleer om jou woorde te tel voordat jy praat, veral wanneer jy kwaad is. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Jy sal geluk ervaar as jy vrede maak.

Teks: Toe vra Esau: “En wat is jou bedoeling met al daardie goed wat ek gekry het?” en Jakob antwoord: “Dit is om u vriendskap te wen.” (Gén 33:8)

  • Wie vriende het, het ‘n gawe van God gekry, want vriendskap gee vreugde, veiligheid, hoop, troos en selfs ook goeie advies vir die toekoms.
  • Probeer jou bes om nie met ander mense te stry, te baklei of in kwaaivriendskap met hulle te leef nie (Heb. 12:14).
  • Doen alles in jou vermoë om in vrede met daardie mense te leef.
  • Jy sal gelukkig word as jy vrede maak met daardie mense met wie jy in onvrede leef (Matt 5:9).
  • Antwoord mense sag. Skerp woorde maak mense kwaad (Spr. 15:1).

Gebed

Liewe Vader, gee my die insig, wysheid, leiding en moed om ‘n vredemaker te wees.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.