Skep asem vir vandag: 2 April 2025

2 April

My gebed is dat jy die wonders van God sal raaksien – ook hoe Hy vrede in jou verhoudinge bewerk. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Vrede kom wanneer jy dit nie verwag nie

Teks: “Maar Esau sê vir hom: “Broer, ek besit self baie. Wat joune is, moet joune bly.”( Gen 33:9)

  • In die verhaal van die familie, die broers Jakob en Esau, speel konflik, vriendskap en vrede ‘n belangrike rol.
  • Soms is jy bang om uit te reik en vrede te maak – jy is bang vir verwerping of nuwe konflik.
  • Dit is belangrik dat jy die kans vat en dit waag om vrede te probeer maak.
  • Wanneer jy kalm oor probleme praat, bring jou woorde heling, hoop en genesing (Spr. 15:4).
  • Jy sal verbaas wees hoe die ander persoon jou omarm.

Gebed

Liewe Vader, ek het moed nodig om vrede te maak. Gee dit vir my.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.