Op 10 September 2025 het die lank verwagte Bejaardesorg Gemeenskapprojek ‘n aanvang geneem, onder die bekwame leiding van Aletia Nortje en andere van die Getuienisbedieng (NG Kerk) en in samewerking van verskeie ander Kerke (o.a die AGS en ander Charismatiese Kerke) asook die Gemeenskapsforum van Groot-Brakrivier.
Lees meer “‘n Goeie begin vir die Dagsorgsentrum vir 60Plussers (Wolwedans Bejaardesorg Gemeenskapprojek)”Skep asem vir vandag: 18 September 2025
18 September
My wens is dat jy vandag terug sal kyk op jou lewe en die getroue God wat altyd hulp gee, helder sal sien. Vandag se boodskap uit God se Woord is hier om jou te bemoedig.
Tema: Die verhaal van jou lewe is ’n verhaal van God wat geluk bring.
Teks: “Julle het in die woestyn ondervind hoe die Here julle God … julle tot hier toe … gedra het” (Deut. 1:31)
- Wanneer jy moedeloos raak, kyk terug en sien hoe God jou in die verlede gehelp het.
- Net soos Hy jou deur vorige “woestyntye” gelei het, sal Hy jou ook nou lei.
- Die verhaal van jou lewe is vol van God wat ingryp en help.
- Die God wat jou gister gehelp het, help jou vandag en sal jou môre ook help.
- Leef met vrede en gemoedsrus!
Gebed
Vader, baie dankie dat U rus in my gemoed bring. In die Naam van Jesus Christus die Here Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
’n Bederfdag deur Seeds of Hope en die Ondersteuningsbediening
’n Bederfdag
Op 17 September 2025 het die kerksaal gevul met gelag en musiek tydens Seeds of Hope en die Ondersteuningsbediening se spesiale viering vir ons lieflike 60 jaar en ouer gemeentelede. Die doel was eenvoudig én kragtig: om harte te verwarm met ’n heerlike bederfdag.
Daar was lekkernye, koffie en tee in oorvloed, maar die ware kos was die vreugde van verbinding. Ouer mense het aan tafels gesit, nuwe vriende gemaak en selfs telefoonnommers uitgeruil, wat die bande van gemeenskap versterk het. Die talentvolle Wilidia Crause, op klavier begelei deur Franco Engelbrecht, het die saal betower met haar lieflike sang.
Die pret het ’n hoogtepunt bereik met die Voete Skommel-speletjie, wat lag en vrolikheid ontketen het. Die dag was ’n pragtige herinnering dat ons nooit te oud is om te speel, te kuier en nuwe vriende te maak nie. Dit is deur sulke prettige oomblikke dat ons saam die skaduwees van eensaamheid verdryf en hoop laat blom.
#SeedsOfHope #Ondersteuningsbediening #Bederfdag #Gemeenskap #Verbinding #EensaamheidBekamp
Skep asem vir vandag: 17 September 2025
17 September
Mag jy weet dat die Here jou nooit los nie en in elke moeilike uitdaging saam met jou gaan. God se Woord is daar om jou vandag moed te gee.
Tema: Die Here sal jou saak hanteer.
Teks: “Die Here julle God … sal vir julle veg” (Deut. 1:30)
- Die Here is voor jou, agter jou, langs jou, bo jou en onder jou.
- Die Here God is oral en kan al jou uitdagings hanteer en oorwin.
- Elke emosionele, fisiese of geestelike stryd word deur Hom saam met jou geveg.
- Selfs wanneer jy alleen en swak voel, is die Here by jou en dra Hy jou.
- Geen probleem is te groot vir Hom nie.
Gebed
Vader, baie dankie dat U alles van my hanteer en dat ek vanuit U hand kan leef. In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 16 September 2025
16 September
My gebed is dat jy vandag sal beleef hoe die Here voor jou uitgaan. My wens is dat jy ervaar hoe Hy jou in alles wat jy moet doen lei. Vind krag uit God se Boodskap vir vandag.
Tema: Volg die Here.
Teks: “Die Here julle God gaan voor julle uit …” (Deut. 1:30)
- Die Here gaan altyd voor jou uit en maak die pad glad en gereed.
- Net soos Hy die Israeliete gehelp en geseën het, sal Hy ook jou help en gelukkig maak.
- Volg Sy leiding. Doen wat Hy vra. Luister na Sy stem. Sien Sy rigting raak.
- Geniet die geluk, rustigheid en vrede wanneer jy die Here volg.
Gebed
Vader, gee my Goddelike wysheid sodat ek sal doen soos U sou gedoen het as U vandag hier was. In die Naam van Jesus Christus die Here Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 15 September 2025
15 September
My wens en gebed is dat jy vandag innerlike krag sal kry om sterk te staan. Hier is God se Woord vir vandag.
Tema: Staan sterk teen beïnvloeding.
Teks: “Moenie vir mense bang wees nie.” (Deut. 1:17)
- God is sterk, kragtig en almagtig. Jy is Sy kind en het Sy eienskappe.
- Leef hierdie karaktertrekke elke dag uit – veral wanneer jy onder druk kom.
- Elke dag bied geleenthede om vir God te kies, ongeag wat ander sê of van jou verwag.
- Wanneer jy die Here God volg, bring dit werklike vryheid in jou gemoed.
Gebed
Vader, maak my innerlik sterk en gee my dapperheid sodat ek U sal volg. In die Naam van Jesus Christus die Here Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Getuienis toerustingsgeleentheid 20-21 September 2025
Wil jy graag saam met ander gelowiges in ‘n veilige / gemaklike ruimte inoefen hoe om missionaal te wees?
Kom wees saam met ons deel van ‘n besonderse dag waar ds. Hendrik Saayman vir ons gaan kom meedeel hoe om die verstaan van kerkwees radikaal te verdiep en jou dankbaarheid uit te leef. Sy tema vir die dag is:
Tema
"Geroep en gestuur, 'n getuigende lewe, vier en twintig sewe".
‘n Besprekingsessie sal daarna gehou word oor hoe om praktiese uiting tot hierdie dankbaarheid te bied in die NG Groot-Brakrivier Gemeente waar dankbaarheid alreeds prakties uitgeleef word, sal ondersoek word.
Die geleentheid word met ‘n gesellige middagete afgesluit.
Dit alles vir slegs R25 per persoon ten einde kostes te dek.
Pen asseblief 20 September 2025 in jou dagboek neer en registreer voor/op 16 September 2025 by die kerkkantoor om jou deelname te bevestig.


Stof tot nadenke: Sonde en Verlossing
“Ek vertel julle egter die waarheid: Dit is voordelig vir julle dat Ek weggaan. As Ek nie weggaan nie, sal die Parakleet nie na julle kom nie. As Ek egter weggaan, sal Ek Hom na julle stuur. En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:…”
(Joh. 16: 7-8)
Lees meer “Stof tot nadenke: Sonde en Verlossing”Skep asem vir vandag: 14 September 2025
14 September
Tema: Trek niemand voor nie
Teks: “Moenie partydig wees as julle ‘n saak verhoor nie, luister na klein en groot.” (Deut 1:17)
- Ware integriteit behandel alle mense gelyk, ongeag hulle status of posisie.
- God roep ons om regverdig te wees en niemand voor te trek nie.
- Jou karakter word getoets in hoe jy mense behandel wat niks vir jou kan doen nie.
- Regverdigheid en onpartydigheid wen die respek en vertroue van ander.
Gebed
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Erediens: Wat het ek aan jou gedoen? Sondag 14 September 2025 Dr. Nadia Marais. Num 22 NG Kerk Groot-Brakrivier
Detail
Prediker: Dr Nadia Marais
Skriflesing: Numeri 22: 21-35
Tema: Wat het ek aan jou gedoen
Orrelis: Marida Bridges
Datum: 14 September 2025
YouTube
Lees meer “Erediens: Wat het ek aan jou gedoen? Sondag 14 September 2025 Dr. Nadia Marais. Num 22 NG Kerk Groot-Brakrivier”Lief en Leed Week 38 van 2025
Verjaarsdae

Doop
Baie welkom aan Adriaan van der Merwe wat Sondag 7 September gedoop is.
Nuusflitse Week 38+ van 2025
Sondag 14 September 2025: Erediens 09:00 Kategese & Kleuterkerk 09:00 Groenkloof Erediens 10:00
Woensdag 17 September 2025: Kooroefening 16:45
Woensdag 17 September Wolwedans boodskap, sop en brood:
Woensdag 17 September 2025 – 60+ bymekaarkoms
20 – 21 September 2025 – Getuienis Toerustingsgeleentheid
Sondag 21 September 2025 Erediens – Ds. Hendrik Zaayman, Erediens 09:00 Kategese & Kleuterkerk 09:00 Groenkloof Erediens 10:00
Wolwedans. Die datums vir die vierde kwartaal is 8 & 22 Oktober, 5 & 19 November en 10 Desember.
2 Oktober 2025 EMO Adams by die Dekke
24 Oktober 2025 SS- Gemeentekonsert
25 Oktober 2025 Dankfees
31 Okt – 2 Nov 2025 Gesinskamp
Afkondigings 14-21 September 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier
Sondag 14 September 2025 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Nadia Marais wat vanoggend se diens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Numeri 22:21-35 (2020-vertaling).
- Die tema van die prediking is: Wat het ek aan jou gedoen?
- Toerustingsondag/Melaatse (Leprose).
- Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
- Spesiale offer vir Sending aan Melaatse by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Klub50: Kegelbal pret in Hartenbos
Klub50 het ‘n pret dag gehad op 3 September 2025 in Hartenbos. Daar is meegeding om die beste punte op die Puntebord te kry. Dit was’ n genoeglike dag in goeie gees en wenners en nie-wenners het dit ewe veel geniet.
Skep asem vir vandag: 13 September 2025
13 September
Tema: Leef onder die beheer en seën van God se Gees
Teks: “Hy het Josua… die hande opgelê…” (Num 27:22-23)
- God gee Sy gesag aan diegene wat onder die leiding van Sy Gees leef.
- Jy het ook Goddelike gesag omdat jy ‘n kind van ons Vader is.
- Leef met selfvertroue, wetende dat God se Gees jou lei, toerus en bemagtig.
- Onder God se gesag kan jy positief optree en ‘n verskil maak.
Gebed
Liewe Vader, ek gee myself in U hande sodat U my kan leer om met Goddelike gesag op te tree.In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 12 September 2025
12 September
Tema: Stap agter die Here aan
Teks: “Moses het gedoen wat die Here hom beveel het…” (Num 27:22)
- Sukses en ware geluk in die lewe hang af van gehoorsaamheid aan God se wil.
- Selfs wanneer God se opdragte moeilik is, bring gehoorsaamheid vrede, rustigheid en geluk.
- In alle areas van jou lewe – politiek, huwelik, werk, finansies, verhoudings – is gehoorsaamheid ‘n vereiste.
- God is goed, daarom is Sy diepste wens dat dit met jou ook goed gaan.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my lei, maar help my om U stem duidelik te hoor.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 11 September 2025
11 September
Tema: Kry ‘n mentor vir jou lewe, of wees ‘n mentor
Teks: “Maar hy moet altyd die priester Eleasar raadpleeg …” (Num 27:21)
- Selfs die sterkste leiers het mentors nodig – niemand weet alles nie.
- Wysheid kom deur die raad van Godvresende mense te soek.
- Soos jy groei, word jy geroep om ander te mentor en te lei.
- Goddelike advies deur ‘n mentor help jou om suksesvol te leef.
Gebed
Liewe Vader, help my om ‘n mentor vir my lewe te aanvaar of om ‘n Gees-beheerde mentor vir iemand te wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Die Woord binne die stilte – Bybel vir Dowes
Beste Bybelvennoot
Hierdie September, tydens Dowebewustheidsmaand, het die Bybelgenootskap Die Woord binne die Stilte fondsinsamelingsveldtog geloods – ’n projek wat help om die Engelse Bybel vir Dowes gratis aan Dowes te voorsien deur skole en organisasies wat die dowe gemeenskap dien.
Lees meer “Die Woord binne die stilte – Bybel vir Dowes”Skep asem vir vandag: 10 September 2025
10 September
Tema: Wees rustig oor die toekoms
Teks: “Neem vir Josua seun van Nun, ‘n man op wie my Gees is, en lê hom die hande op.” (Num 27:18)
- God voorsien altyd die regte persoon op die regte tyd.
- Die Heilige Gees gebruik mense wat onder Sy beheer is.
- Jy hoef nie bekommerd te wees oor wat gaan gebeur nie – God het dit alles beplan.
- Leef ook onder die leiding van die Heilige Gees sodat Hy jou kan gebruik.
Gebed
Liewe Vader, help my om sensitief te raak vir U leiding, o Gees van God.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Sendingnuus Madagaskar: La rentrée 2025/26
The beginning of the new school year turned out to be a happy event. Teachers and children alike were delighted to be back at school. This will be our third school year after we moved and things are generally looking much better. There is still lots of work to do and since we have about 200 children this year, a serious lack of space. The news about the new pre-school spread very quickly and it was definitely the main attraction this year. The other reason for the rise in numbers, is a less happy one. The people who wanted to hijack our school and then started their own school after we had left the premises, did not re-open this year. We are not sure why, but although it was not a good school, it still allowed many children to go to school. Parents who have already paid school fees during the holiday, were left stranded without reimbursement. Many of those parents came to us for help and while we could not accommodate all of them, some managed to procure a place.


We had only two little ones who cried this year and one that thought that biting might get her sent home to mom. After only two days though, all was calm and the main focus was to get them adjusted to the new routine: proper manners, walking to the toilet and washing hands.
The first day of the primary school is usually taken up with organising books and making sure that the right names of the children appear on those books as parents sometimes can’t agree on what to call their children. It happens regularly that we call a child by the name on the birth certificate, just to realise that the child does not respond, because there is also another name, the ‘every day name’.




Royal Ranger meetings will start on Wednesday and Saturday and we are excited about what God will do in the lives of the young people this year. Please pray with us that the teachers will continue with their positive start and realise that their hard work will bear much fruit.
Dries to the rescue after he noticed that the boards for the Grade 1 children were too low.


May you have a blessed week.
E-posadres: lynettedj@gmail.com
Bank: ABSA, Lynette de Jager,
Rekeningnr: 1410142909,
Takkode: 632005
































