Afkondigings 14-21 September 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 14 September 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Nadia Marais wat vanoggend se diens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Numeri 22:21-35 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Wat het ek aan jou gedoen?
  • Toerustingsondag/Melaatse (Leprose).
  • Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
  • Spesiale offer vir Sending aan Melaatse by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 17 September 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons     . Alle belangstellendes welkom.

Saterdag 20 September 2025 :

  • Toerustingsgeleentheid om 08:30 vir 09:00 (slegs indien u plek bespreek het voor of op 16 September – sien inlas).

Sondag 21 September 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Hendrik Saayman.
  • Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
  • Sinodale offer vir Bediening aan Dowes by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Dopper Basaar
Dopper Basaar
Verjaarsdae
Verjaarsdae

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Die leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Bedieninge

Getuienisbediening :

Bluetooth Speaker benodig
Bluetooth Speaker benodig

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die laaste uitreikdatum vir die derde kwartaal is 17 September. Die datums vir die vierde kwartaal is 8 & 22 Oktober, 5 & 19 November en 10 Desember.

60Plussers

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons     / Riëtte Jansen van Rensburg –Kontak Ons     

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons     

24 Oktober 2025: SS- Gemeentekonsert!

Dit beloof om, soos in die verlede, ‘n aand vol pret, stories en lekker lag te wees. Indien jy belangstel om deel te neem, kan jy die kerkkantoor kontak. Sien jou daar!

EMO ADAMS

Helping Relieve Poverty NPC bied ‘n vertoning aan van EMO ADAMS by De Dekke Restaurant. Alle winste gaan aan gemeenskapsopheffing in die Groot-Brakrivier area.

Emo Adams kaartjies beskikbaar op Quicket.

EMO ADAMS by De Dekke Restaurant.

https://www.quicket.co.za/events/332608-emo-adams-in-grootbrak-rivier/?ref=events-list#

Dankfees

Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB, Rek no 53083186511,
Takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk).

Hulp

Ons het vrywilligers nodig wie ‘n handjie kan by sit by onderskeie tafels/stalletjies.

Daar is ’n lys by die tee na die erediens waar enigeen wie graag by die basaar as vrywilliger wil help, jou naam kan opgee. Alternatiewelik kan julle vir Ruan kontak – 082 762 0002. Verdere inligting sal volg.

Gesinskamp 31 Okt * 2 Nov 2025
Gesinskamp 31 Okt * 2 Nov 2025

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA China

’n Pastoor in China het onlangs gedeel dat goeie kerkleiers skaars is in sy land, maar dat FEBA China se Liangyou Teologiese Kweekskool (LTK) help om die leemte te vul. Die LTK lei al vir meer as 40 jaar kerkleiers op – aanvanklik deur radio-uitsendings en nou deur (gratis) aanlynkursusse. Die LTK het 20 000 ingeskrewe studente en meer as 4 000 gegradueerdes.

Ons gebed vir die week: Bid dat die LTK se studente ’n diep begrip van God se Woord sal kry en sterk leiers in die kerk sal word.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 14 September 2025

1.  Erediensbediening:

Die skakel na die YouTube Erediens van 14 September, gelei deur

Dr Nadia Marais, is beskikbaar.

  • Getuienisbediening:
  • Sendingnuus van Madagaskar: La rentrée 2025/26.
  • Missie Japan bespreek die belangrikheid van Wêreldsending.
  • Bybelstudiereeks:
  •  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n wonderlike begin vir elke dag.
  •  Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Sonde en verlossing”
  • Gemeentenuus:
  • Klub 50 se kegelbal pret in Hartenbos.
  • 18 tot 49-jariges se eerste braai.
  • Die weeklikse Afkondigings is op die webtuiste, indien u wil seker maak van enigiets.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Een antwoord op “Afkondigings 14-21 September 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier”

Kommentare is gesluit.