Paasfees Program

Goeie Vrydag – 15 April 2022
07:00 YouTube nagmaal videodiens
08:00 Meditatiewe nagmaal – kerkgebou
(Persoonlike bepeinsende nagmaal, geen preek nie)
10:00 Erediens en nagmaal in die kerkgebou (Ds. Danie Goosen)

Sondag 17 April 2022 – Paasfees
Geen Kategese
06:30 Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruisstrand
Ds. Danie Goosen
(Bring eie stoel, kombers saam)
10:00 Erediens in kerkgebou – Dr. Frans Hancke

Paasviering as passiewe protes – Kerkbode

Paasfees - Kerkbode

Die Christelike Sondag se wortels lê in Paasfees, die fees waar lewe uit die dood verrys. Elke Sondag is ’n Paasfees, dus nie die sewende dag nie, maar die agtste dag, oftewel die eerste dag van die nuwe, die dag van lewe uit die dood, van moontlikheid, van herskepping. En al die Sondae van die jaar kring vanaf Paasfees uit soos vanaf ’n episentrum. – So skryf Prof Cas Wepener … lees die volle artikel hier.

Lees meer “Paasviering as passiewe protes – Kerkbode”

Oekraïne: Michelle Potgieter

Liewe familie en vriende 

Vanaand is ‘n koue en reënerige aand in Reni. Dit was ‘n stil dag. Niemand mag uit hulle huise gaan nie. Van Vrydagaand tot Maandag oggend moet almal in die Odessa streek binnenshuis bly. Hulle verwag ‘n lug aanval oor die naweek.
Ons kry af en toe waarskuwings op ons telefone “The Government of Ukraine has issued an air raid alert in your region.” Maar die Here is ‘n muur van vuur om ons en my geloof is sterker as ooit in die Here. Ek weet dat Sy vlerke oor ons is daarom sal ons vanaand rustig slaap. 

More sal dit ses maande wees wat die Here vir Ockert kom haal het.  Soveel het gebeur. Ons lewens is omgekeer. Party dae mis ek hom so dat dit ondraaglik is. Donderdag het ek vir Cilliers en Tanya gaan groet voor hulle Duitsland toe vertrek het. Ek stop die kar weer voor ons huis en sit die ligte af. Terwyl die musiek speel sit ek in die donker en kyk. Nou is ons net drie. Ek, Ivan en Benjamin. Ek sit en kyk na die huis hoe ons 26 jaar hier soveel herinneringe gehad het. Die herinneringe speel soos films voor my af. Hoe ons babas in die arm in en uit die hekkie gegaan het. Vyf kinders, kleuters, babas en dan tieners. Hoe ek en Ockert in die stof straat hand aan hand geloop het. Die blydskap oor elke roos wat in die voortuin blom en die rose wat tot bo ons kamervenster rank. Nou is die roosboom se takke nog lewensloos in die koue. Terwyl ek so in die donker sit en huil, voel ek net die Here se teenwoordigheid by my in die motor. Hy vat die seer weg en vertroos my en droog elke traan af. Hy is so naby aan die wat hart gebroke is. Nader as ooit. 

Die volgende oggend gee Hy nuwe vreugde en ons maak kos vir die vlugtelinge, deel kospakkies uit aan gesinne wat swaar kry.

Hulle se dat daar meer as 15000 vlugtelinge in Reni is. Reni is ‘n toevlugsoord! Ons ontvang elke dag vlugtelinge in ons kerkgebou en maak gratis etes. Ons sit by die tafels en luister na hul stories van hoe hulle gevlug het. Baie keer is dit net met die klere aan hul lywe. Ons gee klere, kos en verblyf. Almal in die gemeente help. Ons nooi hulle kerk toe en hulle kom. Van die mense geuig hoeveel genesing hulle ontvang het. ‘n Vrou vertel hoe sy en haar man en kindertjies gevlug het. Dit was so erk dat sy in die kar flou geword het. Ons het ook warm etes na die grenspos geneem waar vlugtelinge tot drie dae wag om die land te verlaat. Dit is ‘ voorreg om nou hier te kan wees.

Die week het ‘n ander gesinnetjie gekom met twee klein kindertjies. Die twee jarige dogtertjie het ‘n seldsame sindroom wat net 70 mense in die wêreld ooit gehad het. Sulke kindertjies lewe net tot twee of drie jaar oud. Sy weeg maar 6kg en kan nie loop nie. Ek het nog nooit voorheen ‘n baba gesien wat soveel vreugde uitstraal nie. Sy wil net drukkie gee en lag altyd. Die mamma vra hulp indien enige iemand van dokters weet wat met sulke kindertjies werk sodat sy behandeling kan kry. Nou met die oorlog kan hulle amper na enige land gaan as vlugtelinge. 

Mari-Alena is veilig terug in  Suid-Afrika. Cilliers en Tanya is veilig in Duitsland. Hannes-Joshua en Anastasia is oppad Amerika toe, hulle wag nog vir hul christelike werkers visums. En ons drie is veilig in Reni. Pappa Hannes en mamma Magda is veilig in Santa Rosa, Kalifornië. 

Baie dankie dat julle bid en intree. Dankie vir elke boodskap en bemoediging. 

Baie dankie vir elke bydrae en hulp. Ons waardeer dit oneindig baie. Vergewe asseblief as ek lank vat om boodskappe te antwoord. Ek is ver agter. Elke dag is ons besig van vroeg tot laat. Elke aand het ons gebed by die kerk. Ons is so dankbaar vir elkeen van julle. Dankie dat julle ons arms hoog hou.

Die Here is my Rots en my veilige vestig. Ek sal niks vrees nie.

Die Here is met ons. Hy is getrou en goed. 

Baie liefde en seën

Makhathini – Nuusflitse April 2022

Ons het berig vanaf Louwrens van Makhathini ontvang dat hulle groot waardering het vir die besoek wat die Getuienisaksie van die Wes Kaap se Daniel de Wet en sy gesin verlede week aan hulle gebring het. Daniel het onder andere ‘n ontmoeting met ‘n groep gemeenteleiers gehad. Die gesprek met hulle oor die gemeente se toekoms was baie insiggewend en rigtinggewend. Hiermee ‘n klompie fotos ter info

Lees meer “Makhathini – Nuusflitse April 2022”

Madagaskar: Lynette’s Mada news April 2022

Dries en Michelle - Madagaskar1

For the first time since I arrived, things seem to move forward. Madagascar has finally conceded to allowing other airlines to fly after they had officially opened the boarders more than a month ago, but only allowed Air France entry. We prefer to go back with Air Ethiopia due to their generous baggage allowance. No dates for flights have been announced, but we are convinced that it will be within the next month. Dries also received his second police clearance certificate, so in theory, he is set to go.

Lees meer “Madagaskar: Lynette’s Mada news April 2022”

Afkondigings 3 tot 9 April 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 3 April 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan

ds. Nadia Marais (Goosen) wat vanoggend se erediens lei.

  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Jona 3 & 4. Die tema van die prediking is: Is dit reg dat jy so kwaad is?
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.
  • Geen Kategese.
  • Sesde Lydensweek.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.  U is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

Gebedsgidse

Gebedsgidse vir April 2022 is beskikbaar in die voorportaal. 

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sondag – 10 April 2022

Kategese om 09:00 die oggend.

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker:  Ds. Danie Goosen.

Doop.

Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.

Sewende (Groot) Lydensweek.

Klub-50+

Klub-50+ se jaarlikse braai vind plaas op 6 April by Hartenbosrivier-oord vanaf 10:30. Bring asseblief u eie vleis, drinkgoed en eetgerei. Slaaie, tafels en stoele word voorsien. Toegang is gratis. Indien u dit wil bywoon kontak asseblief vir Mariana van Huyssteen (082 922 9291).

Probleme met die kerkorrel:

Die kerkraad het kennis geneem van probleme met ons kerkorrel.  Kundiges het dit ondersoek en ’n kwotasie vir die herstel is aan ons voorgelê. Volgens beleid moet ’n tweede kwotasie verkry word. Hierdie kwotasie sal ons ongelukkig eers gedurende Mei-maand kan kry weens die skaarsheid van kundiges. Ons is derhalwe verplig om intussen van ons klavier gebruik te maak vir begeleiding.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.

  • Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 6 & 20 April, 4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Omgeebediening

Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

Bydraes kan geplaas word binne die boks in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.  Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting

Dankfees – 14 Mei 2022

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.  Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

  • Pannekoek tafel:
    Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).

Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.

  • Gebak:
    Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).

Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 Mei 2022.  Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.

  1. KERRIE-EN-RYS:  250 ml @ R15 & 500 ml @ R30

            Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /

      Corita du Preez – 084 265 9487

  • JAFFELS @ R20 ELK:  Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis.  Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
  • BOEREWORSROLLE @ R20 ELK: Corrie Pieters – 082 327 9527
  • ROOSTERKOEKE:  Heel @ R10 elk / Konfyt @ R15 elk / Konfyt & Kaas @ R20 elk / Hoender Mayo @ R20 elk.  Daar sal ook slap chips te koop wees.  Amelia – 072 975 0917

Vir die volgende tafels is geen bestellings nodig nie. Julle kan elke tafel besoek en koop volgens jul behoefte.

  • PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476
  • SOSATIES @ R18 elk: Asb geen bestellings! Pieter Lourens – 073 138 7363
  • VLEIS:  Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
  • GEBAK:  Liana Boshoff – 084 764 6155
  • GROENTE:  Robert Crause – 071 243 9181
  1. WIT OLIFANT:  Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorter.  Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.  Annalene de Swardt – 082 495 5011
  1. KINDERTAFEL:  Pauline Richards – 079 557 8591
  1. POEDING:  Elmarie Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)

Gereformeerde Kerk George – Gesellige Oggendbyeenkoms

Kom geniet ‘n gesellige oggendbyeenkoms met Erik Holm op Saterdag 9 April 2022 om 10:00 by die Gereformeerde Kerk George.  Mans en vroue is welkom.

Kontak vir Ruth Du Plessis by 071 789 9009 vir kaartjies.

(Stuur ‘n sms of whatsapp met jou naam en ek bel jou terug om te reël vir aflewering van kaartjies binne George.)

Gebedsversoek vanaf Amos

Dringende versoek vir 3 Christen leiers in sy tuisdorp:

  • Die president van die Protestanse kerk het 18 maande tronkstraf gekry vir die verkondiging van die Evangelie;
  • Twee pastore van kleiner dorpies in die omgewing het ‘n boete en 8 maande tronkstraf gekry vir die hou van eredienste.

Hul appèlle om die strawwe om te keer vind hierdie week plaas.  Bid asseblief dat dit suksesvol sal wees.

Daar is tans weer ‘n hernude vlaag van vervolging teen die verspreiding van die Evangelie in Amos se geboorteland.

Dankies

  • Gholfdag

Baie, baie dankie aan almal wat betrokke was vir u reuse aandeel en ondersteuning om die dag so ‘n groot sukses te maak, maar die grootste dank aan ons Hemelse Vader wat so wonderlik vir ons voorsien.

Die geleentheid het die mooi bedrag van R67 310 opgelewer.  In ‘n tyd waar mense moedeloos en selfs wanhopig is as hulle aan die toekoms dink, glo ons dat u aandeel hoop vir die mense in ons gemeenskap sal bring.  

Ons vertrou dat ons weer in die toekoms hande kan vat ter 

opheffing van die mense se geloof in die môre van die lewe.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          ‘ 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

Lief en Leed Week 14+ van 2022

Lief en Leed

Dis met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van

Cristo Kuhn
en
Pine Pienaar

Ons dra ons innige simpatie oor aan die oorledenes se geliefdes, mag die Here u troos en bystaan in hierdie moeilike tyd.

Nuusflitse Week 14+ van 2022

Nuus Flitse

Dankfees – 14 Mei 2022
Sondag – 3 April 2022 Geen Kategese. Erediens vind plaas om 10:00. Prediker:  Ds. Nadia Marais (Goosen)
Blokbyeenkoms – 13 April 2022 Blok 8A (Bergsig-Wes) 8B (Wolwedans)
Klub-50+ Klub-50+ se jaarlikse braai vind plaas op 6 April by Hartenbosrivier-oord vanaf 10:30
Gebedsversoek vanaf Amos
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening. Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 6 & 20 April, 4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022. Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte.
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede. U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

M & Family – March Ministry updates

Dear brothers and sisters in Christ

Greetings dear prayer warriors, it’s with love and warm greetings and hugs we send to you this letter. praying that you all are doing well

How cannot give thanks and glory to God, just want to praise God for His healing, after my fourth surgery, the same doctor who said there is no hope, told me a week ago that he is very happy for me I could see again, I said to him that I have many people praying for me, his reply was: wow you can really tell them it’s a miracle

Lees meer “M & Family – March Ministry updates”

Afkondigings 27 Maart – 5 April 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 27 Maart 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Maritsa en Armand Joubert en hulle dogtertjie Daney Ritha Joubert wat vanoggend gedoop word.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Josua 5 vers 1 tot 15. Die tema van die prediking is: Beslissende keuses?
  • Bevesting van kerkraadslede: 

Gert Briers (Blok 4B & Voorsitter Eiendomsbediening); Johan de Wit (Blok 8A); Christo Kitching (Blok 9C);  Marie Snyman (Blok 10A);  Johan Pretorius (Blok 10C);  en Carin van Ginkel (Voorsitter Kommunikasiebediening).

Bestaande kerkraadslede, uitgaande kerkraadslede sowel as nuwe kerkraadslede word uitgenooi vir tee in die kerksaal na die erediens.

  • Spesiale deuroffer gaan vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.
  • Geen Kategese.
  • Vyfde Lydensweek.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.  U is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.https://www.nggrootbrak.co.za

Gebedsgidse

Gebedsgidse vir April 2022 is beskikbaar in die voorportaal. 

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sondag – 3 April 2022

Geen Kategese.

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker:  Ds. Nadia Marais (Goosen).

Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.

Sesde Lydensweek.

Blokbyeenkoms – 30 Maart 2022

Blok 7 (Bergsig-Oos) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand

om 18:00 plaas by Koos en Corrie Reynecke (Fouriestraat 4, Bergsig)

083 459 0095.

Klub-50+

Klub-50+ se jaarlikse braai vind plaas op 6 April by Hartenbosrivier-oord vanaf 10:30. Bring asseblief u eie vleis, drinkgoed en eetgerei. Slaaie, tafels en stoele word voorsien. Toegang is gratis. Indien u dit wil bywoon kontak asseblief vir Mariana van Huyssteen

(082 922 9291).

Probleme met die kerkorrel:

Die kerkraad het kennis geneem van probleme met ons kerkorrel.  Kundiges het dit ondersoek en ’n kwotasie vir die herstel is aan ons voorgelê. Volgens beleid moet ’n tweede kwotasie verkry word. Hierdie kwotasie sal ons ongelukkig eers gedurende Mei-maand kan kry weens die skaarsheid van kundiges. Ons is derhalwe verplig om intussen van ons klavier gebruik te maak vir begeleiding.

Gebedsversoek vanaf Amos

Dringende versoek vir 3 Christen leiers in sy tuisdorp wat Maandag soos volg gestraf is:

  • Die president van die Protestanse kerk het 18 maande tronkstraf gekry vir die verkondiging van die Evangelie;
  • Twee pastore van kleiner dorpies in die omgewing het ‘n boete en 8 maande tronkstraf gekry vir die hou van eredienste.

Die gebedsversoek is dat hul appelle om die strawwe om te keer, suksesvol sal wees.

Daar is tans weer ‘n hernude vlaag van vervolging teen die verspreiding van die Evangelie in Amos se geboorteland.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.

  • Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 6 & 20 April, 4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Omgeebediening

Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

Bydraes kan geplaas word binne die boks in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure. 

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Dankies

  • Plaaslike sending -Baie dankie aan almal wat ‘n finansiële bydrae gemaak het om ons plaaslike sendelinge te ondersteun.  ‘n Bedrag van R10 450 is ingesamel.

Gereformeerde Kerk George – Gesellige Oggendbyeenkoms

Kom geniet ‘n gesellige oggendbyeenkoms met Erik Holm op Saterdag 9 April 2022 om 10:00 by die Gereformeerde Kerk George.  Mans en vroue is welkom.

Kontak vir Ruth Du Plessis by 071 789 9009 vir kaartjies.

(Stuur ‘n sms of whatsapp met jou naam en ek bel jou terug om te reël vir aflewering van kaartjies binne George.)

Dankfees – 14 Mei 2022

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.  Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

  • Pannekoek tafel:
    Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).

Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.

  • Gebak:
    Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).

Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 MEI 2022.  Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.

  1. KERRIE-EN-RYS:  250 ml @ R15 & 500 ml @ R30

            Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /

      Corita du Preez – 084 265 9487

  • JAFFELS @ R20 ELK:  Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis.  Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
  • BOEREWORSROLLE @ R20 ELK: Corrie Pieters – 082 327 9527
  • ROOSTERKOEKE:  Heel @ R10 elk / Konfyt @ R15 elk / Konfyt & Kaas @ R20 elk / Hoender Mayo @ R20 elk.  Daar sal ook slap chips te koop wees.  Amelia – 072 975 0917

Vir die volgende tafels is geen bestellings nodig nie. Julle kan elke tafel besoek en koop volgens jul behoefte.

  • PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476
  • SOSATIES @ R18 elk: Asb geen bestellings! Pieter Lourens – 073 138 7363
  • VLEIS:  Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
  • GEBAK:  Liana Boshoff – 084 764 6155
  • GROENTE:  Robert Crause – 071 243 9181
  1. WIT OLIFANT:  Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorter.  Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.  Annalene de Swardt – 082 495 5011
  1. KINDERTAFEL:  Pauline Richards – 079 557 8591
  1. POEDING:  Elmarie Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          ‘ 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

Nuus flitse Week 13+ van 2022

Nuus Flitse

Dankfees – 14 Mei 2022
Sondag – 3 April 2022 Geen Kategese. Erediens vind plaas om 10:00. Prediker:  Ds. Nadia Marais (Goosen)
Blokbyeenkoms – 30 Maart 2022 Blok 7 (Bergsig-Oos)