Afkondigings 13 – 20 Maart 2022

Vandag – Sondag 13 Maart 2022: 

  • Baie welkom by vanoggend se erediens. 
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Psalm 27. Die tema van die prediking is: Donkerte en vertoue?
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Arbeidsbediening Mosselbaai.
  • Kategese om 09:00.
  • Derde Lydensweek.

Jeug

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.  

Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.  

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.  U is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op 

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

GebedsgidseGebedsgidse vir Maart 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sondag – 20 Maart 2022

Kategese om 09:00.

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker:  Dr. Kobus Smit.

Spesiale Offer vir die Carpe Diem-Skool.

Vierde Lydensweek.

Blokbyeenkoms – 16 Maart 2022

Blok 6A (Suiderkruis) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Egbert & Annatjie Janse van Rensburg (Columbiasingel 34, Suiderkruis) 082 871 0927.

KERKRAADSVERGADERING

Tydens die kerkraadsvergadering gehou 22 Februarie 2022 is die volgende persone as kerkraadslede herkies / verkies:

Ouderlinge – Herkies:

Robert Crause Blok 3

Willem du Preez Blok 6A  (Voorsitter Diensverhoudingebediening)

Johan Smit Blok 9A  (Voorsitter Fondsinsamelingsbediening)

Hannes Kunz Blok 13A

Ouderlinge – Verkies:

Christo Kitching Blok 9C

Marie Snyman Blok 10A

Johan Pretorius Blok 10C

Gert Briers Blok 4B   (Voorsitter Eiendomsbediening)

Carin van Ginkel               (Voorsitter Kommunikasiebediening)

Diakens – Herkies:

Michelle Roon Blok 5B

Barbara Gericke Blok 5C

Maja Wagener Blok 10B

Irene Kunz Blok 13A

Heloïse van der Merwe Blok 14

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.✓ pot of soup free vector eps, cdr, ai, svg vector illustration graphic art

  • Die laaste datum vir die eerste kwartaal se sop en brood bediening is 23 Maart 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Plaaslike sending

Baie dankie aan almal wat ‘n finansiële bydrae gemaak het om ons plaaslike sendelinge te ondersteun.

Omgeebediening

Die omgeebediening deel al die afgelope twee jaar weekliks groentepakkies uit aan gesinne wat weens Covid swaar kry.2510D563

Die groente word deur ‘n weldoener by die mark in George aangekoop.  Hy ry elke Maandagmiddag om die aankope te doen en dan verpak hy dit in 40 sakke op Dinsdae.  Die omgeebediening deel dit dan Woensdagoggende uit aan gesinne.

Die weldoener gaan nou vir etlike maande oorsee, maar is steeds bereid om die projek finansieel te ondersteun.

Ons benodig persone wat op ‘n aflosbasis mark toe kan gaan met ‘n bakkie vir die aankope van die groente en persone om die verpakking daarvan te hanteer.  Alles sal baie goed verduidelik word.  Kontak asseblief vir Cornie Pieters (082 499 0516) of Corrie Pieters (082 327 9527) indien u kan help.

Pastorie – Landlyn

Neem asseblief kennis dat Ds. Danie se landlynnommer nie meer aktief is nie en dat Ds. Danie slegs op sy selfoon (079 525 3624) beskikbaar is.

Dankies

Ons het die volgende dankie sê boodskappe ontvang:

  • Elize Zinzerling van Hartenbos Bejaardesorgdiens – Deuroffer (R2 439).
  • Angelique du Randt van Môreson ACVV – Deuroffer (R1 869).
  • Ds. André van Wyk van die Jan Kriel Instituut skrywe:

Liewe Gemeente van die Here Jesus Christus.

Vandag is dit my voorreg om te kan “Dankie” sê.  Dankie aan ons Hemelse Vader wat voorsien en sorg.

En dankie vir NG Kerk Groot-Brakrivier se bydrae van R1 649.00.  Dít maak spesiale onderrig, terapie en persoonlike aandag vir elke kind by Jan Krielskool moontlik. Die “ryk oes” getuig daarvan!

2021 se Matrieks kon spog met ʼn 98,6% slaagsyfer, terwyl die gesamentlike slaagsyfer vir res van die grade 96.6% was! Voorwaar ʼn uitsonderlike prestasie vir enige skool. Soveel te meer vir kinders met leergestremdhede! So kry elke kind ʼn kans!

God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer.

Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees.”    2 Kor.9:9-11

Mag ons Here ook hierdie jaar in elke behoefte van julle voorsien.”

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          🕾 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadreshttps://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314