“In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie’”
Joh. 1: 4-5
Nou na die Drie-Eenheid Sondag bly ons steeds in dankbaarheid oor die genade van die Vader, wat van ewigheid af daar was. Wat ons so lief het dat Hy sy eniggebore Seun gestuur het om vir ons te sterf. Hy wat vir ons lewe gebring het. Hierdie lewe wat vir ons as mense die lig is. ‘n Lig wat geen duisternis kan uitdoof nie. Die Engelse NJ vertaling stel dit ook mooi: “The light shines in the darkness but has not understand it” Joh. 1: 5. Mense wat in die duisternis leef kan nie verstaan nie.
Ons moet dus in dankbaarheid, en deur ons doop met die Heilige Gees, waarmee Christus ons gedoop het, ons laat lei om Sy lig uit te leef en verder te dra in hierdie donker wêreld van haat, nyd, woede en oorlog. Ons lig moet so skyn dat ons God, die Vader, Seun en Heilige Gees se beeld aan die wêreld vertoon en verheerlik. Ook moet ons gedurig waak teen die invloed van die duisternis deur altyd bewus te wees van ons swakhede en dat alles wat ons het en is, ‘n genadegawe van God is.
Mag elkeen van ons God se Lig deur liefde en begrip uitdra na alle ander mense se duisternis.


