6 September
Liewe…
My wens en gebed is dat jy vandag in vrede en rus sal leef, wetende dat die Here volledig vir jou sorg. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Woon en werk rustig voort
Teks: “Wie kan in die lewe bly as die Here dit nie so bepaal nie?” (Num 24:23)
- Jou lewe is veilig in God se hande – niemand kan jou skade aandoen sonder dat Hy daarvan weet nie.
- Moenie in vrees leef oor dinge wat buite jou beheer is nie. Hy is in beheer en Hy sal vir jou sorg!
- God het die laaste sê oor alles wat jou raak.
- Die Here sal vir jou sorg. Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken (Ps. 37:4).
- Stel jou lewe elke dag in Sy hand – Jy ontvang ‘n pragtige deel van die Here bly (Ps. 16:6; 37:5-6).
- Juig tot eer van die Here! Leef met vrede! Wees rustig en dankbaar!
Gebed:
Liewe Vader, baie dankie dat ek veilig in U hande is en dat U vir my sorg.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


