4 Desember
My wens en gebed is dat jy vir ander mense sal omgee. Hier is God se Woord aan jou.
Tema: Sorg vir ander mense
Teks: Josef het so baie koring bymekaargemaak dat dit net soveel was as die sand van die see. Hy het later opgehou om aan te teken hoeveel daar was, want dit was te veel om te tel. ” (Rut 2:20 – Die Boodskap)
- Josef het planne gemaak en dit uitgevoer. Hy was suksesvol.
- “If you fail to plan, you plan to fail”, het iemand eendag gesê. Sukses kom wanneer jy jou lewe beplan.
- Dis moeite om so te leef. Begin geleidelik deur jou lewe omgee.
- Jy sal gelukkig wees wanneer jy sien dit gaan ook met ander mense goed.
Gebed
Liewe Vader, help my om die lewe van iemand anders op te hef deur vir hulle om te gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


