16 Desember
My wens en gebed is dat jy sal raaksien hoe die Here jou help. Hier is God se spesiale Woord van hoop vir jou.
Tema: Die Here is doelgerig besig om jou te help
Teks: “Boas sal nie rus voordat hy hierdie saak vandag nog opgelos het nie” (Rut.. 3:18 – Die Boodskap)
- Die Here stel dit nie uit om jou te help nie.
- Hy is net geduldig met jou ontwikkeling as mens.
- Nes Boas aktief besig was om onmiddellik vir Rut te help, help die Here.
- Die Almagtige God is daarom alreeds daarmee besig om aan jou die oplossings en uitkomste uit te wys – sien dit net raak.
- Wees geduldig. Wees hoopvol.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U dadelik ingryp om my te help en dit nie uitstel nie.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


