Belydenis van geloof 2021

Belydenis van geloof 2021

‘n Hartlike woord van welkom aan ons nuwe belydendelidmate.

Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat julle* met die mond bely wat
julle ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is. Dit is ‘n belofte wat
julle maak om alleen op Hom te vertrou, om te lewe volgens sy Woord, getrou
deel te neem aan die erediens en aan alle aktiwiteite van sy kerk, om te
volhard in die gebed en om God op alle terreine van die lewe deur woord en
daad te verheerlik.
Voorts beteken die openbare belydenis van geloof dat julle verklaar dat dit
julle opregte voorneme is om in hierdie belydenis te volhard en steeds daarin
te groei.

Lees meer “Belydenis van geloof 2021”

Afkondigings 14 November 2021

Afkondigings

14 – 21 November 2021                                                                         

Vandag – Sondag 14 November 2021:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit 1 Samuel 1 vers 4 to 20.  
  • Die tema van die prediking is: Kommapunt?
  • Spesiale offer vir Up with Downs-skool.
Lees meer “Afkondigings 14 November 2021”

Nuus en voorbidding vir Makhathini – Week 45

Jeanne Louwrens van der Westhuizen

Themba het laas naweek met van die Sondagskool personeel ontmoet om beplanning te doen vir 2022, soos op foto. Ek het aanduiding gekry vanaf Hartenbos en Jeffreysbaai dat hul graag volgende jaar Makhathini sal wil besoek. As daar nog gemeentes is wat dit oorweeg kan jul my met groot vrymoedigheid kontak. Dit help ook met die beplanning vir 2022 aan hierdie kant.

Lees meer “Nuus en voorbidding vir Makhathini – Week 45”

Voorbidding vir Fred en Paula

Gebed

(Fred en Paula van YWAM)

Liewe vriende!

Ons is vandag oppad Uganda toe vir 2 weke om van ons spanne daar te besoek en om n seminaar aan te bied.

Vandaar gaan ons DV vir 2 weke Nigerië toe, waar ons van ons Ywam mense gaan besoek en opvolging opleiding gaan doen van ons aanlyn seminare. Ons het genadiglik ons visums betyds gekry.

Ons sal baie dankbaar wees as jul asb vir ons sal bid vir hierdie trip en vir dit wat ons gaan doen.

Bid asb saam vir die uitbreiding van Vader se koninkryk met die bemagtiging van plaaslike mense wat weer ander kan leer!

Ook vir beskerming vir ons en ook vir die seuns wat agter bly.

BAIE, BAIE DANKIE!!

Madagaskar: Stop lamenting like a pagan with no hope!

Stop lamenting like a pagan with no hope!
by lynettemadanews

You might wonder why I have not posted anything in weeks. The last three weeks have been emotionally the worst for me since Dries has been away. The government announced that Madagascar’s boarders would be opening partially. Flights between Madagascar and its surrounding islands had opened up and Europe will follow this coming week. Unfortunately, South Africans are on the list of “undesired” travellers due to Covid. Flights are also only to and from Antananarivo and as yet, there are no transformable visas being issued. So to sum up, Dries is still stuck in SA.

Lees meer “Madagaskar: Stop lamenting like a pagan with no hope!”

Michele Potgieter – Reni, Oekraïne

Michele Potgieter Reni, Ukraine

Liewe gebedsvriende en familie 
Gister was dit twee weke vandat die Here vir Ockert kom haal het. Presies twintig dae na my pa.
Wat ek hierdie maand deur gegaan het, kan ek nie woorde om sit nie. Maar ek gaan probeer. My hart is stukkend, gebreek. Ek kan dit nog nie tenvolle begryp nie. Maar, die Here is goed en Hy is getrou. Hy gee krag. Ek wil net Sy naam loof en prys want Hy dra ons wanneer ons op ons swakste is, dan maak Hy ons sterk.

Lees meer “Michele Potgieter – Reni, Oekraïne”