‘n Aand van Lag, Trane en Mooi Herinneringe saam met Frank Opperman

Frank Opperman - Reunie 2026-08-221 NG Kerk Groot-Brakrivier - NG Kerk Groot-Brakrivier

Laas Saterdag het ons gemeente die voorreg gehad om Frank Opperman se meesterlike eenmansvertoning, Reunie, in ons kerksaal te beleef. Dit was ’n onvergeetlike aand waar die gehoor meegesleur is deur ’n reeks nostalgiese, humoristiese en diepsinnige oomblikke.

Frank het weer eens bewys hoekom hy as een van Suid-Afrika se mees geliefde toneelspelers beskou word. Met sy uitsonderlike talent het hy die verskillende karakters so lewendig en eg vertolk dat mens skoon vergeet het daar is net één man op die verhoog. Reunie het die perfekte balans tussen die lag en die traan getref — van skouerskuddende humor oor ou skoolherinneringe tot stil, broos oomblikke van oordenking wat elkeen van ons se hartsnare geraak het.

’n Woord van Opregte Dank

’n Suksesvolle vertoning soos hierdie gebeur nie sommer vanself nie, en ons wil graag ons opregte waardeering uitspreek teenoor almal wat agter die skerms gewerk het:

  • Frank Opperman & assistent: Baie dankie dat jy jou uitsonderlike talent met ons gemeente kom deel het en vir ons ’n aand van topklas-vermaak besorg het.
  • Bles de Wet (Klank en Beligting): Baie dankie vir jou professionele toewyding. ’n Spesiale dankie vir die vinnige optrede om ekstra beligting op te spoor en op te stel, asook die sorg waarmee jy die klank en alle tegniese reëlings vlot laat verloop het.
  • Johan Smit: ’n Baie spesiale woord van dank aan Johan wat hierdie wonderlike fondsinsamelingsgeleentheid ge-inisiëer en gereël het. Dankie vir al jou harde werk met die logistiek rondom Frank se besoek en die hantering van die kaartjieverkope.

Dankie ook aan elkeen in die gemeente en gemeenskap wat die geleentheid ondersteun het. Dit was ’n riem onder die hart om almal so saam te sien geniet!

Die onvergeetlike Dankfees van Oktober 2025

Gesellige saamkuier Dankfees 2025

Die Dankfees onder leiding van Ruan Viljoen en die Basaar sameroepers, was ‘n groot sukses. Daar is vooraf gereël en georganiseer om alle bestanddele, bydraes en medewerkers betrokke te kry.

Die fees naweek het reeds op Vrydagaand, 24 Oktober, ‘n aanvang geneem. Die humoristiese SS Konsert, wat deur Johan Smit gereël is, is met gelag en vrolikheid ontvang. Die ‘Dunk’ ‘n Dominee het groot byval gevind.

Saterdagoggend is daar reeds van vroeg af gereed gemaak vir die dag. Dit was ‘n wonderlike saamwerk dag, waar nuwe kennisse gemaak is en heerlik saam gewerk is. Al die verskillende stalletjies was in gereedheid gebring en het lekker vroeg reeds mense kon help.

Daar is heerlik aangekoop, gekuier en gesels onder die sambrele te midde van ‘n klam Saterdagoggend. Almal het in afwagting gewag vir Die ‘Dunk’ ‘n Dominee geleentheid, wat vanaf die Kerk se onderdak trappe aanskou is.

Die naweek is afgesluit met ‘n Nagmaal Erediens tydens Herforming Sondag, gelei Deur Ds. Charnè Viljoen. Die was voorwaar’ n onvergeetlike naweek.

Dankie vir elkeen wat vooraf beplan, bygedra en gedurende die dag saam gewerk het om die dag so groot sukses te maak.

SS Gemeente Konsert – NG Kerk Groot-Brakrivier

SS Konsert 24 Oktober 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Ons dankfees naweek, het begin met ‘n wonderlike Stoepstories en ander stuitighede konsert op Vrydag 24 Oktober 2025.

Kom deel in ons Pret en Lag lekker saam.