“God het gesê: “Die land moet groen plante laat uitspruit – gewase wat saad gee, bome wat op land vrugte dra, vrugte volgens elkeen se aard, vrugte waarin hulle saad is.”
Gen. 1: 11
Die Suid Afrikaanse Raad van Kerke het in 2007 besluit om die Seisoen van Skepping permanent deel van die kerklike kalender te maak. Dit is ‘n jaarlikse viering wat van 1 September tot 4 Oktober strek. Dit het dus so pas tot ‘n einde gekom. Daardie wonderlike seisoen, waar die nuwe lewe wat orals te siene is en deur die natuur amper uitgeskreeu word, deur die voëlgesang en nuwe blare aan bladwisselende bome. Dit was een van God se skeppingsdade en dit is so gepas om dit met dankbaarheid te vier en raak te sien. Nuwe nessies wat gebou word. Die nuwe lewe van jong voëls en klein diertjies wat oral te sien is. Dit is ‘n baie gepaste herinneringe aan God se Skepping wat elke dag vir ons ten toon gestel word net soos in die visoene van Johannes (“En ek het die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see, en alles wat daarin bestaan – hoor uitroep: “Aan Hom wat op die troons sit, en aan die Lam, kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die sterkte, vir ewig en ewig.” (Open. 5: 13)).
Lees meer “Stof tot nadenke: Seisoen van Skepping…”
