2 September
Liewe…
My wens en gebed is dat jy vandag sal sien hoe die Here die onmoontlike moontlik maak – maak jou oë oop hiervoor. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.
Tema: Onmoontlik? Nie by God nie! Hy doen die ONMOONTLIKE
Teks: “Maar die Here het vir Moses gesê: Dink jy Ek het nie mag nie?…” (Num 11:23)
- Die probleme wat jy sien, is oplossings vir die Almagtige God – dit lê buite jou vermoë.
- Geen situasie is te groot of te ingewikkeld vir die Here om te hanteer nie.
- God spesialiseer daarin om onmoontlike omstandighede tot moontlikhede om te keer.
- God spesialiseer daarin om onmoontlike omstandighede oorwinnings te maak.
- Jou probleme van gister en vandag is die platform vir God se wonderwerke van vandag en môre
Gebed:
Liewe Vader, gee my die geloofsoë om te sien hoe U die onmoontlike moontlik maak.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


