GEBEDSGIDS – NOVEMBER 2021
“Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” (1 Tess 5:8)
Nuwe intrekkers
Nuwe lidmate in ons gemeente
Hartlik welkom en ons wil u uitnooi om deel te word van ons gemeente. Ons nooi u uit om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal en hier onder, is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:30 & 12:30.
Erediens 24 Oktober 2021
Prediker: Ds. Marida Hancke-Duff
Orrelis: Mev. Elize Hancke
Teks:
Hebreërs 13: 1-9
Liediere:
Lied 191: 1-2
Boodskap aan Wolwedans
God se hemelse vre(d)e verdryf ons wêreldse vre(s)e
Verlede keer het ek vertel dat dit voorwaar vir twee jaar al swaar, moeilik en broekskeur met ons gaan. Ons leef waarlik in uitdagende tye. Alhoewel ons hierdie vreesagtige tye met baie bekommernisse leef, weet ek verseker – die Skeppergod het ons op ‘n besondere manier uit die stof van die aarde geskep. Boonop het ons die Here se eie lewensasem in ons (Genesis 2:7). Ons is baie spesiaal vir God en Hy het ons oneindig lief. So lief dat Hy Jesus Christus na ons gebroke wêreld toe gestuur het om ons te red (Johannes 3:16). Sal die Vader ons dan nie nou ook help nie? Daarom vra ek weer die vraag: Hoe weet ek dat God se hemelse vre(d)e ons wêreldse vre(s)e kan stilmaak?
Lees meer “Boodskap aan Wolwedans”Erediens 17 Oktober 2021
Prediker: Ds. Marida Hancke-Duff
Orrelis: Mev. Elize Hancke
Tema:
Om swak te wees is goed.
Skriflesing:
2 Korintiërs 12: 1-10
Liedere:
Lied 511: 1-2
Erediens 10 Oktober 2021 Dr Stephan van der Watt
Prediker: Dr. Stephan van der Watt
Pianis: Mev. Annalene de Swart
Teks:
Efesiërs 4: 1-16
Liedere:
Lied: 454: 1-3
Lied 488: 1, 4 & 5
Kry en Kuier Gemeentefees 30 Oktober 2021
NGK Groot-Brakrivier
Saterdag 30 Oktober 2021
10:00 tot 13:00
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.
Basaarlyste sirkuleer tans in die gemeente maar geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkantoor of inbetaling
Lees meer “Kry en Kuier Gemeentefees 30 Oktober 2021”Erediens 3 Oktober 2021
Prediker: Dr. Frans Hancke
Orrelis: Mev. Eliza Hancke
Teks:
Matteus 14:17
Johannes 20:21
Matteus 5:39-44
Liedere:
Lies 159: 1
Lied: 253: 1-2
Lied 486: 1&4
Sendingaksie Japan: Missie Japan – Elmar en Nadine du Randt se besoek aan SA.
GEBEDSGIDS – OKTOBER 2021
Gebed is nooit die laaste uitweg nie, maar die eerste prioriteit.
Hier volg die gebedsgids vir Oktober 2021
Lees meer “GEBEDSGIDS – OKTOBER 2021”Madagaskar: A leap of faith
Hiermee Lynette van Madagaskar se weeklikse nuusflits vir julle inligting en voorbidding asb. Hulle uitdagings bly groot en ons kan maar net glo dat Dries binnekort weer by die huis kan wees (hy is amper al vir ‘n jaar in SA vasgevang!!!!).
Lees meer “Madagaskar: A leap of faith”Madagaskar: Lynette se nuusflits THE WEEK–26/09/2021
Hiermee Lynette se weeklikse nuusflits vir julle aandag en voorbidding asb, – kom ons bid saam vir Dries se operasie asook die aanwending van die lappie grond wat beskikbaar is.
Lees meer “Madagaskar: Lynette se nuusflits THE WEEK–26/09/2021”Erediens 26 September 2021
Prediker:
Dr. Frans Hancke
Orrelis:
Mev. Eliza Hancke
Skriflesing:
Romeine: 3: 19-24
Romeine: 1: 16-17
Liedere:
Lied: 254: 1-2
Lied: 510: 1-4
Algerië: Amos en Lynda se boodskap van dank betuiging
Let asseblief daarop dat op versoek, alle foto’s weerhou word.
Liewe Vriende
Hiermee Amos en Lynda se boodskap van dank betuiging wat ek gister ontvang het vir julle kennisname.
Die skrifgedeelte is uit Jesaja 58:6 tot 10 wat julle straks liefs in die Afrikaanse vertaling moet lees.
GCM is Global Christian Ministry , ‘n sambreel organisasie waaronder Campus Crusade in Islamietiese lande werk.
Die fotos GCM 9,10 en 20 is eintlik hart verskeurend as mens dink dat daardie streek van Algerie normaalweg groen en boomryk is!!
Algerie Sending groete.
Jacques
Lees meer “Algerië: Amos en Lynda se boodskap van dank betuiging”Madagaskar: The week 19/9/2021
Norbert and Antonin have suggested a couple of times that they were prepared to go to Ampamata for a week to help out at school, especially since we have not been able to go there. Euphrasie and I were also eager to be there for the start of the new school year and I was therefore so thankful when Liaan and Elizna agreed to take us to Ampamata on Monday. It was also an opportunity to put their new boat, ‘Seeperdjie’ (Sea Horse), through its paces. The trip which normally takes us about four hours, lasted less than an hour. Norbert remarked that he could get used to such an effortless means of transport.
Lees meer “Madagaskar: The week 19/9/2021”Erediens 19 September 2021
Prediker:
Ds. Danie Goosen
Orrelis:
Mev. Dawn Taljaard
(Na die diens speel ons Lied 512 en lied 514 soos deur wyle Dr Noël-Jean Creille op 14 Maart 2021 vertolk, die laaste keer wat hy by ‘n erediens in ons kerk opgetree het.
Skriflesing:
Matteus 25: 1-3
Liedere:
Lied 599: 1-3
Lied 523: 3&4
Flitse Week 46
- 14 November 2021 – ‘n Spesiale verwelkoming aan ons jongmense wat belydenis van geloof aflê
- Kerkraadsvergadering : Dinsdag 16 November om 18:00 in die kerkgebou.
- As gevolg van die Covid-19 risiko’s verbonde aan ‘n sangdiens het die Bestuurspan besluit om nie die Kerssangdiens hierdie jaar te hou nie.
- Dr. Jurie Vermeulen van Radio Feba neem die erediens waar in ons kerk op 28 November 2021.
- Wolwedans sop en brood Die laaste kwartaal se besoek datum is: 24 November en 1 Desember 2021.
- Biddag vir beskermingsdienste : 14 November 2021
- Groenewaldfondsleningsaansoeke sluit 26 November
- Boodskap, sop en brood is aan 76 huisgesinne uitgegee op 10 November 2021
- Droë sopbestanddele vir 200 individue is aan VGK Greenhaven oorhandig.
- Ds Danie Goosen, Willem du Preez, Kobus Huysamen en Emile Hurter het die Ringsitting op 9 November 2021 te Herbertsdale bygewoon.
Erediens 12 September 2021
Prediker:
Ds. Danie Goosen
Orrelis:
Mev. Annalene de Swart
Skriflesing:
Genesis 1: 31 – 2:4
Liediere:
Lied 262: 2&4
Lied: 563: 1-4
Erediens 5 September 2021
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Spreuke 22: 1 – 2, 8 – 9, 22 – 23
Tema: Triomfeer!
Begeleiding: Mev. Annalene de Swardt
Liedere:
Lied 202: 1 – 3
Flam 406: 1 – 3
Gemeentebrief 27 Augustus 2021
Goeie môre gemeente,
Ons groet u hier in Augustusmaand in die naam van Jesus Christus. Dit is ‘n maand waar ons dink aan al die vrouens in ons lewens, maar veral ook in ons land en wêreld. Ons is dankbaar vir al ons oumas, ma’s, dogters, eggenote en vriendinne.
Lees meer “Gemeentebrief 27 Augustus 2021”
