VAKATURE: VOLTYDSE MEDELERAAR – VASTETERMYNKONTRAK

Vakature Voltydse Medeleraar

In afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van NG Kerk Groot-Brakrivier die pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.

Gemeenteprofiel:

Die gemeente is geleë in die pragtige tuinroete tussen George en Mosselbaai. Daar is ‘n laerskool in die dorp en talle ander uitstekende skole binne ‘n radius van 25km vanaf Groot-Brakrivier. Die dorp het baie ontwikkel en beleef groei op talle gebiede. Groot-Brakrivier is ook die tuiste van talle kunstenaars en alle nodige dienste is op die oewer van die Groot-Brakrivier te vind. Ons gemeente het baie afgetredenes, maar daar is ook talle jongmense in ons gemeente en gemeenskap en ons streef daarna om diensbaar te wees binne ons gemeenskap en wêreld. Ons is lief daarvoor om met sang, kuns en Woordbediening Sondae in die doelmatige kerkgebou as gemeenskap van gelowiges bymekaar te kom.

Ons wil graag van jou hoor as jy saam wil dink en droom oor die pad wat God met ons stap. Ons is in diens van Jesus Christus en dienend betrokke by mekaar en ‘n brose wêreld. Ons visie is: “Jesus vir ons, Jesus vir almal”.

Leraarsprofiel:

Die volgende profiel is ‘n riglyn vir voornemende aansoekers:

– Vereenselwig met die teologiese uitgangspunte van die NG Kerk en van NG Kerk Groot- Brakrivier.

– Verantwoordelik vir deelnemende eredienste asook spesifieke fokus op die gesinsbediening van die gemeente.

– Ontwikkeling van verhoudings met lidmate (oud en jonk), kerkvervreemdes en ander lede van die gemeenskap.

– Begin datum: 1 Augustus 2023 (onderhandelbaar).

Aansoekers kan hulleself vergewis van meer inligting op ons webblad by https://www.nggrootbrak.co.za

Vergoeding:

– Volgens sinodale riglyne met reistoelae, selfoontoelaag asook ‘n doelmatige pastorie/ behuisingstoelaag.

– Mediese fonds.

– Aansluiting tot die pensioenfonds en bydraes.

– Kontrak sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Sluitingsdatum: 2 Mei om 09:00.

Aansoeke:

Indien jy belangstel en met jou gawes hier by ons wil kom dien, stuur ‘n CV en die nodige inligting nl. ‘n kort video waarin jy jou self bekendstel en hoekom jy aansoek doen vir die pos na die volgende eposadres: kassiere@nggrootbrak.co.za

Navrae kan gerig word aan:

Mnr. Willem du Preez: 082 823 5988 (voorsitter van kerkraad)

Mnr. Johan Smit: 084 500 4296 (onder-voorsitter van kerkraad)

Ds. Danie Goosen: 079 525 3624 (leraar)

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

Vakature: ADMIN- EN KOMMUNIKASIE-BEAMPTE (SKRIBA)

Vakature - NGK Groot-Brakrivier

Die NG Kerk Groot-Brakrivier adverteer hiermee ‘n pos vir ‘n
ADMIN- EN KOMMUNIKASIE-BEAMPTE (SKRIBA).
 God roep ons gemeente om ons visie “Jesus vir ons, vir almal ” intern en
ekstern te leef en die suksesvolle kandidaat moet hierdie roeping bemark en
kommunikeer.
 Pligte sluit in: administrasie; afneem, tik en verspreiding van notules asook
ander sekretariële werk; skakeling met personeel, lidmate en die publiek;
registerhouding; korrespondensie; bedryf van mediaplatforms, bemarking en
media skakeling.
VEREISTES VIR DIE POS BEHELS ONDER MEER:

 ‘n Gelowige wat met ons gemeente se roeping kan assosieer en lojaal sal wees.
 Iemand met goeie interpersoonlike vaardighede wat in ‘n span kan saamwerk en wat
met verskeie mense doeltreffend kan kommunikeer.
 Kennis en vaardigheid m.b.t. administratiewe take, toepaslike rekenaarprogramme,
sosiale media, gedrukte media en bemarking.

Aansoeke moet ‘n kort motiveringsbrief – met die vereistes hierbo in ag geneem – en ‘n
kort CV insluit.
Salaris is gebaseer op sinodale riglyne en posstruktuur.
Werksure is Maandae, Dinsdae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:00 tot 13:00, asook enkele
na-uurse verpligtinge vir die afneem van notules by kerkraads- en bestuursvergaderings
en die bywoon van gemeente- en dankfeeste.
Aansoeke moet voor 09:00 op Maandag 23 Januarie 2023 elektronies by
ngkgbr@mweb.co.za ingedien word.
Navrae:
Mnr. Willem du Preez (082 823 5988)
Me. Alfreda Stander (083 444 4724)

VAKATURE:  ORRELIS

NG Kerk Groot-Brakrivier Orrel

Groot-Brakrivier Gemeente het ’n vakature vir ’n vindingryke en aanpasbare orrelis wat in noue samewerking met ander musikale aanbiddingsleiers verantwoordelikheid sal aanvaar vir die aanbiddingsbehoeftes van die gemeente.

Die pos behels o.a. die volgende:

  • Inspirerende begeleiding van gemeentesang.
  • Alle voorbereiding rondom die oggenddiens.
Lees meer “VAKATURE:  ORRELIS”