Afkondigings 17 – 24 September 2023

Vandag – Sondag 17 September 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Kor 5.

Die tema van die prediking is: Wie dink jy is jy?
Die betekenis of implikasies van gelowiges se identiteit in Christus:
2 Tim 1:9; Ef 1:4; Rom 8:38–39; Ef 1:7; 2 Kor 1:20; 1 Kor 1:2; Fil 4:19;
Fil 4:7; Rom 6:23; 1 Kor 15:22.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Arbeidsbediening by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Woensdag 20 September 2023 :

• Kooroefening - 17:15 by die orrel. Marida - 082 471 0751. 

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 24 September 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr Gerrie van Deventer.
• Erfenisdag.
• GEEN Kategese.
• Sinodale Offer vir Bediening aan die Jode by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. 

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir September 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood se uitreike vir die laaste deel van die jaar geskied op 20 Sept, 4 & 18 Okt en 1, 15 & 29 Nov. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.  
• Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 100 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en ons benodig nog heelwat soppe voor 20 Sept se uitreik. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte

    ◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

    ◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.
• Die gesin van 4 (kinders 7 en 12), wat hul werk tydens covid verloor het en nou werk in Groot-Brakrivier gekry het, kon tydelike verblyf kry tot Desember, maar soek asseblief na permanente verblyf vanaf Januarie 2024 (maksimum R7 000 pm). Indien enige een kan help kontak asseblief vir Cassie Erasmus – 064 759 9212.

Een van ons diensleier dames met ’n gestremde kindjie se selfoon het gebreek. Indien iemand ’n selfoon, wat in ’n werkende toestand is, kan skenk kan u dit asseblief by die kerkkantoor indien tydens kantoorure.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

    Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
    Skakel ons by Riana Briers -  081 039 8853 /  Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening : 
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

SSSSS-Konsert

Dit is op 27 Oktober 2023 weer ons jaarlikse sagtebaard SSSSS (Sop, Sjerrie, Sap, Stoepstories en ander Stuitighede) – konsert!

Enige “vermaaklikheidskunstenaar” wat ’n storie het om te vertel of iets “lafs” wil opvoer, kan vir Johan Smit kontak – 084 500 4296.

Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 28 September 2023 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Malawi

FEBA Malawi het ‘n dinamiese bediening met tienduisende luisteraars. In die afgelope klompie maande het hulle 112 luisteraarklubs besoek en/of gestig. Die ekonomie tref hard, maar hulle hou aan werk om die oes in te bring, soveel so dat hulle gedurig ‘n tekort het aan materiaal om uit te deel.

Ons gebed vir die week: Bid dat God genoeg Bybels, oudio-Bybels, radio’s en Yao-boekies sal voorsien, sodat Sy Koninkryk in Malawi kan aanhou groei.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
17 September 2023

Nuut op 17 September 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 17 September 2023.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wat gee vrede?”
  2. Getuienisbediening:
    a) Die Arbeidsbediening Kaapstreek van IMSA (Industrial Ministry SA).
    b) Die week se nuusbrief uit Madagaskar.
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00

Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam.

Lyste met die oog op die gemeentefees sirkuleer tans in die gemeente. Ons tema vir die jaar is dankbaarheid. Daar sirkuleer ook “dankbaarheidskoevertjies” waarin u enige bydrae kan insit. Ons sal daardie naweek afsluit met ‘n dankbaarheidsdiens in die kerkgebou. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).

Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie en kaneel), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asseblief Piet Snyman – 082 297 3476.

Gebak:

Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom.

Liana – 084 764 6155.

Kindertafel:

Ons benodig asb geldelike bydraes en/of spesiale lekkergoed en speelgoed vir die jeug se basaartafel. Ook vrywilligers wat kan help met insamelings en by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor of by De Kaap Eiendomme vir Pauline afgegee word. Pauline Richards – 079 557 8591.

Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asseblief ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

SAMEROEPERS

1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R15 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.

2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by

Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Amelia – 072 975 0917.

4. PANNEKOEK: @ R5 elk. Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R16 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN:

Liana Boshoff – 084 764 6155 / Michelle Roon – 064 674 9756 /

Marie Snyman – 082 229 8316.

7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.

8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.

9. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 of

Dorette Visser – 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE:

Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314