Afkondigings 25 Augustus 2024 – 1 September 2024

Sondag 25 Augustus 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Kevin & Zandré van Tonder (dogtertjie – Alissa).
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 6:56-69
Die tema van die prediking is: Om jou rug te draai?
• Bybelsondag.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Dinsdag 27 Augustus 2024 :
• Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van
Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 28 Augustus 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 1 September 2024 :

• Erediens om 09:00. • Prediker – Dr Frans Hacke. • Kategese. • Nasionale Biddag vir Dowes. • Sinodale offer vir Instituut vir Dowes by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Visioeneringsessie: 30 Augustus – 1 September 2024
Ons vra asb u voorbidding vir ons gemeente se visioeneringsessie wat
plaasvind te Harkerville die naweek van 30 Augustus – 1 September.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

SONDAG, 25 AUGUSTUS 2024 OM 17:00 VIND DAAR ‘N LOFPRYSINGS- EN AANBIDDINGSAAND PLAAS BY REEBOK GEMEENTE in die kerkgebou.
Die prediker gaan ds. EJ van As van Kammieskroon wees.  Dit beloof ‘n heerlike aand van sang en lofprysing te wees. Met hierdie geleentheid sluit Reebok Gemeente hul Getuienis-naweek af. Almal is baie welkom by hierdie Lofprysingsaand.

Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 7 September 2024

Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike boerebasaar op die kerkgronde.
Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop.
Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels.

Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid en kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
25 Augustus 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 25 Augustus 2024.

  1. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Die Achilles heel van die mens…”
  2. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314