Dankie vir elke brief van bemoediging, vir elke gebed vir elke bydrae. Ek waardeer dit oneindig baie!
Dit is vir my so kosbaar terwyl ek in Suid-Afrika is om mense wat die gebedsbrief ontvang raak te loop en te hoor hoe daar gebid word en ingetree word vir ons as gesin en vir die gemeente in Suid Oekraine. Die Here hoor elke gebed en Hy beskerm ons, Hy voorsien en sorg en gee ons Sy leiding.
November is always the hottest month on our island. That uncomfortable heat arrived already well in October this year. There is not much of a breeze where Dries works on the boat and he needs a change of shirt a couple of times a day. I walk around with a little towel to wipe the sweat as I go through my day. Everything happens a little slower now.
Euphrasie and I were off to Russian Bay after an early start on Thursday morning. We were suppose to make the trip on Tuesday, but the wind was strong throughout the night and the sea was subsequently too rough the next day.
Joshua Generation School, Lovako School and Royal Rangers are all under way after the school holiday.
Kids and Discovery Rangers meet every Wednesday afternoon. The Discoveries are a big group this year and they are packed like sardines into the classroom where we meet for prayer and worship before they disperse into their individual patrols. We are studying the Bible book of Ezra for the next five weeks and for the skills merit, they are learning all about the birds of Madagascar.
t was the start of the new school year 2024/2025 this week. Or as they say here, ‘La Rentrée’. It consisted of the usual clean-up and organisation of classrooms. This year, we’ll have the complete pre-school program from 3 – 6 years. We are still short of one classroom as the new one does not seem to get past the foundation phase. The teachers organized themselves to allow for this and we trust that we’ll be up and running by December.
I know that it has been a long time since we updated you. Not for a lack of news though. It has been school holiday and we got a lot done during these weeks.
Ek wil net begin om uit my hart dankie te se. Dankie vir elkeen wat die gebedsbriewe lees en saam bid. Dankie dat julle saam op julle knieë gaan en intree vir die mense van Oekraine, vir Suid-Oekraine en vir Lig vir die Wêreld gemeente hier in Suid-Oekraine. Dankie dat julle ook vir my en my kinders en familie bid. Ek weet en ek glo dat die vurige gebed van ‘n gelowige groot krag het! Die Here is getrou en elke gebed hoor Hy. Hy is vir ons. Hy is so goeie Vader en weet wat ons nodig het nog voordat ons dit vra! Ek is so dankbaar vir elkeen wat op hierdie gebedsgroep is en saam bid, saam leef en omgee. Dankie vir elkeen wat ‘n bydrae maak om die koninkryk van die Here hier in Oekraine te versprei, maak nie saak wat of hoeveel dit is nie, ek waardeer dit oneindig baie! Ons leef in geloof en ek weet dat elke goeie gawe uit Vader se hand kom. Ek kan net getuig oor Sy goedheid. Hoe Hy werklik sorg en voorsien. Dankie vir elke boodskap, skif en brief. Die Here bevestig so baie keer vir my goed deur julle boodskappe, soms is daar soveel troos en word ek so versterk deur julle.
“But by the grace of God I am what I am, and His grace to me was not without effect. No, I worked harder than all of them—yet not I, but the grace of God that was with me.”
I Corinthians 15:10
“By the grace of God!” This was the theme of the school concert this year. As each year goes by, we are sure of one thing and that it is God’s grace which pulls us through and helps us to keep going. The concert was special in that the teachers chose the theme, did all the choreography and even had different coloured T-shirts with I Cor 15:10 printed on them. Victoria came to help Larisdiana with the practise as she was already eight months pregnant. Victoria also painted the backdrop. Randria opened with a message and it was good to see how much the parents enjoyed it all.
Die NG Kerk Groot-Brakrivier se Getuienisbediening, het die naweek van 12-14 Julie 2024, ‘n Getuienisnaweek gereël met die Tema: Jesus vir Almal. Die geleentheid het jou laat besef dat jy die voorreg gehad het om ‘n kykie te kry in die wyse wat God besig is, op soveel aanvullende maniere. Jy kan nie onaangeraak bly nie. Die feit dat jy daar was, is God se manier om met jou te werk; om jou voor te berei, waarvoor Hy jou nodig het. Dit is nie altyd vir ons so maklik om dit raak te sien nie, maar God doen dinge in die stiltes van jou nabetragting, of tydens geleenthede soos dié naweek. Die Heillige Gees dryf jou, om ook betrokke te raak, daar waar daar ‘n behoefte is vir jou kundigheid, en vir elkeen se spesiale unieke inslag. Van die sprekers en uitstallers tot die Groot-Brakrivier se “Brass band” het die naweek suksesvol gemaak deurdat hulle passievol as gelowiges, as geroepenes in elke faset waar hulle betrokke is, ‘n verskil maak, omdat hulle geroepe is en geluister het na die Stem van die Heilige Gees.
Vrydagaand se getuienisse is ingelei deur die fasiliteerder , Dr Frans Hancke, ‘n baie bekende in die Sending kringe, en die verwelkoming en opening is deur Ds Charné Viljoen behartig. Die eerste spreker was Eugene Pienaar van die Gideons, met die tema “Is 100 miljoen genoeg?’. Dié organisasie het sy oorsprong gehad het in 1989 in ‘n hotelkamer, waar twee Amerikaanse sakemanne, John Nicholson en Samuel Hill, mekaar ontmoet het, toe hulle noodgedwonge ‘n kamer in ‘n hotel moes deel. Beide was gelowiges, en die Heilige Gees het hulle gedring om die verkondiging van die Evangelie onder sakemanne te begin. Dit het uiteindelik gelei tot die stigting van die Gideons en die bybelverspreiding soos ons dit vandag ken. Hulle het na God se stem geluister, en daar is sekerlik min van ons wat nie al met die Bybels van die Gideons bekend is, of in aanraking gekom en ‘n pad gestap het nie. Daar in die alleenheid van hotelkamers en gastehuise is daar menigmaal die Gideonbybels beskikbaar, om die aand mee te verwyl. Die werk onder die jeug en gevangenis is toegelig met getuienisse van mense wat nog nooit die woord van God gehoor of verstaan het nie, en deur die Gideonbybels aangeraak en verander is, om te besef dat Christus se voorbeeld die enigste Lig is.
Ds. Hendrik Saayman, tans van NG kerk Houtbaai, het Vrydagaand se getuienis afgesluit met die tema “’n Geedriftige Gemeente”, toegelig uit Handelinge 19 en die voorbeeld van Paulus. Die oortuigings werk is nie iets wat noodwendig oornag gebeur nie, maar verg toewyding en uithouvermoê, om uiteindelik by die einddoel uit te kom. Sy getuienis uit ervarings van die werking en leiding van die Heilige Gees in sy eerste gemeente het gedien as voorbeeld. Die behoefte vir fondse vir ‘n jong gemeente seun, wat geroepe gevoel het om as sendeling uit te gaan om die woord te verkondig, het ‘n impak gemaak. Die behoefte was in terme van vandag, ‘n skamele R15 000, om die nodige opleiding te kry. In die Gemeente, wat nie finansieël sterk was nie, het die Kerkraad tog gevoel om te kyk of hulle die seun nie kan ondersteun nie. Die gemeente is bymekaar geroep en gevra om ‘n verbintenis te maak, soos wat dit vir elkeen moontlik was. Dit is by wyse van anonieme briefies gedoen. Die uitkoms was ‘n verstommende R 26 000. Dit was daarom vir die gemeente moontlik om twee jongmanne te stuur vir die opleiding. Die stem van die Heilige Gees is deur ‘n hele gemeente aangeraak, wat geluister het! Sy passie is om plaaslike gemeenskappe bewus te maak van hulle roeping om God te dien in hulle eie plaaslike gemeenskappe. Ds Saayman het ook die voorreg gehad om jare later ‘n gelowige man, wat tot bekering gekom het deur ‘n groep waar die seun as sendeling betrokke was, in ‘n midde-ooste land, te ontmoet.
Saterdagoggend is die verrigtinge begin deur die vrolike, en passievolle musiek van Groot-Brakriver se jongmense se ‘Brass Band’ onder leiding van Pietman Davids. Pietman was geroep om die kinders van Groot-Brakrivier van die strate af te kry. Die orkes was net halfsterkte, want hulle is aktief betrokke in die gemeenskap, en het ook ander verpligtinge gehad. Die entoesiasme van die kinders en die impak op die jong kinders se lewens, waarvan ons die getuienis van twee jong dogters gehoor het, was sigbaar en verblydend. Pietman se luister na die roeping wat oor sy pad geplaas is, het ‘n wonderlike impak op die kinders van Groot-Brakrivier. Mens word gelaat met die vraag: “Kan ons afsydig staan deur die nood en behoefte wat in ons direkte omgewing is?”
Marina Louw, die voltydse mobiliseerder van SA Frontiers, se tema was “Tot aan die uithoeke van die wêreld”. Sy is gedring om mense te kry om in die 10/40 Moslem en duister wêreld van lande van Noord Afrika, dwarsoor die middeooste tot by China, mense te kry wat die Lig van Christus in ‘n baie donker, en vyandiggesinde wêreld, in te neem. ‘n Treffende video van duisende mense wat nog nie die lig ervaar het of die bevrydende Evangelie van Jesus Christus gehoor het nie, het die enorme verlies aan siele duidelik uitgebeeld in daardie wêreld dele. Die behoefte is groot om in hierdie te kort aan beskikbare en oortuigde ligdraers, ‘n verskil te maak. ‘n Wêreld wat baie aggresief vyandig is teenoor die mense wat die Lig en bevryding wil bring.
Dr Jurie Vermeulen, uitvoerende beampte van FEBA, het ‘n passie vir opleiding, sending en die uitdra van die Evangelie, die enigste Waarheid. Sy tema vir die oggend was “Bybelse beginsels vir effektiewe Sending”. Die skep van radio stasies wêreldwyd, met reik wydte in areas wat voorheen baie donker en onbereikbaar was. Die Stasies word beman met mense wat etniese verbintenisse het met die reik-lande en word voltyds gevul met die uitdra van die Evangelie. Tweehonderd en sestig stasies het ‘n reikwydte van vyftig lande, met die gebruik van 152 tale en met 150 miljoen luisteraar terugvoere per jaar. FEBA se fokus is in die lande waar die grootste nood is. Sy oordra van FEBA se werksaamhede is toegelig uit die Woord van God. Bybelse voorbeelde is hulle dryfkrag, wat hulle leiding deur die Heilige Gees beklemtoon. Die effektiwiteit van die aksie wys hoe mense, deur die aanraking van die Heilige Gees, entoesiasties en met oorgawe werk vir die verspreiding van die Evangelie van Jesus Christus.
Dr Johan Louw, met die tema “Dissipelmaking in ‘n wêreld wat nie lees nie”, is van Opvoedkundige agtergrond en betrokke by MegaVoice. MegaVoice fokus op die besef dat mense wat nie lees nie, nie die Woord van die Evangelie van Jesus Christus kan hoor nie. Sy demonstrasie van die feit dat effektief net omtrent 15% mense aktiewe lesers is, laat ons met ‘n steierende 75-80% mense wat nie die verlossende Woord van God op enige ander manier as mondeliks of deur audio-visuele maniere kan hoor nie. Die tegnologiese ontwikkelinge van vandag, is fenominaal. Die gebruik van eenvoudige en alledaagse toerusting, soos die flits, wat deur sonpaneeltjies aangedryf word. Dit word in nutuur rampgebiede versprei. Die eenvoudige hulpmiddel het ‘n ingeboude radio waardeur die Woord van God verder versprei kan word. Dit is prakties, funksioneel en versprei die Lig in meer as een wyse. Dit open ook deure in wêrelddele wat voorheen onbegaanbaar was vir draers van die Lig van God.
“Stories vanuit die Sendingveld”, het gefokus rondom Luk. 10: 2 (“Hy het vir hulle gesê: Die oes is groot, maar die arbeiders min.”) Hulle is betrokke by die opleiding van jongmense wat die Evangelie uitdra na veral die Afrika vasteland. Hy het menige verhale wêreldwyd, waar die werk van God deur die Heilige Gees. Sy entoesiastiese wyse om bv. voorbeelde waar Regerings dit moeilik maak vir mense uit die westerse wêreld om sendingwerk te doen, soos in Brazilië, kom plaaslike mense tot bekering en begin self onder hulle eie mense groepe sendingwerk te doen. Menige wonderlike weergawes van waar mense tot bekering kom, en self begin om die Evangelie aan hulle eie mense te bring. Hy beklemtoon die krag van gebed, waar enigiemand vir spesifieke mense kan bid, waar God die gebede beantwoord en mense uitstuur na spesifieke plekke. Hy sluit af met die baie waar stelling: “Al wat ons hemel toe kan vat is siele, ons het een lewe om te lewe, ons kan dit nie op onsself mors nie!”
Suria en Coen Scholtz, van Ethnos Movement International, se tema “-30, ‘n strategie vir Sending”, is gefokus op die bou van vriendskappe met mense in die alledaagse omgaan in mens se lewe. Hulle fokus is op Afrika en die uniekheid van elke mens. Sy gebruik onder andere die verhaal van Jesus se gesprek en effek met die Samiritaanse vrou by die water put (Joh. 4) en die besetene van Gerasa (Markus 5) om te demonstreer hoe Jesus enkel, onwaarskynlike mense gebruik om die Evangelie verder te verkondig. Mense wat nog nie vir Jesus Christus ken nie, maar wat oor mens se pad kom. Daardeur kan elke mens, daar waar jy beweeg en werk, ‘n verandering in die gemeenskap te weeg bring. Ons moet net so leef sodat mense kan sien en beleef dat jy ‘n kind van God is, deur die liefde van die Ware God wat jy uitdra, sodat hulle lewens vir altyd sal vernader. Ons kan grense oorsteek hier, waar ons woon.
Die Naweek is afgesluit deur die Sondag Erediens en Nagmaal. Die Erediens, met die tema: “Wie weet wat?” wat deur Ds Hendrik Saayman behartig is. Die preek was baie treffend. Die demonstrasie van die dogtertjie wat haar broertjie beveel om die kanale te verander op die TV, en haar antwoord op sy vraag van “Hoekom?”; van die handjie, waarvan die vingertjies elkeen nie veel skade kan aanrig nie, maar wanneer daardie vingertjies saam werk in die vorm van ‘n vuisie, raak dit ‘n ‘weapon of mass destruction’ wat ‘n baie groot impak kan hê, was visueel en het die krag van samewerking duidelik oorgebring, veral tussen al die verskillende Sendingaksies. So ook die droom van die man wat saam met sy gesin stap deur ‘n geslote tonnel, wat deur die ‘hel’ gaan, oppad na die hemel. Hulle word kort-kort onderbreek deur die harde geklop van bekendes aan die buitkant, wat dringend en beskuldigend vra, “Jy het geweet, hoekom het jy my nie vertel nie” het die boodskap baie duidelik oorgedra dat ons moet oorloop met die passie om ander te vertel, hier en nou, waar ons elke dag ‘n verskil kan maak. God self sal die oortuigings werk doen, maar ons het elkeen die verantwoordelikheid om te vertel. “Hoe kan enigiemand weet, as iemand nie vertel het nie?”. Die Nagmaal is bedien deur Ds. Charné Viljoen, ‘n predikant van NG Kerk Groot-Brakrivier, as afsluiting van ‘n wonderlike Gees-gevulde naweek.
Sendingaksie uitstallings was deurgaans deur die naweek beman in die Kerksaal, vir enige navrae, of vir mense wat meer inligting wou kry, of aktief wou betrokke raak. Die Uitstallings het ingesluit: Grootbrak Netwerk Forum, Frontiers SA, Radio FEBA, Operasie Mobilisasie, MegaVoice International, Wonderful SA Foundation, Helpende Hand, Arbeidsbediening Mosselbaai, Gideons, Food Socks, Skarrelhuis, Ethnos Movement International, Searle Memorial Church (Outreach Inspiration), NGK Hartenbos en NGK Groot-Brakrivier Sendeling Aktiwiteite. Die instansies dek ‘n verskeidenheid van aksies lokaal en internasionaal, en het ‘n wonderlike oorsig gegee van die werk van mense wat geroepe gevoel het om ‘n verskil te maak.
Wanneer mens sien waar daar oral, wêreldwyd, aktief deur soveel verskillende instansies gewerk word om die Evangelie by al die mense uit te kry, kan mens agteroor sit en begin dink dat mens nie nodig is nie. Maar dit is duidelik uit die oorsigte van al die sprekers dat ons geroep kan word om uit te gaan, weg van ons bekende; maar God bring ook die buitewêreld hier na waar ons woon. Vir die van ons wat nie geroepe word om uit te gaan na ander lande toe nie, moet ons die Evangelie hier waar ons woon uitdra. Dit moet ‘n lewensstyl word, omdat ons onvoorwaardelik glo en entoesiasties is vir die wonderlike vrede en vreugde wat ons ervaar omdat Jesus Christus ons lewens radikaal oorgeneem het, en ons nie anders kan as om oor te loop van die die liefde, vreugde en vrede wat God in ons lewens bewerkstellig het. Ons moet die onbereiktes vertel, van hierdie skat wat ons ontvang het. Dis ‘n skat wat uitgedeel moet word!
Die Gasvryheidsbediening van die Gemeente het die hele naweek heerlike verversings keurig opgedien.
Programleier: Dr Frans Hancke Vrydag 12 Julie 2024 17h00 – 18h00: Besigtiging van uitstallings in kerksaal 18h00 – 18h10: Verwelkoming deur Ds Charné Viljoen in kerkgebou 18h15 – 18h40: Eugene Pienaar van die Gideons in kerkgebou 18h45 – 19h30: Ds Hendrik Saayman van NGK Houtbaai in kerkgebou 19h30: Kuier rondom sop en broodjies in kerksaal Saterdag 13 Julie 2024 09h00 – 09h30: Besigtiging en toeligting van uitstallings in kerksaal 09h30 – 10h00: Opening en Pietman Davids in kerkgebou 10h00 – 10h40: Marina Louw van Frontiers SA in kerkgebou 10h45 – 11h15: Dr Jurie Vermeulen van Radio FEBA in kerkgebou 11h20 – 11h50: Dr Johan Louw van MegaVoice International in kerkgebou 11h50 – 12h10: Pouse : Besoek 1 uitstallingstasie van jou eie keuse 12h15 – 12h45: 12h50 – 13h30: Suria Scholtz van Ethnos International in kerkgebou 13h30: Verversings en besig ging/gesprekvoering met gassprekers en uitstallers Sondag 14 Julie 10h00 – 10h40: Afsluiting van Getuienisnaweek deur Ds Hendrik Saayman in kerkgebou 10h40 – 11h00: Nagmaal deur Ds Charné Viljoen in kerkgebou 11h00: Tee/koffie en verversings in kerksaal Sondag na die kuiergeleentheid kan die uitstallings, wat Vrydag opgestel was, verwyder word Enige donasies is welkom en kan by NGK Groot-Brakrivier inbetaal word. (FNB rekening nr 53083186511, tak: 210314).Verwysing: Getuienisnaweek.
Die Sprekers.
Eugene Pienaar – GideonsTema: “Bybelse beginsels vir effektiewe sending.” Eugene is getroud, het 3 volwasse kinders en was vir 26 jaar deel van hul familie boerdery besigheid. In 1992 by Gideons aangesluit en in verskeie portfolios en ampte gedien. Hy was ook bevoorreg om vanaf 2017 tot 2022 as Streeks Veld Offisier te dien vir die Gideons Internasionaal in Belize, Bahamas, Cayman Eilande, Jamaica, Mauritius, Reunion, Rodriques Eiland, Angola en Senekal. Tema: “Is 100 miljoen genoeg?”
Ds Hendrik Saayman – NGK Houtbaai Ds Hendrik is getroud, het 3 volwasse kinders en is voltydse leraar sedert 1984 en tans by NGK Houtbaai. Is ook sedert 2011 by Die_PLAN, ‘n organisasie wat geloofsgemeenskappe bewus maak van hulle Goddelike roeping om die Koninkryk van God te dien in hulle plaaslike gemeenskappe en die wêreld. Tema Vrydagaand: “’n Geesdriftige Gemeente” Hand. 19 Sondag preek: “Wie weet wat?” Skrif: Luk. 1:1-4
Dr Jurie Vermeulen Radio FEBA Dr Jurie is getroud, het 2 volwasse seuns en het sy PhD in Christelike Leierskap aan die Universiteit van Pretoria behaal. Hy het ‘n passie vir opleiding, begeleiding, sending en uitdra van die Evangelie. Hy is tans die Hoof Uitvoerende Beampte van Radio FEBA. Dr Johan is getroud, het 3 volwasse kinders en was 26 jaar in die onderwys waar hy gedien het as onderwyser, Departementshoof, Dosent, Opvoedkundige Sielkundige, Inspekteur van Onderwys en Skoolhoof. Hy leef tans sy roeping en passie uit naamlik: Die skepping van fisiese, psigiese en geestelike welvaart aan mense wat Hoop nodig het. Tema: “Dissipelmaking in ‘n wêreld wat nie lees nie.”
Dr Johan Louw MegaVoice International Africa Dr Johan is getroud, het 3 volwasse kinders en was 26 jaar in die onderwys waar hy gedien het as onderwyser, Departementshoof, Dosent, Opvoedkundige Sielkundige, Inspekteur van Onderwys en Skoolhoof. Hy leef tans sy Tema: “Dissipelmaking in ‘n wêreld wat nie lees nie.”
Marina Louw – Frontiers SA Marina het twee volwasse kinders, een kleindogter en het 7 jaar saam met haar oorlede man, as diplomate in Suid-Amerika diens gedoen. Sy het 26 jaar lank onderwys gegee, en het ‘n groot liefde vir die skepping, natuur en verskillende kulture. Sy is reeds dekades by sending betrokke en is sedert 2017 die voltydse mobiliseerder by Frontiers SA, Jesus vir Moslems.Coen en Suria Scholtz lei die sendingorganisasie, Ethnos Movement International vanaf George in die Suid-Kaap en is al vir amper dertig jaar voltyds betrokke by sending. Hulle het vir baie jare in Zambië gewoon en gewerk en het 11 kinders waarvan 2 biologies is. Suria se bediening sluit in radiogleuwe, motiveringspraatjies, vrouekonferensies en skryfwerk. Tema: “Tot aan die uithoeke van die wêreld.”
Suria Scholtz Ethnos Movement International Coen en Suria Scholtz lei die sendingorganisasie, Ethnos Movement International vanaf George in die Suid-Kaap en is al vir amper dertig jaar voltyds betrokke by sending. Hulle het vir baie jare in Zambi ë gewoon en gewerk en het 11 kinders waarvan 2 biologies is. Suria se bediening sluit in radiogleuwe, motiveringspraatjies, vrouekonferensies en skryfwerk. Tema: “-30, ‘n Strategie vir Sending.”
I finally received that small document which states that I have deposited my file for the renewing of my visa. I was relieved until I noticed that all the information concerning my passport and previous visa, was completely wrong. I want to say done on purpose, but let’s be positive. I have to go back and apply for a new one.
Dries is almost done with the work on the centre box of the boat. It is slow work, but has already made a big difference.
….or rather The Weeks! The last few weeks have been busy and that explains the fact that I have not posted any news. Not for a lack of news though. The schools closed on Friday and we had our concert in the afternoon. I’ll do a special post about that.
So what have we been doing you might ask. Dries had a couple of demanding weeks. He got a lot done on the boat. Amidst that, the Land Rover decided to give trouble and that meant that he spent a week to get the starter fixed, together with some other problems waiting to happen.
(Nuusbrief ge-anomiseer ter beskerming van ons dienswerkers)
Liewe vriende en familie
Partykeer op ‘n dag soos vandag het ek die Here so nodig. Dan kyk ek op na die berge en ek weet waar my hulp vandaan gaan kom. Hy kom en Hy tel elke stukkende potskerf op en maak my heel. Hy gee vir my in hierdie vreeslike stilte die mooiste sonsondergang. Jesus.
Verlede Maandag het ons die derde Gebedsontbyt geleentheid gehad. Al die pastore en kerkleiers van ons streek is na die spesiale geleentheid genooi. Die Adjunk raad leiers van die streek asook die burgemeesters van twee dorpe was teenwoordig. Die Amerikaanse ambassadeur van NAVU Kurt Volker was ook daar asook die spesiale teenwoordiger van die Amerikaanse staatsdepartement vir Oekraine was teenwoordig. Dit was vir my so groot voorreg toe hulle my gevra het om die dag af te sluit en in Afrikaans te bid vir Oekraine en vir vrede in Oekraine.
‘n Groep van 110 leerders van Wesvalia Hoërskool het ondersteunings werk in die Makhathini gemeenskappe gaan doen. Die groep het by Embangweni gewerk aan die Kerk en gehelp met onderhoud en fisiese werk waaroor die gemeenskap baie dankbaar is. Die Kerk is binne geverf en ‘n kruis teen die agterste muur met die teks: “Wie die Seun het het die lewe…” (1 Joh. 5: 12) is aangebring om die Kerk op te vrolik. Daar is draad gespan met ‘n hek; asook ander noodsaaklike onderhoudswerk is gedoen.
Research was done by three International Mission Board (IMB) journalists and the following article was published. We were also interviewed for this exposé at the time. What prompted us to share this once more what we are experiencing with Mboty and Florette right at this moment. One of the reasons for the high incidence of sexual abuse in the family circle, is the attitude to prostitution and for that fact, child trafficking. It is not a moral issue and money trumps every objection that might remain. Dries felt strongly that people need to be made aware of this situation once again. What we have experienced in twenty-six of ministry is that the Gospel preached in the school milieu and the nurturing of children in all aspects of their lives, is how teenage pregnancy, prostitution and child abuse can be prevented and overcome. People will know how to pray once they know the reality of what happens in Madagascar and for that matter in most other countries in the world.
Save urgently! The English translation for ‘vonjy maika’, is emergency. We had an emergency when we visited Lovako School in Ampamata at the end of April. You might wonder why I haven’t mentioned any of it, but besides being caught up in the aftermath, I prayed that God would provide the deliverance and that I could share it as a testimony to God’s grace.