Gerrie en Arlene se nuusbrief: April nuus en getuienis

Gerrie en Arlene - Bersig George

Hiermee Gerrie en Arlene se maandelikse nuusbrief vir julle inligting en volgehoue gebede. Watter goeie nuus is dit nie net dat Gerrie se  operasie suksesvol was en dat hy goed aan die herstel is. Watter wonderlike getuienis is dit wat hulle met ons deel – mag ons ook hier in ons eie gemeente sulke getuienisse met mekaar deel. Dit doen wondere vir ander en dien ook as motivering om doelgerig die goeie nuus van Jesus so wyd moontlik te versprei.

Lees meer “Gerrie en Arlene se nuusbrief: April nuus en getuienis”

Ondersteuningsgroep byeenkoms, 5 Mei 2022: Ons gesels oor: Depressie

In samewerking met Caritas Care Mosselbaai.

Die byeenkoms word geopen  deur Mardine Strauss.

Mia Bruhns [Pastorale Narratiewe Terapeut] is ons gasspreker oor Depressie.

Mia verduidelik kortliks die plastisiteit van die brein t.o.v depressie. Daar is voorheen geglo dat die mens se breinselle afsterf en dat dit dan finaal is. 

Nuwe navorsing wys dat die brein se plastisieit die vermoë het om sy struktuur te verander met leer.

Met depressie word daar ‘n probleem storie vasgelê, maar deur die gebruik van taal, kan ‘n alternatiewe verhaal geskep word. 

Lees meer “Ondersteuningsgroep byeenkoms, 5 Mei 2022: Ons gesels oor: Depressie”

Ondersteuningsgroep

Eensaamheid is ‘n probleem wat toenemend voorkom in ons moderne samelewing en ook in ons eie gemeente, daarom het ons dit goed gedink om ‘n ondersteuning netwerk en groep te begin vir:

  • enkellopendes;
  • mense wat gemarginaliseerd voel;
  • nuwe intrekkers wat uitgesluit voel;
  • selfs mense binne ‘n verhouding wat eensaam voel;
  • of wat ookal jou omstandighede is, dalk weens verlies of siekte.
    Indien jy wil inskakel by so ‘n groep, of nodig het om net met iemand vertroulik te praat, kontak of whatsapp my.
    Riana Briers
    Sel: 081 039 8853

Gemeente dankfees 14 Mei 2022

Gemeentefees 14 Mei 2022

Dankfees

14 Mei 2022

Die Dankfees van Saterdag was ‘n heerlike kuier geleentheid en is goed bygewoon in ‘n baie besige Groot-Brakrivier. Ons kon lekker kuier om al die aktiwiteite. Daar was heerlike sosaties, roosterkoeke, kerrie en rys, jaffels, boereworsrolle, pannekoek, vleis, gebak, poeding en groente om van te kus en te keur. Die kindertafel en wit-olifant tafel het ‘n groot verskeidingheid vir oud en jonk gehad. Die koffie en koek tafel was baie besig en mense kon heerlik saamkuier. Dit alles is aangevul met die klankryke boereorkes musiek van Miggill Maritz en sy span.

Ons wil almal bedank wat hard gewerk het met al die voorbereiding, die voorsit van heerlike disse en versnaperringe. Aan elkeen wat betrokke was, hetsy by die harde werk, asook almal wat die dag bygewoon het en ons so ondersteun het. Die was die moeite werd en sonder elkeen van julle sou ons dit nie kon doen nie. Nogmaals dankie.

Madagaskar: Weeklikse nuusflits vanaf Lynette – Die WEEK – 8/05/2022

What a joy and a privilege to have friends in Christ who encourage and advise us by the power of the Holy Spirit. A couple of days ago, it was clear to us that JoshGen School would have to close its doors after twenty years. I found myself either crying or close to tears most of the time.Therefore, it was a surprise when Euphrasie sent me a message and reminded me about a very small piece of land we went to look at a few months ago. At the time, we considered it too small and access was also a problem.

Lees meer “Madagaskar: Weeklikse nuusflits vanaf Lynette – Die WEEK – 8/05/2022”

Afskeidsgroet en demissie by emiritaat: Ds. Paul en Hettie Roodt 8 Mei 2022

Ds Paul en Hettie Roodt

Tot ons weer ontmoet…

Ds. Paul en Hettie Roodt

Soli Deo Gloria : Aan God al die eer

Die NG Kerk Groot-Brakrivier neem afskeid van Ds. Paul en Hettie Roodt op 8 Mei 2022 tydens ‘n finale preek. Ds. Paul Roodt is as proponent in die NG Kerk Groot-Brakrivier gemeente gelegitimeer op 18 Januarie 1985 en het op 31 Mei 2020 die gemeente tydens die tweejaarlange, grendeltyd pandemie verlaat, weens mediese redes, om hulle in Hartenbos te vestig.

Ds. Paul het sy laerskool in Laerskool Brandwag, waar sy vader die skoolhoof was, voltooi. Hiervandaan is hy na Hoërskool Punt in Mosselbaai waar hy gematrikuleer het. Sy BA Admissie en Grieks Honneurs het hy by UPE verwerf en sy finale jare by die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch voltooi. Hierna het hy twee jaar diensplig by 8 SA Infanterie Bataljon te Upington gedoen. Hy ontmoet vir Hettie tydens sy studentejare in Stellenbosch. Hulle is later getroud en het twee dogters, Jolette en Estelle.

Diens in die Kerk

Die geleentheid in die kerk was volgepak en kleurryk. Die voorsang met klavier en dwarsfluit begeleiding word deur Isabella Wolmarans gelei en sluit onder andere Ps. 118, Lied 163, Lied 553 en Ps 146 in. Ds. Danie Goosen doen die verwelkoming en inleiding tot Ds. Paul Roodt se finale preek. 

Ds. Paul gebruik dieselfde bybeltekste waarmee hy sy intreerede gegee het. In 1 Kor. 2: 1-5 as inleiding wys hy op sy nederigheid en diensbaarheid om Jesus Christus verstaanbaar te verkondig sodat ons geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.

Met 2 Kor. 12: 7b-10 vergelyk hy sy swakheid en siekte met die van Paulus wat tot God gebid het om die doring in sy vlees van hom weg te neem, maar God antwoord met “my genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” Desember 2014 was vir Ds. Paul ‘n keerpunt toe Parkisons by hom gediagnoseer is. Hy het egter aan hierdie woorde van Paulus vasgehou “As ek swak is, dan is ek sterk.”

Uit Matt. 28:16-20 het Ds. Paul sy roeping ontvang en aangepak. Hy was ‘n dissipel van Christus wat uitgegaan het om dissipels te maak, hulle te doop in die naam van die Drie-enige God en hulle te leer waar hy kon.

Tydens sy 35 jaar in diens van die NG Kerk Groot-Brakrivier gemeente het hy troues (225), doopbedieninge (469) en begrafnisse (616) gelei. Die laaste doop as predikant is ook in hierdie kleurryke geleentheid bedien toe hy vir klein Adelaide Kelly Schlechter doop. Hy het ook tydens menige huisbesoeke, blokbyeenkomste, bybelstudiegroepe, jeugwerk, kategese en skoolgroepe sy belofte aan God gestand gedoen. Hy sê ook dankie vir die jare wat hy in diens kon staan.

Demissie en Groeteboodskappe

Ds. André Kritzinger wat ‘n jarelange kollega in Mosselbaai was van Ds. Paul oorhandig die akte van demissie by emiritaat namens die Ringkommissie en laat ons met die boodskap dat ons vir Ds. Paul moet bid. 

Ds. Johan Strauss wat vir 36 jaar in die Groot-brakrivier VGK was, en nou reeds 11 jaar afgetree is, bedank Ds. Paul en Hettie vir hul hulp en bystand in die gemeenskap. Hy noem Ds. Paul ‘n kollega en vriend  wat betroubaar, lojaal, wat met toewyding en pligsgetrouheid sy taak volbring het. Hy groet Ds. Paul met Matt 17:8, waar die dissipels net vir Jesus sien; Fil 4:4 waar ons gemaan word om altyd bly te wees soos die voorbeeld wat Ds. Paul gestel het; en Num. 6:24-26 “Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.” Mag dit so wees elke dag!

Johan Muller, wat Ds. Paul jare lank ken as gemeentelid en familie vriend vertel van die eerste ontmoeting toe die jong Paul Roodt op die vraag wat hy gaan word, eenvoudig geantwoord het: “Ek gaan ‘n dominee word.” Ds. Paul het gereeld aan huis van Tannie Maraaitjie kom tee drink en later self ook sy eie pakkie tee saamgebring het. Hy het Johan se suster Alta begelei en ondersteun tydens haar stryd met kanker en was ‘n steunpilaar vir die hele familie; ook Johan se broer Sarel wat baie ondersteuning nodig gehad het. Die familie is lief vir Ds. Paul en Hettie en bid dat “Sy genade kombers genoeg sal wees vir hom.”

Ds. Smuts van Rensburg wat jarelange kollega in Hartenbos en vriend is noem hoe die NG Kerk Groot-Brakrivier uitgebrei en gegroei het, in getalle en geestelik, van die begin jare nadat Paul gelegitimeer is tot sy uittrede. Hy was ‘n mens wat kon leiding gee, met oorgawe gedien het en met sy hele hart, siel, verstand en krag die Here gedien het. Hy het ‘n wonderlike en vlymskerp humorsin, kon heerlik lag en huil wanneer nodig. Ds. Paul was getrou aan wie hy is – hy het alles gegee. Ds. Paul en Hettie het mekaar ondersteun in sagtheid en nederigheid. Hy laat Ds. Paul ook met Num 6:24-26 en met die boodskap:

Geniet elke dag wat geskenk word en leef voluit!

Ds. Danie Goosen, kollega tydens die laaste klompie jare, noem ook Ds. Paul se toegewydheid en bedank hom vir die samewerking, die saambid en vir die respek vir mekaar; en maan hom om nie te hard op homself te wees nie. Hy kon sag en ferm wees wanneer nodig.

Die geleentheid word afgesluit met ‘tee met koekies’, Ds. Paul se geliefkoosde sê-ding wanneer daar ‘n lekker geselligheid is na ‘n diens. 

Ds. Paul het voorwaar die wedloop gehardloop en dit suksesvol volbring. Die NG Kerk Groot-Brakrivier sê dankie vir 35 jaar se 100% diens, maar nie heeltemal vaarwel nie, aangesien Ds. Paul en Hettie nog lidmate in die gemeente is.

NG Kerk Groot-Brakrivier groet met 2 Pet. 5:10-11:

“En mag God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves! Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!”

Afskeidserediens:

Madagaskar: Lynette se nuusbrief – Week 1 Mei 2022

Madagaskar 1 Mei 2022

You know that you are overstaying your welcome in a place when the apartment block you live in, catches fire. On Friday at about 5 o’ clock, we heard people yelling down below in the street. This is nothing unusual for this neighbourhood and I put it down to the week-end excesses starting early. When more voices joined in, I thought that it called for a quick glimpse out the window and received quite a fright when we realised that people were urging the inhabitants to get out as the building was on fire. This warranted some action on our part and we grabbed a few things, passports being the most important and fled the apartment.

Lees meer “Madagaskar: Lynette se nuusbrief – Week 1 Mei 2022”

Lief en Leed Week 19+

Lief en Leed

‘n Spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Chrissie en Yolanda Schlechter en hulle dogtertjie Adelaide Kelly Schlechter wat vanoggend gedoop word.

Nuusflitse Week 19+ van 2022

Nuus Flitse

Makhathini – besoek van 30 Mei 2022

Ds Louwrens van der Westhuizen en 3 van sy medewerkers gaan ons Pinksterdiens op 30 Mei 2022 kom bywoon, saam sop en broodjies na die tyd geniet en ook net saam kuier.

Afkondigings 8 – 15 Mei 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 8 Mei 2022 (Moedersdag):

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Chrissie en Yolanda Schlechter en hulle dogtertjie Adelaide Kelly Schlechter wat vanoggend gedoop word.
  • Afskeidsgroet ds. Paul & Hettie Roodt.
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Gemeente-Hulpfonds.
  • Kategese om 09h00.
  • Tee MET koekies in die saal / tent.  Almal is welkom.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

Gebedsgidse

Gebedsgidse vir Mei 2022 is beskikbaar in die voorportaal. 

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.

Basaarsameroepers – 9 Mei 2022

Die basaarsameroepers vergader Maandagaand om 18h00 by die kerk.

Bestuurspanvergadering – 10 Mei 2022

Die bestuurspan vergader eerskomende Dinsdagmiddag om 17h30 in die kerk onder die voorsitterskap van Willem du Preez.  Ons vra u voorbidding vir die vergadering.

Blokbyeenkoms – 11 Mei 2022

Blok 9C (Tergniethoogte) en Blok 14 (Groenkloof-Reebok) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas in Groenkloof-Reebok se eetsaal.  Christo Kitching 082 823 2888 (Blok 9 C) en Heloïse van der Merwe 082 924 9883 (Blok 14). 

Sondag – 15 Mei 2022

  • Sinodale bid- en dankdag
  • Kategese om 09:00.
  • Ds. Danie Goosen
  • Sinodale Offer vir die Buitelandse Sending.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.

  • Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Amos, Lynda en kinders

Amos wil SA besoek om te rus na verskeie mediese terugslae wat hy beleef het die afgelope jaar.  Hulle het nie genoeg fondse vir die vliegtuigkaartjies nie en het gevra of hul ondersteuners dalk bydraes kan maak. Bersig-Suid sal na hul vervoer en verblyf omsien. 

Indien u deur die Gees gelei word kan u inbetalings in Bergsig-Suid se bankrekening (NGK George-Bergsig, ABSA Bank, Rekeningnommer 890 580 009, Tak 632005) maak.  Gebruik “Amos&Lynda” as verwysing met enige inbetaling.  Baie dankie vir u oorweging en voorbidding.

Omgeebediening

Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure. 

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Dankfees – Kerrie en Rys

U kan nog tot Maandag, 9 Mei bestellings plaas vir kerrie en rys.

250ml   R15

500ml   R30

Whatsapp of skakel asseblief vir Barbara Gericke by 082 411 1222.

Dankfees – Kindertafel

Ons benodig dringend eet- en speelgoed vir die kindertafel.  Indien u ‘n bydrae kan maak, lewer asseblief af by De Kaap Eiendomme of die kerkkantoor tydens kantoorure.  (Pauline 079 557 8591).

Moedersdag

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om alle ma’s en diegene wat moederlike rolle vertolk ‘n geseënde Moedersdag toe te wens. Ons dra julle met liefde aan die Here op.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.  U is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

Dankfees – 14 Mei 2022

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.  Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

  • Pannekoek tafel:
    Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).

Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.

  • Gebak:
    Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).

Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 Mei 2022.  Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.

  1. KERRIE-EN-RYS:  250 ml @ R15 & 500 ml @ R30

            Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /

      Corita du Preez – 084 265 9487

  • JAFFELS @ R20 ELK:  Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis.  Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
  • BOEREWORSROLLE @ R20 ELK: Corrie Pieters – 082 327 9527
  • ROOSTERKOEKE:  Heel @ R10 elk / Konfyt @ R15 elk / Konfyt & Kaas @ R20 elk / Hoender Mayo @ R20 elk.  Daar sal ook slap chips te koop wees.  Amelia – 072 975 0917

Vir die volgende tafels is geen bestellings nodig nie. Julle kan elke tafel besoek en koop volgens jul behoefte.

  • PANNEKOEK @ R5 elk: Piet Snyman – 082 297 3476
  • SOSATIES @ R18 elk: Asb geen bestellings! Pieter Lourens – 073 138 7363
  • VLEIS:  Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
  • GEBAK:  Liana Boshoff – 084 764 6155
  • GROENTE:  Robert Crause – 071 243 9181
  1. WIT OLIFANT:  Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer.  Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.  Annalene de Swardt – 082 495 5011
  1. KINDERTAFEL:  Pauline Richards – 079 557 8591
  2. POEDING:  Elmari Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          ‘ 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

AFSKEIDSGROET Ds. Paul & Hettie Roodt

Ds Paul en Hettie Roodt

N.G. KERK GROOT-BRAKRIVIER 1985 – 2020

8 MEI 2022

  1. Afkondigings en verwelkoming:  Ds. Danie Goosen
  2. Votum en seëngroet:  Ds. Paul Roodt
  3. Psalm 100 (Totius-beryming): 1-4
  4. Gebed voorlees:  Johan Muller
  5. Prediking
  6. Doopbediening:  Lied 292:1 ; 2
  7. Dankoffer
  8. Lied 485:1-3
  9. Seëngroet
  10. Akte van demissie by emeritaat:  Ds André Kritzinger namens die ringskommissie
  1. Ds. Johan Strauss
  2. Johan Muller
  3. Tee MET koekies in die saal / tent

SOLI DEO GLORIA : ALLEEN AAN GOD DIE EER!

Uitnodiging: Gemeentefees 14 Mei 2022 NG Kerk Groot-Brakrivier

Gemeentefees Oktober 2021

Dankfees – Saterdag 14 Mei 2022

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.  Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

  • Pannekoek tafel:
    Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).

Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.

  • Gebak:
    Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).

Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 MEI 2022.  Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.

  1. KERRIE-EN-RYS:  250 ml @ R15 & 500 ml @ R30

            Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /

      Corita du Preez – 084 265 9487

  • JAFFELS @ R20 ELK:  Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis.  Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
  • BOEREWORSROLLE @ R20 ELK: Corrie Pieters – 082 327 9527
  • ROOSTERKOEKE:  Heel @ R10 elk / Konfyt @ R15 elk / Konfyt & Kaas @ R20 elk / Hoender Mayo @ R20 elk.  Daar sal ook slap chips te koop wees.  Amelia – 072 975 0917

Vir die volgende tafels is geen bestellings nodig nie. Julle kan elke tafel besoek en koop volgens jul behoefte.

  • PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476
  • SOSATIES @ R18 elk: Asb geen bestellings! Pieter Lourens – 073 138 7363
  • VLEIS:  Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
  • GEBAK:  Liana Boshoff – 084 764 6155
  • GROENTE:  Robert Crause – 071 243 9181
  1. WIT OLIFANT:  Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorter.  Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.  Annalene de Swardt – 082 495 5011
  1. KINDERTAFEL:  Pauline Richards – 079 557 8591
  1. POEDING:  Elmarie Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)

Lief en Leed week 18 van 2022

Lief en Leed

Dit is met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van
Johan Marais
Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan die oorledene se geliefdes, mag die Here u troos in hierdie hartseer tyd.

Gemeentebrief 26 April 2022

shallow focus of letter paper

26 April 2022
Goeie môre gemeente,
Die evangelie verkondig die boodskap dat Jesus Christus die Here is. Dit word beklemtoon in die Paasgebeure met die opstanding uit die dood en verskyning van Jesus Christus aan talle getuies. Ons deel in die skare getuies van gelowiges wat gereeld ons geloof in die Opgestane Christus bely. Ons hoop is op Hom gerig en in Hom gesetel. Mag ons dit gereeld met mekaar en die wêreld deel.

Lees meer “Gemeentebrief 26 April 2022”

Gebedsgids Mei 2022

Gebed Vroue

Ef. 6 : 18.  Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.

Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

Sondag 1 Mei                                                Arbeidsondag.

Dis arbeidsondag. Kom ons bid vir die werkloosheidskrisis waarin ons land verkeer. Dat
Ons owerhede met wysheid besluite sal neem wat werkskepping tot gevolg sal hê.
Ons offers gaan vandag  vir die Magdalena Huis; bid dat hul werk geseënd en tot heil van die Koninkryk van God sal wees. 

Lees meer “Gebedsgids Mei 2022”

Gemeentefees 14 Mei 2022

Gemeentefees Oktober 2021

Dankfees – 14 Mei 2022

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.  Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

  • Pannekoek tafel:
    Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).

Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.

  • Gebak:
    Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).

Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 MEI 2022.  Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.

  1. KERRIE-EN-RYS:  250 ml @ R15 & 500 ml @ R30

            Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /

      Corita du Preez – 084 265 9487

  • JAFFELS @ R20 ELK:  Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis.  Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
  • BOEREWORSROLLE @ R20 ELK: Corrie Pieters – 082 327 9527
  • ROOSTERKOEKE:  Heel @ R10 elk / Konfyt @ R15 elk / Konfyt & Kaas @ R20 elk / Hoender Mayo @ R20 elk.  Daar sal ook slap chips te koop wees.  Amelia – 072 975 0917

Vir die volgende tafels is geen bestellings nodig nie. Julle kan elke tafel besoek en koop volgens jul behoefte.

  • PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476
  • SOSATIES @ R18 elk: Asb geen bestellings! Pieter Lourens – 073 138 7363
  • VLEIS:  Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
  • GEBAK:  Liana Boshoff – 084 764 6155
  • GROENTE:  Robert Crause – 071 243 9181
  1. WIT OLIFANT:  Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorter.  Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.  Annalene de Swardt – 082 495 5011
  1. KINDERTAFEL:  Pauline Richards – 079 557 8591
  1. POEDING:  Elmarie Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)