We were packed and ready to go to Ampamata on Thursday morning. Nazaire, the boat owner, gave us a bigger boat this time as we had to bring the panels to fix the walls, tables and benches and a new blackboard. We have been praying a lot for Ampamata. It felt lately as if there are constantly new challenges and sometimes we feel to simply leave them to carry on by themselves.
Lees meer “Nuusflits vanaf Lynette van Madagaskar: Die WEEK – 30/04/2023”Radio FEBA e-Gebedsgids Mei 2023
Maandag 1 Mei: FEBA Vietnam het onlangs ‘n jeugkamp, die Mien en Kim Mun Jeugkamp, aangebied. Dit is deur meer as ‘n duisend jongmense bygewoon. Bid asseblief dat hierdie jongmense se verhouding met Christus sal groei; en dat hulle die vrymoedigheid sal hê om die liefde van die Here Jesus Christus met hul maats te deel.
Lees meer “Radio FEBA e-Gebedsgids Mei 2023”Stof tot nadenke: God se Gees
“Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees.”
Joh. 6: 63
In die geskrewe woord van Johannes, die geliefde dissipel van Christus, word Christus se eie woorde weergegee. Christus wat ons verseker dat ook Hy self het onder die leiding van die Gees hierdie aarde bewandel het. Dit is nie vir ons mense moontlik om deur eie wil of krag vir ander mense te probeer lief wees en die wet te onderhou nie nie.
Lees meer “Stof tot nadenke: God se Gees”Erediens 7 Mei 2023 – Dr Frans Hancke
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Lukas 3: 1-9
Tema: Nog ‘n kans
Begeleiding:
Orrel: Marida Bridges
Lief en Leed Week 19 van 2023
Nuusflitse Week 19 van 2023
Woensdag 10 Mei 2023 : Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9C (Tergniethoogte & Groenkloof Rheebok) in Groenkloof Rheebok se eetsaal.
Sondag 14 Mei 2023 : Erediens om 09:00. Prediker: ds During Cornelius. Kategese. Groot-Brakrivier se Blaasorkes tree op.
Sinodesitting 8 – 12 Mei 2023 te Goudini
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 10 en 24 Mei, 7 en 21 Junie
Afkondigings 7 – 14 Mei 2023
Vandag – Sondag 7 Mei 2023 (Sinodale Bid & Dankdag) :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 13: 1-9. Die tema van die predeking is: Nog ’n kans.
- Kategese.
- Arbeidsondag.
- Sinodale Offer vir Gemeente-ondersteuning by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Missie Japan: Veelkleurige momente uit ons lewe en leer
Beste Ondersteuner,
Pinkster lê voor ons, en ek vertrou daar lê ‘n genotvolle langnaweek agter jou!?
By ons in Japan, terwyl die pienk-pers en wit Tsutsuji (Azalea) blom en die rysboere gereed maak om neon-groen rysplantjies te plant, lig ek net ‘n paar hoogtepunte uit van die afgelope ses weke.
Lees meer “Missie Japan: Veelkleurige momente uit ons lewe en leer”Madagaskar: The week 23 April 2023
I always thought that it was who you knew around here that opened doors, but we discovered during the week that what you wear might play a role. We don’t get pulled over by the police often, but on our way to a Ranger meeting, a young officer made a big show with his whistle blowing and waved us off the road. We did not recognise him and assumed that he must have been new. When he came towards the Landrover from the back, he looked in at the driver’s side, suddenly jumped to attention, saluted and with what almost resembled a curtsy, waved us through.
Lees meer “Madagaskar: The week 23 April 2023”Gebedsgids Mei 2023
GEBEDSGIDS – MEI 2023
“In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense” – 1 Timoteus 2:1
MAANDAG 1 MEI – Werkersdag
Bid vir groter hardwerkendheid, arbeidsvrede en versoening by almal wat werk het en arbeidspraktyke waar reg en geregtigheid seëvier.Vra vir uitkoms vir werkloses en armes en dat ons oor hulle besorgd sal wees. Mag mense vreugde in hul arbeid vind.
DINSDAG 2 MEI – Die dag van die Here
“Ditis die dag wat die Here gemaak het, laat ons daaroor juig en bly wees” (Ps 118:24). Dit is elke dag die dag van die Here, kom ons loof en dank God vir elke dag wat Hy ons skenk en laat ons hierdie maand elke dag voluit vir Jesus leef.
WOENSDAG 3 MEI – Leef jou Christenskap
Vandag kom dank ons die Vader vir elkeen in die gemeente wat God se lig in ‘n donker wêreld laat skyn – deur voorbeeld, uitreik na hulle in nood, ‘n selfoon-oproep, ‘n handdruk, luisterende oor, glimlag en helpende hand. So leef ons Jesus se gesindheid en voorbeeld uit.
DONDERDAG 4 MEI – MES (Mould, Empower, Serve)
MES in Kaapstad se visie is om die haweloses, armes, hongeres, naaktes en behoeftiges te ondersteun. Bid vir meer vrywilligers om te help met die verskillende programme. Bid vir werksgeleenthede vir die gerehabiliteerdes. Dank die Here vir gelowiges wat selfloos, vrywillige diens lewer en hul tyd afstaan by hierdie bediening.
VRYDAG 5 MEI – Moslem Bediening
Bid asb vir Moslems in SA. Vra dat Christene se leefwyse en getuienisse hulle na Jesus sal lei, dat hulle liefde en nie verwerping sal ervaar nie. Dra almal wat by hierdie bediening betrokke is aan die Here op.
SATERDAG 6 MEI – Sosiale Geregtigheid
Bid dat die Gees vir elkeen van ons kreatiewe maniere sal gee om mense in nood te help en dat ons sal weet waar en hoe om betrokke te raak. Dat ons as Sy kerk sal verstaan dat ons hier is ter wille van ander.
SONDAG 7 MEI – Bid en Getuig
“Ons prys U Naam dat ons as gemeente saam kan bid. Ons erken ons diepe afhanklikheid van U. Here Jesus, gee ons asb ‘n passie vir siele dat ons begaan sal wees oor hulle wat nog buite staan. Maak ons gehoorsaam en sensitief vir U stem sodat ons nie geleenthede by ons sal laat verbygaan om vir U te getuig nie”.
MAANDAG 8 MEI – Suid-Afrika se mense en leiers
Bid dat die probleme in ons land ons tot verootmoediging sal lei. Bid dat die lig van die Evangelie ons politieke, sake- en maatskaplike-leiers sal verlig en dat hulle voor Sy almag sal buig en erken dat die Bybel ons hoogste gesag is. Bid vir gelowiges om te erken en te bely dat ons God in beheer is, al lyk dit nie vir ons so nie.
DINSDAG 9 MEI – Ons Gemeente
Dra ons leraar, kerkraad, kommissies, amptenare, leiers en elke lidmaat aan die Here op. Bid vir afgedwaalde gemeentelede; gesinne met probleme, hartseer en pyn. Bid dat ons as gemeente waarlik die lewende liggaam van Christus sal wees en dit uitleef.
WOENSDAG 10 MEI – Verantwoordelike Burgers
Bid vir wysheid en insig sodat ons as gelowiges elkeen elekrtrisiteit, water en ander noodsaaklike hulpbronne met verantwoordelikheid sal gebruik. Dank die Here vir al die voorregte en seëninge wat ons geniet.
DONDERDAG 11 MEI – Verslaafdes
Bid vir so baie mense en jeudiges wat verslaaf is aan drank, dwelms en ander vorms van afhanklikheid. Bid vir gesinne wat geraak word en met die probleme worstel. Vra vir begrip, wysheid, geduld en bo-al vir Goddelike ingryping. Laat God ons toevlug wees.
VRYDAG 12 MEI – Vervolging in Turkye
Christene in Turkye ervaar groot druk van toenemende godsdienstige nasionalisme. Die regering teiken alle Christene en selfs buitelandse gelowiges. Bid dat die Turkse regering sal erken dat Christene ‘n waardevolle deel van die bevolking verteenwoordig.
SATERDAG 13 MEI – Christenskap in Skole
Baie skole wêreldwyd verbied Christenskap. Bid dat Christen onderwysers en kinders in ons land, hul geloof sal uitleef, nie skaam sal wees vir die Evangelie van Christus nie.
Dat hul maats hierdeur die liefde van God in hulle sal sien en ook vir Jesus sal leer ken.
SONDAG 14 MEI – Moedersdag
‘Wat is ‘n huis sonder ‘n Moeder’ is ‘n ou gesegde, maar tog so waar. Kom ons dank God vir die moeders in ons lewens, vir hul sorg en liefde en voorbeeld. Bid dat die Here hulle sal seën en Sy liefde altyd oor hierdie besondere mense, die wag sal hou.
MAANDAG 15 MEI – ‘n Stukkende Wêreld
“Vader, ons bid opnuut vir lande wat die afgelope tyd deur oorloë en rampe geteister is – Rusland, Oekraïne, Turkye, Sirië en vele lande in Afrika. Ons dank U vir almal wat betrokke was met hulpverlening en bid dat lydendes hul troos en krag by U sal vind.”
“Pray often, for prayer is a shield to the soul, a sacrifice to God, and a scourge for Satan.” – John Bunyan
DINSDAG 16 MEI – Ongereddes op aarde
Miljoene “Christene” in die wêreld het geen persoonlike verhouding met die Here Jesus nie. Bid vir predikers om mense op te roep tot bekering. Bid dat God vir ons land evangeliste sal gee wat die evangelie kragtig sal verkondig, asook lidmate wat getuig.
WOENSDAG 17 MEI – Inbrake en Kapings
Huis-inbrake en voertuigkapings vermeerder. Bid asseblief vir die Here se bewaring in tye van inbrake en kapings. Mag die Here Jesus ook in die harte van kwaaddoeners werk om tot inkeer te kom en om van hulle planne af te sien.
DONDERDAG 18 MEI – Hemelvaart
“Die Heer regeer, Hy’t opgevaar, Die dood kon Hom nie hou nie.
Sy almag sal ook ons bewaar – wie sal op Hom nie bou nie.
Kom sing dan nou ‘n loflied saam: Hy roep ons na Sy woning.
Kom prys die allergrootste Naam, ons Heer en Koning.” (Lied 429)
VRYDAG 19 MEI – Vervolgde vroue wêreldwyd
In Moslemlande word vroue geteiken om die Christengemeenskap te straf of skade te berokken. As Christene en vroue word hul as minderwaardig geag. Bid dat hulle as opvoeders van die volgende geslag hul waarde in God sal besef en Sy beskerming en seën sal ervaar.
SATERDAG 20 MEI – Voorbereiding vir Pinkster
Pinksterdienste begin more. Kom ons loof en dank God as Heilige Gees. Die Bybel sê in I Kor 12:3b: ‘niemand kan sê “Jesus is die Here” nie behalwe deur die Heilige Gees’. So weet ons dat die Heilige Gees in ons woon en ons Leidsman is. Bid dat ons elkeen dit opnuut sal beleef hierdie Pinkster.
SONDAG 21 MEI – Pinkster
“O Heil’ge Gees,o God in ons, ons wil u krag besing:
Die krag wat Jesus op laat staan en lewe in ons bring.
Maak ons oorwinnaars in die stryd wat ons ook nou moet stry.
O Gees van God, getuig in ons, dat ons u kinders bly.” (Lied 439)
MAANDAG 22 MEI – God Regeer
“Ons oë is op U gerig, ons prys U wat die hele wêreld in die holte van U hand vashou. Wil U ons Regering aanraak met U vuur, bring hulle asb tot die besef van hul verlorenheid sonder U. Ons bid dat U hul asb sal bevry van magshonger en korrupsie”.
DINSDAG 23 MEI – Bewaring van ons jeug
Bid vir ouers, om hulle doopbelofte na te kom en tyd aan hul kinders te bestee. Bid vir onderwysers, sportafrigters, kategete en almal wat met die jeug werk, dat hul leiding positief en volgens God se Woord sal wees. Vir getrouheid en standvastigheid by die jeug en dat hulle mekaar geestelik sal versterk en saam Jesus se naam sal eer.
WOENSDAG 24 MEI – Die aarde behoort aan die Here
Weeklaag by die Here oor baie mense se ongeërgde houding teenoor die verval van ons natuurlike omgewing. Bid vir nuwe liefde en omgee vir God se skepping, vir insig, verantwoordelikheid en sorg vir die aarde waarop ons deur God se genade leef.
DONDERDAG 25 MEI – Heidense Gewoontes
Bid vir die mense wat betrokke is by die beoefening van toordery, voorvaderaanbidding en okkultiese rituele in landelike gebiede, wat baie arm en niksvermoedende mense lok. Vra die Here Jesus om Homself aan hulle te openbaar en dat hulle Hom sal leer ken en dien.
VRYDAG 26 MEI – Eritrea
Vandag vra ons gebede vir Eritrea, een van die gevaarlikste lande vir Christene om in te woon. ‘n Gelowige daar getuig dat Hy na Christus kyk en weet Hy het erger gely en vervolgers kan nie Hom of die Waarheid van hom wegneem nie.
SATERDAG 27 MEI – Mense in ons diens
Ons bid vandag vir ons huis- en tuinwerkers se welstand. Ons is dankbaar vir hulle getrouheid en bid ook vir hulle afhanklikes en behoeftes. Mag ons optrede teenoor hulle ‘n lewende getuienis wees en Jesus se liefde weerspieël.
SONDAG 28 MEI – Geopende Deure
Tans word meer Christene vir hul geloof dood gemaak as voorheen. Christene word ook vervolg en gemartel. Bid vir die werk van Geopende Deure, sterk hulle hande waar hulle hulp te verleen. Mag ons wat so bevoorreg is, ook mildelik bydra vir hulle werk.
MAANDAG 29 MEI – Die Evangelie aan seemanne
Bid vir hierdie bediening wat in ons land se hawens plaasvind. Dank die Here vir elke Bybel wat aan ‘n soekende siel gegee word en vir elke daad van liefde wat bewys word. Vra vir wysheid en die Gees se leiding wanneer bote besoek word, dat toegang verleen sal word aan die geestelike werkers en dat elke kontak vrugbaar sal wees.
DINSDAG 30 ME I – Werkloosheid
Suid-Afrika se werkloosheidskoers is van die hoogste in die wêreld. Bid asseblief vir almal wat werkloos is en na werk soek, maar nie ‘n werkgeleentheid kry nie. Bid vir ekonomiese groei en entrepreneurs wat met kreatiewe maniere nuwe werksgeleenthede kan skep.Ons Hemelse Vader kan toestande verander.
WOENSDAG 31 ME I – Nog ‘n maand
“Here baie dankie vir nog ‘n maand van U liefde en genade wat oor ons wag gehou het. Met ons gebede wil die gemeente, soos Aäron en Hur Moses se arms omhoog gehou het, ook ons amptenare en mede-gelowiges se arms sterk vir hul lewens voor U aangesig.”
Afkondigings 3- April – 7 Mei 2023
Vandag – Sondag 30 April 2023 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Altus & Carmi Kitching (dogtertjie – Hanje Helena Kitching).
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Hand 2: 41-47. Die tema van die prediking is: Vreemdelinge?
• Geen kategese.
• Spesiale Offer vir Magdalenahuis by die deure.
• Geen tee sal vandag bedien word na afloop van die erediens nie.
Erediens 29 Mei 2022 (Pinkster 2022)
Prediker: Prof. Ian Nel
Skriflesing: 2 Kor 3: 12 – 18
Tema: Gesigte en stemme
Begeleiding: Phyllis Goldblatt
Liedere:
Lied 184: 1-3
Lied 440: 1-4
Nuus flitse Week 22+ van 2022
Wolwedans Die datums vir die tweede kwartaal se uitreike is 1,15 & 29 Junie 2022
Makhatini Ds. Louwrens van der Westhuizen en drie van sy medewerkers besoek ons op Maandag 30 Mei 2022
Pinkster: Sondag (29 Mei 2022) tot Donderdag (2 Junie 2022)
Sondag 10:00 Maandag tot Donderdag 10:00 Groenkloof 18:00 Kerkgebou – Prof. Ian Nel
Nagmaal: Sondag – 5 Junie 2022 (Pinksterfees) Geen Kategese. Prediker: Ds. Danie Goosen (kerkgebou) & Ds. Kobus Smit (Groenkloof)
Blokbyeenkoms – 8 Junie 2022 Blokke 11A en 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai)
Afkondigings 29 Mei – 5 Junie2022
Vandag – Sondag 29 Mei 2022 (Pinkster 2022):
- Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan Prof. Ian Nell van Stellenbosch wat ons Pinkster byeenkomste lei.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit 2 Kor 3: 12-18. Die tema van die prediking is: Gesigte en stemme.
- Kategese om 09:00.
- Pinksterdiens in kerkgebou om 18:00.
- Deuroffers tydens Pinkster gaan vir die Bybelgenootskap.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
Dankfees
- Ons is die Here opreg dankbaar vir ’n suksesvolle dankfees. ‘n Bedrag van R261 517 is ingesamel wat ’n styging van R23 039 teenoor verlede jaar se bedrag van R238 478 reflekteer.
- Ons dank aan elkeen wat betrokke was by die dankfees. Opregte dank vir elkeen se bydrae, samewerking en harde werk.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir Junie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.
Blokbyeenkoms – 8 Junie 2022
Blokke 11A en 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai) se gesamentlike blokbyeen-koms vind Woensdagaand, 8 Junie 2022, om 18:00 plaas by Helgaard en Cecile Müller, Gleniquarylaan 243, Outeniquastrand). Kontak: Kobus Huysamen (044 879 0084).
Sondag – 5 Junie 2022 (Pinksterfees)
- Biddag vir die Ekologie.
- Geen Kategese.
- NAGMAAL
- Prediker: Ds. Danie Goosen (kerkgebou) & Ds. Kobus Smit (Groenkloof)
- Sinodale deuroffer vir Jeugwerk
Kerkraadsvergadering – 17 Mei 2022:
- Tydens die kerkraadsvergadering gehou 17 Mei is die volgende persone tot die kerkraad verkies:
Bles de Wet – Voorsitter Erediensbediening.
Annatjie Janse van Rensburg – Ouderling Blok 6A
Willem du Preez is verkies as voorsitter van die kerkraad.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduur-gare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
- Die datums vir die tweede kwartaal se uitreike is 1,15 & 29 Junie 2022.
- Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Tydens ‘n uitreiksessie Woensdag by Wolwedans is ‘n dringende behoefte vir ‘n sit-stootwaentjie (nie ‘n lê een nie) vir ‘n sewejarige gestremde dogtertjie sigbaar gemaak. Dit is moeilik om haar die heeldag oral te dra waar sy wil gaan en dan sleep sy haar maar oor die grond na waar sy wil wees. ‘n Rolstoel is te groot. Graag word verneem of daar dalk iemand is wat kan help met so ‘n sit-stootwaentjie.
Kontak gerus vir Aletia Nortjé by 084 783 1308.
Dankie
Ds. Paul & Hettie Roodt wil hiermee hul opregte dank betuig aan die kerkraad en die hele gemeente vir die afskeidstee op 8 Mei. Ons het die geleentheid geniet, en waardeer al die moeite wat gedoen is.
Makhatini
Ds. Louwrens van der Westhuizen en drie van sy medewerkers besoek ons op Maandag 30 Mei 2022 en gaan die Pinsterdiens bywoon en saam sop en broodjies geniet daarna. Mag hulle ons gasvryheid geniet met hulle besoek.

Pinkster 2022
Die vorming vir die lewe:
Geestelike rigtingwysers vir die lewe van elke dag
In ‘n kultuur met soveel stemme wat roep vir ons aandag is dit dikwels moeilik om op die geestelike kant van die lewe te fokus en tussen al die stemme God se stem te hoor. Covid-19, werk, finansies en heelwat onsekerheid oor die toekoms is maar van die aspekte wat dreig om ons daagliks te oorweldig. Die doel van hierdie reeks is om ‘n alledaagse spiritualiteit te ontwikkel wat vir ons kan ondersteun om koers en rigting te hou en hopelik ook help om betekenis te gee aan ons besige en vol lewens. Daar sal telkens by ‘n spesifieke geestelike rigtingwyser stilgestaan word wat ons help om te sien hoe ons deur God gevorm word en self vorm gee aan ons lewens.
Onderwerp Vorming Teks
- Gesigte en stemme die vorming van ons harte 2 Kor 3:12-18
- Roeping en drange die vorming van ons begeertes Luk 3:21-22; 4:1-13
- Deugde en wysheid die vorming van ons karakters Ef 3:14-21
- Geheime en dissiplines die vorming van ons siele Matt 6:1-15
- Om vorm te verloor misvorming deur lyding en dood Ps 22:1-12
Pinksterprogram: Sondag (29 Mei 2022) tot Donderdag (2 Junie 2022)
| So. 29 Mei | 10h00 | Kerkgebou | Prof. Ian Nell |
| 10h00 | Groenkloof | YouTube uitsending | |
| Ma. 30 Mei | 10h00 | Groenkloof | Prof. Ian Nell |
| 18h00 | Kerkgebou | Prof. Ian Nell | |
| Di. 31 Mei | 10h00 | Groenkloof | Prof. Ian Nell |
| 18h00 | Kerkgebou | Prof. Ian Nell | |
| Wo. 1 Junie | 10h00 | Groenkloof | Prof. Ian Nell |
| 18h00 | Kerkgebou | Prof. Ian Nell | |
| Do. 2 Junie | 10h00 | Groenkloof | Prof. Ian Nell |
| Deuroffers tydens Pinkster gaan vir die Bybelgenootskap. Na die aanddienste sal ons ‘n koppie sop geniet in die saal. |
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
U is welkom om ‘n bydrae te maak. Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.
Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 ‘ 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Lief en Leed Week 22+ van 2022
Dit is met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van
Tinus Botha
Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan die oorledene se geliefdes, mag die Here u troos in hierdie hartseer tyd.
Erediens 22 Mei 2022
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Markus 5: 1-20
Tema: Is God werklik in beheer?
Begeleiding:
Orrel: Elize Hancke
Liedere
Lied 281:1
Afkondigings 22 – 29 Mei 2022
Vandag – Sondag 22 Mei 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit Markus 5. Die tema van die prediking is:
Is God werklik in beheer? - Kategese om 09:00.
- Spesiale offer vir Ramot by die deure.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
Dankfees
- Ons is die Here opreg dankbaar vir ’n suksesvolle dankfees. Die bedrag van
R260 717 is ingesamel wat ’n styging van R22 239 teenoor verlede jaar se bedrag van R238 478 reflekteer. - Ons dank aan elkeen wat betrokke was by die dankfees. Opregte dank vir elkeen se samewerking en harde werk.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir Mei 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.
Blokbyeenkoms – 25 Mei 2022
Blokke 10B (Tergniet-Sentraal) en 10C (Tergniet-Wes) se gesamentlike blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Maja Wagener, Steenbrastraat 18,Tergniet). Kontak: Johan (081 378 3574) en Maja (083 476 6147).
Hemelvaartdiens – 26 Mei 2022
Hemelvaart : Aanddiens om 18:00.
Sondag – 29 Mei 2022
- Kategese om 09:00.
- Prediker: Prof. Ian Nell.
- Deuroffers tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
- Pinksterdiens om 18:00

Pinkster 2022
Die vorming vir die lewe:
Geestelike rigtingwysers vir die lewe van elke dag
In ‘n kultuur met soveel stemme wat roep vir ons aandag is dit dikwels moeilik om op die geestelike kant van die lewe te fokus en tussen al die stemme God se stem te hoor. Covid-19, werk, finansies en heelwat onsekerheid oor die toekoms is maar van die aspekte wat dreig om ons daagliks te oorweldig. Die doel van hierdie reeks is om ‘n alledaagse spiritualiteit te ontwikkel wat vir ons kan ondersteun om koers en rigting te hou en hopelik ook help om betekenis te gee aan ons besige en vol lewens. Daar sal telkens by ‘n spesifieke geestelike rigtingwyser stil gestaan word wat ons help om te sien hoe ons deur God gevorm word en self vorm gee aan ons lewens.
Onderwerp Vorming Teks
- Gesigte en stemme die vorming van ons harte 2 Kor 3:12-18
- Roeping en drange die vorming van ons begeertes Luk 3:21-22; 4:1-13
- Deugde en wysheid die vorming van ons karakters Ef 3:14-21
- Geheime en dissiplines die vorming van ons siele Matt 6:1-15
- Om vorm te verloor misvorming deur lyding en dood Ps 22:1-12
Pinksterprogram Sondag – 29 Mei 2022 tot 2 Junie 2022
| So. 29 Mei | 10h00 | Kerkgebou | Prof. Ian Nell |
| 10h00 | Groenkloof | YouTube uitsending | |
| Ma. 30 Mei | 10h00 | Groenkloof | Prof. Ian Nell |
| 18h00 | Kerkgebou | Prof. Ian Nell | |
| Di. 31 Mei | 10h00 | Groenkloof | Prof. Ian Nell |
| 18h00 | Kerkgebou | Prof. Ian Nell | |
| Wo. 1 Junie | 10h00 | Groenkloof | Prof. Ian Nell |
| 18h00 | Kerkgebou | Prof. Ian Nell | |
| Do. 2 Junie | 10h00 | Groenkloof | Prof. Ian Nell |
| Deuroffers tydens Pinkster gaan vir die Bybelgenootskap. Na die aanddienste sal ons ‘n koppie sop geniet in die saal. |
Kerkraadsvergadering – 17 Mei 2022:
- Tydens die kerkraadsvergadering gehou 17 Mei is die volgende persone tot die kerkraad verkies:
Bles de Wet – Voorsitter Erediensbediening.
Annatjie Janse van Rensburg – Ouderling Blok 6A
Willem du Preez is verkies as voorsitter van die kerkraad.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduur-gare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
- Die datums vir die tweede kwartaal se uitreike is 1,15 & 29 Junie 2022.
- Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Makhatini Ds. Louwrens van der Westhuizen en drie van sy medewerkers besoek ons op Maandag 30 Mei 2022 en gaan die Pinsterdiens bywoon en saam sop en broodjies geniet daarna. Mag hulle ons gasvryheid geniet met hulle besoek.
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
U is welkom om ‘n bydrae te maak. Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.
Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 ‘ 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Lief en Leed Week 21+ van 2022
Nuusflitse Week 21+ van 2022
Blokbyeenkoms – 25 Mei 2022 Blokke 10B (Tergniet-Sentraal) en 10C (Tergniet-Wes)
Hemelvaartdiens – 26 Mei 2022 Aanddiens om 18:00
Sondag – 29 Mei 2022
- Kategese om 09:00.
- Prediker: Prof. Ian Nell.
- Deuroffers tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
- Pinksterdiens om 18:00
Pinksterprogram Sondag – 29 Mei 2022 tot 2 Junie 2022
10:00 Groenkloof 18:00 Kerkgebou
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening. Die datums vir die tweede kwartaal se uitreike is 1,15 & 29 Junie 2022.
Makhatini Ds. Louwrens van der Westhuizen en drie van sy medewerkers besoek ons op Maandag 30 Mei 2022
Missie Japan Nuusflits – 18 Mei 2022
Om ’n sendeling in Japan te wees
Carina vertel meer
Carina van der Watt is die op-en-wakker vrou aan die sy van dr Stephan van der Watt, predikant en dosent in pastoraat aan die Kobe Reformed Theological Seminary.
Vrypos wou meer weet oor haarself, hul bediening en hul lewe in Japan sedert hul gesin in 2009 daar begin werk het

