Afkondigings 8 – 15 Mei 2022

Vandag – Sondag 8 Mei 2022 (Moedersdag):

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Chrissie en Yolanda Schlechter en hulle dogtertjie Adelaide Kelly Schlechter wat vanoggend gedoop word.
  • Afskeidsgroet ds. Paul & Hettie Roodt.
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Gemeente-Hulpfonds.
  • Kategese om 09h00.
  • Tee MET koekies in die saal / tent.  Almal is welkom.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

Gebedsgidse

Gebedsgidse vir Mei 2022 is beskikbaar in die voorportaal. 

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.

Basaarsameroepers – 9 Mei 2022

Die basaarsameroepers vergader Maandagaand om 18h00 by die kerk.

Bestuurspanvergadering – 10 Mei 2022

Die bestuurspan vergader eerskomende Dinsdagmiddag om 17h30 in die kerk onder die voorsitterskap van Willem du Preez.  Ons vra u voorbidding vir die vergadering.

Blokbyeenkoms – 11 Mei 2022

Blok 9C (Tergniethoogte) en Blok 14 (Groenkloof-Reebok) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas in Groenkloof-Reebok se eetsaal.  Christo Kitching 082 823 2888 (Blok 9 C) en Heloïse van der Merwe 082 924 9883 (Blok 14). 

Sondag – 15 Mei 2022

  • Sinodale bid- en dankdag
  • Kategese om 09:00.
  • Ds. Danie Goosen
  • Sinodale Offer vir die Buitelandse Sending.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.

  • Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Amos, Lynda en kinders

Amos wil SA besoek om te rus na verskeie mediese terugslae wat hy beleef het die afgelope jaar.  Hulle het nie genoeg fondse vir die vliegtuigkaartjies nie en het gevra of hul ondersteuners dalk bydraes kan maak. Bersig-Suid sal na hul vervoer en verblyf omsien. 

Indien u deur die Gees gelei word kan u inbetalings in Bergsig-Suid se bankrekening (NGK George-Bergsig, ABSA Bank, Rekeningnommer 890 580 009, Tak 632005) maak.  Gebruik “Amos&Lynda” as verwysing met enige inbetaling.  Baie dankie vir u oorweging en voorbidding.

Omgeebediening

Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure. 

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Dankfees – Kerrie en Rys

U kan nog tot Maandag, 9 Mei bestellings plaas vir kerrie en rys.

250ml   R15

500ml   R30

Whatsapp of skakel asseblief vir Barbara Gericke by 082 411 1222.

Dankfees – Kindertafel

Ons benodig dringend eet- en speelgoed vir die kindertafel.  Indien u ‘n bydrae kan maak, lewer asseblief af by De Kaap Eiendomme of die kerkkantoor tydens kantoorure.  (Pauline 079 557 8591).

Moedersdag

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om alle ma’s en diegene wat moederlike rolle vertolk ‘n geseënde Moedersdag toe te wens. Ons dra julle met liefde aan die Here op.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.  U is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

Dankfees – 14 Mei 2022

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.  Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

  • Pannekoek tafel:
    Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).

Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.

  • Gebak:
    Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).

Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 Mei 2022.  Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.

  1. KERRIE-EN-RYS:  250 ml @ R15 & 500 ml @ R30

            Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /

      Corita du Preez – 084 265 9487

  • JAFFELS @ R20 ELK:  Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis.  Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
  • BOEREWORSROLLE @ R20 ELK: Corrie Pieters – 082 327 9527
  • ROOSTERKOEKE:  Heel @ R10 elk / Konfyt @ R15 elk / Konfyt & Kaas @ R20 elk / Hoender Mayo @ R20 elk.  Daar sal ook slap chips te koop wees.  Amelia – 072 975 0917

Vir die volgende tafels is geen bestellings nodig nie. Julle kan elke tafel besoek en koop volgens jul behoefte.

  • PANNEKOEK @ R5 elk: Piet Snyman – 082 297 3476
  • SOSATIES @ R18 elk: Asb geen bestellings! Pieter Lourens – 073 138 7363
  • VLEIS:  Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
  • GEBAK:  Liana Boshoff – 084 764 6155
  • GROENTE:  Robert Crause – 071 243 9181
  1. WIT OLIFANT:  Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer.  Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.  Annalene de Swardt – 082 495 5011
  1. KINDERTAFEL:  Pauline Richards – 079 557 8591
  2. POEDING:  Elmari Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          ‘ 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314