Afkondigings 31 Julie – 7 Augustus 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 31 Julie 2022:

• Baie welkom by vanoggend se erediens.

• Ons skriflesing vanoggend kom uit Lukas 12 vers 13 tot 21. Die tema van die prediking is:  Bou en vertrou?  

• Sinodale offer vir Gemeentebediening.

• Kategese om 09h00.

Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Lees meer “Afkondigings 31 Julie – 7 Augustus 2022”

Oekraine – Michelle Potgieter – Gebedsbrief Julie 2022

Oekraïne

Liewe vriende en familie. 

Die Here is goed. In Psalm 56:8 sê Dawid dat die Here ons trane in ‘n bottel bymekaar maak en hulle tel! (Amplified Bible) Hy gee soveel vir ons om. Verder sê Dawid, Wat kan mense aan my doen? Ons is in die holte van Sy hand. Die Here is getrou. Elke dag mis ek vir Ockert so baie. Wanneer ‘n mens ‘n paartjie sien, hand aan hand stap, hoe geliefdes mekaar groet. Ons was altyd saam. Altyd hand aan hand alles saam gedoen. Ek het nooit gedink ek gaan…Nou is my woorde op. Ek weet dat Vader elke traan tel. 

Ek hou styf aan Hom vas. Soos ek vandag hier begin skryf, sit ek en Ivan erns in Berlyn in ‘n koffie winkel en wag. Ons wag vir Liz wat vroeg vanmôre, uiteindelik oor die grens is na baie lang wag. Sy is van Engeland en Corbin wat saam met haar ry, is ‘n jong seun uit Amerika.  Hulle bring medikasie en hulp na Oekraine en het aangebied om vir my en Ivan saam terug te neem Oekraine toe. Hulle het ‘n klein karretjie met waentjie en dakrak vol bokse. Daar lê twee dae se pad tussen ons en Reni. Corbin en Liz dien nog nie die Here nie, maar hulle was al saam met ons in Reni na die dienste. Bid asseblief vir hulle. Ek glo nie dit is toevallig dat ons soveel ure het om saam met hulle in ‘n kar te wees nie. Ons gaan eers Lviv toe en van daar Kiev toe om humanitêre hulp af te laai. Daarna is dit Odessa en Reni. Bid asseblief dat ek en Ivan sonder probleme in Oekraine sal kan ingaan en bid asseblief vir oop deure. Daar is die grens uit Poland na Oekraine.  Bid asseblief dat die Here vir ons die deur sal oopmaak. Die pad gaan vol padblokkades, soldate en tenks wees. Bid dat die Here Sy engele voor ons uitstuur. 

Dit was goed om my kinders te sien. Dit was goed om onder ‘n boom te sit en roomys eet en lag oor al hulle stories van toe hulle klein was. Cilliers en Tanya bly nou in Duitsland en Mari-Alena het ook gekom. Dit was so goed vir ons almal. Mari-Alena is nou weer terug in Suid-Afrika, maar sy voel alleen. Bid asseblief vir haar. 

Bid asseblief vir hierdie lang pad, vir ons beskerming wanneer ons deur Oekraïne ry. Daar was hierdie week soveel missiele wat Zatok getref het. Die plek lê tussen Reni en Odessa, aan die Swartsee. 

Reni se hawe was die maand soveel keer in die nuus. Aan die eenkant is ons bly dat die hawe floreer en daar werk is vir soveel mense, maar aan die anderkant maak dit vir Reni ‘n teiken. Daar word soveel graan uitgevoer. Ons hou aan die Here se beloftes vas. Ons vertrou op Hom. Daar is steeds soveel vlugtelinge wat Oekraine verlaat en Reni toe kom. Veral nou van Odessa af. Ons gee steeds elke dag middagetes, kospakkies en klere uit. 

Bid asseblief vir ons span wat elke dag kos maak vir nuwe krag. 

Selfs die oorlog kon nie ons jeugleiers stop nie. Al kon ons nie hierdie jaar Masada hou nie, aangesien al die kampplekke vol is met vlugtelinge. Hulle het sommer agter in ons erf gekamp. Die meisies in die huis en die seuns in tente. Speletjies was sommer op die dorp se sportgebied. Elke aand het hulle om ‘n vuur gesing en woord gebring. Benjamin Cor en die jeugleiers het woord gebring en ek het soveel getuienisse gehoor van jongmense wat die Here opnuut aangeraak het.

Raduga is nog met groot genade oop en ons is dankbaar dat ons elke dag in soveel kindertjies se lewens kan saai. 

Baie dankie dat julle aanhou bid. Dankie dat julle vir ons intree. Dankie vir elke bydrae en ondersteuning. Daar sonder kan ons niks doen nie. Die vurige gebed van ‘n gelowige het groot krag. 

Wanneer ek terug kyk oor hierdie jaar, is dit met soveel dankbaarheid. Die Here het so vir ons gesorg in hierdie moeilike tyd. Alle lof en eer aan Hom. Hy is altyd getrou, altyd betyds en altyd so goed vir ons.

Baie liefde en seën 

Michele 

Projekte rekening:
Standardbank,
Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),
rekeningnommer 014330067 
in die naam Nuwe Dag

My persoonlike
besonderhede:
Capitec
MRS M POTGIETER
Savings Account Number: 1554335599
Branch: 470010

Whatsapp: 

+380938126060

Facebook:

https://www.facebook.com/michele.potgieter

Gerrie en Arlene se Nuusbrief

Gerrie en Arlene - Bersig George


Mei/Junie/Julie Nuus
Ons is uiters dankbaar asook ietwat verbaas om te besef dat ons agter geraak het met die uitstuur van ons nuusbrief! Ons was vir die afgelope 2 maande besig met die tweede EMT (ETHNOS Mission Training) van die jaar, ek kan net getuig van God se wonderlike genade, getrouheid en voorsiening in die tyd.
Ons het met hierdie inname 11 studente gekry. Weereens ‘n baie spesiale groepie wat die Here gestuur het. In die groep is daar ‘n egpaar wat in Rusland, sending werk doen.

Lees meer “Gerrie en Arlene se Nuusbrief”

Afkondigings 24 – 31 Julie 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 24 Julie 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Lukas 11 verse 1 tot 13. Die tema van die prediking is: Die Vrygewige Vriend?
  • Spesiale offer vir Studente bearbeiding.

Studente bearbeiding fokus op die ondersteuning van studente in Stellenbosch, Tygerberg en Wellington, asook die post-matriek fees. Navorsing word ook gedoen oor die veranderende aard van bediening aan studente en jong volwassenes, om die bediening aan te pas en te verbeter.

  • Kategese om 09h00.
Lees meer “Afkondigings 24 – 31 Julie 2022”

Madagaskar: Embrace your Place…JoshGen School Building Project

madagaskar-julie-2022

I picked up a little book titled “Run the Race” when I visited Freda.  I found what I read so valuable and relevant to our present situation.  The book’s main focus was on us as Christians passing the baton to others and enabling and equipping other believers.  One of  the stumbling blocks that we encounter to run our race until the end, is times of trials and disappointments. 

Lees meer “Madagaskar: Embrace your Place…JoshGen School Building Project”

Nuusflitse Week 30+ van 2022

Nuusflitse

Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is as volg: 27 Julie 2022, 10 en 24 Augustus 2022, 7 en 21 September 2022
Sondag – 31 Julie 2022 Kategese om 09:00. Prediker:  Ds. Danie Goosen. Sinodale offer vir Gemeentebediening
Ondersteuningsgroep 4 Augustus 2022 Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853)
Klub 50+ hou hulle jaarlikse pannekoekdag op 10 Augustus in die kerksaal.
Omgeebediening Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting

Nuusflitse Week 28+ van 2022

Nuusflitse

Ds. Danie is met verlof vanaf 4 tot 18 Julie 2022
Gebedsgidse vir Julie 2022 is beskikbaar met hierdie skakel (GebedsGids Julie 2022) op die webtuiste of in die ingangsportaal. 
Klub 50 Woensdag 10 Julie 2022 – Bingo-, Sop-, en Sjerriedag
Ondersteuningsgroep 4 Augustus 2022
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening. Die derde kwartaal se uitreike is 13 & 27 Julie, 10 & 24 Augustus en 7 & 21 September 2022 Benodig: Sop en brood.
Omgeebediening  Ons probeer met die gemeente se hulp help waar daar nood is. Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Madagaskar: – Lynettemada news – Concert and Picnic 2022

Madagaskar picnic1-1

Apologies for Lynette not being here with the writing of the blog . . . so please bear with me.

🙂

God is Faithful !!!What an emotional rollercoaster ride! It’s on a high emotional note that I end my week. It started with my coming back, the children writing exams, which escalated into the second week with the packing-up of the books and stuff for the holidays and then the concert and picnic. I somehow got the feeling which adrenaline junkies get.

Lees meer “Madagaskar: – Lynettemada news – Concert and Picnic 2022”

Ondersteuningsgroep – 4 Augustus 2022

Depressie - Photo by Kat Smith: https://www.pexels.com/photo/woman-holding-her-head-551588/

Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.

Die afgelope byeenkoms van 23 Junie, het ons gesprek hoofsaaklik gegaan rondom besondere behoeftes wat ons in ons omgewing raaksien en hoe ons dit kan aanspreek.

Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.

Lees meer “Ondersteuningsgroep – 4 Augustus 2022”

Madagaskar: Lynettemadanews – THE WEEK – 26/06/2022

madagaskar-skool

Lamentations 3:22-26

Through the Lord’s mercies we are not consumed, because His compassions fail not.  They are new every morning;  great is Your faithfulness.  “The Lord is my portion”, says my soul, “therefore I hope in Him!”  The Lord is good to those who wait for Him, to the soul who seeks Him.  It is good that one should hope and wait quietly for the salvation of the Lord.

Lees meer “Madagaskar: Lynettemadanews – THE WEEK – 26/06/2022”

Nuusflitse Week 27+ van 2022

Nuusflitse

Ds. Danie is met verlof vanaf 4 tot 18 Julie 2022
Gebedsgidse vir Julie 2022 is beskikbaar met hierdie skakel (GebedsGids Julie 2022) op die webtuiste of in die ingangsportaal. 
Klub 50 Woensdag 10 Julie 2022 – Bingo-, Sop-, en Sjerriedag
Ondersteuningsgroep 4 Augustus 2022
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening. Die derde kwartaal se uitreike is 13 & 27 Julie, 10 & 24 Augustus en 7 & 21 September 2022 Benodig: Sop en brood.
Omgeebediening  Ons probeer met die gemeente se hulp help waar daar nood is. Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.