Vandag – Sondag 31 Julie 2022:
• Baie welkom by vanoggend se erediens.
• Ons skriflesing vanoggend kom uit Lukas 12 vers 13 tot 21. Die tema van die prediking is: Bou en vertrou?
• Sinodale offer vir Gemeentebediening.
• Kategese om 09h00.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir Augustus 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Sondag – 7 Augustus 2022
• Kategese om 09:00.
• NAGMAAL
• Prediker: Ds. Danie Goosen.
• Spesiale offer vir Groenewaldfonds.
• Verwelkomingstee vir nuwe lidmate. Almal is welkom.
Getuienisbediening
Die derde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is as volg: 10 en 24 Augustus 2022, 7 en 21 September 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte en ons voorraad na Woensdag se uitreik is baie laag. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.
Omgeebediening
Baie dankie ook aan almal wat ons bediening so getrou ondersteun met nie-bederfbare kruideniersware, klere, beddegoed, gordyne, handdoeke en ook materieel. Ons probeer met die gemeente se hulp help waar daar nood is.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Ondersteuningsgroep
Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.
Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.
Ons bied die volgende aan:
• Eensames wat geselskap nodig het;
• Mense wat hulp nodig het met inkopies;
• Vervoer na dokters;
• Emosionele probleme; ens.
Indien ons nie self kan help nie, kan ons altyd iemand aanbeveel.
Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853) vir navrae, of om by ons groep aan te sluit.
Ons volgende byeenkoms is 4 Augustus 2022.
Klub-50+
Klub 50+ hou hulle jaarlikse pannekoekdag op 10 Augustus in die kerksaal. Almal wat kan help bak, moet asseblief vir Debbie of Mariana kontak. Vooraf bestellings kan ook by hulle gemaak word. Ons hoop ons sien die hele gemeente daar.
Debbie Nel (083 395 8789) / Mariana van Huyssteen (082 922 9291)
FEBA RADIO SE GEBEDSPUNT VIR SONDAG 31 JULIE 2022
Ons Bid Steeds Vir Kambodja
Uitdagings soos armoede, siekte en ongeletterdheid het oor generasies heen wortel geskiet. Families het hoop verloor weens onkunde en ‘n gebrek aan geleenthede. Kambodja, Viëtnam, die Filippyne en Thailand vorm saam FEBC se Oosterse sendingveld waar duisende radio’s elke jaar versprei word. Die spanne het selfs tydens die pandemie maniere gevind om luisteraars te bereik.
Prys God vir Sy getrouheid in die lewens van Kambodja se mense en dat Hy sy kerk op so ‘n wyse bou. Bid asseblief dat Hy in hulle behoeftes sal voorsien.
Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp na: 081 265 4801.
Gasvryheidsbediening
Hiermee nooi ons almal wat graag by die gasvryheids-bediening betrokke wil raak deur tee te skink en/of te help met verversings en ander aktiwiteite, asook persone wat behulpsaam sal wees met die voorsiening en/of rangskikking van blomme vir spesiale geleenthede om in verbinding te tree met Michelle Roon (064 674 9756).
Bloedskenking – 4 Augustus 2022
Ons herinner u aan die bloedskenkingsgeleentheid, Donderdag
4 Augustus 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
(Navrae: Christo Smit 083 447 9891)
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



