Afkondigings 24 – 31 Julie 2022

Vandag – Sondag 24 Julie 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Lukas 11 verse 1 tot 13. Die tema van die prediking is: Die Vrygewige Vriend?
  • Spesiale offer vir Studente bearbeiding.

Studente bearbeiding fokus op die ondersteuning van studente in Stellenbosch, Tygerberg en Wellington, asook die post-matriek fees. Navorsing word ook gedoen oor die veranderende aard van bediening aan studente en jong volwassenes, om die bediening aan te pas en te verbeter.

  • Kategese om 09h00.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Julie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sondag – 31 Julie 2022

  • Kategese om 09:00.
  • Prediker:  Ds. Danie Goosen.
  • Sinodale offer vir Gemeentebediening.

Getuienisbediening

Die derde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is as volg: 27 Julie 2022, 10 en 24 Augustus 2022, 7 en 21 September 2022.

Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte en ons voorraad na Woensdag se uitreik is baie laag. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Omgeebediening

Baie dankie ook aan almal wat ons bediening so getrou ondersteun met nie-bederfbare kruideniersware, klere, beddegoed, gordyne, handdoeke en ook materieel. Ons probeer met die gemeente se hulp help waar daar nood is.

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Ondersteuningsgroep

Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.

Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onder-staande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.

Ons bied die volgende aan:

  • Eensames wat geselskap nodig het;
  • Mense wat hulp nodig het met inkopies;
  • Vervoer na dokters;
  • Emosionele probleme; ens.

Indien ons nie self kan help nie, kan ons altyd iemand aanbeveel.

Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853) vir navrae, of om by ons groep aan te sluit.

Ons volgende byeenkoms is 4 Augustus 2022.

Klub-50+

Klub 50+ hou hulle jaarlikse pannekoekdag op 10 Augustus in die kerksaal. Almal wat kan help bak, moet asseblief vir Debbie of Mariana kontak. Vooraf bestellings kan ook by hulle gemaak word. Ons hoop ons sien die hele gemeente daar.

Debbie Nel (083 395 8789) / Mariana van Huyssteen (082 922 9291)

FEBA RADIO SE GEBEDSPUNT VIR SONDAG 24 JULIE 2022

Bid vir Kambodja!

Kambodja het ‘n bevolking van meer as 16 miljoen mense waarvan die meerderheid Boeddhisme beoefen. Die FEBC-span is tans besig om ‘n nuwe radiotoring daar te bou wat dit vir hulle moontlik sal maak om elke man, vrou en kind in Kombodja met die Goeie Nuus te bereik.

Selfs as ‘n Boeddhistiese monnik het ek aand vir aand aangehou om na julle uitsen-dings te luister. Die Heilige Gees het my verander, en ek het Jesus Christus as my Verlosser aanvaar. Ek is selfs nou ‘n pastoor.”

Bid asseblief dat daar genoeg fondse sal wees om die radiotoring te voltooi en dat baie meer mense die Woord van God sal hoor en daardeur aangeraak word. Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp na: 081 265 4801.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314