Nuusbrief uit Madagaskar – The Week 29 March 2026

Madagaskar 20251120

He is not here – HE IS RISEN

Matt 28:6

We celebrate serving a risen Saviour. May this Easter also be a time of hope amidst a world filled with uncertainty and ever increasing ungodliness. We are anchored in our faith and in time of adversity and trouble, there is peace. May the fact that Jesus has risen also embolden us as Christians to share the Message of salvation with lost people as surrendering to Him is the only hope this world has.

I will go with Dries to the boat this week. There are now many small jobs that I can do. Please pray for strength and endurance. There has not been any fuel (petrol) on the island for some days. We were told that it would arrive soon. We are thankful though that diesel is readily available and we filled up the Land Rover. The price was a shock. Not because the diesel went up in price, but we realized that we have not filled the tank in years. We are thankful for God’s provision in all our needs.

Thank you for your faithful support by praying for us, encouraging us and by contributing financially. We always stand amazed at God’s timing in providing for us. May God bless your for obeying His voice.

E-posadres: lynettedj@gmail.com
Bank: ABSA, Lynette de Jager,
Rekeningnr: 1410142909,
Takkode: 632005

Nuusbrief vanaf Oekraïne: Maart Gebedsbrief uit die suide

Oekraïne

Liewe vriende en familie

Baie dankie dat julle die pad so saam met ons stap. Dankie dat julle bid en ondersteun. Dankie vir elke bemoedigende boodskap.

Ek waardeer dit meer as wat woorde kan sê.

Ek is terug in suid Oekraïne.

Die Here het die deure oopgemaak. Al het my verblyfspermit reeds verval het ek die vinnigste grens-oorgang ooit gehad.  Die Here is só getrou. 

Dit is so goed om almal weer te sien en weer by die huis te wees, al weet ek nie regtig meer waar “huis” is nie. Al bly daar nou ’n Oekraïense paartjie en June van Engeland, in die huis, voel dit steeds leeg. Dit is die huis waar ons kinders groot geword het, en hier is soveel herinneringe. Die seuns se kaste het nog van hul klere in, en selfs van hul speelgoed van toe hulle klein was. Sedert ek terug is, was ek nog nie weer in haar kamer nie. Haar spieëlkas en die rakke met haar boeke en goedjies en alles staan nog net so. Haar kas is nog vol klere.

Eendag sal ek dit uitsorteer, maar ek is nog nie daar nie.

Ek dink aan haar en hom in alles wat ek doen—selfs in die kleinste dingetjies. As ek ’n botteltjie oopdraai, dink ek daaraan dat die laaste keer wat ek dit gebruik het, sy nog by ons was. 

Toe ek laas in Suid-Oekraïne was het sy my elke dag ‘n paar keer gebel. Wanneer sy na skool na haar tweede werk toe ry, het sy my gebel en dan weer wanneer sy huistoe ry. Ek weet nog nie hoe om sonder haar te leef nie. Saterdae was ons twee heeldag in mekaar se geselskap, al was sy duisende kilometers weg. 

Party dae is makliker. Ek dink dit is maar hoe ’n mens deur die rouproses gaan. Die Here is met my en baie naby, maar dit bly ondraaglik moeilik. Dit bly seer, en ek voel soms so alleen, al is die huis vol mense.

Ek is dankbaar dat ek nie alleen oor die grens en ferry gekom het nie, en dat ’n groep van vier mans van Jubilee-gemeente in Maidstone, Engeland, saam met my gekom het. Willie en sy vrou Bekkie, stap al 30 jaar saam met ons pad en het reeds in 1996 saam met ’n groep studente hier kom bedien. Hy was baie bly om ná sy laaste besoek 15 jaar gelede weer hier te wees. Hulle was baie ondersteunend en het ook tyd saam met ons leierskap deurgebring, wat die afgelope tyd so getrou met die bediening aangegaan het. Die mans het vir vier dae gekuier en is weer terug in Maidstone. 

Die dag nadat ons in Suid-Oekraïne aangekom het, het ons Nag om te skyn aangebied vir mense met gestremdhede in ons streek, so ver as die ooste. Die aand word deur die Tim Tebow-stigting geborg. Dit was ’n groot sukses, en elke glimlag en elke drukkie van dankbaarheid maak dit alles die moeite werd.

Ek het ook vir ons gaste die basaar/mark in Suid-Oekraïne gaan wys. Soveel mense het na my toe gekom—soms vreemdelinge—om hul medelye te betoon en vir my ’n drukkie te gee. Een vrou, wie se naam ek nie eens ken nie, het my hande vasgehou en gesê: “Dankie dat jy terug is. Ons het jou so nodig. Jy is soos lig wat skyn.” Ek weet dit is net Jesus, en alle eer kom Hom toe. In my eie krag kan ek dit nie doen nie. So baie mense hier het kinders, mans of ouers verloor in hierdie oorlog! 

Dit is weer ’n ander wêreld waaraan ’n mens moet gewoond raak. Raak mens ooit regtig gewoond aan die sirenes? Ek kan sien dat die Here Suid-Oekraïne beskerm. Verlede week is die ooste erg deur die nag aangeval. Die hospitaal se vensters is uitgeblaas en die dak is deur ’n drone beskadig. ’n Ander hospitaal het ook groot skade opgedoen.

Die hoofdokter van die hospitaal het ons gevra om verbande en mediese toerusting, wat ons vroeër die week ontvang het, te bring. Geen mans in die gemeente kan ry nie. Die wat nie in die oorlog veg nie, bly in hul huise, uit vrees dat hulle opgeroep en weggestuur sal word om te veg. Die kanse op oorlewing op die veg frond is baie klein.

So ek, Valeria en July het die motor vol bokse gelaai en deurgery. Die dokters was baie dankbaar, en die bokse is dadelik oopgemaak en begin gebruik—veral die verbande. Elke dag kry hulle soveel mense in wat beseer is tydens drone aanvalle in ons hele streek. Julle weet nie hoe erg dit hier gaan nie. Vroër die week is ‘n kraam hospitaal in Odessa vernietig. Hulle het al die mammas en babas na die ondergrondse bunker geneem. Die werkers van die Odessa administrasie kantore se blyplek is heeltemal vernietig, verbrand en mense sit plastiek voor hul vensters en bly daar omdat hulle geen ander plek het nie. 

In een dag was daar meer as 900 drones en ook missiele oor Oekraïne. Ek word baie keer in die nag wakker van die sirenes. Ons hou dit op ons selfone dop, en as die drones in ons rigting beweeg, gaan ons na die kelder.

My familie en vriende is bekommerd. Valerina, het ernstig met my gepraat toe ek in Suid-Afrika was, en ook Willie en die leiers van Jubilee-gemeente het my gevra om ’n sabbatsverlof te neem. Hulle het met die leiers hier in Suid-Oekraïne gepraat, en almal het my met soveel liefde gevra of “toestemming” gegee om ’n tyd van rus te neem. Soos Valerina sê: nadat die Here vir my man kom haal het, is ek dadelik terug na Oekraïne—toe die oorlog, en toe sy. Hulle is ook bekommerd oor my gesondheid. Ek het soveel liefde en ondersteuning van ons kerk leiers hier in Valerina ontvang en hulle is in soveel eenheid dat ek moet gaan rus. Waar dit gaan wees en vir hoe lank weet ons nog nie. 

Ek sal dus vir ’n paar weke in Oekraïne wees om alles reg te kry en oor te gee aan ons leiers, en ook om die probleme met ons gebou se aandele te probeer uit sorteer. Daarna sal ek, DV, teruggaan na Suid-Afrika vir ‘n ruk, waar ek dadelik sal moet aandag gee aan ‘n mediese uitdaging wat ek het en die tyd sal neem om fisies en geestelik te herstel. Alles is in die Here se hande. My toekomsplanne is om (gehoorsaam te wees om mooi te hoor wat die Here sê)  en om DV, weer terug te kom na Valerina , ná ’n tyd van genesing, en voort te gaan met die werk. Valerina is in my hart. Ek verlaat nie die sendingveld of Valerina nie.

Ek moet belei. ’n Groot bron van kommer vir my is die finansies vir die kleuterskool. Ons het dit oorweeg om die kleuterskool toe te maak, maar ná ’n besoek het ons weer besef watter groot werk die Here in elke kind se lewe doen. Ons vertrou Hom vir die voorsiening vir dit en vir elke bediening om voort te gaan.

Ons het wel besluit om die daaglikse etes vir die vlugtelinge te stop, sodat ons op die kleuterskool kan fokus. Daar is nou minder vlugteling as in die begin en ‘n ander gemeente het ook begin om etes te gee. 

Môre oggend kom ons Juris  al die pad uit Odessa om saam met Attie, (ons jarelange vriend en sakeman van Izmail), om met my en Valeria oor die aandele van Univermag te praat. Ons hoop dat hulle ook met Gryna sal kan praat, wie se vrou vir ons 18% van die aandele aangebied het. Ons bid dat Gryna steeds bereid sal wees om die aandele teen die oorspronklike prys te verkoop. Bid ook asseblief vir Katja en Alina wat 30% van ons aandele jare gelede net vir hulself “gevat” het.  Bid dat hulle net weer ‘n ontmoeting met die Here sal hê en sal terug draai. 

Bid asseblief saam met ons hieroor.

Die Here is so goed en altyd getrou, en ek glo met my hele hart dat Hy in beheer is en voor ons uitgaan.

Terwyl ek hierdie gebedsbrief geskryf het, het daar 62 lugaanval waarskuwings op my telefoon se app opgekom, vir lugaanvalle waarskuwings in ons streek en Odessa. Ek weet dat ek in die holte van Sy hand is. 

💌    Vir meer gereelde gebedsversoeke op Whatsapp, stuur asseblief jou nommer na +380938126060 op Whatsapp. 

Baie dankie dat julle bid.

📌 Projekte rekening vir Raduga:

Standardbank,

Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),

rekeningnommer 014330067 

in die naam Nuwe Dag

📌 My persoonlike

besonderhede:

Capitec

Savings Account Number: 1554335599

Branch: 470010

 SWIFT/BIC code (CABLZAJJ)

 International Sort/Routing/Clearing Code: 470010

Account number/IBAN: 1554335599

Kunsvlytprojek: ‘n Wonderlike gebeurtenis in Wolwedans / Greenhaven

Wolwedans Kunsvlyt Brei Hekel projek 60Plussers Kunsvlytprojek

In Wolwedans ontvou iets buitengewoons. Dit behels die klik van breinaalde, die gly van ‘n verfkwas en die gegons van stemme wat stories deel uit ‘n leeftyd van lewe.

Wat agt jaar gelede as ‘n beskeie byeenkoms onder Ouma Rens se wasgoedlyn begin het, het ontwikkel in die 60Plusser-netwerk – ‘n lewendige, holistiese gemeenskap waar die “goue jare” herverf word met kleure van doel, kreatiwiteit en verbintenis.

In 2026, het die Getuienisbediening se uitreikarm een ​​van sy opwindendste inisiatiewe tot nog toe van stapel gestuur: die geïntegreerde Handewerk en kunsvlyt projek. Deur ons gevestigde brei-, stik- en hekelwerkswinkels met nuwe kuns- en kunsvlytsessies te kombineer, maak ons ​​nie net “dinge” nie – ons weef ‘n sterker sosiale weefsel vir ons gemeenskap.

Lees meer “Kunsvlytprojek: ‘n Wonderlike gebeurtenis in Wolwedans / Greenhaven”

Die 60Plusser-Netwerk Wolwedans

Wolwedans 60Plussers GemeenskapsprojekAfsluiting

Ontstaan en Verloop

Die 60Plusser-Netwerk in sy huidige formaat het afgeskop in Oktober 2025 as ‘n loodsprogram. Die begin was egter baie beskeie, en reeds agt jaar vantevore in ouma Rens se agterplaas in Wolwedans, onder haar wasgoedlyn! Dit was ‘n uitbreiding van die Getuienisbediening se sop uitdeel inisiatiewe. Na haar afsterwe is verskuif na ouma Miemie se kerkie, oorkant die Wolwedans Gemeenskapsaal waar verrigtinge tans weekliks plaasvind.

Bemoediging

Die aanvanklike idee dat slegs kwesbare, en meer verswakte bejaardes gehelp sal word by die byeenkomste, het vinnig plek gemaak vir ‘n meer evangeliserende doelwit vir die nagenoeg 24 vroue en 6 mans wat die weeklikse byeenkomste bywoon. Die klem het dus verskuif toe meer 60Plussers, wat nie noodwendig as “verswak” beskou kan word nie, die byeenkomste begin bywoon het. Bemoediging deur Skrifgefundeerde boodskappe, samesang en gebed (in klein groepies) was van die begin af belangrik en gaan steeds so voort.

Bamagtiging

Bemagtiging deur verskeie sprekers het tydens die loodsprojek plaasgevind. So was daar onder andere ‘n fisioterapeut wat stoeloefeninge kom demonstreer het, verpleegkundiges wat gepraat het oor die voorkoming van beroertes en hartaanvalle en ‘n somatoloog wat oor bekostigbare voedingsrome uit die yskas en tuin kom gesels het. Die voorkoming van kinderverwaarlosing is ook deur ‘n gesoute maatskaplike werker belig. Hierdie tipe bemagtigingsinisiatiewe word in 2026 voortgesit. Aletia Nortje en Karen Kamper van die Getuienisbediening neem hier die verantwoordelikheid.

Praktiese hulp

Praktiese hulp geskied ook steeds deur die koppeling van die byeenkomste met ‘n sopkombuis (‘n projek wat in 2025 ontstaan het by ‘n interdenominale en veelrassige manne-gebedsgroep en wat tans as die Wolwedans Gemeenskapsinisiatief bekend staan). Ander praktiese vaardighede wat geslyp word sluit in brei- en hekel lesse onder leiding van Carin van Ginkel. Ina Meyer, ‘n veelsydige laslappie kunstenaar in ons gemeente, het ook al ‘n paar klasse aangebied. Daar word beoog om eersdaags ook met naaimasjien klasse te begin onder leiding van Anette Cronje.

Inisiatiewe vir 2026

Daar is heelwat lesse geleer wat aanleiding gegee het tot ‘n meer uitgebreide  formaat van aanbieding in 2026. Nuwe inisiatiewe sluit in:

  • Naelversorging en knip onder leiding van twee ervare verpleegster in die 60Pluser-Netwerk span, nl. Jenny Smuts (Gideons Beweging) en Elsabé Oosthuizen (NGK).
  • Kunsvlyt vind plaas onder leiding van die kreatiewe Marisha Vollmeyer van die Shofar gemeente.
  •  Twee Wolwedans gemeenskapslede, Amelda Plaatjies en Letima Julia is sover genooi as komitee lede vir beplanningsdoeleindes. Beide het aanvaar.
  • Die sendingorganisasie YWAM, onder leiding van Marelize Visser, is aktiewe deelnemers aan ons byeenkomste.

Die 60Plusser-Netwerk onderskryf ‘n holistiese en verhoudingsgedrewe benadering.  Die saamwerk oor kleur -en denominale grense heen is kosbaar en oes ‘n ryke skat van welwillendheid en verhoudingsbou in. Daar is ‘n behoefte om meer gestremdes te betrek.

‘n Goeie begin vir die Dagsorgsentrum vir 60Plussers (Wolwedans Bejaardesorg Gemeenskapprojek)

Wolwedans 60Plussers Gemeenskapsprojek

Op 10 September 2025 het die lank verwagte Bejaardesorg Gemeenskapprojek ‘n aanvang geneem, onder die bekwame leiding van Aletia Nortje en andere van die Getuienisbedieng (NG Kerk) en in samewerking van verskeie ander Kerke (o.a die AGS en ander Charismatiese Kerke) asook die Gemeenskapsforum van Groot-Brakrivier.

Lees meer “‘n Goeie begin vir die Dagsorgsentrum vir 60Plussers (Wolwedans Bejaardesorg Gemeenskapprojek)”

Getuienis toerustingsgeleentheid 20-21 September 2025

Wil jy graag saam met ander gelowiges in ‘n veilige / gemaklike ruimte inoefen hoe om missionaal te wees?

Kom wees saam met ons deel van ‘n besonderse dag waar ds. Hendrik Saayman vir ons gaan kom meedeel hoe om die verstaan van kerkwees radikaal te verdiep en jou dankbaarheid uit te leef. Sy tema vir die dag is:

Tema

"Geroep en gestuur, 'n getuigende lewe, vier en twintig sewe".

‘n Besprekingsessie sal daarna gehou word oor hoe om praktiese uiting tot hierdie dankbaarheid te bied in die NG Groot-Brakrivier Gemeente waar dankbaarheid alreeds prakties uitgeleef word, sal ondersoek word.

Die geleentheid word met ‘n gesellige middagete afgesluit.
Dit alles vir slegs R25 per persoon ten einde kostes te dek.
Pen asseblief 20 September 2025 in jou dagboek neer en registreer voor/op 16 September 2025 by die kerkkantoor om jou deelname te bevestig.

Getuienis Toerusting 20-21 September 2025
Getuienis Toerusting 20-21 September 2025

Getuienisbediening: Wolwedans Boodskap en Kerspakkie projek 2024

Wolwedans - Boodskap Kerspakkie projek


Ons het aan die einde van 2024 gekom en wil graag vir elkeen wat gedurende die jaar ruim en deurlopend gehelp het met die voorsiening van elke behoefte wat ons gehad het, veral die sop, lappies/wol/gare/keramiek en Kersprojek, baie dankie vir jul liefdevolle deelname met die uitreik na minderbevoorregte mense in ons gemeenskap. Ons wens vir elkeen ‘n baie geseënde Kersseisoen saam met familie en vriende toe en ‘n voorspoedige en hoopvolle 2025. Ons begin weer met ons uitreike op 15 Januarie 2025.

Lees meer “Getuienisbediening: Wolwedans Boodskap en Kerspakkie projek 2024”

‘n Gees-gevulde Getuienisnaweek

Die NG Kerk Groot-Brakrivier se Getuienisbediening, het die naweek van 12-14 Julie 2024, ‘n Getuienisnaweek gereël met die Tema: Jesus vir Almal. Die geleentheid het jou laat besef dat jy die voorreg gehad het om ‘n kykie te kry in die wyse wat God besig is, op soveel aanvullende maniere. Jy kan nie onaangeraak bly nie. Die feit dat jy daar was, is God se manier om met jou te werk; om jou voor te berei, waarvoor Hy jou nodig het. Dit is nie altyd vir ons so maklik om dit raak te sien nie, maar God doen dinge in die stiltes van jou nabetragting, of tydens geleenthede soos dié naweek. Die Heillige Gees dryf jou, om ook betrokke te raak, daar waar daar ‘n behoefte is vir jou kundigheid, en vir elkeen se spesiale unieke inslag. Van die sprekers en uitstallers tot die Groot-Brakrivier se “Brass band” het die naweek suksesvol gemaak deurdat hulle passievol as gelowiges, as geroepenes in elke faset waar hulle betrokke is, ‘n verskil maak, omdat hulle geroepe is en geluister het na die Stem van die Heilige Gees.

Vrydagaand se getuienisse is ingelei deur die fasiliteerder , Dr Frans Hancke, ‘n baie bekende in die Sending kringe, en die verwelkoming en opening is deur Ds Charné Viljoen behartig. Die eerste spreker was Eugene Pienaar van die Gideons, met die tema “Is 100 miljoen genoeg?’. Dié organisasie het sy oorsprong gehad het in 1989 in ‘n hotelkamer, waar twee Amerikaanse sakemanne, John Nicholson en Samuel Hill, mekaar ontmoet het, toe hulle noodgedwonge ‘n kamer in ‘n hotel moes deel. Beide was gelowiges, en die Heilige Gees het hulle gedring om die verkondiging van die Evangelie onder sakemanne te begin. Dit het uiteindelik gelei tot die stigting van die Gideons en die bybelverspreiding soos ons dit vandag ken. Hulle het na God se stem geluister, en daar is sekerlik min van ons wat nie al met die Bybels van die Gideons bekend is, of in aanraking gekom en ‘n pad gestap het nie. Daar in die alleenheid van hotelkamers en gastehuise is daar menigmaal die Gideonbybels beskikbaar, om die aand mee te verwyl. Die werk onder die jeug en gevangenis is toegelig met getuienisse van mense wat nog nooit die woord van God gehoor of verstaan het nie, en deur die Gideonbybels aangeraak en verander is, om te besef dat Christus se voorbeeld die enigste Lig is.

Ds. Hendrik Saayman, tans van NG kerk Houtbaai, het Vrydagaand se getuienis afgesluit met die tema “’n Geedriftige Gemeente”, toegelig uit Handelinge 19 en die voorbeeld van Paulus. Die oortuigings werk is nie iets wat noodwendig oornag gebeur nie, maar verg toewyding en uithouvermoê, om uiteindelik by die einddoel uit te kom. Sy getuienis uit ervarings van die werking en leiding van die Heilige Gees in sy eerste gemeente het gedien as voorbeeld. Die behoefte vir fondse vir ‘n jong gemeente seun, wat geroepe gevoel het om as sendeling uit te gaan om die woord te verkondig, het ‘n impak gemaak. Die behoefte was in terme van vandag, ‘n skamele R15 000, om die nodige opleiding te kry. In die Gemeente, wat nie finansieël sterk was nie, het die Kerkraad tog gevoel om te kyk of hulle die seun nie kan ondersteun nie. Die gemeente is bymekaar geroep en gevra om ‘n verbintenis te maak, soos wat dit vir elkeen moontlik was. Dit is by wyse van anonieme briefies gedoen. Die uitkoms was ‘n verstommende R 26 000. Dit was daarom vir die gemeente moontlik om twee jongmanne te stuur vir die opleiding. Die stem van die Heilige Gees is deur ‘n hele gemeente aangeraak, wat geluister het! Sy passie is om plaaslike gemeenskappe bewus te maak van hulle roeping om God te dien in hulle eie plaaslike gemeenskappe. Ds Saayman het ook die voorreg gehad om jare later ‘n gelowige man, wat tot bekering gekom het deur ‘n groep waar die seun as sendeling betrokke was, in ‘n midde-ooste land, te ontmoet.

Saterdagoggend is die verrigtinge begin deur die vrolike, en passievolle musiek van Groot-Brakriver se jongmense se ‘Brass Band’ onder leiding van Pietman Davids. Pietman was geroep om die kinders van Groot-Brakrivier van die strate af te kry. Die orkes was net halfsterkte, want hulle is aktief betrokke in die gemeenskap, en het ook ander verpligtinge gehad. Die entoesiasme van die kinders en die impak op die jong kinders se lewens, waarvan ons die getuienis van twee jong dogters gehoor het, was sigbaar en verblydend. Pietman se luister na die roeping wat oor sy pad geplaas is, het ‘n wonderlike impak op die kinders van Groot-Brakrivier. Mens word gelaat met die vraag: “Kan ons afsydig staan deur die nood en behoefte wat in ons direkte omgewing is?”

Marina Louw, die voltydse mobiliseerder van SA Frontiers, se tema was “Tot aan die uithoeke van die wêreld”. Sy is gedring om mense te kry om in die 10/40 Moslem en duister wêreld van lande van Noord Afrika, dwarsoor die middeooste tot by China, mense te kry wat die Lig van Christus in ‘n baie donker, en vyandiggesinde wêreld, in te neem. ‘n Treffende video van duisende mense wat nog nie die lig ervaar het of die bevrydende Evangelie van Jesus Christus gehoor het nie, het die enorme verlies aan siele duidelik uitgebeeld in daardie wêreld dele. Die behoefte is groot om in hierdie te kort aan beskikbare en oortuigde ligdraers, ‘n verskil te maak. ‘n Wêreld wat baie aggresief vyandig is teenoor die mense wat die Lig en bevryding wil bring.

Dr Jurie Vermeulen, uitvoerende beampte van FEBA, het ‘n passie vir opleiding, sending en die uitdra van die Evangelie, die enigste Waarheid. Sy tema vir die oggend was “Bybelse beginsels vir effektiewe Sending”. Die skep van radio stasies wêreldwyd, met reik wydte in areas wat voorheen baie donker en onbereikbaar was. Die Stasies word beman met mense wat etniese verbintenisse het met die reik-lande en word voltyds gevul met die uitdra van die Evangelie. Tweehonderd en sestig stasies het ‘n reikwydte van vyftig lande, met die gebruik van 152 tale en met 150 miljoen luisteraar terugvoere per jaar. FEBA se fokus is in die lande waar die grootste nood is. Sy oordra van FEBA se werksaamhede is toegelig uit die Woord van God. Bybelse voorbeelde is hulle dryfkrag, wat hulle leiding deur die Heilige Gees beklemtoon. Die effektiwiteit van die aksie wys hoe mense, deur die aanraking van die Heilige Gees, entoesiasties en met oorgawe werk vir die verspreiding van die Evangelie van Jesus Christus.

Dr Johan Louw, met die tema “Dissipelmaking in ‘n wêreld wat nie lees nie”, is van Opvoedkundige agtergrond en betrokke by MegaVoice. MegaVoice fokus op die besef dat mense wat nie lees nie, nie die Woord van die Evangelie van Jesus Christus kan hoor nie. Sy demonstrasie van die feit dat effektief net omtrent 15% mense aktiewe lesers is, laat ons met ‘n steierende 75-80% mense wat nie die verlossende Woord van God op enige ander manier as mondeliks of deur audio-visuele maniere kan hoor nie. Die tegnologiese ontwikkelinge van vandag, is fenominaal. Die gebruik van eenvoudige en alledaagse toerusting, soos die flits, wat deur sonpaneeltjies aangedryf word. Dit word in nutuur rampgebiede versprei. Die eenvoudige hulpmiddel het ‘n ingeboude radio waardeur die Woord van God verder versprei kan word. Dit is prakties, funksioneel en versprei die Lig in meer as een wyse. Dit open ook deure in wêrelddele wat voorheen onbegaanbaar was vir draers van die Lig van God.

“Stories vanuit die Sendingveld”, het gefokus rondom Luk. 10: 2 (“Hy het vir hulle gesê: Die oes is groot, maar die arbeiders min.”) Hulle is betrokke by die opleiding van jongmense wat die Evangelie uitdra na veral die Afrika vasteland. Hy het menige verhale wêreldwyd, waar die werk van God deur die Heilige Gees. Sy entoesiastiese wyse om bv. voorbeelde waar Regerings dit moeilik maak vir mense uit die westerse wêreld om sendingwerk te doen, soos in Brazilië, kom plaaslike mense tot bekering en begin self onder hulle eie mense groepe sendingwerk te doen. Menige wonderlike weergawes van waar mense tot bekering kom, en self begin om die Evangelie aan hulle eie mense te bring. Hy beklemtoon die krag van gebed, waar enigiemand vir spesifieke mense kan bid, waar God die gebede beantwoord en mense uitstuur na spesifieke plekke. Hy sluit af met die baie waar stelling: “Al wat ons hemel toe kan vat is siele, ons het een lewe om te lewe, ons kan dit nie op onsself mors nie!”

Suria en Coen Scholtz, van Ethnos Movement International, se tema “-30, ‘n strategie vir Sending”, is gefokus op die bou van vriendskappe met mense in die alledaagse omgaan in mens se lewe. Hulle fokus is op Afrika en die uniekheid van elke mens. Sy gebruik onder andere die verhaal van Jesus se gesprek en effek met die Samiritaanse vrou by die water put (Joh. 4) en die besetene van Gerasa (Markus 5) om te demonstreer hoe Jesus enkel, onwaarskynlike mense gebruik om die Evangelie verder te verkondig. Mense wat nog nie vir Jesus Christus ken nie, maar wat oor mens se pad kom. Daardeur kan elke mens, daar waar jy beweeg en werk, ‘n verandering in die gemeenskap te weeg bring. Ons moet net so leef sodat mense kan sien en beleef dat jy ‘n kind van God is, deur die liefde van die Ware God wat jy uitdra, sodat hulle lewens vir altyd sal vernader. Ons kan grense oorsteek hier, waar ons woon.

Die Naweek is afgesluit deur die Sondag Erediens en Nagmaal. Die Erediens, met die tema: “Wie weet wat?” wat deur Ds Hendrik Saayman behartig is. Die preek was baie treffend. Die demonstrasie van die dogtertjie wat haar broertjie beveel om die kanale te verander op die TV, en haar antwoord op sy vraag van “Hoekom?”; van die handjie, waarvan die vingertjies elkeen nie veel skade kan aanrig nie, maar wanneer daardie vingertjies saam werk in die vorm van ‘n vuisie, raak dit ‘n ‘weapon of mass destruction’ wat ‘n baie groot impak kan hê, was visueel en het die krag van samewerking duidelik oorgebring, veral tussen al die verskillende Sendingaksies. So ook die droom van die man wat saam met sy gesin stap deur ‘n geslote tonnel, wat deur die ‘hel’ gaan, oppad na die hemel. Hulle word kort-kort onderbreek deur die harde geklop van bekendes aan die buitkant, wat dringend en beskuldigend vra, “Jy het geweet, hoekom het jy my nie vertel nie” het die boodskap baie duidelik oorgedra dat ons moet oorloop met die passie om ander te vertel, hier en nou, waar ons elke dag ‘n verskil kan maak. God self sal die oortuigings werk doen, maar ons het elkeen die verantwoordelikheid om te vertel. “Hoe kan enigiemand weet, as iemand nie vertel het nie?”. Die Nagmaal is bedien deur Ds. Charné Viljoen, ‘n predikant van NG Kerk Groot-Brakrivier, as afsluiting van ‘n wonderlike Gees-gevulde naweek.

Sendingaksie uitstallings was deurgaans deur die naweek beman in die Kerksaal, vir enige navrae, of vir mense wat meer inligting wou kry, of aktief wou betrokke raak. Die Uitstallings het ingesluit: Grootbrak Netwerk Forum, Frontiers SA, Radio FEBA, Operasie Mobilisasie, MegaVoice International, Wonderful SA Foundation, Helpende Hand, Arbeidsbediening Mosselbaai, Gideons, Food Socks, Skarrelhuis, Ethnos Movement International, Searle Memorial Church (Outreach Inspiration), NGK Hartenbos en NGK Groot-Brakrivier Sendeling Aktiwiteite. Die instansies dek ‘n verskeidenheid van aksies lokaal en internasionaal, en het ‘n wonderlike oorsig gegee van die werk van mense wat geroepe gevoel het om ‘n verskil te maak.

Wanneer mens sien waar daar oral, wêreldwyd, aktief deur soveel verskillende instansies gewerk word om die Evangelie by al die mense uit te kry, kan mens agteroor sit en begin dink dat mens nie nodig is nie. Maar dit is duidelik uit die oorsigte van al die sprekers dat ons geroep kan word om uit te gaan, weg van ons bekende; maar God bring ook die buitewêreld hier na waar ons woon. Vir die van ons wat nie geroepe word om uit te gaan na ander lande toe nie, moet ons die Evangelie hier waar ons woon uitdra. Dit moet ‘n lewensstyl word, omdat ons onvoorwaardelik glo en entoesiasties is vir die wonderlike vrede en vreugde wat ons ervaar omdat Jesus Christus ons lewens radikaal oorgeneem het, en ons nie anders kan as om oor te loop van die die liefde, vreugde en vrede wat God in ons lewens bewerkstellig het. Ons moet die onbereiktes vertel, van hierdie skat wat ons ontvang het. Dis ‘n skat wat uitgedeel moet word!

Die Gasvryheidsbediening van die Gemeente het die hele naweek heerlike verversings keurig opgedien.

Program vir Getuienisnaweek 12 -14 Julie 2024

Program

Programleier: Dr Frans Hancke
Vrydag 12 Julie 2024

17h00 – 18h00: Besigtiging van uitstallings in kerksaal
18h00 – 18h10: Verwelkoming deur Ds Charné Viljoen in kerkgebou
18h15 – 18h40: Eugene Pienaar van die Gideons in kerkgebou
18h45 – 19h30: Ds Hendrik Saayman van NGK Houtbaai in kerkgebou
19h30: Kuier rondom sop en broodjies in kerksaal
Saterdag 13 Julie 2024
09h00 – 09h30: Besigtiging en toeligting van uitstallings in kerksaal
09h30 – 10h00: Opening en Pietman Davids in kerkgebou
10h00 – 10h40: Marina Louw van Frontiers SA in kerkgebou
10h45 – 11h15: Dr Jurie Vermeulen van Radio FEBA in kerkgebou
11h20 – 11h50: Dr Johan Louw van MegaVoice International in kerkgebou
11h50 – 12h10: Pouse : Besoek 1 uitstallingstasie van jou eie keuse
12h15 – 12h45:
12h50 – 13h30: Suria Scholtz van Ethnos International in kerkgebou
13h30: Verversings en besig ging/gesprekvoering met gassprekers en uitstallers
Sondag 14 Julie
10h00 – 10h40: Afsluiting van Getuienisnaweek deur Ds Hendrik Saayman in kerkgebou
10h40 – 11h00: Nagmaal deur Ds Charné Viljoen in kerkgebou
11h00: Tee/koffie en verversings in kerksaal
Sondag na die kuiergeleentheid kan die uitstallings, wat Vrydag opgestel was, verwyder word
Enige donasies is welkom en kan by NGK Groot-Brakrivier inbetaal word.
(FNB rekening nr 53083186511, tak: 210314).Verwysing: Getuienisnaweek.

Die Sprekers.

Eugene Pienaar – GideonsTema: “Bybelse beginsels vir effektiewe sending.”
Eugene is getroud, het 3 volwasse kinders en was vir 26 jaar deel van hul familie boerdery besigheid. In 1992 by Gideons aangesluit en in verskeie portfolios en ampte gedien. Hy was ook bevoorreg om vanaf 2017 tot 2022 as Streeks Veld Offisier te dien vir die Gideons Internasionaal in Belize, Bahamas, Cayman Eilande, Jamaica, Mauritius, Reunion, Rodriques Eiland, Angola en Senekal.
Tema: “Is 100 miljoen genoeg?”

Ds Hendrik Saayman – NGK Houtbaai
Ds Hendrik is getroud, het 3 volwasse kinders en is voltydse leraar sedert 1984 en tans by NGK Houtbaai. Is ook sedert 2011 by Die_PLAN, ‘n organisasie wat geloofsgemeenskappe bewus maak van hulle Goddelike roeping om die Koninkryk van God te dien in hulle plaaslike gemeenskappe en die wêreld.
Tema Vrydagaand: “’n Geesdriftige Gemeente” Hand. 19
Sondag preek: “Wie weet wat?” Skrif: Luk. 1:1-4

Dr Jurie Vermeulen Radio FEBA
Dr Jurie is getroud, het 2 volwasse seuns en het sy PhD in Christelike Leierskap aan die Universiteit van Pretoria behaal. Hy het ‘n passie vir opleiding, begeleiding, sending en uitdra van die Evangelie. Hy is tans die Hoof Uitvoerende Beampte van Radio FEBA.
Dr Johan is getroud, het 3 volwasse kinders en was 26 jaar in die onderwys waar hy gedien het as onderwyser, Departementshoof, Dosent, Opvoedkundige Sielkundige, Inspekteur van Onderwys en Skoolhoof. Hy leef tans sy roeping en passie uit naamlik: Die skepping van fisiese, psigiese en geestelike welvaart aan mense wat Hoop nodig het.
Tema: “Dissipelmaking in ‘n wêreld wat nie lees nie.”

Dr Johan Louw MegaVoice International Africa
Dr Johan is getroud, het 3 volwasse kinders en was 26 jaar in die onderwys waar hy gedien het as onderwyser, Departementshoof, Dosent, Opvoedkundige Sielkundige, Inspekteur van Onderwys en Skoolhoof. Hy leef tans sy
Tema: “Dissipelmaking in ‘n wêreld wat nie lees nie.”


Marina Louw – Frontiers SA
Marina het twee volwasse kinders, een kleindogter en het 7 jaar saam met haar oorlede man, as diplomate in Suid-Amerika diens gedoen. Sy het 26 jaar lank onderwys gegee, en het ‘n groot liefde vir die skepping, natuur en verskillende kulture. Sy is reeds dekades by sending betrokke en is sedert 2017 die voltydse mobiliseerder by Frontiers SA, Jesus vir Moslems.Coen en Suria Scholtz lei die sendingorganisasie, Ethnos Movement International vanaf George in die Suid-Kaap en is al vir amper dertig jaar voltyds betrokke by sending. Hulle het vir baie jare in Zambië gewoon en gewerk en het 11 kinders waarvan 2 biologies is. Suria se bediening sluit in radiogleuwe, motiveringspraatjies, vrouekonferensies en skryfwerk.
Tema: “Tot aan die uithoeke van die wêreld.”

Suria Scholtz Ethnos Movement International
Coen en Suria Scholtz lei die sendingorganisasie, Ethnos Movement International vanaf George in die Suid-Kaap en is al vir amper dertig jaar voltyds betrokke by sending. Hulle het vir baie jare in Zambi ë gewoon en gewerk en het 11 kinders waarvan 2 biologies is. Suria se bediening sluit in radiogleuwe, motiveringspraatjies, vrouekonferensies en skryfwerk.
Tema: “-30, ‘n Strategie vir Sending.

Uitstallers:

Woekering in die Makhathini

‘n Groep van 110 leerders van Wesvalia Hoërskool het ondersteunings werk in die Makhathini gemeenskappe gaan doen. Die groep het by Embangweni gewerk aan die Kerk en gehelp met onderhoud en fisiese werk waaroor die gemeenskap baie dankbaar is. Die Kerk is binne geverf en ‘n kruis teen die agterste muur met die teks: “Wie die Seun het het die lewe…” (1 Joh. 5: 12) is aangebring om die Kerk op te vrolik. Daar is draad gespan met ‘n hek; asook ander noodsaaklike onderhoudswerk is gedoen.

Lees meer “Woekering in die Makhathini”

FEBA Konferensie in Korea, 2024

FEBA, wat deur NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeente ondersteun word, se internasionale bestuur het die afgelope week vergader op die tropiese en skilderagtige Daebu Eiland, vanwaar een van hulle groot mediumgolf stasies die hele Asië dek. Menige mense word bereik in dosyne verskillende tale. Die kleurvolle geleentheid is ook gedek deur die Koreaanse televisie.

Die was ‘n geseënde geleentheid met die feestelike optrede van Christene wat baie melodieus hulle Christenskap uitleef. Ook die FEBA kinderkoor van Korea, wat optree tydens fondsinsamelings funksies optree, het dit ‘n luisterryke geleentheid gemaak. Die Konferensie is baie goed bygewoon.

Lees meer “FEBA Konferensie in Korea, 2024”

Jan Kriel Kinderhuis: Gee ‘n kind ‘n kans / Give a Child a Chance!

  
Donateurnommer: 107949 
Beste Vriende Die winter is hier en die Kaap is lekker nat en koud! Gelukkig is die meeste sport en aktiwiteite vir die kwartaal klaar en Jan Krielers is reeds druk besig met eksamen. Lees gerus in die meegaande nuusbrief meer oor hoe ons leerders én oud-leerders presteer, die eerste Food Jam @ Jan Kriel en hoe donateurs se bydraes Jan Krielers veilig hou.
 Kliek hier om die Nuusbrief in pdf-formaat te lees.Click here to read the Newsletter in pdf format. 
Lekker lees!
 https://mcusercontent.com/b84c1a1168a726c71c39070ef/images/ae42228a-5d12-9da2-7a97-ea003aa59a80.png 
Ds. André van Wyk
Direkteur: Jan Kriel Instituut 
https://mcusercontent.com/b84c1a1168a726c71c39070ef/images/167e59c9-b26b-1718-d499-b7144295eb14.png   
“Jan Krielskool het my kind die vrymoedigheid gegee om uit haar dop te kruip, om ander se hindernisse te verstaan en ook haar eie te aanvaar. Dit is vir my asemrowend dat een skool leerders met so ʼn verskeidenheid van hindernisse kan ondersteun”
Lees meer…  
 
Hierdie jaar is die eerste Food Jam @ Jan Kriel aangebied en dit was ‘n besonderse geleentheid! Tiaan Langenegger, Elmarie Berry, Martjie Malan en Fayruza Abrahams het die gaste prakties kom leer om self die heerlikste disse voor te berei. Van pasta tot vis, eiervrug, lam en ‘everything in between’. Jan Kriel se spesiaal ingerigte kombuise (vir ons leerlinge se gasvryheidstudies) is perfek toegerus vir sulke ‘Master Classes’. Food Lover’s Market het al die bestanddele geborg en Delheim Wynlandgoed kon die kosmaak en lekker eet met die beste wyne afrond. Food Jam @ Jan Kriel is beslis weer op 2024 se agenda!  
 
As Jan Kriel School celebrated its 86th birthday this year and have buildings dating back to 1950, a fire system upgrade is not only necessary but very important. Not many schools have the privilege of supportive donors who carry our learner’s educational and safety interest at heart. Read more…  
 Hoofmeisie van 2019, Sunra Mostert het Maart 2023 haar BA Graad in die Geesteswetenskappe by Stellenbosch Universiteit ontvang met Sielkunde as hoofvak. Sy is tans besig met haar honneurs in Sielkunde. Super trots!  
 
Sedert 1 Maart 2023 het SARS nuwe vereistes vir Artikel 18A kwitansies en belastingserifikate ingestel. Stuur vir ons ʼn epos aan info@jankriel.co.za met die nodige inligting of voltooi die aanlynvorm HIER. Navrae kan gerig word aan Suzette Goldie per epos of by 021 903 0434. Die volgende informasie is nou verpligtend in u belastingkorting wil eis-Individue: Volle naam, ID-nommer, selfoonnommer, inkomstebelastingnommerBesighede: Geregistreerde besigheidsnaam en registrasienommer, kontaknommer  
 
n Kans op toepaslike en sinvolle onderrig, ‘n kans op terapie wat help om leerhindernisse te verstaan en te oorwin en ‘n kans op spesialis-ondersteuning om individuele uitdagings te oorkom. Sal jy ook hierdie kanse in jou testament wil verseker? Jou nalatenskap laat hierdie liefdeswerk aanhou om vir baie kinders hoop en nuwe lewenskanse te gee. Verder word alles wat aan Jan Kriel bemaak is vrygestel van boedelbelasting. Kontak Ds. André van Wyk by 021 903 0434 ofinstituut@jankriel.co.za vir meer inligting. Ons getuig ook in dankbaarheid van die volgende bemakings wat onlangs ontvang is:Mev. MJ Crous (Durbanville)    Dr. PW Etsebeth (Kockspark)    Christa le Roux (Strand) https://mcusercontent.com/b84c1a1168a726c71c39070ef/images/167e59c9-b26b-1718-d499-b7144295eb14.png   Vanjaar se funksie was ʼn reuse sukses! Jan Kriel se matriekklas het absoluut pragtig gelyk in hul formele drag en Eensgezind se funksie-lokaal skep die perfekte agtergrond vir ʼn aand van feesviering en herinneringe. Stylvol met heerlike kos en keurige versierings, dit was beslis ʼn onvergeetlike aand!  
 
Jan Kriel has 16 busses that run daily to ensure 250 learners get safely to school and back home. One of the furthest routes belongs to driver Frank, going all the way to Table View. He gets up at 4.30am to get to his first stop at 6.00am. One of his learners, travels by MyCity bus from Atlantis at 5.45am to get on board with Frank at 6.30am.One way Frank overcomes delays is having a WhatsApp group with a live location of the bus. He comments that he has wonderful cooperation from the parents. Together with Sarel Marais, responsible for getting everyone on the road in the mornings, our bus drivers are truly a necessary and very valuable asset to the learners of Jan Kriel.“It’s not just about getting the learners on the bus, they should feel safe, relaxed and happy”  
 “I thought my disability was a punishment until God started to use it as a talent and it became my success in life”Sumarie Jordaan (Hoofmeisie van 2018) het in 2019 bekend geraak met haar liedjie, ‘Verander jou Siening’. Sedertdien leef sy steeds haar roeping uit om die wêreld te wys mense met gestremd-hede is nie ‘disabled’ nie, net ‘differently-abled’. Sumarie is tans ‘n finalis in die Me Dowe SA kompetisie- Jan Kriel staan beslis breëbors! Kyk gerus haar onderhoud hier
HIER en hou haar Facebook-blad dop: Sumarie Jordaan – Ms Deaf South Africa 2023 Finalist  
 
Jan Krielskool streef daarna om elke leerder se potensiaal te ontwikkel. Ons wil die leerders holisties bou en ontwikkel. Met hierdie holistiese benadering ingedagte, wil ons graag ons leerders se leierseienskappe ontwikkel en erkenning gee daaraan. Ons kan met trots sê dat ons vanjaar begin het met ‘n prefekte-stelsel in graad 6. Ons sien baie uit daarna om hierdie leiers te betrek deur vir hulle verantwoordelikhede te gee, asook deel te maak van verskeie projekte in die laerskool. 
 
        
Our mailing address is: 
PO Box 650, Kuilsriver, Western Cape, 7579. Copyright © 2023 Jan Kriel Instituut, All rights reserved.

MISSIE JAPAN

Liewe medewerkers
29 MAART 2019 – “D-DAY”

Dit is met ‘n blye hart dat ons vandag met jou enkele verwikkelinge rondom Elmar en Nadine se vertrek na Japan wil deel.
In Desember 2018 het die kerk in Japan namens Elmar en Nadine, aansoek gedoen vir hulle verblyfpermit. 

Lees meer “MISSIE JAPAN”

PORTUGAL SENDING

Gerrie en Arlene Coetzee

Nuusbrief Januarie 2019

Graag wil ons julle groet met hierdie teksvers in Hebreërs 4:16 “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” Dit is voorwaar ‘n wonderlike wyse om 2019 in te gaan.  ‘n Wonderlike troos dat ons met vrymoedigheid tot God kan nader en dat ook die wete dat HY op die regte tyd ons sal help.  Onthou God se tyd en nie ons tyd nie!

`n Bietjie slegte nuus van ons kant af: Die Igreja Reformada Evangélica, waarvan ons projek in Forte da Casa deel is, is in Desember meegedeel dat die bankrekeninge van die kerk deur ´n hofbevel gevries is. Die oorsaak daarvan is tot op hede nog nie totaal duidelik nie maar dit spruit uit die verkoop van die kerk se gebou in die stad Porto ´n hele aantal jare gelede met die sluit van die gemeente daar.  Die gevolge daarvan is dat geen rekeninge betaal kan word nie en ons in Forte da Casa kan nie ons maandelikse huur van die gebou betaal nie. (Die moederkerkie besit die gebou waarin hulle is.) Ons moes noodgedwonge die huurkontrak van die kerkgebou in Forte da Casa opsê en sal dit teen die einde van Januarie moet ontruim. ´n Groot deel van ons bediening hier in Forte da Casa is gebaseer op die gebruik van die gebou maar ons sal intussen voortgaan met die hou van Bybelstudies en kerkdienste aan huis en ook met straatevangelisasie en die verspreiding van traktaatjies. Dit is baie hartseer dat so iets ons hier getref het alhoewel ons twee hier in Forte da Casa  absoluut niks met die aanvanklike transaksie of iets dergeliks te doen gehad het nie – ons was toe nog nie eers in Portugal gewees nie!!  

OGebedsversoeke:

  • Bid asb vir ons vir baie duidelike leiding vir die toekoms – met ons bediening hier in Forte da Casa en of  God vir ons dalk in ‘n ander rigting wil stuur.
  • Bid dat ons God se stem duidelik sal hoor en dat ons altyd in Sy wil sal leef.
  • Bid asb vir ons persoonlik en al die uitdagings wat ons huidig beleef.

Baie dankie aan elkeen vir julle getroue gebede en ondersteuning, mag God julle ryklik seën.

Liefdegroete

Gerrie en Arlene

“Niks is vir God onmoontlik nie!” Luk1:37

Whatsapp: +351 910 167 461