The week has been filled with a variety of tasks as the full focus on the boat during the last couple of weeks, put other things on hold.
Dries and Norbert removed the outboard motors from the boat as well as all the batteries which need to be checked and charged. Dries went to school to see how the roof has been replaced and he was not happy, because much of it was not done straight. It is one of our continous struggle; to get people to deliver good work. Dries could not be there to keep an eye on the roof job, with the result that the one side has basically been botched and looks like giant sharks teeth, zig-zagging along instead of lined up and straight. That doesn’t seem to bother anyone and all the classrooms are up and running. Dries would have to replace the gutter system and do some work on the Land Rover, therefore much of February will be spent on that and Gabriel will have to wait.
Dinsdag 13 Februarie 2024 : Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6 Woensdag 14 Februarie 2024 :Aswoensdag. Manne Bybelstudiegroep in lokaal 6 vanaf 07:00–08:00. Kooroefening – 17:00 by die orrel. Marida – 082 471 0751. Donderdag 15 Februarie blokbyeenkoms Blok 4C Sondag 18 Februarie 2024 : Erediens om 09:00. Prediker: ds Charné Viljoen. Tweede Lydensweek. Kategese.
Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:
Gert & Karlien le Grange (dogtertjie – Marli le Grange).
Ons skriflesing kom vanoggend uit Luk 6:27-38.
Die tema van die prediking is: Goed vir niks….
Eerste Lydensweek.
Biddag vir Opvoeding en Onderwys.
Nagmaal – GEEN Kategese.
Doop.
Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Dinsdag 13 Februarie 2024 :
Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6 onder voorsitterskap van
Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 14 Februarie 2024 :
Aswoensdag.
Manne Bybelstudiegroep in lokaal 6 vanaf 07:00–08:00. Alle mans welkom. Kontak dr Jurie Vermeulen – 072 316 9562.
Kooroefening – 17:00 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Neem asb kennnis dat blok 4C se blokbyeenkoms skuif na Donderdag 15 Februarie.
Donderdag 15 Februarie 2024 :
Blokbyeenkomsom 18:00 in Blok 4C (Avonddans) by Dirk & Dorette Visser – Morgenster straat 43 – 082 416 3281.
Sondag 18 Februarie 2024 :
Erediens om 09:00.
Prediker: ds Charné Viljoen.
Tweede Lydensweek.
Kategese.
Spesiale Offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA-George) by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Nuwe en b estaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.
– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
gebedsgids :
Gebedsgidse vir Februarie 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
G etuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en ons wil weer die gemeente uitnooi om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.
Ons sop voorraad is steeds laag.
Die oorblywende datums vir die eerste kwartaal is 14 & 28 Februarie
en 13 & 27 Maart. By voorbaat baie dankie aan julle getroue ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie en vir ‘n selfoon. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae akakel asb vir Aletia – 084 783 1308.
Aanlyn Werkswinkel deur Frontiers SA
Hierdie geleentheid van “Sharing your Faith with a Muslim” word gratis aanlyn aangebied via Zoom op 8, 15, 22 en 29 Feb om 19:00-20:30.
Die inhoud dek die Islamitiese geloof sisteem, wêreld siening, God se hart vir alle mense, kruis kulturele interaksie, hoe om angs te oorkom, getuienisse sowel as vrae en antwoorde. Die skakel is: https://docs.google.com/forms/d/1ZsQRHL0O4zZQ8s2RBwruYQdvOzOULTv-FRxHpkhzlmw/edit (indien u die skakel telefonies wil ontvang – kontak die kerkkantoor)
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Niger en Soedan
FEBA se radiostasies in Niger en Soedan vorder goed. Prys God dat FEBA Soedan ‘n uitsaailisensie en frekwensie sonder veel moeite kon bekom. Beide stasies het ‘n perseel en wag op toerusting – al wat nou kort, is die regte mense!
Ons gebed vir die week:Bid dat God getroue, kreatiewe, passievolle mense na albei plekke toe sal aantrek. Bid dat die mense in die Nuba-berge ontvanklik sal wees vir FEBA Soedan se boodskap, en dat FEBA Niger menige luisteraars met die Goeie Nuus sal bereik.
Omgeebediening :
In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
LYDENSTYD
Lydenstyd strek vanaf Aswoensdag tot Stil Saterdag, die dag voor Opstandingsondag. Indien die Sondae in hierdie tyd uitgesluit word, is dit ’n tydperk van 40 dae, dieselfde aantal dae wat Jesus in die woestyn deurgebring het.
In Lydenstyd word daar gefokus op die lyding van Jesus (veral tydens sy 40 dae in die woestyn) asook op die swaarkry en lyding in die wêreld.
Christene gebruik hierdie tyd om hulself voor te berei op Paasfees deur introspeksie en sondebelydenis te doen. Ou kerkgewoontes soos vas, stilte en gebed het Christene oor die eeue hiermee gehelp.
Lydenstyd is ook ‘n tyd van hertoewyding. Daarom staan dissipelskap sentraal. Lydenstyd is daarom ook ‘n geleentheid vir toerusting vir dissipelskap en groei.
Bybelstudiegroepe 2024
DAG
TYD
PLEK
KONTAK-PERSOON
Maandag
17:00
Suiderkruis
Cornie Pieters
082 499 0516
Dinsdag
10:00
Lokaal 6
Gert Louw
082 712 7929
Dinsdag
10:00
Tergniet/Reebokhoogte
Marita Erasmus
082 253 2876
Dinsdag
10:00
Reebokhoogte
Marietjie Smit
082 771 6034
Dinsdag
10:00
Groobrak/Tergniet (Manne groep)
Koos van Zyl
082 200 9480
Dinsdag
15:00
Groenkloof Biblioteek
Ballot Visser
082 923 2707
Dinsdag
10:00
Groenkloof
Tolletjie vd Merwe
082 412 3153
Dinsdag
15:00
Reebokhoogte
Una Vorster
072 621 0250
Woensdag
07:00
Lokaal 6 (Manne groep)
Jurie Vermeulen
072 316 9562
Woensdag
10:00
Lokaal 6 (Vroue groep)
Rumada J v Rensburg
082 773 8996
Donderdag
09:00
Tergniet
Carin van Ginkel
082 891 7791
Donderdag
18:30
Glentana
Jan Richter
072 231 7859
Ons benodig mense wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel. Indien u graag wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.
Verjaarsdae 2024
11 Februarie – Suzie Badenhorst, Isabel Maree, Lanie Scheepers, Susan Willemse.
12 Februarie – Lidia Barnard, Anna-Louise Erasmus, Christo Human, Rudolf Steyn,
Susette Tiran.
13 Februarie – Aneen Barnard, Hanko Pienaar, Ria Taljaard.
14 Februarie – Dawid Erasmus, Linda Hancke, Eugené Potgieter, Michael Scheepers,
Smittie Smit, Ems Swart, Tiebie van Jaarsveld, Sarina Zeelie.
15 Februarie – Madel Breedt, Anna Laubscher, Mari Meyer, Marjorie Smit.
16 Februarie – Elma Dippenaar, Anita Fourie, Wolfrick Gonse, Erika Labuschagne, Abia Maree, Ilanca Maree, Charlotte Scheepers, Rita Smit.
17 Februarie – Marc van Wyk.
D ie webwerf(nggrootbrak.co.za)
11 Februarie 2024
Erediensbediening:
a)Skakel na die YouTube Preek van 11 Februarie 2024.
2. Getuienisbediening:
a) Week se Nuusbrief van Lynette van Madagaskar.
3. Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wie se aanvaarding?”
4. Gemeente nuus:
a) Skakel na en meer inligting oor die Tema van die Wêreldbiddag vir Vroue.
b)’n Uitnodiging na Wêreldbiddag vir Vroue wat deur die NG Kerk Groot-Brakrivier
aangebied word op 1 Maart 2024.
5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning
van die werk van die Here.
Carpe Diem Skool het groot skade opgedoen toe ‘n brand Dinsdag 6 Februarie, talle klaskamers verwoes het. Lees asb die onderstaande en indien u fisiese bydraes wil skenk kan u dit tydens kantoorure by die kerkkantoor kom afgee. Ons Omgeebediening sal die skenkings aan Carpe Diem Skool toebesorg.
Daar het 2 klaskamers, ‘n stoorkamer en ‘n kantoor gebrand. Almal is veilig. Die skool is tans besig met die nodige prosesse om die skade te bepaal. Die leerders sal in ander areas geakkommodeer word.
Skenkings om te help sal opreg waardeer word, sodat wanneer leerders terugkeer, die kurrikulum kan voortgaan:
4 Februarie – Jan Coertze, Ina Janse van Rensburg, Kosie Lombard, Reneé van Staden. 5 Februarie – Cathy Patterson, Anina Serfontein, Kobus Serfontein, Maja Wagener. 6 Februarie – Alta de Jager, Luandré Krause. 7 Februarie – Johan Lourens, Retha Visser. 8 Februarie – Tillie Botma, George Marx, Elmari Olsen, Susan Pretorius, Petro van der Ende, Rona von Benecke. 9 Februarie – Johann Botha, Louis Fourie, Tanya Krause. 10 Februarie – Bettie Hattingh, Linda Rautenbach.
Woensdag 7 Februarie 2024 : • Kooroefening – 17:00 by die orrel Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.) en 4B (Onder-Langstr tot Kiewietlaan) Sondag 11 Februarie 2024 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • Nagmaal. • Doop. • GEEN Kategese. Wolwedans boodskap, sop en brood: 14 & 28 Februarie en 13 & 27 Maart. Klub 50 Klub 50 nooi u na die Openingsvergadering op Woensdag 7 Februarie om 10:00 in die kerksaal
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ons nuwe leraar, ds Charné Viljoen en haar gesin wat vanoggend by ons ontvang word.
• Bevestiging en intreepreek - ds Charné Viljoen.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Plaaslike Bejaardesorg by die deure.
• Tee en verversings sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 7 Februarie 2024 :
• Kooroefening - 17:00 by die orrel. Marida - 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom. • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.) en 4B (Onder-Langstr tot Kiewietlaan) by Gert & Riana Briers, Kiewietlaan 18
081 039 8854
Sondag 11 Februarie 2024 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Nagmaal.
• Doop.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak. Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.
Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
gebedsgids : Ons benodig mense wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel. Indien u graag wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.
Gebedsgidse vir Februarie 2024 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Ondersteuningsgroep : Ons groep wil graag mense ondersteun met: • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies. • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard. Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Getuienisbediening : • Wolwedans boodskap, sop en brood: Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en ons wil weer die gemeente uitnooi om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop (resep hieronder), ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week. Na 31 Jan se uitreik is ons vrieskaste weer dolleeg. Die oorblywende datums vir die eerste kwartaal is 14 & 28 Februarie en 13 & 27 Maart. By voorbaat baie dankie aan julle getroue ondersteuning.
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae akakel asb vir Aletia – 084 783 1308.
Aanlyn Werkswinkel deur Frontiers SA Hierdie geleentheid van “Sharing your Faith with a Muslim” word gratis aanlyn aangebied via Zoom op 8, 15, 22 en 29 Feb om 19:00-20:30. Die inhoud dek die Islamitiese geloof sisteem, wêreld siening, God se hart vir alle mense, kruis kulturele interaksie, hoe om angs te oorkom, getuienisse sowel as vrae en antwoorde. Die skakel is: https://docs.google.com/forms/d/1ZsQRHL0O4zZQ8s2RBwruYQdvOzOULTv-FRxHpkhzlmw/edit (indien u die skakel telefonies wil ontvang – kontak die kerkkantoor)
• JEUG :
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00. Indien u enige verdere inligting verlang skakel asb vir Vicky Barnard – 083 500 5687.
Omgeebediening : • In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig. • Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor. • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort. • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Verjaarsdae 2024
4 Februarie – Jan Coertze, Ina Janse van Rensburg, Kosie Lombard, Reneé van Staden. 5 Februarie – Cathy Patterson, Anina Serfontein, Kobus Serfontein, Maja Wagener. 6 Februarie – Alta de Jager, Luandré Krause. 7 Februarie – Johan Lourens, Retha Visser. 8 Februarie – Tillie Botma, George Marx, Elmari Olsen, Susan Pretorius, Petro van der Ende, Rona von Benecke. 9 Februarie – Johann Botha, Louis Fourie, Tanya Krause. 10 Februarie – Bettie Hattingh, Linda Rautenbach.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Indië
Tot op hede is Indië se anti-bekeringswet reeds in elf state ingestem. Teoreties is die wet veronderstel om mense te beskerm teen bekering deur geweld of bedrog. In praktyk word dit egter gebruik om Christene te teister terwyl hulle kerk bywoon of Bybelstudie hou. Die goeie nuus is egter dat mense in hierdie state steeds na FEBA Indië se uitsendings kan luister.
Ons gebed vir die week: Bid dat die wet aangepas sal word om Christene meer vryheid te gee, en bid dat FEBA Indië se programme luisteraars sal troos en leer totdat hulle weer veilig kerkdienste kan bywoon.
Klub 50
Klub 50 nooi u na die Openingsvergadering op
Woensdag 7 Februarie om 10:00 in die kerksaal.
Bring asseblief ‘n bordjie eetgoed saam.
Nuwe lede is baie welkom.
Estelle Uys – 0726756696
Klub 50 is gestig vir afgetrede gemeentelede wat graag op ’n gesellige manier wil vergader om saam te kan uithang en nuwe kenisse te maak.
Ons betaal jaarliks ledegeld en reël ook funksies waardeur ons fondse insamel om aan die einde van die jaar ’n afsluitingsete en ook ander funksies te subsidieer.
Ons probeer ook uitstappies reël vir almal om te geniet. Jul bywoning met funksies sal help bepaal wie aan wat belangstel. Ons stel ’n jaarprogram op en lede word aangemoedig om soveel moontlik by te woon.
Ons vergader die 1ste Woensdag van elke maand (Feb-Nov) en sluit die jaar af met ’n algemene jaarvergadering, lede word aangemoedig om dit by te woon, want hier word verslag oor die funksies en finansies bespreek. Ons kies elke twee jaar nuwe bestuur.
Onthou om die kerk afkondigings dop te hou vir verdere besonderhede.
Estelle Uys – 0726756696
Dankies
B loedskenking :
Die bloedskenking op 25 Januarie 2024 het 67 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 4 Februarie 2024 1. Erediensbediening: a) Skakel na die YouTube Preek van 4 Februarie 2024. Die diens word eers Sondag 4 Februarie opgeneem en sal so spoedig moontlik daarna versprei word. Teken in op die webwerf se YouTube kanaal deur te druk op die skakel van die erediens en ook vir ons ‘n aanduiding (‘like’) te gee of u daarvan gehou het. 2. Getuienisbediening: a) Nuusbrief van Makathini. b) Week se Nuusbrief van Lynette van Madagaskar.
Bybelstudiereeks: a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Eensgesindheid?”
Gemeente nuus: Die gebedsgids vir Februarie is beskikbaar.
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
“En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus”. Rom. 15: 5-6
Wat beteken dit vir elkeen van ons om eensgesind te wees? Is dit vir ons moontlik om te alle tye eensgesind te wees? Laat ons ons weg lei van dit wat regtig belangrik is, deur mense wat verskuilde agendas het? Deur mense wat daarvan hou om die menslike geslag op te deel en in klein benoude dosies met naamplaatjies aan te bêre? Deur mense wat die leuen tot ‘n fyn kuns vervolmaak het? Of is ons besig om die punt van eensgesindheid heeltemal te mis, deur ons menslike idees van wat dit beteken?
Gebed verander alles. Moenie angstig wees nie. Bid tot God. As God vir ons is, wie kan teen ons wees. Sy genade is genoeg.
1 Februarie – Donderdag – Mense op straat Ons bid vandag in die besonder vir die sendelinge en predikers en hulpwerkers wat op straat die mense help en leiding gee. Mag hul elke dag God se nabyheid ervaar, en die wonderwerke waarvoor hulle bid raaksien in die straatmense se lewens. 2 Februarie – Vrydag – Kragvoorsiening
In die eerste eeue was dit algemeen om Jesus uit te beeld as ‘n jong man met ‘n skaap oor sy skouers. Is dit werklik hoe Jesus gelyk het? Nee. ‘n Ikoon is nie ‘n portretstudie nie. (Juis daarom is die gesigvorm soms buite proporsie), Die ikoon is ‘n vingerwysing na ‘n boodskap van Jesus. Alles in die ikoon het simboliese betekenis – die kleur van die uitrustings; die posisie van die liggaamsdele; die rigting waarin die gesigte kyk, ens.
In Ravenna, Italië, is ’n Basilika uit die 6de eeu (vandag ’n wêrelderfenisgebou). Die toneel van Jesus se bergpredikasie is uniek in vergelyking met ander ikone oor dieselfde skrifgedeelte. Wat jou in hierdie ikoon opval is dat daar net elf dissipels is? Is Judas Iskariot die afwesige? Maar kyk weer, geen een van die dissipels kyk na Jesus terwyl Hy praat nie.
(Sondae word nooit as ‘n Lydingsdag getel nie.) Soos die Heilige Gees die hart van skrywers kan inspireer om Godswoorde neer te pen, so kan die Heilige Gees die hart van die kunstenaar inspireer om Godsbeelde met ’n kwas vas te lê. Soos die Heilige Gees die oë van ’n leser kan inspireer om ’n groter waarheid raak te lees as bloot ink op papier, so kan die Heilige Gees die een wat voor ’n ikoon staan ook inspireer om dieper te kyk as ’n “prentjie.” Dit noem ons “VISIO DIVINA” – heilige kyk.
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00 Woensdag 1 Maart 2023 Kooroefening – 17:15 by die orrel Blokbyeenkomsom 18:00 in Blokke: 5A (Mossienes tot Stasieweg)en 5B (Eiland tot Dolphins Creek) Sondag 5 Maart 2023 : Prediker: ds. Danie Goosen Uitreikdatums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 8 en 22 Maart
“Dié wat van Israel oorgebly het, sal nie onreg doen nie en nie lieg nie; daar sal uit hulle mond nie valsheid kom nie. Hulle sal ‘n kudde wees wat wei en gaan lê sonder dat iemand hulle skrikmaak”
Sef. 3: 13
Sefanja 1-3 is die verhaal van ‘n verwoestende tyd in Israel en Judea. Ons vra so dikwels hoekom verwoestende dinge soos oorloë en ander natuurrampe gebeur. Ons kan nie altyd verstaan hoe God wat ‘n God van liefde is, soveel haat, seer, verwoesting en magteloosheid kan toelaat of veroorsaak nie.
Die doel van ’n ikoon (’n visuele uitbeelding van ’n teks) is om die kyker dieper in ’n storie in te trek. Jy “lees” nie net die ikoon nie; jy lees jouself daarin raak. ’n Ikoon is dus ’n ontmoetingsgeleentheid. In hierdie ikoon sien jy die ontmoeting tussen Petrus en Jesus. Maar hoe langer jy kyk hoe meer sien jy dat dit ook ’n ontmoeting tussen jou en Jesus is.
Daar is nie veel inligting oor hierdie Griekse ikoon (uitbeelding) van die profeet Esegiël wat na die laagte vol droë beendere gebring word nie (Eseg. 37). “Kan daar in hierdie beendere weer lewe kom?” vra die Here. Natuurlik nie! Behalwe (en so beeld die ikoon dit uit) deur die opstanding van Jesus! Kyk mooi: agter die bejaarde profeet staan die verheerlikte Christus (met die stralekrans) en ‘n skitterende, leë kruis. Die graf is leeg. Dood is oorwin. “Kan daar in hierdie beendere weer lewe kom?” Natuurlik, ja! Oor en oor bly die vraag: Kan daar in doodsheid lewe kom? Ja, ja, ja
Kliek op die skakel en beweeg af op die skerm tot by die video vir ‘n treffende visuele uitbeelding van Esegiel 37. (“Valley, Dry Bones”)
“Dít verseker Ek julle: …Ek het gekom sodat (julle) die lewe kan hê, en dit in oorvloed” (Joh 10:10). Die Kerkvader Irenaeus (2de eeu n.C) het gesê, dat God verheerlik word deur die mens wat sy/haar lewe voluit leef. Volgens Irenaeus het dit beteken jy leef die lewe soos God dit bedoel het om geleef te word – as werklike verteenwoordiger (beeld/ikoon, aldus Gen 1:27) van God. Jy lééf, omdat God jou lewe wíl. Danksy God se “asem” (Sy Gees/ “Ruach”) mag jy leef. Die hartseer ellende is dat daar soveel mense is wat soos “dooie beendere” deur die lewe gaan. Wandelende lyke. Wat so leef dat God nie in hulle lewens herken kan word nie.
Vir 40 dae lank draai ons die vergrootglas op ons eie lewens. Bely ons dalk met die mond dat God die Heerser van ons lewens is, maar daar is geen sigbare teken daarvan in ons doen en late nie? Jakobus leer dat geloof wat nie tot dade oorgaan nie ‘n dooie geloof is (Jak 2:17). As die Heilige Gees (die Goddelike Asem) geloof in ons bewerk, kán ons nie anders nie as om ons lewens te wy aan daardie dinge – die goeie dade – wat God sal verheerlik (aldus Ef 2:10b). Lydenstyd is lewegewende tyd! Vir die dooie geloofsbeendere is daar die belofte van nuwe lewe! Soos Paulus skryf, “Stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil” (Rom 6:13).
GEBED:
Moet nie ophou om my lewe nuut te maak nie, my Here!
“Dry Bones” soos uitgevoer deur The Kings Heralds.
Op Dag 3 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die baie bekende lied, “Dry Bones” soos uitgevoer deur The Kings Heralds. Hierdie is ‘n kwartet wat al sedert 1927 bestaan.
As hierdie reeks jou bemoedig (én jy kan dit bekostig), wil jy nie oorweeg om my finansieel te ondersteun nie? STANDARD BANK Takkode: 051001 Rek No: 080042805 RM BEZUIDENHOUT Kampstraat 13, Eurekapark, Groot-Brakrivier, 6525.