Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 Februarie 2026

Dagstukkies April

9 Februarie

LieweVriend

Mag jy vandag met ware wysheid en Goddelike insig reageer! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Versigtig met spotters

Teks vir vandag: “Dink mooi hoe jy iemand wat met God spot, moet antwoord. As jy hom op sy foute wys, kan hy jou verneder. As jy hard met hom praat, kan hy jou seermaak. Hy kan jou begin haat, jou groot skade aandoen.” Spr. 9:7 (Die Boodskap)

  • God vra dat jou vriende mense sal wees wat nie met die Here spot nie (Ps. 1:1).
  • Nie alle mense is oop vir die waarheid nie – sommige sal jou aanval as jy dit vertel of praat.
  • Bid vir wysheid om te weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly (Spr. 12:18; 14:3; 15:1; Jak 3:2, 5-6).
  • Beskerm jouself deur weg te bly van mense wat met God spot en jou kan seermaak.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag wysheid om te weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly, en beskerm my teen spotters.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Versoeking: Die voorbeeld van Christus

En meteens het ‘n stem uit die hemele gesê: “Dit is my geliefde Seun or wie Ek My verheug.”
Matt. 3: 1720

Christus, die geliefde Seun van die Vader

In Matt. 3: 1720 spreek God sy liefde uit vir Jesus Christus, net nadat Hy deur Johannes die Doper gedoop is. Dis ‘n baie bekende gedeelte in die Bybel, en word ook in Markus en Lukas goed beskryf, of na verwys. As gevolg van Jesus Christus se opdrag hier op aarde, moes Hy egter ook versoekings deurstaan, om ons menslike swakhede te oorwin.

Hierna word Hy deur die Gees die woestyn ingelei, waar Hy vir veertg dae en veertig nagte lank vas. In hierdie verswakte fisiese toestand kom die versoeker nader en versoek Hom driemaal. Ten spyte van sy fisiese verswakte toestand, het Christus egter geweet, daar is een manier om die versoeking te weerstaan, nl. Kennis van die Woord van God.

Teksverse:

Hierna is Jesus deur die Gees die woestyn ingelei om deur die Duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte lank het Hy gevas, en later honger geword.” (Matt. 4: 1-220);


Toe het die versoeker nader gekom en vir Hom gesê: As u die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode moet word. Maar Hy antwoord: “Daar staan ook geskryf,” ‘Van brood alleen sal die mens nie leef nie, maar van elke uitspraak wat uit die mond van God kom.’ ” ” (Matt. 4: 3-420)

Versoekings van Christus

Wie van ons was al vir so lank van voedsel ontsê? Wie van ons weet regtig hoe swaar dit is om vir veertige dae en nagte niks oor ons lippe te neem nie? Nie ‘n enkele brokkie nie. Sou ons die versoeking en aanslag kon teenstaan? Sou ons daaraan gedink het om na ‘n aanhaling uit die Bybel te gryp, wanneer ons so versoek word? Ken ons die Bybel goed genoeg om sonder om eers daaroor te dink, teen enige versoeking wat na ons geslinger word, spontaan daarop te reageer?

Tweedens het die Duiwel Jesus probeer versoek deur vir Hom te laat verstaan dat God se engele Hom sou red as Hy van die tempelgebou afspring. Hy sou geen skade opdoen nie. Dit was gedoen deur ‘n aanhaliing uit die Bybel in Ps. 91: 11-1220. Hierop het Christus geantwoord dat ons nie vir God mag versoek nie, want dit staan so geskryf. Hoe dikwels word ons versoek deur die woorde van ander, wat ons paai en sagkens hanteer, maar met duiwelse agendas? Voel jy bestand daarteen? Kom die antwoorde op hierdie versoekings vinnig genoeg?

Derdens het die Satan Jesus Christus al die prag en praal van die koninkryke van die wêreld gewys, en beloof om dit vir Hom te gee indien Hy voor hom sou neerkniel en hom aanbid. Hierop het Jesus Christus vir hom gesê: “Gaan weg Satan! Want daar staan geskryf, “ ‘Die HERE jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.’” (Matt. 4: 1020)

Teksverse:

Hy het jou nederig gemaak, jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy nie geken het nie en jou voorouers ook nie geken het nie, sodat Hy jou kon laat verstaan dat die mens nie van brood alleen sal leef nie, maar dat die mens sal leef van elke uitspraak uit die mond van die HERE. ” (Deut. 8: 320);


Julle mag nie die HERE julle God uitdaag soos julle by Massa gedoen het nie.” (Deut. 6: 1620);


Vir die Here jou God moet jy ontsag hê: Hom moet jy dien, en slegs in sy Naam moet jy sweer.” (Deut. 6: 1320)

Hoe kan ons weerstand bied?

Indien ons volkome op die Heilige Gees vertrou, en die Woord van God in nederigheid en ontvanklikheid bestudeer, sal ons die krag ontvang om teen aardse versoekinge weerstand te bied. Want soos Johannes Calvyn dit so goed stel: ‘Ware onderskeiding tussen reg en verkeerd hang nie af van die skerpheid van ons intelligensie nie, maar van die wysheid van die Gees.

Dan sal ons ook in die voetspore van Jesus Christus, vol van die krag van die Heilige Gees, weerstand kan bied. Net so het Jesus sy volgelinge voorberei teen swaarkry en versoekinge in Mark. 13: 1120, waar Hy belowe het dat as hulle onder die leiding van die Heilige Gees staan, sal Hy vir hulle woorde in hulle mond lê. Laat ons ook so onsself oorgee om deurdrenk van die Heilige Gees te wees, soos Paulus skryf in 1 Kor. 12: 1320, sodat ons Jesus Christus se voorbeeld om versoekings te weerstaan kan navolg.

Teksverse:

Vol van die krag van die Gees, het Jesus na Galilea teruggegaan, en die nuus oor Hom versprei.” (Luk 4: 1420);


Wanneer hulle julle gevange neem en julle oorlewer, moet julle nie bekommer oor wat julle moet sê nie, maar wat ook al op daardie oomblik aan julle gegee word, dit moet julle sê; want dit is nie julle wat praat nie, maar die Heilige Gees.” (Mark. 13: 1120);


En ons is tog almal deur die een Gees deurdrenk.” (1 Kor. 12: 1320);


…wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus. Moenie die Gees blus nie.” (1 Thes. 5: 18-1920)

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 8 Februarie 2026

Dagstukkies April

8 Februarie

LieweVriend

Mag jy vandag in nederigheid voor God leef! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Nederigheid voor God

Teks vir vandag: “Onthou, wysheid begin by liefde vir die Here. Wie Hom liefhet, haat dinge soos om te veel van jouself te dink. Wysheid verag ‘n verkeerde manier van leef en praat.” Spr. 8:13 (Die Boodskap)

  • Die Here, die God van alle wysheid leer jou om Hom te dien en lief te hê (Ps. 25:9-10).
  • Hoogmoed daarteenoor, verblind jou vir jou eie foute en maak dat jy God se leiding ignoreer.
  • Ware wysheid begin by die erkenning dat jy God nodig het en dat jy sonder Hom niks kan doen nie.
  • Toets vandag jou hart en vra God om enige trots te verwyder sodat Hy jou kan lei.

Gebed

Liewe Vader, breek vandag alle trots in my hart en help my om nederig voor U te leef en U leiding te volg.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Februarie 2026

Dagstukkies April

7 Februarie

Liewe vriend

Mag jy vandag wysheid in moeilike tye ontvang! Hier is God se Boodskap:

Tema: Wysheid in krisis

Teks vir vandag: “Wysheid moet gesien word daar waar mense moeilike situasies reg hanteer, daar waar die regte woorde op die regte oomblik gesê word.” Spr. 8:12 (Die Boodskap)

  • Vlug na God toe as jy bang is. Hy sal jou beskerm. Hy sal jou help (Ps. 46:1).
  • Ware wysheid bewys homself nie in maklike tye nie, maar wanneer jy voor groot uitdagings staan.
  • God gee jou die regte woorde en insig op die regte tyd as jy Hom daarom vra.
  • Vertrou vandag dat God jou sal lei om die regte ding te sê en te doen, al lyk situasies onmoontlik.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag U wysheid om moeilike situasies reg te hanteer en die regte woorde op die regte tyd te sê.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 7+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 8 Februarie 2026 : Erediens om09:00 – Kleuterkerk in die konsistorie. Kategese
Sondag 8 Februarie 2026 : Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal
Dinsdag 10 Februarie 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 11 Februarie 2026 : Die Blokbyeenkoms van Blok 5 (Kiewietlaan) vind om 18:00 plaas by Sarel en Marina Venter 
Woensdag 11 Februarie 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45.
Donderdag 29 Januarie 2026 : Bloedskenk geleentheid in die kerksaal vanaf 14:00-19:00
Sondag 15 Februarie 2026 : Kategese, Kleuterkerk & Erediens om 09:00 –

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 8 – 15 Februarie 2026

Afkondigings 8 – 15 Februarie 2026

Afkondigings

Sondag 8 Februarie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Korintiërs 2.
  • Die tema van die prediking is:Ons hét die gees.
  • Biddag vir Opvoeding & Onderwys.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal.
Alternatief kerk Ring van Mosselbaai & NGK Groot-Brakrivier
Alternatief kerk Ring van Mosselbaai & NGK Groot-Brakrivier

Dinsdag 10 Februarie 2026 :

  • Die Bedieningsraad vergader om 18:00 in die kerksaal onder voorsitterskap van ds Charné Viljoen. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 11 Februarie 2026 :

  • Die Blokbyeenkoms van Blok 5 (Kiewietlaan) vind om 18:00 plaas by Sarel en Marina Venter – Arendstraat 20. Sarel Venter –  Kontak ons vorm.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida –  Kontak ons vorm. Alle belangstellendes welkom.

Sondag 15 Februarie 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Verheerlikingsondag.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Charné Viljoen.
  • Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal.
Verjaarsdae Week 7 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 7 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

NUWE BLOK INDELINGS

Soos waarskynlik aan u bekend het ons blokindelings verander en daarmee saam ook die meeste blokgrense.

Ons gaan dus veranderinge maak aan u huidige WhatsApp groep en in sommige gevalle van julle se nommer moet afhaal en u dan by ‘n “nuwe” blok weer toevoeg. Dit is ‘n omvattende taak en sal so gou moontlik aandag geniet.

Intussen neem asseblief kennis van u nuwe bloknommer hieronder sodat u op die almanak kan seker maak van die datum waarop u blokbyeenkoms plaasvind.

1          Plaaasgedeeltes

2          Voorbrug

3          Mossienes tot Stasieweg

4          Langstraat-Bo & Pine Creek

5         Kiewietlaan

6         Avonddans

7          Onder-Bergsig

8         Groenkloof Groot-Brakrivier

9         Agter Polisiestasie

10        Bergsig – Bo

11         Sandhoogtepad

12        Eurekapark

13        Suiderkruis

14        Die Eiland

15        Dolphin Creek

16        Hersham

17        Pienaarstrand & Dwarswegstrand

18        Outeniquastrand-Onder

19        Outeniquastrand-Bo

20       Glentana tot George

21        St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate

22        Seester Tergniet

23        Groenkloof Reebok

24        Reebok Village

25       Seegenot tot Tergniethoogte

26       Tergniet-Oos

27        Tergniet-Wes

28       Rheebok Kusweg

29       Reebok-Oos

30       Reebok-Wes & Kleinbrak tot Danabaai

Bedieninge

5 Liters water vir droogtegeteisderde plase

Daar is ‘n behoefte aan drinkbare water op baie plase in ons omgewing weens die feit dat die boorgate opdroog. Ons nooi graag enige persoon wie ‘n 5L water wil/kan skenk om dit hier by die kerk te kom aflewer. Indien u nie in kantoor ure dit kan kom afgee nie, is u welkom om dit by die Total De Dekke vulstasie te gaan afgee, waar ons dit weer sal gaan oplaai en verder sal versprei.

Nooi asseblief u vriende en familie om ons gemeenskap te ondersteun.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die oorblywende uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 11 & 25 Februarie en 11 & 25 Maart.

Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

U kan dit skenk in die volgende twee formate:

  1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
  2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters –  Kontak ons vorm

Ondersteuningsbediening :

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)

Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames. Want dit is God se hart vir die wees en die weerloses. En as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.

Vir meer inligting kontak:
Riana Briers –  Kontak ons vorm / Riëtte Jansen van Rensburg –  Kontak ons vorm.

Sterftes 2026:

2 Februarie 2026 – Debbie Nel
Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate.
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Februarie 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 30 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

“Luister tog na my, Here, as ek roep; wees my genadig en verhoor my gebed. Ek onthou wat U gesê het: ‘Julle moet My kom dien!’ Ek is hier om U te dien, Here” (Ps. 27:7-8 Afr83).

Busfonds vir Graad 10 Leerder

Busfonds - Saamrygeleentheid NGK Groot-Brakrivier
Busfonds – Saamrygeleentheid NGK Groot-Brakrivier

Verhoudingsleier: Westelike Streek
Hoofkantoor – Wes-Kaap (Bellville)

Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) is ʼn maatskappy sonder winsoogmerk wat sedert 1820 die Bybel vertaal, publiseer en versprei in Suid-Afrika. Die missie van die BSA is om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
Die bogenoemde voltydse loopbaangeleentheid is tans beskikbaar by die BSA. Die Verhoudingsleier is verantwoordelik om die BSA se strategie in die spesifieke streek te dryf om te verseker dat volhoubare verhoudings gebou word met donateurs, kerkgenootskappe en Christelike organisasies in die streek. Die posbekleër sal in samewerking met alle kerkgenootskappe Bybelverspreiding in die streek fasiliteer. Daar word van die posbekleër verwag om innoverende fondsinsamelingsinisiatiewe te ontwikkel en daarby betrokke te wees, sodat die BSA effektief bemark word om ondersteuning en befondsing van sleuteldonateurs te verkry om die Bybel beskikbaar te stel. Die posbekleër sal ook verantwoordelik wees vir die bestuur en evaluering van die streek se personeel, asook vir die bestuur van streekkomitees. Die monitering en uitbreiding van die donateursbasis vorm ook deel van hierdie rol.
Vereistes:
 Relevante teologiese kwalifikasie (verkieslik ʼn gelegitimeerde predikant van die NG Kerk)
 Handhawing van die belydenis dat die Bybel die Woord van God is.
 Ervaring Is besigheid sal voordelig wees
 Begrip en kennis van kerklike omgewing en gemeenskap
 Kennis en ervaring van fondsinsameling en bemarkingsmetodes
Bevoegdhede:
 Sakevernuf
 Ekumeniese ingesteldheid
 Samewerkingsvaardighede
 Verhoudingsbou
 Sterk kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
 Leierskap
 Vermoë om met mense van verskillende agtergronde te werk
 Kommersiële bewustheid
 Hoë aanpasbaarheid
 Vermoë om ander te motiveer
Vaardighede:
 Fondsinsamelingsvaardighede
 Openbare redevoering
 Bemarkings- en verkoopsvaardighede
 Interpersoonlike vaardighede
 Onderhandelingsvaardighede
 Beplannings- en organiseringsvaardighede
 Aanbiedingsvaardighede
Vrywaring:
Deur vir hierdie posisie aansoek te doen en jou CV in te dien, bevestig jy dat jy jou persoonlike inligting vrywillig verskaf het en dat die inligting volledig, akkuraat en op datum is, in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 (POPIA).
Jy gee hiermee die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) toestemming om jou persoonlike inligting te verwerk vir die doel van werwing en keuring. Jy gee verder toestemming dat die BSA jou persoonlike inligting mag behou op sy databasis vir oorweging van toekomstige werksgeleenthede.
Aansoeke sluit op 9 Maart 2026
Indien jy teen 17 Maart 2026 niks van ons gehoor het nie, beskou asseblief jou aansoek as onsuksesvol.
Stuur aan hr.bssa@biblesociety.co.za

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA in Thailand en Kambodja

Die 800 km lange grens tussen Thailand en Kambodja is al lank ’n bron van konflik. In die afgelope jaar het die spanning van tyd tot tyd oorgegaan in gewapende konflik. FEBA saai in albei lande uit en in 2025 het die FEBA Kambodja-span spesiaal ’n reis onderneem om radio’s aan die soldate op die grens uit te deel.

Ons gebed vir die week: Bid vir vrede tussen Thailand en Kambodja. Vra dat FEBA se programme soldate in albei lande sal inspireer om hul harte vir Christus te gee.

Caritas Pastorale Narratiewe Terapie NGK Groot-Brakrivier
Caritas Pastorale Narratiewe Terapie NGK Groot-Brakrivier

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Nuut op 8 Februarie 2026

  1. Erediensbediening:
    Die skakel na die YouTube Erediens van 8 Februarie 2026, deur
    Ds Leon Cronje, is beskikbaar.
  2. Getuienisbediening:
    a) Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar is beskikbaar.
    b) Sendingnuus vanaf Missie Japan – Kyoto Kuns Onnie word Pastoor.
  3. Bybelstudiereekse:
    a) ‘Verheerlikingsondag’, die afsluiting van Epifanie.
    b) Februarie se ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.
    c) Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Versoeking: Die voorbeeld van
    Christus”
  4. Gemeentenuus:
    Inligting van die Alternatiewe Eredienste wat op 8 Februarie begin.
  5. Die weeklikse Afkondigings en Lief & Leed is op die webtuiste indien u wil seker
    maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje

Kassiere:
Alfreda Stander

Skriba:
Carmi Kriel

Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532

e-posKontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 Februarie 2026

Dagstukkies April

6 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag ‘n hardwerkende gees hê! Hier is God se Woord vir vandag:

Tema: Werk met toewyding

Teks vir vandag: “Luiaard, gaan leer by die mier hoe om te werk. Sonder ‘n baas wat hom druk… ‘n toesighouer… wat hom dophou of ‘n bestuurder wat sy program reël, werk hy dag vir dag.” Spr. 6:6 (Die Boodskap)

  • Bid dat jou planne voorspoedig en suksevol sal wees – God maak hardwerkende mense gelukkig (Ps. 90:17).
  • Die mier werk uit innerlike dissipline, nie omdat iemand dophou nie – so moet jy ook leef.
  • Om uit te stel of om lui te wees lei tot armoede en vernedering’
  • Pligsbesef en hardwerkendheid lei tot vooruitgang en geluk.
  • Wees selfgedrewe en toegewyd in jou take wat jou te doen staan. Moenie uitstel nie.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag ‘n hardwerkende gees en die dissipline om met toewyding te leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Februarie 2026

Dagstukkies April

5 Februarie

Liewe vriend

Mag jy vandag in God se lig leef! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: God sien alles

Teks vir vandag: “Elkeen van ons se lewe lê oop voor die Here. Hy ken ons doen en late.” Spr. 5:21 (Die Boodskap)

  • God weet alles van jou af – Hy ken elke gedagte, elke woord en elke optrede van jou – nog voordat dit plaasvind (Ps. 139:1-4).
  • Dit is ‘n troos om te weet God sien jou stryd en jou pyn, maar ook ‘n oproep om opreg te leef.
  • Moenie dink jy kan iets vir God wegsteek nie – Hy ken jou hart en jou motiewe.
  • Leef vandag met die bewustheid dat God alles sien, en laat dit jou help om reg te leef (Job 34:25; Jer. 16:17; 32:19).

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag in U lig te leef en opreg te wees in alles wat ek doen, want U sien alles.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 Februarie 2026

Dagstukkies April

4 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag groeí in kennis van God! Hier is God se spesiale Boodskap net vir jou:

Tema: Groei in Goddelike kennis

Teks vir vandag: ‘n Belangrike reël vir die lewe is om meer en meer van die regte soort kennis in die hande te kry. Dan sal jy meer op jou gemak voel. Jy sal weet hoe om in die alledaagse lewe op te tree.” Spr. 4:7 (Die Boodskap)

  • God se Woord is soos ’n helder lig wat in die donker skyn – dit wys jou om die regte pad te kies (Ps 119:105).
  • Kennis van God se Woord gee jou selfvertroue om die regte besluite te neem.
  • Hoe meer jy God ken, hoe beter verstaan jy hoe om in moeilike situasies te reageer en op te tree.
  • Belê vandag in jou geestelike groei deur meer tyd met die Bybel deur te bring.

Gebed

Liewe Vader, laat my vandag groei in kennis van U sodat ek met wysheid deur my dag kan beweeg.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 Februarie 2026

Dagstukkies April

3 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag die seën van ‘n wyse lewe ervaar! Hier is God se Woord vandag vir jou:

Tema: Wys leef bring geluk

Teks vir vandag: ‘n Wyse manier van leef het groot waarde. Baie gelukkige dae, baie opwindende lewensjare, groot blydskap kom daaruit voort.” Spr. 3:1-2 (Die Boodskap)

  • Jy maak God se hart bly wanneer jy Sy Woord geniet – dan is jy soos ’n stewige boom wat langs die water staan. Hy sal jou sommer baie gelukkig maak (Ps. 1:1-3).
  • Om wys te leef beteken om God se beginsels elke dag in jou verhoudings, keuses en optrede, toe te pas
  • Die vrug van wysheid is nie net geluk nie, maar ook ‘n lang, vol en gelukkige lewe van vrede.
  • Kies vandag vir die pad van wysheid, al lyk dit moeiliker as die kortpad om op eie insig en met eie planne keuses te maak.
  • Jy sal baie gelukkig wees.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag volgens U wysheid te leef sodat ek die blydskap en vrede wat daaruit voortkom kan ervaar.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 Februarie 2026

Dagstukkies April

2 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag deur God se wysheid gelei word! Hier is die Boodskap net vir jou:

Tema: Wysheid kom van God

Teks vir vandag: “Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af… Dit sal ons aanspoor om gelukkig te lees.” Spr. 2:6-7 (Die Boodskap)

  • Die Here God is soos ’n onderwyser wat jou hand vat en op die regte pad lei (Ps. 32:8).
  • Die wêreld se wysheid het grense, maar God se wysheid is volmaak sonder grense – dit lei tot ware geluk.
  • Wanneer jy erken dat jy God se wysheid nodig het, maak jy die deur vir Sy geluk in jou lewe oop.
  • Bid vandag vir wysheid en insig voordat jy enige belangrike besluite neem.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag U wysheid en insig sodat ek reg kan leef en die vreugde kan ervaar wat U beloof het.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 Februarie 2026

Dagstukkies April

1 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag die vreugde van God se teenwoordigheid ervaar! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Ware geluk begin by God

Teks vir vandag: “Lewensgeluk begin by liefde vir die Here. Sonder liefde is daar geen lewensvreugde nie.” Spr. 1:7 (Die Boodskap)

  • Daar is geen groter blydskap as om saam met die Here God te leef nie – begin elke dag in Sy teenwoordigheid (Ps 16:11).
  • Ware, blywende geluk vind jy nie in dinge, prestasie of mense nie, maar in jou ware verhouding met God.
  • Respek vir die Here is die fondament waarop ‘n gelukkige en vol lewe gebou word.
  • Maak vandag tyd om God se liefde en teenwoordigheid te ervaar en te beleef deur stil voor Hom te wees.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag my geluk en vreugde in U teenwoordigheid te vind en nie in die wêreld se valse beloftes nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 6+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 1 Februarie 2026 : Erediens 09:00
Dinsdag3 Februarie 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 4 Februarie 2026 : Klub 50 se eerste vergadering om 10:00
Woensdag 4 Februarie 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45.
Woensdag 4 Februarie 2026: Die blokbyeenkoms van Blok 3 (Mossienes tot Stasieweg) & Blok 4 (Langstraat-Bo) vind om 18:00 plaas in die sysaal by die kerk
Donderdag 29 Januarie 2026 : Bloedskenk geleentheid in die kerksaal vanaf 14:00-19:00
Sondag 8 Februarie 2026 : Erediens om 09:00 – Kleuterkerk in die konsistorie. Kategese
Sondag 8 Februarie 2026 : Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 1 – 7 Februarie 2026

Lief en Leed Week 6 van 2026

Lief en Leed

Sterftes

Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die heengaan van Gert Engelbrecht op 27 Januarie 2026 – – Blok 26 (Tergniet-Oos).
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 5 van 2026 NGK Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 5+ van 2026 NGK Groot-Brakrivier

Afkondigings 1 – 7 Februarie 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 1 Februarie 2026 :

  • Welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Jaco & Leandra Jonker (dogtertjie – Jolene).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Korintiërs 1:18-31.
  • Die tema van die prediking is: Die Boodskap van die Kruis.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Hartenbos Versorgingsoord by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Lees meer “Afkondigings 1 – 7 Februarie 2026”

Stof tot nadenke: Die Drie-Eenheid

Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is. Hy wat Here is van hemel en aarde, woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie. Hy word ook nie deur mense hande bedien, asof Hy aan iets beheofte het nie – dit is Hy wat aan almal lewe en asem, ja alles, gee. Uit een mens het Hy al die nasies van die mensdom gemaak om die hele aarde te bewoon. Hy het vir hulle vasgestelde tye gegee en die grense van hulle woongebied bepaal, sodat hulle God kon soek, en miskien na Hom sou uitreik en Hom sou vind, aangesien Hy nie ver van een van ons af is nie. Want deur Hom leef ons, beweeg ons en bestaan ons, soos sommige van julle digters inderdaad gesê het, “’Ons is ook van sy geslag.’

Hand. 17: 24-2820

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Drie-Eenheid”

Nuusflitse Week 5+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 25 Januarie 2026 : Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen
Dinsdag 27 Januarie 2026 10:00 : Lofdans
Dinsdag 27 Januarie 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 28 Januarie 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida 
Woensdag 28 Januarie 2026 Wolwedans Boodskap Sop en Brood
Donderdag 29 Januarie 2026 : Bloedskenk geleentheid in die kerksaal vanaf 14:00-19:00
Sondag 1 Februarie 2026 : Erediens om 09:00
Woensdag 4 Februarie 2026 10:00: Klub 50

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 25 Januarie 2026- 1 Februarie 2026