Afkondigings 25 Januarie 2026 – 1 Februarie 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 25 Januarie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Korintiërs 1:10-18.
  • Die tema van die prediking is: Boodskap van die Kruis.
  • Voorstelling van Kerkraadslede:
  • Blokleiers: 
    • Heidi Erasmus                    Blok 02 (Voorbrug)
    • Pieter van der Merwe       Blok 04 (Langstraat-Bo & Pine Creek)
    • Koos van Zyl                       Blok 10 (Bergsig-Bo)
    • Whitey van der Merwe    Blok 13 (Suiderkruis)
    • Koos van der Merwe        Blok 14 & 15 (Die Eiland & Dolphin Creek)
    • Johan Spies                         Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte)
Lees meer “Afkondigings 25 Januarie 2026 – 1 Februarie 2026”

Sendingnuus Madagaskar: The Week 16 February 2025

Madagaskar Sending 2025-02-25

Dries arrived safely in South Africa, welcomed by heavy rains. In fact, the flooding in some northern regions was so severe that entire communities were cut off, left without electricity for days. He is enjoying a well-deserved break, spending time with his daughter Anlie and her family. As is often the case when Dries is not here, my quad broke down on the very first day after his departure, leaving me stranded on the road. Fortunately, PM came to the rescue once again. The journey home was anything but smooth, with a few nerve-wracking moments where I had to cling on for dear life while being towed. Now, with the quad out of commission, it’s back to walking and relying on tuc-tucs.

Lees meer “Sendingnuus Madagaskar: The Week 16 February 2025”

Stof tot nadenke: Nuwe Lewe

Stof - NG Kerk Groot-Brakrivier

Deur die doop is ons dus saam met Hom in die dood begrawe, sodat net soos Christus deur magtige heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ook ons só ‘n nuwe lewe kan lei.

Rom. 6: 4

Nuwe lewe is ‘n konsep wat ons as so dikwels met die geboorte van ‘n mens assosieer. Daardie klein lewetjie wat in hierdie wêreld aankom. Ons, as ouer mense, besef so dikwels hoe ‘n moeilike pad moontlik vir hierdie nuwe lewetjie hier op aarde wag. Ons kyk ons vas in die hier en nou. Die aardse bestaan, sonder God. Dis wanneer ons so dikwels miskyk hoe wonderlik God dit vir ons gewil het. Dat ons die nuwe lewe in Christus mis kyk. Christus waarborg vir ons die lewe as ons op God vertrou, soos ‘n kind op sy ouers vertrou, en soos wat die voëls van die hemel op God vertrou vir elke ding wat hulle nodig mag hê (“Daarom sê Ek vir julle, moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle sal eet, of oor wat julle sal drink, of oor julle liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe dan nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Let op die voëls van die hemel: Hulle saai nie en hulle maai nie, en hulle versamel niks in skure nie. Tog sorg julle hemelse Vader vir hulle. Is julle nie meer werd as hulle nie? Wie van julle kan deur hom te bekommer, een el by sy lewe voeg?” (Matt. 6: 25-27)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Nuwe Lewe”

Nuusflitse Week 9+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 23 Februarie 2025 – Erediens en Kategese 09:00
Dinsdag 25 Februarie 2025 – Kerkraadsvergadering
Woensdag 26 Februarie 2025Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 5A (Mossienes tot Stasieweg) en 5B (Eiland tot Dolphins Creek)
Kooroefening by die orrel om 16:45
Sondag 2 Maart 2025 – Nagmaal 09:00 Geen Kategese

Afkondigings 23 Februarie 2025 – 2 Maart 2025

Afkondigings 2025-02-23 - NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 23 Februarie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
    Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 5:43-48.
  • Die tema van die prediking is: Aardjie na sy Vaartjie…
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Hartenbos Versorgingsoord by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.

Dinsdag 25 Februarie 2025 :

  • Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 26 Februarie 2025 :

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 5A (Mossienes tot Stasieweg) en 5B (Eiland tot Dolphins Creek)by Elsabe Richards – nommer 62 Dolphins Creek Golf Estate – 082 887 6712.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 2 Maart 2025 :

  • Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen.
  • Eerste Lydensweek.
  • Nagmaal.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale offer vir Hospitaalbearbeiding by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 –Ds Willem Smit.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Maart 2025 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 21, asook die antwoorde vir nommer 20, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 26 Februarie en 12 & 26 Maart.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.
    • Indien u kan help met skenkings van inkleurkryte/-potlode kan u dit asseblief tydens kantoorure by die kerkkaantoor kom afgee. Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Klub 50

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Indië

Die evangelie kry hewige teenstand in dele van Indië, waar ekstremiste Christene aanrand en buite kerke optogte hou. Ten spyte daarvan hou FEBA Indië vol om die Goeie Nuus van God se liefde en vrede met sy luisteraars oor die radio te deel, sowel as om sosiale media-inhoud te skep wat kwessies soos verhoudings en geestesgesondheid aanspreek.

Ons gebed vir die week: Bid dat gelowiges in Indië sterk in hul geloof sal bly ten spyte van vervolging en dat God mense se denke sal vernuwe deur FEBA Indië se programme.

Klein Karoo Camino
Klein Karoo Camino

Die Webwerf

(nggrootbrak.co.za)

Nuut op 23 Februarie 2025

  • 1.  Erediensbediening:
    Die skakel na die 23 Februarie YouTube Erediens is beskikbaar.
  • Getuienisbediening:
    • Michelle Potgieter skryf vir ons oor die impak van die oorlog in Oekraine op hulle aksies.
    • Madagaskar se weeklikse nuusbrief van Lynette is beskikbaar.
  • Bybelstudiereeks:
    • Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Nuwe Lewe”.
  • Gemeentenuus:
    • Die Wêreld biddag vir al die gemeenskap Vroue is op 7 Maart 2025, by VGK. Sien uitnodiging op afkondigings en is ook beskikbaar op die webwerf.
    • Ons kuier lekker saam met die Ondersteuningsgroep se Valentyns Ontbyt.
    • ‘n Historiese oorsig van die NG Kerk Groot-Brakrivier is vanaf 8 Februarie 2025 op die Webwerf beskikbaar.
  • Die Afkondigings is op die webwerf.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier,
6525  ‘

044 620 2205

 e-pos:       Kontak Ons

Webtuiste:

https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Stof tot nadenke: Die ewigdurende aardse soeke…

NG Kerk Groot-Brakrivier

“Kyk, al wat ek kon vasstel, is dat God die mensdom reg geskape het, maar hulle is op soek na allerlei slim verklarings.

Pred. 7: 29

Deur elkeen van ons se lewe is ons op soek na soveel verskillende dinge. Sommiges soek na geluk; sommiges soek na ewigdurende lewe; sommige na rykdom; sommige na eer en roem; sommige na wysheid en kennis; sommige na die liefde; sommige na genot. Elkeen word deur verskillende begeertes in die hart in hierdie aardse bestaan voortgedryf. Soms dink ons ons het gevind wat ons gesoek en nagejaag het; soms besef ons, net soos die Prediker, dat baie van hierdie soeke, net ‘n gejaag na wind en ‘n sinnelose soeke is (“Sinloos, volslae sinloos, sê Prediker, sinloos, volslae sinloos; alles is sinloos.” (Pred. 1: 2); (“Alles bly aan die worstel – ‘n mens kan dit onder woorde nie bring nie; oë raak nie versadig van sien en ore raak nie vol van hoor nie.” (Pred. 1: 8); “Ek het gekyk na alles onder die son: Kyk, dit alles is sinloos, ‘n gejaag na wind.” (Pred. 1: 14b)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Die ewigdurende aardse soeke…”

Lief en Leed: Week 8 van 2025

Lief en Leed

Sterftes 2025:

12 Februarie –Salomon Delport: Wyk 13B
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Ons dink aan ons orrelis, Marida Bridges, in haar afwesigheid, met haar broer se skielike afsterwe. Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

Verjaarsdae:

Nuusflitse vir Week 8+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 16 Februarie 2025: 09:00 Erediens en Kategese
Woensdag 19 Februarie 2025 : Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 4C
Woensdag 19 Februarie 2025 : Geen kooroefening nie
Sondag 23 Februarie 2025 : Kategese & Erediens om 09:00.
Wolwedans boodskap, sop en brood: 26 Februarie en 12 & 26 Maart

Afkondigings 16 – 23 Februarie 2025

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 16 Februarie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 32 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: ‘n Aanskouingsles?
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 19 Februarie 2025 :

Lees meer “Afkondigings 16 – 23 Februarie 2025”

Stof tot nadenke: Mag ons die lewe geniet?

Stof tot nadenke - NG Kerk Groot-Brakrivier

Beveel die rykes in die huidige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom te vestig nie, maar op God, wat alle dinge in oorvloed aan ons gee om te geniet.

Tim 6: 17

Vir elkeen van ons, is die idee van geniet, heel moontlik verskillend. Een mens hou van kuier, lag en gesels, ‘n ander van hardloop en oefen tot die sweet hom of haar aftap, terwyl ‘n ander van stil-in-‘n-hoek sit en lees hou, om maar enkele teenstrydige genietinge te noem. God het ons elkeen op ‘n pad geneem, wat maak dat ons enig is in ons genietinge, ervaringe en waarmee ons ons besig hou. Ons worstel dikwels met die vraag: “Mag ons die lewe geniet?” Die antwoord lê heel moontlik daarin: “Wat ons as genieting beskou?” Is dit tot ondersteuning en uitbou van die Koninkryk? Is dit ten koste van ander, of is dit tot opbou van ander?

Lees meer “Stof tot nadenke: Mag ons die lewe geniet?”

Historiese Oorsig : NG Kerk Groot-Brakrivier – 1924 – 2025

Historiese-Oorsig-_-NG-Kerk-Groot-Brakrivier-1924-2025

Historiese Oorsig
NG Kerk Groot-Brakrivier
1924 – 2025

Inleiding

Groot-Brakrivier is ongeveer 25 km noordoos van Mosselbaai en die dorp is in die vloedvlakte van die Groot-Brakriver se seemeer ontwikkel, onder die 50jaar vloedlyn. Die Groot-Brakrivier ontspring in die hange van die Engelsberg en Jonkersberg (die Varingsrivier) in die Outeniqua Bergreeks en vloei redelik reguit, na net ongeveer 25 km, suid na die Indiese oseaan, strooaf van die Wolwedans dam, wat in 1989 voltooi is. Die verhoogde plato, bokant die dorp is tussen 150-300 m bo seevlak. Die naam van die rivier is ontleen aan die hoë soutgehalte van die gety-gebonde seemeer wat dikwels toegespoel word.

Lees meer “Historiese Oorsig : NG Kerk Groot-Brakrivier – 1924 – 2025”

Nuusflitse vir die week 7+van 2025

Nuusflitse

Sondag 9 Februarie 2025 : Erediens en Kategese 09:00
Dinsdag 11 Februarie 2025: Bestuurspan 17:30
Woensdag 12 Februarie 2025: Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.) en 4B (Onder-Langstr tot Kiewietlaan)
Wolwedans boodskap, sop en brood 12 en 26 Februarie 2025
Sondag 16 Februarie 2025: Erediens en Kategese 09:00

Afkondigings 9 – 16 Februarie 2025. NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings

Sondag 9 Februarie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Gerrie van Deventer.

Ons skriflesing kom vanoggend uit Jakobus 3:13-4:10.

Die tema van die prediking is: Die kuns van die lewe.

  • Biddag vir Opvoeding & Onderwys.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Gerrie van Deventer.

Dinsdag 11 Februarie 2025 :

  • Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6 onder voorsitterskap van

Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 12 Februarie 2025 :

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.) en 4B (Onder-Langstr tot Kiewietlaan) by Gert & Riana Briers, Kiewietlaan 18 – 081 039 8854.

Sondag 16 Februarie 2025 :

  • Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 –Digitaal.

Kategese :

Kategese vind plaas tydens die erediens (09:00-10:00). Die kinders kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 20, asook die antwoorde vir nommer 19, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bedieninge

Omgeebediening : 

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening : 

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep : 

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak: 

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

DANKIE

Baie dankie aan elkeen vir julle gelukwensing en seën met baba Sion se geboorte. Ons is oorweldig deur almal se liefde en omgee!  Ons kry nie altyd sinvol tyd om op elke boodskap te reageer nie, maar ons sien dit raak en waardeer dit baie.

Liefde,

Charné, Ruan en Emma.

Bybelstudiegroepe 2025

Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke.

Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.

DAGTYDPLEKKONTAK-PERSOON(
Maandae16:30Lokaal 6Jan Richter072 231 7859
Maandag17:00(Wissel)Cornie Pieters082 499 0516
Dinsdag10:00Lokaal 6Gert Louw082 712 7929
Dinsdag10:00Tergniet/ReebokhoogteMarita Erasmus082 253 2876
Dinsdag10:00Reebokhoogte (Vroue groep)Marietjie Smit082 771 6034
Dinsdag10:00Reebok (Manne groep)Koos van Zyl082 200 9480
Dinsdag10:00Groenkloof Bibl. (GK Inwoners)Ds Danie Goosen044 620 2205
Dinsdag15:00ReebokhoogteWilna Lourens083 277 4999
Woensdag07:00Lokaal 6 (Manne groep)Jurie Vermeulen072 316 9562
Woensdag10:00Lokaal 6 (Vroue groep)Rumada J v Rensburg082 773 8996
Donderdag09:00Tergniet (Vroue groep)Carin van Ginkel067 173 1473

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Eurasië

Bid vir FEBA se bediening aan Moslembevolkings in Kirgisië, Kazakstan, Turkmenistan, Oesbekistan en Tadjikistan. Dié lande is tradisioneel en oorwegend Islamities, so daar is erge teenstand teen die evangelie, en diegene wat hulle na Christus keer, staar verwerping en mishandeling in die gesig deur hul families en gemeenskappe. Tog is baie op soek na die ware God.

Ons gebed vir die week: Bid dat God Sy kinders se geloof sal versterk gedurende moeilike tye en dat FEBA se uitsendings elke luisteraar tot ’n dieper begrip van God se Woord sal lei.

NEEM KENNIS:

Isabella Wolmarans wat ons gemeente so getrou dien by die deure elke Sondag en die tuine so pragtig onderhou gaan vir ‘n kort rukkie in New-Zealand kuier.  Ons wens haar alle sëen, vreugde en voorspoed toe met haar reis.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

9 Februarie 2025

  1. Erediensbediening:

Skakel na die YouTube Erediens van 9 Februarie 2025.

Getuienisbediening:

  1. Lynette se weeklikse nuusbrief, uit Madagaskar, is beskikbaar.

Bybelstudiereeks:

Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Mag ons die lewe geniet?”.

Gemeentenuus:

  1. ‘n Historiese oorsig van die NG Kerk Groot-Brakrivier is nou op die webwerf

beskikbaar.

b) Die blokkiesraaisel en woordsoek 20 is beskikbaar in voorportaal, by die kerkkantoor se hek en kan aanlyn gespeel word op die webwerf.

Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624

   Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  ‘ 044 620 2205

 e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za                     

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier