Mag jou woorde vandag lewe bring! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Woorde van lewe
Teks vir vandag: “‘n Gelowige se woorde is soos ‘n borrelende fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle op die regte pad.” Spr. 18:4 (Die Boodskap)
Jou woorde moet altyd regverdig, wys en vol insig wees (Ps 37:30).
Jou woorde moet soos vars water wees wat ander se dors les en hulle verfris.
Jou woorde as Christengelowige is ‘n bron van bemoediging en lei ander reg.
Sê vandag daardie woorde wat ander sal bemoedig, hoop gee, troos en op die regte pad lei.
Gebed
Liewe Vader, maak my woorde vandag soos ‘n fontein van lewe wat ander sal bemoedig en verkwik. In die Naam van Jesus Christus die Here.
Mag jy vandag getrou bly in beproewing! Hier is God se spesiale gedagte net vir jou:
Tema: Getoets maar getrou
Teks vir vandag: “Soos ‘n onderwyser jou kennis toets, so toets die Here ons ook. Hy wil vasstel hoe eg ons geloof in Hom is.” Spr. 17:3 (Die Boodskap)
God toets ons soos silwer deur vuur skoon gemaak word – toetse maak ons geloof opreg (Ps. 66:10; 1 Pet 1:5-8).
Moeilike tye is nie straf nie, maar God se manier om jou geloof te verfyn en sterker te maak.
Hoe jy reageer in beproewinge wys hoe eg jou geloof regtig is.
Bly vandag getrou, al is omstandighede moeilik – God gebruik dit om jou te suiwer en te versterk.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag getrou te bly in beproewinge en te vertrou dat U my verfyn soos silwer. In die Naam van Jesus Christus die Here.
Mag jy vandag God se genade ervaar! Hier is God se Woord vir vandag:
Tema: Liefde herstel verhoudings
Teks vir vandag: “Die Here verag arrogante mense wat op ander trap. Hulle sal sekerlik nog gestraf word. Liefde kan skewe verhoudings weer regmaak.” Spr. 16:5 (Die Boodskap)
Jy weet mos dat die Here barmhartig, genadig, lankmoedig en vol van goedertierenheid is (Ps. 103:8).
God haat hoogmoed, maar Sy liefde en genade kan selfs die slegste verhoudings herstel.
Waar daar liefde en vergifnis is, kan daar heling en herstel plaasvind.
Laat God se liefde deur jou na mense met wie jy gebreekte verhoudings het vloei.
Gebed
Liewe Vader, laat U liefde vandag deur my vloei om gebreekte verhoudings te herstel en ander te seën. In die Naam van Jesus Christus die Here.
Sondag 15 Februarie 2026 : Erediens om09:00 – Geen Kleuterkerk Wel Kategese Sondag 15 Februarie 2026 : Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal Dinsdag 17 Februarie 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge Woensdag 18 Februarie 2026 :Blok 6 (Avonddans) vind om 18:00 plaas by Dirk & Dorette Visser – Morgenster straat 43. Dirk Visser Woensdag 18 Februarie 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45. Sondag 22 Februarie 2026 : 09:00 Nagmaal. GEEN Kategese. Wolwedans Boodskap Sop en Brood: 25 Februarie en 11 & 25 Maart
GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
Kategese.
Spesiale offer vir Instandhoudingsfonds by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal. Gelei deur ds Charné Viljoen.
Woensdag 18 Februarie 2026 :
Aswoensdag.
Die Blokbyeenkoms van Blok 6 (Avonddans) vind om 18:00 plaas by Dirk & Dorette Visser – Morgenster straat 43. Dirk Visser – Kontak ons.
Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak ons. Alle belangstellendes welkom.
Sondag 22 Februarie 2026 :
Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
Nagmaal.
Eerste Lydensweek.
Biddag vir Trauma & Verlies.
GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
GEEN Kategese.
Spesiale offer vir Ondersteuningsbediening by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Leon Cronje (Nagmaal).
Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal. Gelei deur ds Leon Cronje.
Nuwe Lidmate 2026:
Gideon & Annelene Volschenk van Groot-Brakrivier: Blok 2 (Voorbrug)
Johan & Mari Diapaola van Bronkhorstspruit: Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek)
Leonie de Bruyn van Groot-Brakrivier: Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek)
Baie welkom by ons gemeente.
Blokindelings
Blok 1 Plaaasgedeeltes
Blok 2 Voorbrug
Blok 3 Mossienes tot Stasieweg
Blok 4 Langstraat-Bo & Pine Creek
Blok 5 Kiewietlaan
Blok 6 Avonddans
Blok 7 Onder-Bergsig
Blok 8 Groenkloof Groot-Brakrivier
Blok 9 Agter Polisiestasie
Blok 10 Bergsig – Bo
Blok 11 Sandhoogtepad
Blok 12 Eurekapark
Blok 13 Suiderkruis
Blok 14 Die Eiland
Blok 15 Dolphin Creek
Blok 16 Hersham
Blok 17 Pienaarstrand & Dwarswegstrand
Blok 18 Outeniquastrand-Onder
Blok 19 Outeniquastrand-Bo
Blok 20 Glentana tot George
Blok 21 St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate
Blok 22 Seester Tergniet
Blok 23 Groenkloof Reebok
Blok 24 Reebok Village
Blok 25 Seegenot tot Tergniethoogte
Blok 26 Tergniet-Oos
Blok 27 Tergniet-Wes
Blok 28 Rheebok Kusweg
Blok 29 Reebok-Oos
Blok 30 Reebok-Wes & Kleinbrak tot Danabaai
Verjaarsdae Week 8 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Bedieninge
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week.
Die oorblywende uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 25 Februarie en 11 & 25 Maart.
Ons vrieskaste is leeg. Ons benodig asseblief sop of droë bestandele vir ons volgende uitreik.
Resep– 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel ofGekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Omgeebediening :
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts.
Enige bydraes help om nood te verlig. Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters –Kontak ons..
Ondersteuningsbediening :
“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)
Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.
Vir meer inligting kontak:Riana Briers – Kontak ons. / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak ons.
Eiendomsbediening :
Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.
Eendomsbediening Dak herstelwerk NG Kerk Groot-Brakrivier
FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Malawi
FEBA Malawi was FEBA se eerste radiostasie in Afrika. Pastoor Amos Phiri lei hierdie radiobediening al sedert 1991 met ’n besonderse passie vir sy eie mense, die Yao. Hy het die weg gebaan vir die luisteraarklub-model en hy besoek steeds dorpe in Malawi en Tanzanië om die evangelie te verkondig, nuwe bekeerlinge te doop en dissipels op te lei.
Ons gebed vir die week: Bid vir God se seën oor pastoor Amos en die FEBA Malawi-span hierdie jaar. Vra dat die kerk in Malawi sal aanhou groei in geloof.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Nuut op 15 Februarie 2026
Erediensbediening: Die skakel na die YouTube Erediens van 15 Februarie 2026, deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
Getuienisbediening: Wolwedans se boodskap: “Die Liefde en vrug van die Gees” van 11 Feb 2026.
Bybelstudiereekse: a) Lydenstyd se begin met Aswoensdag toegelig met die Ikone reeks Visio Divinia. b) Februarie se ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag. c) Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Lof en Lojaliteit”
Gemeentenuus: Neem kennis van die Blokveranderings. Die aantal blokke het verander, asook die bloknommers. Daar woord onverpoos gewerk daaraan om die oorgang so pynloos moontlik te maak. Die inligting is beskikbaar onder die Nuusflitse vir die week 8-15 Februarie 2026.
Die weeklikse Afkondigings asook lief en leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) is ʼn maatskappy sonder winsoogmerk wat sedert 1820 die Bybel vertaal, publiseer en versprei in Suid-Afrika. Die missie van die BSA is om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
Die bogenoemde voltydse loopbaangeleentheid is tans beskikbaar by die BSA. Die Verhoudingsleier is verantwoordelik om die BSA se strategie in die spesifieke streek te dryf om te verseker dat volhoubare verhoudings gebou word met donateurs, kerkgenootskappe en Christelike organisasies in die streek. Die posbekleër sal in samewerking met alle kerkgenootskappe Bybelverspreiding in die streek fasiliteer. Daar word van die posbekleër verwag om innoverende fondsinsamelingsinisiatiewe te ontwikkel en daarby betrokke te wees, sodat die BSA effektief bemark word om ondersteuning en befondsing van sleuteldonateurs te verkry om die Bybel beskikbaar te stel. Die posbekleër sal ook verantwoordelik wees vir die bestuur en evaluering van die streek se personeel, asook vir die bestuur van streekkomitees. Die monitering en uitbreiding van die donateursbasis vorm ook deel van hierdie rol.
Vereistes:
Relevante teologiese kwalifikasie (verkieslik ʼn gelegitimeerde predikant van die NG Kerk)
Handhawing van die belydenis dat die Bybel die Woord van God is.
Ervaring Is besigheid sal voordelig wees
Begrip en kennis van kerklike omgewing en gemeenskap
Kennis en ervaring van fondsinsameling en bemarkingsmetodes
Bevoegdhede:
Sakevernuf
Ekumeniese ingesteldheid
Samewerkingsvaardighede
Verhoudingsbou
Sterk kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
Leierskap
Vermoë om met mense van verskillende agtergronde te werk
Kommersiële bewustheid
Hoë aanpasbaarheid
Vermoë om ander te motiveer
Vaardighede:
Fondsinsamelingsvaardighede
Openbare redevoering
Bemarkings- en verkoopsvaardighede
Interpersoonlike vaardighede
Onderhandelingsvaardighede
Beplannings- en organiseringsvaardighede
Aanbiedingsvaardighede
Vrywaring:
Deur vir hierdie posisie aansoek te doen en jou CV in te dien, bevestig jy dat jy jou persoonlike inligting vrywillig verskaf het en dat die inligting volledig, akkuraat en op datum is, in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 (POPIA).
Jy gee hiermee die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) toestemming om jou persoonlike inligting te verwerk vir die doel van werwing en keuring. Jy gee verder toestemming dat die BSA jou persoonlike inligting mag behou op sy databasis vir oorweging van toekomstige werksgeleenthede.
Aansoeke sluit op 9 Maart 2026
Indien jy teen 17 Maart 2026 niks van ons gehoor het nie, beskou asseblief jou aansoek as onsuksesvol.
Stuur aan hr.bssa@biblesociety.co.za
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste: Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00 Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese: Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00 Res van die jaar Sondae 09:00
“Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en van die Bose bewaar.”
2 Thes. 3: 320
Lojaliteit
Volgens ‘n anonieme aanhaling word lojalitet as volg beskryf ‘lojaliteit is getrouheid en ywer en entoesiasme. Dit is gewone ordentlikheid plus gesonde verstand’. Die woordeboek se sinonieme vir lojaliteit is ook getrouheid en toegewydheid. Dit is iets wat ons as mense soek in goeie vriende, familie en naby mense. Ons word dikwels teleurgestel! Want lojaliteit is nie iets wat mens dikwels raakloop hier op aarde nie. Tog weet ons dat daar enkele mense is wat wel lojaal en getrou is. Dit is daardie mense met wie jy jou lewe sal vertrou.
Die Bybel leer ons dat God in alle omstandighede getrou is, en dus lojaal aan ons as swak en sondige mens is! So lojaal dat Hy om ons te red, Sy unieke Seun gegee het om vir ons sonde te kom sterf, sodat ons die ewige lewe kan beleef.
Ons moet egter besef dat God ook van ons lojaliteit en getrouheid vra. Ons moet lojaal en toegewyd aan God lewe. Hy wat ons so lief gehad het dat Hy ons vir ewig naby Hom wil laat voortleef. Kan ons dit ooit negeer en nee dankie sê? Kan ons dislojaal teenoor hierdie Grootsheid staan?
God vra ook dat ons lojaal moet wees aan medegelowiges. Dit kan ons doen deur in liefde as ‘n eenheid te leef, soos wat Ef. 4 1-16 so mooi stel. Ons moet kan saam werk en saam leef, omdat ons almal unieke gawes ontvang het, en soos een liggaam met verskillende ledemate saam moet funksioneer. Laat ons mekaar dan ondersteun met lojaliteit en in liefde, soos Cristus van ons vra en Paulus ons dring om in die liefde en die waarheid te bly.
Teksverse:
“God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid met sy Seun, Jesus Christus, ons Here.” (1 Kor. 1: 920);
“Maar God is getrou – ons woorde aan julle is nie tegelyk “ja” en “nee” nie.” (2 Kor 1: 820);
“Teenoor getroue volgelinge tree U getrou op; teenoor iemand wat onberispelik is, tree U onberispelik op;…” (Ps. 18: 2620);
“Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggamsdele pas bymekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.” (Ef. 4: 15-1620);
“Wees goedgesing teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.” (Ef. 4: 3220)
Lof
Wanneer ons as mense lojaal is teenoor iemand, vind ons altyd iets goed om te sê oor ‘n ander. Hoeveel makliker moet dit nie dan vir ons wees om aan God lojaal en getrou te wees nie. Ons kan nie anders as om met lof van God te praat, en gevul te word met lofprysing oor die grootheid van God nie. Daar is geen ander God wat lofprysing waardig is nie. Ons God het die heelal geskep! Daar is elke dag rede om God te loof en te prys, wanneer ons Sy werke aanskou.
As God en die Heilige Gees ons lippe open, sal ons ook die Almagtige God kan loof soos die Psalmdigter so dikwels van geskryf het. Ons sal die lofuitinge nie kan keer nie. Laat ons elke dag bly wees in wat God vir ons in genade gegee het. Laat ons eensgesind wees, want dan sal ons ook uit een mond lof aan God kan gee.
Teksverse:
“My Heer, maak my lippe oop en my mond sal u lof verkondig.” (Ps. 51: 1720);
“…want U troue liefde is beter as die lewe. My lippe sal U roem; so sal ek U prys in my lewe; in u Naam sal ek my hande ophef.” (Ps. 63: 4-520);
“My mond is vol lof vir U, die hele dag lank vol van u heerlikheid.” (Ps. 71: 820);
“En mag God wat volharding en bemoediging bewerk, gee dat julle onder mekaar eensgesind sal wees, ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle eenparig, ja, uit een mond, aan God die Vader van ons Here Jesus Christus, die lof sal bring.” (Rom. 15: 5-620)
Mag jy vandag deur God se Gees gelei word! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Gelei deur God se Gees
Teks vir vandag: ‘n Kletskous praat maklik sy mond verby. Sy woorde bring hom tot ‘n val. ‘n Wyse is versigtig met sy woorde. Dit hou hom uit die moeilikheid.” Spr. 14:3 (Die Boodskap) – lees ook Spr. 12:18; 13:3; 15:1; Jan 3:2, 5-6
Die Heilige Gees lei jou om God se wil te doen – jy sal min probleme ervaar (Ps. 143:10).
God se Gees lei jou om die regte dinge op die regte tyd te sê, te dink en te doen.
Wanneer jy gehoorsaam aan die Heilige Gees is, beskerm Hy jou teen onverstandige keuses.
Luister vandag na die stem van God se Gees en volg Sy leiding in alles wat jy doen.
Gebed
Liewe Vader, laat U Gees my vandag lei in alles wat ek sê, dink en doen sodat ek uit die moeilikheid kan bly.
Mag jy vandag beheer oor jou woorde hê! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Beheer jou woorde
Teks vir vandag: “Hy wat sy mond kan hou, bly uit die moeilikheid. ‘n Kletskous praat maklik sy mond verby en beland in groot moeilikheid.” Spr. 13:3 (Die Boodskap) – lees ook Spr. 12:18; 13:3; 15:1; Jan 3:2, 5-6
Die Here wat alles weet, help jou om nie onnodig te praat nie (Ps. 141:3).
Die Here wat alles weet, help jou om versigtig te wees met wat jy sê (Ps. 141:3).
Baie van ons probleme ontstaan omdat ons te veel praat of op die verkeerde tyd praat.
Wysheid leer jou om jou woorde te weeg en te weet wanneer om stil te bly.
Oefen vandag selfbeheersing oor wat jy sê en dink voordat jy praat.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag my woorde te beheer en net te praat wanneer dit nodig en opbouend is.
Mag jy vandag in nederigheid groei! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Nederigheid bring wysheid
Teks vir vandag: “Mense wat dink hulle is beter as ander, word uiteindelik verneder. Mense wat nie so baie van hulleself dink nie, verstaan die kuns van die lewe.” Spr. 11:2 (Die Boodskap)
Die Here, die Almagtige God sien jou raak. Die Here die Almagtige God help jou (Ps. 138:6).
Hy hou baie daarvan as jy nie dink jy is beter as ander mense nie (Ps. 138:6).
Hoogmoed kom tot ‘n val – mense wat hulleself verhef, sal uiteindelik verneder word – al lyk dit nie nou so nie.
Nederige mense is oop om te leer en te groei, daarom word hulle wys.
Kies vandag om klein voor God en mense te wees, al het jy alreeds iets groots bereik.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag nederig te leef en nie baie van myself te dink nie, sodat U my kan gebruik.
Mag jy vandag God se voorsiening ervaar! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: God sorg vir Sy kinders
Teks vir vandag: “Die Here sorg vir Sy kinders. Hy gee kos vir die wat honger is. Die brandende begeertes van slegte mense word nooit waar nie.” Spr. 10:3 (Die Boodskap)
God belowe dat Hy altyd vir Sy kinders sal sorg – hulle is nooit alleen nie (Ps. 37:25).
God ken jou behoeftes en Hy sal daarvoor sorg – jy hoef nie bekommerd te wees nie.
Vertrou op God wat sorg, al lyk omstandighede ook al hoe onmoontlik.
Wees rustig. Hy sal vir jou sorg.
Hy maak die onmoontlike moontlik.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U elke dag vir my sorg en my behoeftes voorsien volgens U rykdom in heerlikheid.