Afkondigings 1 – 7 Februarie 2026

Sondag 1 Februarie 2026 :

  • Welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Jaco & Leandra Jonker (dogtertjie – Jolene).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Korintiërs 1:18-31.
  • Die tema van die prediking is: Die Boodskap van die Kruis.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Hartenbos Versorgingsoord by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 4 Februarie 2026 :

  • Klub 50 se eerste vergadering om 10:00 in kerksaal (slegs vir persone wat RSVP het).
  • Die blokbyeenkoms van Blok 3 (Mossienes tot Stasieweg) & Blok 4 (Langstraat-Bo) vind om 18:00 plaas in die sysaal by die kerk. Pieter van der Merwe – 082 920 2662.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes welkom.

Sondag 8 Februarie 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
  • Biddag vir Opvoeding & Onderwys.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal.
Alternatief kerk Ring van Mosselbaai & NGK Groot-Brakrivier
Alternatief kerk Ring van Mosselbaai & NGK Groot-Brakrivier

Nuwe Lidmate 2026:

Jaco, Leandra, Jamie & Jolene Jonker van Muldersdrif:
Blok 19 (Outeniqua-Bo)
Anthony & Zelda Bailey van Pretoria: Blok 30 (Reebok-Wes & Kleinbrak)
Baie welkom by ons gemeente.

Verjaarsdae Week 6 NGK Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 6 NGK Groot-Brakrivier

Sterftes 2026:

27 Januarie 2026 – Gert Engelbrecht – Blok 26 (Tergniet-Oos)

Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

“Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle” (Ps. 145:19 Afr83).

Mosselbaai Ring Noodfonds

Die Ring van Mosselbaai, waarvan NG Kerk Groot-Brakrivier deel is, het na afloop van die brande ‘n gebedsgeleentheid te Hartenbos gehou waar daar teen die brande gebid is sowel as vir die boere wie onder die droogte gebuk gaan. Tydens die byeenkoms is ‘n noodfonds bekend gemaak waarheen donasies betaal kan word vir hulpverlening aan die brandslagoffers en die gemeenskap.

Die totaal tot op hede ingevorder is naby aan R600 000.

Hierdie fondse word as volg aangewend:

  1. Om persone (17 gesinne) affekteer deur die brande vir die volgende 6 maande te help met basiese behoeftes.
  2. Om die landbou gemeenskap te ondersteun op verskeie maniere:
    a. Om die munisipaliteit te betaal om water op kern gebiede te gaan aflewer
    b. Om voer vir diere aan te koop
    c. Om voer vanuit die binneland hierheen te vervoer.

Daar is egter ‘n behoefte aan drinkbare water op baie plase in ons omgewing weens die feit dat die boorgate opdroog. Ons nooi graag enige persoon wie ‘n 5L water wil/kan skenk om dit hier by die kerk te kom aflewer. Indien u nie in kantoor ure dit kan kom afgee nie, is u welkom om dit by die Total De Dekke vulstasie te gaan afgee, waar ons dit weer sal gaan oplaai en verder sal versprei.

Nooi asseblief u vriende en familie om ons gemeenskap te ondersteun.

Bloedskenking

Die bloedskenking op 29 Januarie 2026 het rekord getalle bereik!!!
Daar is 105 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 111 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan
lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 30 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bedieninge

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die oorblywende uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 11 & 25 Februarie en 11 & 25 Maart.

Resep
100g sopmengsel,
100g rys,
100g lensies,
150g soja,
1 blokkie aftreksel,
1 pakkie sop.

Om gaar te maak roer

3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

U kan dit skenk in die volgende twee formate:

1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of

2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsbediening :

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)

Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames. Want dit is God se hart vir die wees en die weerloses. En as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers – Kontak ons / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak ons.

NEEM KENNIS: Die Valentynsdag Ontbyt is ongelukkig reeds vol bespreek.

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak ons
Caritas Pastorale Narratiewe Terapie NGK Groot-Brakrivier
Caritas Pastorale Narratiewe Terapie NGK Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA in Sentraal-Asië

In lande soos Oezbekistan en Tajikistan is evangelisasie so gevaarlik dat FEBA se omroepers hul identiteite geheim moet hou. In Kirgisië kommunikeer luisteraars heimlik met FEBA-spanlede, uit vrees dat hul families hulle sal seermaak of verwerp as die boodskappe ontdek word. Reg oor Sentraal-Asië word die evangelie met beide honger en weerstand begroet.

Ons gebed vir die week: Bid vir Rudi en Victor, wat FEBA se bediening in Sentraal-Asië bestuur, en vir die spanne – dat hulle krag sal ontvang om te volhard in geloof, hoop en liefde.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 1 Februarie 2026

  1. Erediensbediening:
    Die skakel na die YouTube Erediens van 1 Februarie 2026, deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
  2. Getuienisbediening:
    • a) Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar is beskikbaar.
    • b) Daar is ‘n nuusbrief van Missie Japan vir kennisname.
  3. Bybelstudiereekse:
    • a) Die 2026 ‘Skep asem vir vandag’, ‘n goeie begin vir elke dag.
    • b) Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Die Drie-eenheid”
  4. Gemeentenuus:
    • Die Blokkiesraaisel en Woordsoek vir Februarie is beskikbaar op die webtuiste.
    • Die weeklikse Afkondigings en
    • lief en leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje

Kassiere:
Alfreda Stander

Skriba:
Carmi Kriel

Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532

e-posKontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier