FEBA Konferensie in Korea, 2024

FEBA, wat deur NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeente ondersteun word, se internasionale bestuur het die afgelope week vergader op die tropiese en skilderagtige Daebu Eiland, vanwaar een van hulle groot mediumgolf stasies die hele Asië dek. Menige mense word bereik in dosyne verskillende tale. Die kleurvolle geleentheid is ook gedek deur die Koreaanse televisie.

Die was ‘n geseënde geleentheid met die feestelike optrede van Christene wat baie melodieus hulle Christenskap uitleef. Ook die FEBA kinderkoor van Korea, wat optree tydens fondsinsamelings funksies optree, het dit ‘n luisterryke geleentheid gemaak. Die Konferensie is baie goed bygewoon.

Lees meer “FEBA Konferensie in Korea, 2024”

FEBA Kazakstan skep ‘n digitale golf wat mense transformeer!

Argen, 21, is ’n universiteitstudent van Almaty en die jongste van drie kinders wie se ouers geskei is. “My ma het haar bes gedoen om ons groot te maak terwyl my pa heeltemal uit die prentjie was,” skryf Argen. “Ons het nie altyd geld gehad vir goed soos verjaardaggeskenke of vakansies, soos ander kinders by ons skool nie. Ek probeer nie hier kla nie, aangesien daardie uitdagende tye ons baie geleer het… In jul uitsendings praat julle daarvan om aan diegene wat in nood verkeer, te gee, en ek identifiseer baie hiermee. Ek voel God seën my en nou is ek mal daaroor om verjaardaggeskenke aan minder bevoorregte kinders te gee.”

FEBA Kazakstan se pad was tot nou toe nie maklik nie. Buiten die uitdaging van evangelisasie in ’n  hoofsaaklik Moslemland, het hulle ook te kampe met ’n dralende anti-godsdienstige sentiment onder ouer mense… ’n oorblyfsel van Kazakstan se jare as deel van die Sowjet-Unie. Amptelik erken die Kazak-regering godsdiensvryheid, maar tog stipuleer die 2011 Godsdienswet onder meer die volgende: … Lees die res van die artikel hier

Lees meer “FEBA Kazakstan skep ‘n digitale golf wat mense transformeer!”

Radio FEBA e-gebedsfokus Junie 2023

Donderdag 1 Junie: Kiëf ervaar die afgelope tyd swaar bombardering. Die geweld eis daagliks lewens, insluitende sommige van FEBA Oekraïne-personeel se familielede. Baie aanbieders is tans in die buiteland ter wille van veiligheid, wat ‘n groter werkslas op die huidige span laai. Bid asseblief dat God vir FEBA Oekraïne en hul luisteraars krag, moed, troos en hoop sal gee.

Lees meer “Radio FEBA e-gebedsfokus Junie 2023”

Radio FEBA gebedsgids vir Januarie 2023

FEBA Gebedsfocus

Sondag 1 Januarie: Bid dat FEBC Taiwan se nuwe kinder- en jeugprogramme, “Fun After School” en “Bible Unboxing”, kinders na Jesus toe sal lei.
Maandag 2 Januarie: Wetgewing in Japan verbied enige godsdienstige organisasie om uitsaaitorings te besit. FEBC Japan, die enigste Christelike uitsaaier in die land, saai uit vanaf Jeju Eiland in Suid-Korea. Bid asseblief dat FEBC Japan se programme nog baie verder sal reik.

Lees meer “Radio FEBA gebedsgids vir Januarie 2023”

FEBA Radio: Bid saam met ons vir die onbereikte wereld.

FEBC INDONESIË

Saterdag & Sondag 1-2 Oktober: Yaski FM in Indonesië het ‘n nuwe program op die lug, “Yaski Care for Covid-19”. Die program reik uit na luisteraars in Tangerang en die omliggende gebiede wat deurgeloop het onder Covid-19. Hulle deel ook kos- en vitamienpakkies uit. Bid dat dié program baie gesinne sal baat.

Lees meer “FEBA Radio: Bid saam met ons vir die onbereikte wereld.”