Radio Feba – E-Gebedsgids vir September 2022

  • E-gebedsgids vir September 2022
September 2022 
“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”

MATTEUS 7:12
KAMBODJA FILIPPYNE MALAWI
KAMBODJA
 
Donderdag 1 September: Prys God vir ‘n plaaslike vennoot wat by ons span in Kambodja kan aansluit om Christelike inhoud vir hul regstreekse uitsaaiprogram te vervaardig.

Vrydag 2 September: Bid asseblief vir die suksesvolle beplanning van die “Voice of Love” radio se begroting vir 2023. Mag die wysheid van God hulle lei in hul besluitneming.

Saterdag & Sondag 3 -4 September: Bid asseblief vir die verwerking van die dokument wat nodig is vir die antenna-konstruksiepermit van die regering om goed voort te gaan.
 
FILIPPYNE
 
Maandag 5 September: Prys die Here dat die span in die Filippyne veilig in Cagayan de Oro aangekom het om te help om die antenna van een van hulle stasies reg te maak.
 
Dinsdag 6 September: Bid asseblief vir goeie weer, die veiligheid van werkers, en dat die herstelwerk suksesvol afgehandel sal word. Bid ook vir hul veilige reis terug huis toe.
 
Woensdag 7 September: Bid asseblief vir die verkryging van ‘n nuwe 50-kilowatt-sender vir 702 DZAS se stasie.
 
Donderdag 8 September: Bid asseblief vir die personeelbehoeftes by FEBC Filippyne. Mag die Here mense met die regte vaardighede stuur om die vakatures te vul.
 
Vrydag 9 September: Prys God vir al die nuwe skole wat tussen 2021 en 2022 by die Change Can Change-veldtog aangesluit het. Mag die Here die studente en hul gesinne seën terwyl hulle die bediening ondersteun.
 
Saterdag & Sondag 10 – 11 September: Mag die Here voortgaan om al FEBC se ondersteuners in die Filippyne te seën. Mag God ook die bediening in staat stel om sterk vennootskappe met meer eendersdenkende organisasies en kerke te handhaaf.
 
 
FEBA MALAWI
 
Maandag 12 September: Prys God vir diegene wat deur die bediening van FEBA Malawi tot bekering gekom het. Mag die uitsendings hulle aanhou bemoedig.
 
Dinsdag 13 September: Prys God vir die nuwe menger vir die ateljee wat uit Suid-Afrika aangekom het. Bid dat God die span sal help om die toerusting in stand te hou.
 
Woensdag 14 September: Prys die Here dat die sender wat foutief was, nou herstel en in werking is. God het ook voorsiening gemaak vir opnemers, oorfone, mikrofone en skootrekenaars.
 
Donderdag, 15 September: Malawi ondervind tans ‘n ekonomiese krisis en ons stasie Litala FM voel die impak. Bid vir God se voorsiening vir die buitensporige huurkoste van die ateljee.
 
Vrydag, 16 September: Bid asseblief vir God se voorsiening van vervoer om ons verslaggewers en aanbieders na-en-van die ateljee te vervoer, aangesien die koste van vervoer onbekostigbaar is.
 
Saterdag & Sondag 17 – 18 September: Bid vir die oes van gelowiges wat elke dag na Christus toe kom deur FEBA Malawi se bediening. Mag hulle elke dag nader aan God groei en Sy goedheid aanskou.
 
FEBA INDIË
 
Maandag 19 September: Bid vir die “Eerste Reaksie” radio-opleiding in die Noorde van Indië sodat nuwe en jonger lede by die span sal aansluit wat tydens rampe ontplooi kan word.
 
Dinsdag 20 September: Baie luisteraars gaan steeds deur ‘n ernstige finansiële krisis in die nasleep van Covid. Bid asseblief vir ‘n deurbraak in hulle lewens.
 
Woensdag 21 September: Bid vir ons vrywilligers en vennote wat plaaslike radioprogramme vervaardig vir uitsending in Indië. Bid dat God hulle sal help om kreatiewe en relevante programme te vervaardig.
 
Donderdag 22 September: Bid asseblief vir die gesondheid en veiligheid van spanlede terwyl hulle na verskillende plekke reis om luisteraars te ontmoet.
 
Vrydag 23 September: Bid asseblief vir die spanlede se kinders – baie van hulle soek toelating tot universiteite.
 
Saterdag & Sondag 24 – 25 September: Bid vir die werkswinkels wat gehou word om kreatiewe inhoud vir programme in verskillende tale te produseer. Mag die Heilige Gees kreatiwiteit by elke deelnemer inspireer.
 
INDONESIË
 
Maandag 26 September: Bid dat FEBC Indonesië se rampreaksie-opleiding deelnemers sal oplewer wat vaardig is in die gebruik van aanlyn-radio om mense tydens ‘n ramp te help.
 
Dinsdag 27 September: Bid asseblief vir die vervanging van ‘n verouderde sender vir een van Indonesië se plaaslike stasies. Dit is hoofsaaklik ‘n Moslemstad.
 
Woensdag 28 September: Bid asseblief vir geestelik volwasse, etniese omroepers om programme te skep en dissipelskapopvolging aan luisteraars te verskaf.
 
Donderdag 29 September: Bid dat elke program wat deur die “Heartline Network” vanaf ons stasies uitgesaai word, ‘n bemoediging vir baie sal wees en meer siele na God sal bring.
 
Vrydag 30 September: Bid vir Vania wat in die sendingafdeling by FEBC Indonesië werk. Sy ontvang terapie vir erge pyn in haar heupbeen en is tans besig om te herstel.      Skenk nou via ons webblad
Website