Vandag – Sondag 13 Augustus 2023 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Genesis 37.
Die tema van die prediking is: Is ons drome verlore?
• Dag van verootmoediging.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Gemeenteontwikkeling by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Dinsdag 15 Augustus 2023 :
• Die Bestuurspan vergader om 17:30 in lokaal 6 onder die voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 16 Augustus 2023 :
• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 20 Augustus 2023 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Solidariteit Helpende Hand Mosselbaai by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.
- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Augustus 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 16 Aug en 6 & 20 Sep. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.
• Ons is dringend opsoek na ‘n woning om te huur (maksimum R7 000 pm) vir ‘n gesin van 4 (kinders 7 en 12) wat hul werk tydens covid verloor het en nou werk in Groot-Brakrivier gekry het. Indien enige een dalk kan help kontak asb vir Cassie Erasmus by 064 759 9212.
• Michele Potgieter van die Oekraïne besoek ons gemeente op Dinsdag 15 Augustus 2023 om 16:00. Die preek en haar getuienis gaan dan opgeneem word en enige een is welkom om dit by te woon.
• BAIE DANKIE vir die naaimasjien wat geskenk is! Die ontvanger was oorstelp van vreugde oor die groot geskenk en is baie dankbaar.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Omgeebediening :
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Hartenbos Bejaardesorgdiens
Hartenbos Bejaardesorgdiens beplan ’n fondsinsameling dmv pekanneute.
Ons wil graag weet of enige iemand ons kan voorsien van ongedopte pekanneute teen ‘n billike prys of indien u van iemand weet wat ons sal kan voorsien daarvan.
Skakel Johan Jacobs by: 044 695 2386/044 604 6803
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oekraïne
Vier van FEBA Oekraïne se span dien tans in die weermag – twee as kapelane en twee as soldate. Mag hierdie vier lede van ons FEBA-familie ‘n kragtige impak hê op dié wat hulle ontmoet, dat hulle beide vriende en teenstanders na Christus toe sal lei.
Ons gebed vir die week: Bid dat die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne tot ‘n einde sal kom. Bid dat die Here ons vier spanlede veilig aan hul gesinne sal terugbesorg, en dat Hy mense sal bewaar teen die toenemende geweld.
Versoek – Hondekos
Daar is ‘n groot behoefte aan hondekos in ons gemeenskap. Indien dit op u hart gelê word, wil ons u versoek om asb droë hondekos te skenk.
U kan dit by die deure in die ingangsportaal van die kerk los met eredienstye of by die kerksaal kom afgee gedurende kantoorure.
Kontak Linda – 082 899 0643
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
13 Augustus 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 13 Augustus 2023.
- Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Geloofsekerheid.”
- Getuienisbediening:
a) Nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
- Gemeente nuus:
a) Die Algemene Sinode versoek dat elke Gemeente ‘n dag van verootmoediging op Sondag 13 Augustus 2023 sal hou.
b) FAMSA bied ‘n basiese beradings kursus aan in Augustus.
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314