Prediker: Dr. Gerrie van Deventer
Skriflesing:
Rut 2
Tema: Waarom is u so goed vir my?
Datum: 4 Augustus 2024
Lees meer “Erediens: Waarom is u so goed vir my? Dr. Gerrie van Deventer. 4 Augustus 2024. Rut 2. NG Kerk Groot-Brakrivier”Prediker: Dr. Gerrie van Deventer
Skriflesing:
Rut 2
Tema: Waarom is u so goed vir my?
Datum: 4 Augustus 2024
Lees meer “Erediens: Waarom is u so goed vir my? Dr. Gerrie van Deventer. 4 Augustus 2024. Rut 2. NG Kerk Groot-Brakrivier”Verjaarsdae:

Sondag 4 Augustus 2024 : Erediens 10:00 Dr. Gerrie van Deventer. Kategese 10:00
Woensdag 7 Augustus 2024 : • Klub 50 – Noot vir Noot
Kooroefening by die orrel om 17:00
Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6
Vrydag 9 Augustus 2024 : • Nasionale Vrouedag – Kerkkantoor gesluit.
Sondag 11 Augustus 2024 : Missie Japan besoek ons gemeente. Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood : 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September
Sondag 4 Augustus 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Rut 2.
Die tema van die prediking is: Hoekom is u so goed vir my?
• Kategese.
• GEEN Nagmaal – Nagmaal was bedien gedurende Getuienisnaweek.
• Spesiale offer vir Plaaslike Bejaardesorg by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof Nagmaal – Ds Danie Goosen.
Woensdag 7 Augustus 2024 :
• Klub 50 – Noot vir Noot in die kerksaal om 10:00.
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Vrydag 9 Augustus 2024 :
• Nasionale Vrouedag – Kerkkantoor gesluit.
Sondag 11 Augustus 2024 :
• Missie Japan besoek ons gemeente.
• Kategese.
• Sinodale offer vir Nuwegeloofsgemeenskap ontwikkeling (NGGO)by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof Prediker: Ds Charné Viljoen.


Bybelblokraaie :
Bybelblokraai 9 & 10 is beskikbaar in die voorportaal asook by die traliehek van die kerkkantoor.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Augustus 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
Kaapkerk – Nuus:
Adrian Swart – “Hy het dit gemaak – ten spyte van ons!”
Lees die storie hier:
https://kaapkerk.co.za/adrian-swart-hy-het-dit-gemaak-ten-spyte-van-ons/

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
4 Augustus 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 4 Augustus 2024.
2. Getuienisbediening:
a) Missie Japan se besoeke aan Suid-Afrika. Onthou hul besoek ons op 11 Augustus.
b) Die video reeks van die Getuienisnaweek 2024 is beskikbaar per skakel op die
webwerf.
c) Michelle gee vir ons terugvoer oor hul sendingaksies in Oekraïne.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


Woensdag 31 Julie 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00
Vrydag 2 Augustus 2024 : • Magda Louw vertoning om 19:00 in die kerksaal
Sondag 4 Augustus 2024 : • Prediker – Ds Gerrie van Deventer. • Aktief Kerk Wees om 08:30
7 Augustus 10:00 Noot vir Noot – Klub 50
Wolwedans boodskap, sop en brood: 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September
Verjaarsdae:

Sondag 28 Julie 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Ds Danie Goosen & Nadia Marais (seuntjie – Theo Goosen).
• Predikers – Ds Danie Goosen & Dr Nadia Marais.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 4:1-30.
Die tema van die prediking is: Ken jy jou?
• Kategese.
• Sinodale offer vir Gemeentebediening by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 31 Julie 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Vrydag 2 Augustus 2024 :
• Magda Louw vertoning om 19:00 in die kerksaal.

Sondag 4 Augustus 2024 :
• Prediker – Ds Gerrie van Deventer. • Aktief Kerk Wees om 08:30. • Kategese. • Spesiale offer vir Plaaslike Bejaardesorg by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. • Groenkloof Nagmaal: Ds Danie Goosen.


Bybelblokraaie :
Bybelblokraai 7 & 8 se antwoorde is beskikbaar in die voorportaal asook by die traliehek van die kerkkantoor.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Augustus 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
28 Julie 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 28 Julie 2024.
2. Getuienisbediening:
a) Die weeklikse nuusbrief van Madagaskar is beskikbaar.
b) Die video reeks van die Getuienisnaweek 2024 is beskikbaar per skakel op die
webwerf.
c) ‘n Gees-gevulde Getuienisnaweek oorsig en fotocollage is beskikbaar op die
webwerf.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Vreugde en Vrede…”
4. Gemeente Nuus:
Die Gebedsgids vir Augustus is beskikbaar.
5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Liewe Vriende en Familie
Ek wil net begin om uit my hart dankie te se. Dankie vir elkeen wat die gebedsbriewe lees en saam bid. Dankie dat julle saam op julle knieë gaan en intree vir die mense van Oekraine, vir Suid-Oekraine en vir Lig vir die Wêreld gemeente hier in Suid-Oekraine. Dankie dat julle ook vir my en my kinders en familie bid. Ek weet en ek glo dat die vurige gebed van ‘n gelowige groot krag het! Die Here is getrou en elke gebed hoor Hy. Hy is vir ons. Hy is so goeie Vader en weet wat ons nodig het nog voordat ons dit vra! Ek is so dankbaar vir elkeen wat op hierdie gebedsgroep is en saam bid, saam leef en omgee. Dankie vir elkeen wat ‘n bydrae maak om die koninkryk van die Here hier in Oekraine te versprei, maak nie saak wat of hoeveel dit is nie, ek waardeer dit oneindig baie! Ons leef in geloof en ek weet dat elke goeie gawe uit Vader se hand kom. Ek kan net getuig oor Sy goedheid. Hoe Hy werklik sorg en voorsien. Dankie vir elke boodskap, skif en brief. Die Here bevestig so baie keer vir my goed deur julle boodskappe, soms is daar soveel troos en word ek so versterk deur julle.
Lees meer “Sendingnuus: Oekraine”Beste Ondersteuner Oos, Wes, Tuis Bes!?In hierdie nuusflits deel ek oor enkele gebeure, wat wás en wat kóm, uit ons besoek aan Suid-Afrika. Ons het net mooi twee maande gelede veilig in Kaapstad aangekom ná ‘n betekenisvolle werks- en studietyd in Skotland en Oxford (by OCMS). Danksy die oop hande en harte van familie en vriende, was die landing sag, en kon ons in Stilbaai afsaal en tot verhaal kom met vars waardering vir ons tuisland!
Lees meer “Sendingnuus: Missie Japan – Halfpad-merk”GEBEDSGIDSAUGUSTUS 2024
Donderdag, 1 Augustus – Vrouemaand
Hierdie maand is die fokus op die welstand van vroue in ons samelewing. Ons bid dat vroue nie net in hierdie maand , maar deur die jaar met respek en liefde behandel sal word.
Vrydag, 2 Augustus – Radio Feba
Lees meer “Gebedsgids – Augustus 2024 NG Kerk Groot-Brakrivier”“Kyk hoe groei die lelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. 28 As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges!“)
Luk 12: 27-28
Die mens se Achilles heel, van die vroegste tye af, was hul oorskatting van eie belangrikheid. Daardie gedagte dat jy onmisbaar is, dat niemand anders kan doen wat jy doen nie. Die oomblik dat mens roem en bekendheid verwerf, begin jy glo dat dit jou toekom. Dat dit al jou harde werk is; dat dit jou hoë intelligensie is; dat dit jy is wat maak dat jy goed is in elke ding wat jy regkry met sukses; dat jou vermoë uit jouself kom. Dit is hierdie persepsie van mense wat hulle telkemale tot ‘n val laat kom, want hoogmoed sal val, waarsku die Bybel ons, dikwels (“Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val. Liewer eenvoud saam met nederiges as om saam met hoogmoediges van roof te lewe.” (Spr. 16: 18-19); “Hoogmoed bring ‘n mens tot ‘n val; nederigheid bring eer.” (Spr. 29: 23)).
Lees meer “Stof tot nadenke: Die Achilles heel van die mens…”We have been so busy the last couple of weeks. School starts on the 5th of September and the teachers will return on Monday. Work at school never really stopped during the holiday. The two new floors look amazing and when Euphrasie saw it for the first time, she commented that the classrooms appeared bigger in size. The new grade 5 classroom is way behind schedule as we wanted to use traditional material for the floor and there was none available. So we have to go the proper foundation route which is probably better, but takes more time and is way more expensive. There are many other projects that have to be completed before the rainy season in December. All of them to keep the water at bay.
Lees meer “Madagaskar: Lynette se weeklikse nuusflits: Die WEEK – 20/08/2023”Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike boerebasaar op die kerkgronde.
Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop.
Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels in die kerksaal.
Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid en kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag.
“Hy (Jesus) sê vir hulle; “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense maak! Hulle het onmiddelik hulle nette gelos en Hom gevolg.”
Matt. 4:19-20
Die opdrag van Jesus Christus aan sy eerste dissipels laat mens verbaas. Wie van ons sal alles waarmee ons besig is net so laat staan en agter Christus aanstap. En tog is dit die opdrag. Los alles agter waarmee jy jou dag vul, en volg my. Mens dink so dikwels dat dit beteken dat elkeen van ons nou ‘n prediker moet word, of ‘n sendeling of aktief die woord moet verkondig. Dit het egter ‘n hele paar jaar vir hierdie dissipels geneem, en dikwels sonder begrip, waarheen Christus met hulle oppad was. Dit was eers by die uitstorting van die Heilige Gees (Hand. 2) waar hulle duidelik en met oortuiging Christus se lewe begin verkondig en navolg het.
Lees meer “Stof tot nadenke: Vissers van mense”Prediker: Dr. Nadia Marais
Tema: Stenig Haar!
Skriflesing: Johannes 8: 1-11
Lees meer “Erediens 27 Augustus 2023 – Dr. Nadia Marais. Stenig Haar! NG Kerk Groot-Brakrivier”Woensdag 30 Augustus 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel.
Sondag 3 September 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • Nasionale Biddag vir Dowes. • Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 6 & 20 Sep
Vandag – Sondag 27 Augustus 2023 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Nadia Marais wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 8: 1-11.
Die tema van die prediking is: Stenig haar!
• Bybelsondag.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Bybelgenootskap by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Ons familie in Pakistan is in pyn gedompel na die geweld van bende-aanvalle op minstens 20 kerke en 93 huise wat aan Christene behoort.
Sondag, 20 Augustus, het groepe Christene in Jaranwala, Pakistan, buite bymekaargekom vir hul kerkdiens. In plaas daarvan om in banke of op stoele te sit, het hulle langs gebrande mure gesit. In stede van aanbidding in ʼn kerk met sierglas vensters en pragtige argitektuur, het hulle bymekaar gekom tussen gebreekte glas en hope rommel. En in stede daarvan om terug te keer huis toe vir ʼn familie-ete, kon talle gelowiges nie huis toe gaan nie – hulle huise lê in puin.