Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 10 Augustus 2026 – God se hand op jou

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

10 Augustus

Liewe Vriend

Selfs as jy God se hand swaar op jou voel, is dit ’n hand van liefde wat jou nader trek.  Hier is God se Woord net vir jou.

Tema:  God se hand op jou

Teks:  “Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte.”  (Ps. 32:3-4)

  • Selfs swaarkry kan goed wees vir jou — daardeur leer jy God beter ken en groei jy nader aan Hom.  (Ps. 119:71)
  • As jou krag opdroog soos water in die somer, is dit dikwels God wat jou aandag vra. Dit is asof Hy aan die deur van jou hart klop.
  • Sy hand druk nie om jou seer te maak nie, maar om jou te keer voor jy verder verdwaal.
  • Reageer vandag op Sy stem — hoe gouer jy omdraai, hoe gouer kom die vrede terug.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my genoeg liefhet om my te keer as ek verkeerd loop.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 Augustus 2026 – Moenie stilbly nie

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

9 Augustus

Liewe Vriend

Wat jy wegsteek, word swaar — maar wat jy voor God oopmaak, word lig.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Moenie stilbly nie

Teks:  “Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte.”  (Ps. 32:3-4)

  • Vra die Here om diep in jou hart te kyk en jou op die regte pad te lei — Hy ken in elk geval al jou gedagtes.  (Ps. 139:23-24)
  • Om oor sonde stil te bly, breek jou af — dit vreet aan jou vrede, jou blydskap en selfs jou gesondheid.
  • God wil jou nie platslaan nie — Hy wil jou terugbring na Hom toe.
  • Die Here God wil jou ‘n vol lewe gee – vol van geluk en vreugde.
  • Maak vandag oop wat jy dalk lankal wegsteek — by God is dit veilig.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek met alles na U toe kan kom — help my om niks weg te steek nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Afkondigings 9 – 16 Augustus 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 9 Augustus 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Efesiërs 2:1-10.

Die tema van die prediking is:Die gawe van genade.

  • Vrouedag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Magdalenahuis by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Geen.

Maandag 10 Augustus 2026 :

  • Publieke vakansiedag – kerkkantoor gesluit.

Woensdag 12 Augustus 2026 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom.

Marida – 082 471 0751.

  • 18:00 Blokbyeenkoms:Blok 2 (Voorbrug), Blok 3 (Mossienes tot Stasieweg) & Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek) – gelei deur ds Charné Viljoen by die kerksaal. Pieter van der Merwe 082 920 2662.
  • 18:00 Blokbyeenkoms:Blok 11 (Sandhoogtepad) – gelei deur ds Leon Cronje by Vic & Stienie Grobler, Sandhoogtepad 27A (die eerste oprit links na die aftree-oord). Ds Leon Cronje 082 825 5957.

Sondag 16 Augustus 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Omgeebediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

Dankie van Magdalenahuis

Dankie van Magdalenahuis NG Kerk Groot-Brakrivier
Dankie van Magdalenahuis NG Kerk Groot-Brakrivier

Nuwe Lidmate 2026:

Irene van Niekerk van Witbank: Blok 8D (Groenkloof)

Vissie & Marie Visser van Witbank: Blok 13 (Suiderkruis)

Baie welkom by ons gemeente.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 33 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 33 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sterftes 2026:

26 Julie – Johan Davel: Blok 08C.

Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

In die voorportaal is nuwe lidmaat vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Caritas care – Huwelikseminaar Dr Andre Botha

Caritas care - Huwelikseminaar Dr Andre Botha NG Kerk Groot-Brakrivier
Caritas care – Huwelikseminaar Dr Andre Botha NG Kerk Groot-Brakrivier

Bybelstudie

Bybelstudie NG Kerk Groot-Brakrivier
Bybelstudie NG Kerk Groot-Brakrivier

Reunie – Frank Opperman

Reunie Frank Opperman 22 Aug 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Reunie Frank Opperman 22 Aug 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Bedieninge

Omgeebediening

Omgeebedieining NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebedieining NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbediening

Ondersteuningsbedieing - Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbedieing – Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier

“Julle skoonheid moet veral innerlik wees: blywende beskeidenheid en ’n gemoed wat kalm en rustig is. Dit is vir God kosbaar” (1 Pet. 3:4 Afr20).

Eiendomsbediening – Parkering

Eiendomsbediening - Parkering NG Kerk Groot-Brakrivier
Eiendomsbediening – Parkering NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal

Hoewel mans en vroue baie ervarings deel, is daar sommige uitdagings wat net ander vroue kan verstaan. Dit is waarom die Skrif vroue aanspoor om mekaar te leer (Titus

2:3-5), en dis ook waarom FEBA vroueprogramme uitsaai wat handel oor die unieke ervaring van vroue in families, vriendskappe, die huwelik, moederskap en die werkplek. Programme word deur vroue vervaardig wat in dieselfde gemeenskappe as hul luisteraars woon en daarom begrip het vir hul omstandighede.

Ons gebed vir die week: Bid dat vroue deur FEBA se programme aangemoedig sal word om hul lewens in God se Woord te anker.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 9 Augustus 2026

  1.    Erediensbediening:

Kry die skakel na die YouTube Erediens van 9 Augustus 2026, deur ds Charné Viljoen.

  • Bybelstudiereekse:

‘Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike oomblik vir elke dag.

  • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Nuusflitse Week 33+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 9 Augustus 2026 : Erediens om 10:00 GEEN Kleuterkerk en GEEN Kategese
Sondag 9 Augustus 2026 : GEEN Leefkerk nie
Woensdag 12 Augustus 2026 – Kooroefening 16:45.
Woensdag 12 Augustus 2026 – Blokbyeenkoms: 18:00 Blok 2 (Voorbrug), Blok 3 (Mossienes tot Stasieweg) & Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek) – gelei deur ds Charné Viljoen by die kerksaal
Woensdag 12 Augustus 2026 – Blokbyeenkoms:18:00:Blok 11 (Sandhoogtepad) – gelei deur ds Leon Cronje by Vic & Stienie Grobler, Sandhoogtepad 27A
Sondag 18 Augustus 2026 : Erediens om 10:00 Kleuterkerk en Kategese 10:00.
22 Augustus 2026 – Frank Opperman 19:00


Lees die volledige afkondigings hier:

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 8 Augustus 2026 – Leef eerlik voor God

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

8 Augustus

Liewe Vriend

’n Skoon gewete is een van die beste geskenke wat jy kan hê.  Ontvang vandag God se Woord net vir jou.

Tema:  Leef eerlik voor God

Teks:  “Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie.”  (Ps. 32:2)

  • God kan jou hart skoonmaak en jou binnekant nuut maak — vra Hom, en Hy doen dit.  (Ps. 51:12)
  • Geen valsheid nie — dit beteken jy is eg en eerlik voor God en voor mense.
  • Jy hoef niks vir God weg te steek nie; Hy ken jou klaar deur en deur, en Hy het jou steeds lief.
  • Kies vandag om eerlik te wees in die klein goedjies — dit bou ’n karakter wat God kan gebruik.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my foute nie teen my hou nie — maak my hart skoon en eg.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Augustus 2026 – Vergifnis maak jou vry

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

7 Augustus

Liewe Vriend

Min dinge voel so lig soos ’n hart wat weet sy sonde is vergewe.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Vergifnis maak jou vry

Teks:  “Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word.”  (Ps. 32:1)

  • By die Here kry jy vergifnis — daarom kan jy Hom met blydskap dien.  (Ps. 130:4)
  • Dit gaan goed met die mens wie se sonde vergewe is — vergifnis is waar ware vryheid begin. Dit is wat Jesus vir ons hier op aarde kom doen het.
  • Moenie ou skuld ronddra wat God klaar vergewe het nie — los dit by die kruis.
  • Vergewe ander soos God jou vergewe het — dit maak jou eie hart ook vry.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my sonde vergewe en my hart lig maak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 Augustus 2026 – God is só goed

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

6 Augustus

Liewe Vriend

Maak vandag jou oë oop vir al die goeie dinge wat God rondom jou sit.  Hier is ’n Bybelse gedagte net vir jou vir vandag.

Tema:  God is só goed

Teks:  “Hoe groot is U goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil.”  (Ps. 31:20)

  • Die Here is goed en Hy vergewe graag — sy liefde is groot vir almal wat Hom aanroep.  (Ps. 86:5)
  • Sy goedheid is altyd daar vir dié wat Hom dien — dit raak nooit op nie.
  • God wys sy goedheid waar ander dit kan sien — jou lewe kan vandag daarvan vertel.
  • Tel vanaand jou seëninge een vir een — dit verander ’n moeë hart in ’n dankbare een.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir U goedheid wat elke dag oor my lewe uitspoel.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Augustus 2026 – God se liefde faal nooit

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

5 Augustus

Liewe Vriend

Daar is ’n liefde wat jou nooit sal los nie en nooit vir jou moeg word nie.  Die volgende geestelike saad word vandag gesaai.

Tema:  God se liefde faal nooit

Teks:  “Verskyn tog tot my redding, red my deur U onfeilbare liefde. Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie…”  (Ps. 31:17-18)

  • Jy kan op God se liefde staatmaak — Hy gee uitkoms en jou hart kan weer bly wees.  (Ps. 13:6)
  • God se liefde hou nooit op nie. Dit laat jou ook nooit in die steek nie — dit hang nie af van hoe goed jy vandag presteer nie.
  • Roep Hom gerus — wie op die Here hoop, word nooit teleurgestel nie.
  • Dra daardie liefde ook aan ander mense oor — wys vandag vir iemand anders hoe God se liefde lyk.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir U liefde wat my elke dag red en dra.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 Augustus 2026 – Jou lewe in God se hand

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

4 Augustus

Liewe Vriend

Niks wat vandag gebeur, vang God onkant nie — jou hele lewe is veilig in sy hande.  Hier is ‘n deel uit die Bybel vandag vir jou.

Tema:  Jou lewe in God se hand

Teks:  “My tye is in u hand. Red my uit die hande van my vyande en vervolgers!”  (Ps. 31:16)

  • God het al jou dae in sy boek opgeskryf nog voor jou eerste dag begin het — Hy ken jou lewe van begin tot einde.  (Ps. 139:16)
  • Jou tye is in sy hand — ook die tye van wag, onsekerheid en verandering.
  • Moenie dat vrees jou lewe beheer nie; gee dit eerder vir die Een wat môre al klaar ken.
  • Leef vandag rustig en voluit — die Here hou jou vas: gister, vandag en môre.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat my lewe in u hand is — ek vertrou U met elke dag.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 Augustus 2026 – God wys jou pad

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

3 Augustus

Liewe Vriend

Jy hoef nie vandag self uit te werk hoe alles gaan uitdraai nie — daar is Iemand wat voor jou uit loop.  Ontvang God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  God wys jou pad

Teks:  “Ja, U is my rots en my bergvesting, ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei.”  (Ps. 31:4)

  • God lei jou met sy raad en Hy hou jou hand vas — jou hele lewe is in sy sorg.  (Ps. 73:24)
  • Die Here is jou rots — as alles rondom jou in mekaar stort, staan Hy vas.
  • Hy loop voor jou uit; daar is nie ’n dag waar Hy nie reeds is nie.
  • Vra Hom vanoggend om jou te lei, en vertrou Hom dan met elke tree.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my rots is en elke dag voor my uitloop.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 Augustus 2026 – Skuil by die Here

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

2 Augustus

Liewe Vriend

As vandag te veel raak, is daar ’n veilige plek waarheen jy kan hardloop.  Hier is God se Woord net vir jou.

Tema:  Skuil by die Here

Teks:  “By U, Here, skuil ek. Laat my tog nooit teleurgestel staan nie! Bevry my, want U is getrou.”  (Ps. 31:2)

  • Die Here is jou veilige plek — jy kan Hom met jou hele hart vertrou.  (Ps. 91:2)
  • Om by God te skuil, beteken jy los jou bekommernisse by Hom en probeer nie alles self dra nie.
  • Mense kan jou soms in die steek laat, maar God doen dit nooit.
  • Maak dit vandag jou eerste keuse om na Hom toe te gaan — nie jou laaste opsie nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek altyd by U kan skuil — U los my nooit nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: “Menslike alleenheid en God se Almag”

“Hy sal jou nie in die steek laat nie, julle is nie alleen nie..”

(Deut. 31: 620)

Alleenheid van die Mens

Elkeen van ons ken die gevoel van totaal alleen voel. Dit is daardie tye wanneer jy as jongmens voel dat niemand jou verstaan nie. Daar is niemand met wie jy jou gedagtes en drome kan deel nie. Dit is daardie tye wanneer jy deur pynlike ervarings gaan, en wanneer jy voel dat jy met niemand oor jou diepste seer kan praat nie.

Dis daardie tye wanneer jy ‘n lewensmaat aan die dood, of aan die lewe, verloor. Dis ‘n alleenheid wat jy glo jy nie met enigiemand kan deel nie. Jy glo dat hulle nie sal verstaan nie. So ontwikkel ons ‘n, so onnodige alleenheid, wat ons nie altyd weet hoe om te verwerk nie.

Tog is alleenheid nie negatief nie. Terblanche Jordaan stel die mooi: ‘Elke mens is uniek, en ons alleenheid is die keerpunt van hierdie uniekheid. Juis omdat ons uniek is, moet ons iewers alleen wees. Alleenheid is soos ‘n tuin vir ons harte wat smag na liefde. Dit is die plek waar afsondering kan groei en vrug dra. Alleenheid, of dit nou fisiek of emosioneel is, is noodsaaklik vir ons geestelike lewe.’

Jesus Christus het daardie menslike alleenheid self deurgemaak. In die tyd voor die kruisiging. Sy dissipels het nie altyd begrip gehad, vir dit wat Hy moes deurmaak nie. Sy alleenheid in die stilte voor die storm om Hom losgebreek het en Hy gevange geneem is. Diè mense vir wie Hy lief was, wat nie eers kon wakkerbly om saam met Hom te bid nie. Tog het Jesus Christus geweet dat Sy redding en krag in die bystand van God lê.

Teksverse:

“Toe Naomi se man, Elimelek, sterf, het sy en haar seuns alleen agtergebly.” (Rut 1: 383);

“Here, u profete het hulle doodgemaak, u altare het hulle afgebreek. Ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe.” (Rom. 11: 320);

“… want so sê my Heer, die HERE, die Heilige van Israel: “In bekering en rustigheid lê julle redding, in kalmte en vertroue lê julle krag;….” (Hand. 15: 1120);

God se Almag

In die Woord word ons telkens aan die Almag van God herinner. Ons kan ook maar net let op die ongelooflike skepping van God. Dit laat mens telkemaal besef dat daar geen ander Here is behalwe die drie-enige God, wat ons so lief het, dat Hy ons nooit alleen sal los nie. Hy het vir ons Jesus Christus as Verlosser gestuur. En nadat Christus se taak voltooi was, het God vir ons die Heilige Gees gestuur.

Die anonieme aanhaling: ‘Ek kan nie bestaan in my denkraamwerk nie, want met God se almag aan my kant is alles moontlik’ beskryf ons onvermoë om God te probeer verstaan. Een ding is egter seker, daar is geen perk aan God se Almag nie.

Teksverse:

“Toe Abram nege-en-negentig jaar was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God, die Almagtige. Leef voor My, en wees onberispelik!” (Gen. 17: 120);

“Die Here is immers julle God; Hy is die God van die gode en die Heer van die here; die groot, die magtige, die ontsagwekkende God, wat onpartydig is en geen omkoop geskenk aanvaar nie.” (Deut. 10: 1720);

“Want groot is U en U doen wonders; U alleen is God.” (Ps. 86: 1020);

“Prys Hom wat groot wonders doen, Hom alleen – want vir ewig duur sy troue liefde -… “(Ps 136: 420);

“Here, Heerser oor alle magte, God van Israel, U wat bo die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde.” (Jes. 37: 1620);

“Ja, kyk, Hy wat die berge vorm en die wind skep, wat aan ‘n mens sy beplanning bekend maak, wat die dagbreek duisternis maak, wat trap op die hoogtes van die aarde, die Here, die God wat Heerser is oor alle magte, is sy Naam!” (Am. 4: 1320);

“”Ek is die Afla en die Omega, die Een wat is en wat was en wat kom,” sê die Here God, die Almagtige.”(Open. 1: 820)

Ons is nooit alleen nie

God ken ons swakhede en ons onmag. God ken ons menslike alleenheid. Wanneer ons tot hierdie besef kom, kan ons nie meer alleen wees nie, want ons besef dat God altyd daar is om ons by te staan wanneer ons val, seerkry en pyn beleef. Wat ookal die rede vir ons alleenheid is, God is altyd daar om sy beskermende hand oor ons te hou.

Die anonieme aanhaling: ‘As jy bid en tuis is in die huis van jou Vader is jy nie alleen nie.’ verwoord die nabyheid van God, wat wil hê dat ons Hom in gebed moet nader. Sodoende besef ons hoe naby God regtig is! Elke oomblik van elke dag. Hy weet van elke traan wat jy stort. Hy ken jou elke seerkry en pyn.

Teksverse:

“…want, Here, U alleen laat my veilig woon.” (Ps. 4: 920);

“Maar Hy antwoord: “Daar staan geskryf, ‘Van brood alleen sal die mens nie leef nie, maar van elke uitspraak wat uit die mond van God kom.’” (Matt. 4: 420);

“Hy het my nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat vir Hom aanneemlik is.” (Joh. 8: 2920);

“Kyk, daar kom ‘n uur, en dit het reeds aangebreek, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen na sy eie huis, en My alleen sal agterlaat. Ek is egter nie alleen nie, omdat die Vader by My is.” (Joh. 16: 3220);

“Draai om en sê vir Hiskia, die leier van my volk,’So sê die Here, die God van jou voorvader Dawid: “Ek het jou gebed gehoor; Ek het jou trane gesien…” (2 Kon. 20: 520);

“… hulle sal Ek na my heilige berg bring; en Ek sal hulle vreugde laat ervaar in my huis van gebed. Hulle brandoffers en maaltydoffers sal aanvaarbaar wees op my altaar. Ja, my huis sal genoem word ‘n huis van gebed vir al die volke.” (Jes. 56: 720)

Nuusflitse Week 32+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 2 Augustus 2026 : NAGMAAL om 10:00 GEEN Kleuterkerk en GEEN Kategese nie.
Sondag 2 Augustus 2026 : Leefkerk 17:00
Dinsdag 4 Augustus 2026: Bestuursraad vergadering 17:30
Woensdag 5 Augustus 2026 – Kooroefening 16:45.
Woensdag 5 Augustus 2026 – Klub50 Pannekoek 10:00.
Woensdag 5 Augustus 2026 – Wolwedans Boodskap Sop en Brood
Sondag 9 Augustus 2026 : Erediens om 10:00 GEEN Kleuterkerk en GEEN Kategese nie.
22 Augustus 2026 – Frank Opperman 19:00


Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 2 Augustus 2026 – 9 Augustus 2026

Reunie deur Frank Opperman – 22 Augustus 2026 19:00

Reunie Frank Opperman 22 Aug 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Ons nooi u uit na Frank Opperman se eenman vertoning: Reunie op 22 Augustus 2026 om 19:00, in die kerksaal van die NG Kerk Groot-Brakrivier.

Plek: NG Kerk Groot-Brakrivier
Datum: 22 Augustus 2026
Tyd: 19:00
Kaartjieprys: Vanaf R200
Kaartjies te koop by die Kerkkantoor (Tydens Kantoorure) of by die SPAR DE DEKKE Kiosk (Slegs kontant) of COMPUTICKET

Navrae: Johan Smit Epos Kontak

Frank Opperman uitnodiging NG Kerk Groot-Brakrivier
Frank Opperman uitnodiging NG Kerk Groot-Brakrivier

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 Augustus 2026 – Die Here red jou

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

1 Augustus

Liewe Vriend

Hierdie nuwe maand begin met goeie nuus: God het jou al baie keer gehelp en Hy gaan nie nou ophou nie.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Die Here red jou

Teks:  “Ek wil U lof verkondig, Here, want U het my gered en my vyande nie laat bly wees oor my nie.”  (Ps. 30:2)

  • Die Here het jou uit die gemors uitgetrek en jou op vaste grond laat staan — Hy hou jou regop.  (Ps. 40:3)
  • Dink vandag terug aan die kere toe God jou gehelp het — dit gee jou moed vir wat voorlê.
  • Moenie dit stilhou nie — vertel vir ander wat die Here vir jou gedoen het.
  • Begin die maand met ’n “dankie” in jou hart — ’n dankbare mens sien elke dag God se hand raak.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my red en my regop hou — ek wil U hierdie hele maand prys.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

GEBEDSGIDS – AUGUSTUS 2026

Gebed - Biddende hande

1 Augustus – Saterdag – Winter

Here, gee my hierdie winter die begeerte om tyd vir U te maak en om  rustig te word in u teenwoordigheid. Mag die koue my elke dag  herinner aan U helpende hand en omgee. 

2 Augustus – Sondag – Nagmaal 

Here, seën ons waar ons aansit by U liefdesmaal om U Dood te herdenk  deur brood en wyn aan U tafel te geniet.

3 Augustus – Maandag – Die belangrikste

In Lukas staan daar ; “die belangrikste onder julle moet soos die  geringste wees en die een wat leier is, soos die een wat dien”. Help ons  asseblief Heilige Gees dat ons dit sal onthou en uitoefen. 

4 Augustus – Dinsdag – Ongevoelig

Here bewaar ons daarvan om ongevoelig te staan teenoor bejaardes,  armes, werkloses, hongeres en dakloses. 

5 Augustus – Woensdag – Helpende hand

Waar die winterkoue sy tol eis bid ek dat U my sal help om in liefde te  gee en ’n helpende hand uit te steek. 

6 Augustus – Donderdag – Ouderdom

Here, U is met ons op die laaste skof van ons pelgrimsreis en ons dank  U vir rustigheid, vrede, wysheid en die ervaring van baie jare. 

7 Augustus – Vrydag – Jeug

Ons bid dat ons jeug toegerus sal word met die wapenrusting van God  en dat U ewige Woord steeds ’n lig op hulle pad en ’n lamp vir hulle  voet sal wees.

8 Augustus – Saterdag – Magdalenahuis

Môre is daar ‘n spesiale offer vir die Magdalenatehuis. Kom ons gee  ook mildelik, en veral waar ons môre Vrouedag vier, dink ons ook aan  ongehude moeders wat deur moeilike besluite gaan.                                                     

9 Augustus – Sondag – Vrouedag

Dankie Here vir vroue en moeders wat U getrou dien op al die terreine  waartoe U hulle bestem het. 

10  Augustus – Maandag – Nuwe week

Here, aan die begin van die week bid ons dat Matt. 5:16 ook vir ons  waar sal word, dat ons lig so voor mense sal skyn dat hulle ons goeie  werke kan sien en ons Vader wat in die hemel is, sal verheerlik.

11 Augustus – Dinsdag – Die Woord van God

Here, maak ons getrou in die lees van die Bybel, getrou om daarna te  luister, ywerig om dit te bestudeer en doelgerig om dit te gehoorsaam. 

12 Augustus – Woensdag  – Vergifnis

Here, verander my deur U Heilige Gees en gee my die seën van U  vergifnis sodat ek nie môre weer met skaamte dieselfde dinge moet  kom bely nie. 

13 Augustus – Donderdag – Geestelike groei

Here, ek wil graag die pad van geloof en heiligmaking bewandel sodat  ek meer en meer aan U, my Hemelse Vader, gelykvormig sal word. 

14 Augustus – Vrydag – Die natuur

Ons wil vandag dankie kom sê dat ons woon in ’n deel van die land met  ’n pragtige natuurskoon en ek bid dat elkeen sal bydra tot die bewaring  daarvan. 

15 Augustus – Saterdag – Die dag van die Here

Dankie Here dat U ’n dag van rus geskep het sodat ons na ’n werksweek  vir ’n oomblik tot stilstand kan kom en saam met mede Jesus- volgelinge kan vergader. Laat ons dus môre U Woord noukeurig bestudeer.

16 Augustus – Sondag – Omgeebediening

Ons bydrae vandag word aangewend vir ons omgeebediening wat  soveel mense bedien met bydraes van kos en bediening van die Woord  van die Here. 

17 Augustus – Maandag – Lig vir die wêreld

Here vul ons harte en gemoed met U vreugde en vrede, sodat ons dit  elke dag kan uitstraal en vir die wêreld ’n lig kan wees.

18 Augustus – Dinsdag – Kerkraads Vergadering

Hemelse Vader, seën die bestuurskerkraad vergadering vanaand met  wysheid, eenheid en onderskeidingsvermoë, sodat elke besluit tot eer  van U naam en tot opbou van U Kerk sal wees. 

19 Augustus – Woensdag – Kalmte en gemoedsrus

Vader, in hierdie tye van spanning en gejaagdheid is dit ons gebed dat  die groen weivelde en rustige waters van Ps. 23 nie ‘n ydele droom sal  wees nie maar ‘n werklikheid wat bereikbaar is. 

20 Augustus – Radio Feba

FEBA-spanne werk hard om luisteraars deur persoonlike interaksie,  dissipelskapprogramme en kontak met plaaslike kerke te begelei. Dit  het duidelik geword dat baie gelowiges nie weet hoe om nuwe  bekeerlinge te help nie. Bid dat God aan FEBA die wysheid en  geleentheid sal gee om programme te ontwikkel wat hierdie behoefte  aanspreek.

21 Augustus – Donderdag – Verlange na kinders

Liefdevolle Vader, baie van ons verlang na ons kinders/familie wat ver  van ons woon. Beskerm hulle, hou ons harte naby mekaar en seën ons  met vreugdevolle hereniging op U tyd. Help hulle ook daar waar hulle  woon en werk om ‘n getuie vir U Naam te wees. 

22 Augustus – Saterdag – Die Erediens 

Joh. 12:35: As iemand my sien dan sien hy ook vir God wat My na die  wêreld gestuur het. Here, seën die erediens môre met U  teenwoordigheid, lei die leraar met elke woord en lied. Raak elke hart  aan tot eer van U Naam. 

23 Augustus – Sondag –  Bybelverspreiding

Bid vandag vir oop harte en hande vir die mense en instansies wat  Bybels vertaal en versprei. Ons bid dat die mense wat Bybels versprei  veilig sal wees en dat die vertalers die regte insig in die Woord sal kry. 

24 Augustus – Maandag – Geduld

Vader, gee ons die geduld om U tyd te vertrou, kalm te bly in uitdagings en met liefde en wysheid op te tree.

25 Augustus – Dinsdag –  Siekes

Vandag dink ons aan almal wat siek is, dalk terminaal, en ons vra dat U liefde en omgee raakgesien sal word in die vriende wat omgee en bid vir ons siekes in ons gemeente en in ons onderskeie vriendekringe. Mag ons U Wonderdade raaksien en dankbaar U bedank.

26 Augustus – Woensdag – Jesus-gebed

“Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie sal begewe nie”. Gees van Genade, asseblief help my geloof, tree vir my in, bevry my sodat ek gelowig sal glo en dankbaar sal wees.

27 Augustus – Donderdag – Reën en koue

Dankie Here vir reën en koue en tyd om te lees sodat ons kan energie opgaar vir ‘n nuwe tyd van groei.

28 Augustus – Vrydag – Polisiemag

Naweke veral word daar swaar op ons polisiemag geleun om orde te handhaaf. Ons bid vandag dat U hulle sal veilig hou en sal help dat ons dorp rustig sal wees.

29 Augustus – Saterdag –  Luister

Here, wanneer U praat, maak my gevoelig vir U woord en opdragte. Leer my om my volle aandag te gee en gewillig te wees om met volle vertroue U woord en rigting te volg soos U dit aandui.

30 Augustus – Sondag – Bediening aan Dowes

Dowes het ‘n unieke aanslag nodig om die Woord te verstaan en sal die bediening aan dowes ook heeltemal verskil van die normale, horende se getuienis.

31 Augustus – Maandag – Getuienisbediening

Here, daar wag ’n wêreld op my getuienis en as U vra, “Wie sal ek stuur? Wie sal ons Boodskapper wees?”, laat ons antwoord tog wees soos dié van Jesaja, “Hier is ek! Stuur my!”