Skep asem vir vandag: 2 Augustus 2025

Dagstukkies April

2 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy soos gister, ook sal onthou om ander se besittings te respekteer. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Woestyntyd – leer ander se besittings te respekteer

Teks: “Jy mag nie steel nie” (Eks 20:15)

  • Alles behoort aan die Here; Hy gee aan elkeen soos Hy goed dink om te gee.
  • Alle vorme van onregmatige toe-eiening is diefstal, ook belastingontduiking.
  • Waar armoede tot steel lei, is dit jou verantwoordelikheid om te help.
  • Hoe meer ons mekaar help, hoe minder sal daar diefstal en geweld wees.
  • Hoe meer ons mekaar help, hoe meer geluk en rustigheid sal daar ook wees.

Gebed 

Liewe Vader, gee my genade dat ek ‘n vredemaker sal wees. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Augustus 2025

Dagstukkies April

1 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy sal leer om ander se besittings te respekteer. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Woestyntyd – leer ander se besittings te respekteer

Teks: “Jy mag nie steel nie” (Eks 20:15)

  • Die Here stel belang in jou doen en late.
  • Soos jy leef, weet dan, die Here besit alle silwer en goud (Spr. 30:8b).
  • Hy gee besittings uit genade, selfs aan sommige meer as ander
  • Jaloesie, gierigheid, nood en honger lei dikwels tot diefstal en onregmatige wins.
  • Deur mekaar te help, verminder jy geweld en diefstal.
  • Deur mense te help bevorder jy vrede in die gemeenskap.

Gebed 

Liewe Vader, gee my genade sodat ek nie steel nie en altyd U wil gehoorsaam. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 30+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 27 Julie 2025 : JAM – Kategese. 10:00 Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
Woensdag 6 Augustus 2025 – Klub 50 Pannekoek dag
Wolwedans boodskap, sop en brood: 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September
Woensdag 6 Augustus 2025 : Kooroefening 16:45
Sondag 3 Augustus 2025 : NAGMAAL 10:00 GEEN Kategese. Kleuterkerk gaan voort
20 September 2025 – Toerustingsgeleentheid

Stof tot nadenke: Die ‘Achilles heel’ van die mens

Kyk hoe groei die lelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. 28 As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges!
Luk 12: 27-28

Die mens se Achilles heel, van die vroegste tye af, was hul oorskatting van eie belangrikheid. Daardie gedagte dat jy onmisbaar is, dat niemand anders kan doen wat jy doen nie. Die oomblik dat mens roem en bekendheid verwerf, begin jy glo dat dit jou toekom. Dat dit al jou harde werk is; dat dit jou hoë intelligensie is; dat dit jy is wat maak dat jy goed is in elke ding wat jy regkry met sukses; dat jou vermoë uit jouself kom. Dit is hierdie persepsie van mense wat hulle telkemale tot ‘n val laat kom, want hoogmoed sal val, waarsku die Bybel ons, telkemale (“Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val. Liewer eenvoud saam met nederiges as om saam met hoogmoediges van roof te lewe.” (Spr. 16: 18-19); “Hoogmoed bring ‘n mens tot ‘n val; nederigheid bring eer.” (Spr. 29: 23)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Die ‘Achilles heel’ van die mens”

Nuusflitse vir Week 35+ van 2024

Nuusflitse

Sondag 25 Augustus 2024 : 10:00 • Baie welkom by die erediens en doop. Kategese 10:00
Dinsdag 27 Augustus 2024 : • Die Kerkraad vergader in die kerksaal
Woensdag 28 Augustus 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00.
Sondag 1 September 2024 : • Erediens om 09:00. • Prediker – Dr Frans Hacke. • Kategese
Visioeneringsessie: 30 Augustus – 1 September 2024
SONDAG, 25 AUGUSTUS 2024 OM 17:00 VIND DAAR ‘N LOFPRYSINGS- EN AANBIDDINGSAAND PLAAS BY REEBOK GEMEENTE
Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 7 September 2024
Wolwedans boodskap, sop en brood: 4 & 18 September.

Afkondigings 25 Augustus 2024 – 1 September 2024

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 25 Augustus 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Kevin & Zandré van Tonder (dogtertjie – Alissa).
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 6:56-69
Die tema van die prediking is: Om jou rug te draai?
• Bybelsondag.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Dinsdag 27 Augustus 2024 :
• Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van
Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 28 Augustus 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 1 September 2024 :

• Erediens om 09:00. • Prediker – Dr Frans Hacke. • Kategese. • Nasionale Biddag vir Dowes. • Sinodale offer vir Instituut vir Dowes by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Visioeneringsessie: 30 Augustus – 1 September 2024
Ons vra asb u voorbidding vir ons gemeente se visioeneringsessie wat
plaasvind te Harkerville die naweek van 30 Augustus – 1 September.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

SONDAG, 25 AUGUSTUS 2024 OM 17:00 VIND DAAR ‘N LOFPRYSINGS- EN AANBIDDINGSAAND PLAAS BY REEBOK GEMEENTE in die kerkgebou.
Die prediker gaan ds. EJ van As van Kammieskroon wees.  Dit beloof ‘n heerlike aand van sang en lofprysing te wees. Met hierdie geleentheid sluit Reebok Gemeente hul Getuienis-naweek af. Almal is baie welkom by hierdie Lofprysingsaand.

Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 7 September 2024

Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike boerebasaar op die kerkgronde.
Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop.
Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels.

Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid en kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
25 Augustus 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 25 Augustus 2024.

  1. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Die Achilles heel van die mens…”
  2. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Stof tot nadenke: Hoe volg ons?

Julle is immers hiertoe geroep, want Christus het ook ter wille van julle gely; Hy het vir julle ‘n voorbeeld nagelaat, sodat julle in sy voetspore kan volg.
Pet. 2: 21

Hoe volg ons in Jesus Christus se voetspore. Dit is nie altyd maklik nie, want daar is vele struikelblokke op mens se pad. Die wêreld lyk soms so aanloklik dat ons struikel. Wanneer ‘n mens tot bekering kom dink jy dat jy oombliklik alles gaan reg doen, maar dit is nie die geval nie. Een van my broers het erg gehakkel, en het op ‘n relatiewe laat stadium besluit om vir behandeling te gaan. Toe hy by die terapeut opdaag, het dié vir hom voor ‘n groterige groot gehoor laat praat. Met wankelmoedige gevolge vir my broer. Hy was kwaad vir die terapeut omdat hy dit aan hom gedoen het. Dié het egter vir hom gevra: “Hoeveel foute dink jy het jy gemaak?” Sy antwoord was: “Ek kon niks reg kry nie, en het oor al die woorde gestruikel.” Maar die terapeut het hom daarop gewys dat hy uit die 1000 woorde wat hy gepraat het, slegs omtrent met 70 gesukkel het. Die terapeut het hom bemoedig deur hom daarop te wys dat mens moet fokus op dit wat jy reg doen! Ek dink met bekering gaan dit dieselfde. Ons dink ons maak aanhoudend foute, omdat ons fokus op alles wat ons verkeerd doen, wat nie noodwendig heeltemal verkeerd is nie, maar daar is ook baie dinge wat ons reg doen. Ons moet net aanhou reg doen, en verbeter daarop.

Lees meer “Stof tot nadenke: Hoe volg ons?”

Nuusflitse Week 34 + van 2024

Nuusflitse

Sondag 18 Augustus 2024 : Erediens & Kategese (10:00)
Woensdag 21 Augustus 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00
Sondag 25 Augustus 2024 : Erediens & Kategese 10:00 • Prediker – Ds Danie Goosen
Wolwedans boodskap, sop en brood: 21 Augustus en 4 & 18 September
6 September 2024 – Ge Korsten huldeblyk – Jannie Moolman & Riaan Hurter

Afkondigings 18 – 25 Augustus 2024

Afkondigings

Sondag 18 Augustus 2024 :
• Baie welkom by die erediens. (10:00)
• Prediker – Ds Charné Viljoen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 6:51-58.
Die tema van die prediking is: Vlees en bloed.
• Kategese. (10:00)
• Spesiale offer vir Groenewaldfonds by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 21 Augustus 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 25 Augustus 2024 :

• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Bybelsondag.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Ons dominees besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is
21 Augustus en 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie.

Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Ons benodig asseblief broodsakkies . Ons gebruik dit om die gevriesde
sop uit die roomys bakke in te sit en deel dit só uit.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
18 Augustus 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 18 Augustus 2024.

  1. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Hoe volg ons?”
  2. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

SINODE VAN WES-KAAPLAND
Vakante Pos – Bestuurder: Argief
Stellenbosch-kantoor

*vir meer besonderhede kontak die kerkkantoor

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Stof tot nadenke: Versoekings…

Gelukkig is die man wat versoeking deurstaan, want as hy die toets slaag, sal hy die oorwinnaarskrans van die lewe ontvang,wat God beloof het aan hulle wat hom lief het. Laat niemand wat versoek word, sê: “Ek word deur God versoek nie” nie, want God kan nie deur kwaad versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Elkeen word versoek wanneer sy eie begeerte meegevoer en verlei word.
Jak. 1: 12-14

Versoeking, daardie onding waarvoor ons so dikwels swig, en dan altyd iemand anders wil beskuldig. Jakobus stel dit baie duidelik dat dit ons eie menslike begeertes is wat die oorhand kry. Self so vroeg as in die tuin van Eden, daar waar die mens alles gehad het wat sy hart kon begeer, het die mens geswig voor die versoeking om van die vrugte te eet wat God hom belet het. Die bekende verhaal van Adam en Eva, wat dadelik uit skaamte vir hulle naaktheid vir God weggekruip het. Eva beskuldig die slang en Adam beskuldig vir Eva (“Die mens het geantwoord: “ Die vrou wat U gegee het om aan my sy te wees, sy is die een wat vir my van die boom gegee het, en ek het geëet. Die Here God vra toe vir die vrou: “Wat het jy gedoen?” Die vrou het geantwoord: “Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.” (Gen. 3: 12-13)). Tot vandag toe word daar nog die vinger na die vrou gewys. Dit is so maklik om altyd die vinger na ‘n ander te wys, om jou eie onskuld te probeer bevestig, maar elke mens het die verantwoordelikheid om so ‘n versoeking teen te staan of daarvoor te val.

Lees meer “Stof tot nadenke: Versoekings…”

Nuusfliste vir die Week 33+ van 2024

Nuusflitse

Sondag 11 Augustus 2024 – Erediens 10:00 Dr. Stephan van der Watt. Geen Kategese
Woensdag 14 Augustus 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00
Sondag 18 Augustus 2024 : Erediens 10:00 • Prediker – Ds Charné Viljoen. • Kategese
Sondag 25 Augustus 2024: Aktief kerk 08:30 Kleine Loerie

Afkondigings 11 – 18 Augustus 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 11 Augustus 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Stéphan van der Watt vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Jesaja 49:5-7.
Die tema van die prediking is: Lig vir die nasies.
GEEN Kategese.
• Sinodale offer vir Nuwegeloofsgemeenskap ontwikkeling (NGGO)
by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof erediens – Ds Charné Viljoen.

Woensdag 14 Augustus 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 18 Augustus 2024 :

• Prediker – Ds Charné Viljoen. • Kategese. • Spesiale offer vir Groenewaldfonds by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Ons dominees besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 21 Augustus en 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Ons benodig asseblief broodsakkies .Ons gebruik dit om die gevriesde sop
uit die roomys bakke in te sit en deel dit só uit.

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
11 Augustus 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 11 Augustus 2024.

  1. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Versoekings…”
  2. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Stof tot nadenke: Stryd en samewerking…

Ek pleit by julle, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, dat julle almal eenstemmig sal wees, en dat daar nie verdeeldheid onder julle sal wees nie, maar dat julle volkome eensgesind mag wees, met dieselfde denkwyse en dieselfde oortuiging.
1 Kor. 1: 19

Stryd en samewerking is een van die dinge wat almal van ons mee sukkel. Enige teenstand, of ander gedagtegang, of werkwyse, of lewenswyse word so dikwels as persoonlik aanvalle beskou. Alhoewel dit nie die bedoeling van ‘n ander persoon is nie, word daar oombliklik ‘n verdedigings posisie ingeneem, om enige ander gedagtes uit die weg te ruim. Dit is dikwels nie regtig enige aanval op jou as persoon nie, maar bloot vanuit ‘n ander persoon se perspektief. In die film August Rush, stel die hoof karakter dit so mooi, wanneer iemand hom vra: “Are you thinking what I am thinking.” en die seun, sonder twee gedagtes, dadelik antwoord: “No, I am thinking something else.

Lees meer “Stof tot nadenke: Stryd en samewerking…”