Vandag – Sondag 23 April 2023 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Hand 2:1-4, 14 en 32-41. Die tema van die prediking is: Paradigma skuiwe.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Christelike Afhanklikheidsdienste (CAD) by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Ons deurkollekte die week gaan aan die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD)
Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) is ’n Nasionale organisasie wat al meer as 60 jaar bestaan. Die eerste groep is gedurende 1954 in die Wes-Kaap gestig om ondersteuning aan gerehabiliteerde substans-afhanklikes (dit wil sê alkohol-, dwelm- en medikasie-afhanklike persone) te bied. Die CAD betrek ook die gesin van die afhanklike en lewer dienste vanuit ‘n christelike raamwerk en help die gerehabiliteerde om weer sy/haar regmatige plek in die samelewing te vervul.
Die CAD funksioneer in selfhelpgroepe waar afhanklikes die geleentheid kry om hulle gemeenskaplike probleem met mekaar te deel en ondersteuning aan mekaar te bied.
Woensdag 26 April 2023 :
• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.
Sondag 30 April 2023 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Doop.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Magdalenahuis by die deure.
• GEEN tee sal bedien word na afloop van die erediens nie.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir April 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate en lidmaat besoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.
- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Neem asb kennis dat die kerkkantoor gesluit sal wees op Vrydag 28 April 2023.
JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
• Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons volgende uitreikdatums vir die kwartaal is op 10 en 24 Mei, 7 en 21 Junie.
• Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
• Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:
- Die bekende 2 liter (gevries in ‘n roomysbak) sop voorsiening – bakke is verkrygbaar by die vrieskaste.
- Mengsel droë bestandele, resep hieronder, in twee formate:
- Bestanddele in ‘n glas koffiebottel of Gevries in 2 liter roomysbak
‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.
Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
• Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak deur middel van foto’s wat op die webblad geplaas word.
• Baie dankie vir die loopraam, rolstoel en krukke wat ontvang is. Daar is nog ’n behoefte vir krukke vir verskeie volwassenes, asook ou selfone vir ons dienswerkers van die getuienisbediening. Indien iemand kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia – 084 783 1308.
Moederskamer :
Tans dien die konsistorie ook as moederskamer.
Ons vra asseblief u geduld op Sondae wat díé reëling aanbetref. Die kerkraad probeer om op die laatste 08:50 daar uit te wees, sodat die moeders en kinders kan ingaan betyds vir die 09:00 diens.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA IN NOORD-KOREA
Noord-Korea het sy vervolging van Christene verskerp. Hulle soek ondergrondse kerke, stel gelowiges tereg en sluit hul gesinne in arbeidskampe op.
Ons gebed vir die week: Ons dank God vir al die bekeerlinge uit Noord-Korea. Bid asseblief dat FEBA Korea se uitsendings ‘n stem van hoop vir hierdie gelowiges sal wees en dat die programme hul geloof in God sal versterk.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 23 April 2023
1. Ererdiensbediening: Skakel na die YouTube Preek van 23 April 2023.
2. Getuienisbediening: Nuusbrief van Madagaskar wat vir voorbidding vra.
3. Bybelstudiereeks:
a) Die Bybelstudiereeks ‘Ons is die Plan’ van dr Frans Hancke sal van 1 Mei 2023 beskikbaar wees per WhatsApp. Laat weet asseblief die webwerf- administrateur (nggbweb@gmail.com) indien u belang sou stel om op die verspreidingslys te kom.
b) Die weeklikse bydrae: “Stof tot nadenke: Die Lig van God!”.
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Klub 50
Tenpin Bowling
Woensdag 3 Mei 2023
Plek: Hartenbos tenpin bowling baan.
Tyd: 09:45 vir 10:00 by die baan te Hartenbos.
Koste: R30 per persoon. Die klub borg die res van die baanfooie.
Reël asb eie vervoer tussen mekaar.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



