FEBA Kazakstan skep ‘n digitale golf wat mense transformeer!

Argen, 21, is ’n universiteitstudent van Almaty en die jongste van drie kinders wie se ouers geskei is. “My ma het haar bes gedoen om ons groot te maak terwyl my pa heeltemal uit die prentjie was,” skryf Argen. “Ons het nie altyd geld gehad vir goed soos verjaardaggeskenke of vakansies, soos ander kinders by ons skool nie. Ek probeer nie hier kla nie, aangesien daardie uitdagende tye ons baie geleer het… In jul uitsendings praat julle daarvan om aan diegene wat in nood verkeer, te gee, en ek identifiseer baie hiermee. Ek voel God seën my en nou is ek mal daaroor om verjaardaggeskenke aan minder bevoorregte kinders te gee.”

FEBA Kazakstan se pad was tot nou toe nie maklik nie. Buiten die uitdaging van evangelisasie in ’n  hoofsaaklik Moslemland, het hulle ook te kampe met ’n dralende anti-godsdienstige sentiment onder ouer mense… ’n oorblyfsel van Kazakstan se jare as deel van die Sowjet-Unie. Amptelik erken die Kazak-regering godsdiensvryheid, maar tog stipuleer die 2011 Godsdienswet onder meer die volgende: … Lees die res van die artikel hier

Lees meer “FEBA Kazakstan skep ‘n digitale golf wat mense transformeer!”

April se Doopgeleentheid

Op 14 April 2024 het klein Lume Gruber se ouers voor die NG Gemeente gemeente bevestig dat hulle haar sal grootmaak volgens die Christelike geloof. Dit was ‘n mooi aanskoulike geleentheid, waar beide ouers se ouerpare teenwoordig was om ook hul ondersteuning te bevestig.

Sondag 21 April 2024 het die De Swardt ouers hulle klein seuntjie Joubert Jakobus de Swardt gedoop met ondersteuning van die familie. Dit is altyd ‘n goeie geleentheid met die toevoeging van nog’ n klein kindjie in die koninkryk.

Hartlik geluk aan albei ouer pare.

Stof tot nadenke: Wat is ware geluk?

“Gelukkig is mense wie se krag in U lê!”
Ps 84: 6

Almal van ons soek deur ons hele lewe daarna om gelukkig te wees. Ons dink as ons maats ons sal aanvaar, sal ons gelukkig wees; as ons mooi is, soos die tydskrifte ons wys, sal ons gelukkig wees; as ons deur mense geliefd is, sal ons gelukkig wees; as ons in ‘n pragtige huis met al die toebehore leef, soos die media en advertensieborde ons wys, sal ons gelukkig wees; as ons die vinnigste motor ry of as ons die rykste is, sal ons gelukkig wees. Maar helaas, die geluk wat aardse goed vir ons bring is van korte duur, en dan soek ons weer verder na nog iets wat ons gelukkig kan maak, maar dit voel altyd asof dié geluk net altyd buite ons bereik is. Miskien is dit omdat ons gedurig op die verkeerde plekke na geluk soek!

Lees meer “Stof tot nadenke: Wat is ware geluk?”

Afkondigings 14 – 21 April 2024

Afkondigings

Sondag 14 April 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Joh 2:28-3:10.
Die tema van die prediking is: Geanker?
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Radio FEBA by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 17 April 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9A (Reebokhoogte) by Johan en Philene Smit, Cowriesingel 15, Tergniet – 084 500 4296 .

Sondag 21 April 2024 :

• Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Charné Viljoen. • Kategese. • Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Sterftes 2024:

5 April – Chris Bouwer: Wyk 13C
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week.
Die datums vir die tweede kwartaal is 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Jeugbediening:
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00. Skakel asb vir Vicky Barnard – 083 500 5687 – indien u enige verdere inligting verlang.

Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Dankies
Gholfdag 6 April 2024
Die NG Kerk Groot-Brakrivier het op 6 April 2024 hul jaarlikse gholfdag ter stuiwing van hul fondse gehou.
Wat ‘n voorreg om deel te wees van ‘n oophand en -hart gemeenskap! Baie dankie aan al die borge, mense wat pryse geskenk het, deelnemers, werkers, ondersteuners en belangstellendes wat betrokke was by die gholfdag.
Die Gholfdagkomitee is oorlaai met bereidwilligheid van instansies en indiwidue om die fondsinsamelingspoging van die kerk te ondersteun. Baie geluk aan die wenners van die dag en weereens dankie aan die borge wat deur donasies en pryse dit moontlik gemaak het dat elke speler ‘n prys huistoe kon neem. ‘n Spesiale woord van geluk aan André Olivier wat die kruiwa en alles binne-in, gewen het.
Ons bid dat die fondse verkry, as saad in ‘n behoeftige wêreld gesaai sal word en kragtig sal groei om êrens tot eer van Sy Naam,‘n verskil te maak.
Soli Deo gloria.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
14 April 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 14 April 2024.

  1. Getuienisbediening:
  2. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wat is ware geluk?”
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se Leierskap

FEBA se Internasionale Raadskonferensie begin Maandag, 15 April. Leiers van elke FEBA-veld vergader in Seoel, Suid-Korea, om stories te deel, opleiding te ontvang en strategiese beplanning te doen.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se leiers God se teenwoordigheid by die konferensie sal ervaar en Sy leiding sal volg in hul besluitneming. Bid dat God hulle sal seën met kreatiwiteit in hul probleemoplossing en dat hulle veilig sal terugkeer om Sy wysheid met hul spanne te deel.

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam!

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).

Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.

Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R20 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke

– 082 411 1222. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.

2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of

Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk.

4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help skakel asseblief vir Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN:

Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 /

Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.

7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.

8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na lokaal 6 by die kerk gedurende kantoorure en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by u huis gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.

9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure.

Vicky Barnard – 083 500 5687.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser

– 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.

12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.

Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Lief en Leed Week 16 van 2024

Lief en Leed

Doop/Verjaarsdae en Sterftes

Ons verwelkom : Lume Gruber as nuut gedoopte in ons midde.

Sterftes 2024:

5 April – Chris Bouwer: Wyk 13C

Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Nuusflitse Week 16+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 17 April 2024 : Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751. Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9A
Sondag 21 April 2024 : Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen. Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie
Saterdag 27 April – Gemeentefees

Sendingnuus: Missie Japan – Predeparture Newsflash

Dear Supporter,

Greetings from Kobe, where the Sakura (cherry blossoms) charmed us once again! The dawn of a bright spring was, as always, introduced by (Japanese) Nightingales’ energetic melodies all-around. Our long-awaited departure is coming up soon, so I share just a few snippets about our recent work. Please click on available links to read and see more. 

Lees meer “Sendingnuus: Missie Japan – Predeparture Newsflash”

Sendingnuus: Madagaskar – The Week

Thesi arrived safely and we have had a wonderful week of catching up and spending time together.  The teachers were happy to see her and somehow it felt as if she never left. she will be here for one more week. We had a blessed Ranger meeting on Thursday and the kids were so excited to learn a new song.  Thesi and I worked on the actions for the song earlier in the week and we felt as if we had a proper workout after all the jumping around.

Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar – The Week”

Stof tot nadenke: “Hoe glo ons?”

“Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif së: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang…”
Joh. 7: 38-39

Hoe glo ons? Wie kan ons glo? Waarin moet ons glo? Is die vrae wat by mens opkom deur jou hele lewe. Mense het ander agendas as wat hulle voorgee om te hê, Mense bedrieg mekaar en vertel leuens oor ander. Alles terwille van wat vir hulle belangrik is. Maar dan verseker Jesus Christus ons dat ons die Waarheid sal kan eien en weet waarin, en wie om te glo (“Jesus het vir hom gesê: Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” (Joh. 14: 6); (“”Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vadder af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig.”” (Joh. 15: 26)). Selfs die apostels het hiermee gesukkel. Hulle wat saam met Jesus Christus geleef het en Hom die beste geken het van almal hier op aarde. Ook tussen hulle was daar verskille van opinies, maar dit alles is en word gevoed deur die belange van die eie ek (“Ek is nie gesteld op die eer wat mense bewys nie, maar Ek ken julle en Ek weet dat julle nie liefde vir God in julle het nie. As iemand anders in sy eie naam kom, sal julle hom aanvaar. Hoe kan julle ook in My glo terwyl julle gesteld is op die eer wat julle van mekaar ontvang en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie?” (Joh. 5: 41-44); (“Die vrou het vir Hom gesê: “Meneer, gee vir my van daardie water, sodat ek nie weer dors sal kry en hier hoef te kom water haal nie.’” (Joh. 4: 15))!

Lees meer “Stof tot nadenke: “Hoe glo ons?””

Nuusflitse Week 15+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 10 April 2024 : Kooroefening by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 8A (Bergsig-Wes) & 8B (Wolvedans)
Sondag 14 April 2024 : Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen. Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood: 10 & 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie
Gemeentefees : 27 April 2024

Afkondigings 7 -14 April 2024 : NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings

Sondag 7 April 2024 :

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Joh 20:19-31.

Die tema van die prediking is: Wag vir my?
• Dag van Danksegging & Verootmoediging.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Teologiese Kweekskool by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 10 April 2024 :
• Kooroefening by die orrel. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom. Neem asb kennis dat kooroefening om 17:00 begin.

• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 8A (Bergsig-Wes) & 8B (Wolvedans) by Jacques & Carmi Kriel, Bosrugweg 5. Kontak Elrina van Zyl - 072 363 9793.

Sondag 14 April 2024 :

• Erediens om 09:00. 
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Radio FEBA by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Sterftes 2024:

30 Maart – Erika Theron: Wyk 11A
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.

Gebedsgids :
Gebedsgidse vir April 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Vicky Barnard – 083 500 5687 – indien u enige verdere inligting verlang.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.
Die datums vir die tweede kwartaal is 10 & 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening : 
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

VAKATURE │ Digitale Argiefbeampte (Stellenbosch) –
Halfdag vaste-termyn

Vir meer inligting besoek gerus die Kaapkerk webblad: 
www.kaapkerkadmin.co.za/poste

Sluitingsdatum:  10 April 2024 om 12:00

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
7 April 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 7 April 2024.

  1. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Hoe glo ons?”
  2. Gemeente nuus:
    a) Bybelraai 1 & 2 is beskikbaar op die webtuiste en is ‘n prettige manier om die Bybel te
    leer ken.
    b) Klub50 se skoenlapper plesier.
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam!

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).

Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.

Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R20 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke

– 082 411 1222. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.

2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of

Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

Kontak ons asseblief ook indien u kan help met skenkings vir fyn maalvleis.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk.

4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help skakel asseblief vir Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN:

Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 /

Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.

7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.

8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na lokaal 6 by die kerk gedurende kantoorure en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by u huis gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.

9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure.

Vicky Barnard – 083 500 5687.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser

– 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.

12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.

Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Korea

In Noord-Korea leef die meeste mense in vrees en armoede. Om oor te loop na die suide is gevaarlik as gevolg van die owerheid, mensehandelaars en bedrog. As hulle wel Suid-Korea haal, word hulle gereeld verstoot. FEBA Korea saai programme uit wat deur Noord-Koreaanse oorlopers geskep en aangebied word om Noord-Koreaanse luisteraars te vertel van die God wat vir hulle omgee. Briewe van luisteraars getuig van die hoop wat hulle in Christus vind deur FEBA Korea se uitsendings.

Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA se luisteraars in Noord-Korea sal bewaar en baie ander Noord-Koreane in staat sal stel om Hom deur die radio te ontmoet.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Skoenlapper plesier…

Klub50 se groep het ‘n onvergeetlike belewenis gehad by ‘Butterfly world’, Ruitersbos. Op 3 April het ‘n goep van 38 mense vanaf die kerk vertrek. Almal wat daar was getuig dat dit ‘n heerlike, leersame en onvergeetlike ervaring was…en die fotos is ook’ n wonderlike bewys daarvan.

Gebedsgids vir April 2024

Gebed

GEBEDSGIDS – APRIL 2024

Ef 6:18. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

Maandag 1 April – Gesinsdag

Gesinne is vir God belangrik. In die Ou Testament vind ons baie voorskrifte dat kinders kennis en godsdienstige gebruike van God se weë met sy volk sal eerbiedig en oordra aan die volgende geslagte. Kom ons bid dat ook ons as gesinne saam die Here sal ken en dien.

Dinsdag 2 April – Die Owerheid

Lees meer “Gebedsgids vir April 2024”

Nuusflitse Week 14+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 3 April 2024 :• Kooroefening by die orrel. 
Saterdag 6 April 2024 : • Gholfdag.
Sondag 7 April 2024 : • Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Danie Goosen. • Kategese.
Getuienisbediening : • Wolwedans boodskap, sop en brood: 10 & 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie.
27 April 2024 – Gemeentefees

Afkondigings 31 Maart – 7 April 2024

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 31 Maart 2024 :

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit verskeie tekste.

Die tema van die prediking is: Lig
• Paasfees.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Magdalenahuis by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens nie.

Maandag 1 April 2024 : • Gesinsdag.

Woensdag 3 April 2024 :
• Kooroefening by die orrel. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom. Neem asb kennis dat kooroefening om 17:00 begin.

• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 7 (Bergsig-Oos) by Koos en Corrie Reinecke, Fouriestraat 4 - 083 459 0095.

Saterdag 6 April 2024 : • Gholfdag.

Sondag 7 April 2024 :

• Erediens om 09:00. 
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Dag van Danksegging & Verootmoediging.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Teologiese Kweekskool by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Verjaarsdae 2024

31 Maart – Anne-Marie Nel.
1 April – Coreen Botes, Corrie Streicher, Makkie Terblanche.
2 April – Dylan Bothma, Danie du Toit, Werner Fleidl.
3 April – Ilse Broberg, Phillip Cilliers, Robert Crause, Petri Meyer,
Melanie Pienaar, Robert Rudman, Hannetjie Simmelink.
4 April – Nadine Botha, Tinnie Dirks, Brendon Lötter,
Madeleine Vermeulen.
5 April – Riaan van Wyk.
6 April – Stienie Grobler, Lloyd Landsberg, Grete Pretorius,
Elenor Swanepoel, Dawie Uys, Engelize van der Mescht.

Gebedsgids :
Gebedsgidse vir April 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.
Die datums vir die tweede kwartaal is 10 & 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening : 
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 31 Maart 2024
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Erediens van 31 Maart 2024.

  1. Getuienisbediening:
    a) Nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
  2. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Dit is volbring!”.
  3. Gemeente nuus:
    a) Gebedsgids vir April 2024.
    b) Truitjies vir die kindertjies.
  4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

VAKATURE │ Digitale Argiefbeampte (Stellenbosch) –
Halfdag vaste-termyn

Vir meer inligting besoek gerus die Kaapkerk webblad: 
www.kaapkerkadmin.co.za/poste

Sluitingsdatum:  10 April 2024 om 12:00

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of

iets lekkers en kuier saam!

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).

Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.

Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R20 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke

– 082 411 1222. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.

2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of

Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

Kontak ons ook indien u kan help met skenkings vir margerine en “Cook ’n Spray”.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk.

4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help skakel asseblief vir Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN:

Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 /

Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.

7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.

8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na lokaal 6 by die kerk gedurende kantoorure en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by u huis gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.

9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure.

Vicky Barnard – 083 500 5687.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser

– 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.

12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.

Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mosambiek
FEBA Mosambiek en hul direkteur, Bright Sonjera, werk onvermoeid om hul luisteraars hoop en bemoediging te gee. Van luisteraarklubs vestig en besoek, tot ’n landbouprojek bestuur wat weduwees bemagtig en honger mense voed, is die span gedurig aan die beweeg. Hul werk neem hulle in jihadis-gebiede in, waar daar soms op hulle geskiet word. Die span by Radio Nuru, in die noorde, is reg in die middel van die konflik.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Mosambiek hul oë op God sal hou, dat Hy hulle veilig sal hou en hul werk sal seën.