Vandag – Sondag 16 April 2023:
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die ouerpaar wie se baba vanoggend gedoop word: Jaco & Nicole Fourie (seuntjie – Malan).
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Joh. 21: 1 – 14. Die tema van die predeking is: Plekke van onsekerheid?
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Teologiese Kweekskool by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 19 April 2023 :
• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9A (Reebokhoogte) by Johan en Philene Smit, Cowriesingel 15 – 084 500 4296 .
Saterdag 22 April 2023 :
• Dankfees.
Sondag 23 April 2023 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr. Gerrie van Deventer.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Christelike Afhanklikheidsdienste (CAD) by die deure.
Gebedsgidse vir April 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate en lidmaat besoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.
Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Neem asb. kennis dat die kerkkantoor gesluit sal wees op Vrydag, 28 April 2023.
JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
• Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons volgende uitreikdatums vir die kwartaal is op 19 April, 10 en 24 Mei, 7 en 21 Junie.
• Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
• Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:
- Die bekende 2 liter (gevries in ‘n roomysbak) sop voorsiening – bakke is verkrygbaar by die vrieskaste.
- Mengsel droë bestandele, resep hieronder, in twee formate:
- Bestanddele in ‘n glas koffiebottel ofGevries in 2 liter roomysbak
Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar. - ‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.
Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
• Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
• Baie dankie vir die loopraam, rolstoel en krukke wat ontvang is. Daar is nog ’n behoefte vir krukke vir verskeie volwassenes, asook ou selfone vir ons dienswerkers van die getuienisbediening. Indien iemand kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia – 084 783 1308.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA JEMEN
‘n 94-jarige man het onlangs FEBA Jemen geskakel om getuienis af te lê oor hoe hy nou glo in die krag van radio om almal te bereik wat vervolg en onderdruk word. Hy het voortgegaan om te deel hoe hy as ‘n sendingwerker in Jemen in 1954 gedien het, waar hy plaaslike leiers ondersteun en bemagtig het om die Goeie Nuus van Christus te verkondig. Hy het FEBA Jemen bedank vir die werk wat hulle doen om die Evangelie voort te sit en die verlorenes te bereik.
Ons gebed vir die week: Jemen het streng stamwette wat lede verbied om te onttrek. Die straf om ‘n Christen te word, kan verbanning of selfs die dood teweegbring. Bid asseblief dat God elke geheime gelowige en luisteraar van FEBA Jemen sal beskerm en dat die boodskap van Jesus Christus deur die stamme gehoor word.
Moederskamer :
Tans dien die konsistorie ook as moederskamer. Ons vra asseblief u geduld op Sondae wat díé reëling aanbetref. Die kerkraad probeer om op die laatste 08:50 daar uit te wees, sodat die moeders en kinders kan ingaan betyds vir die 09:00 diens.
Ons deurkollekte gaan vandag vir die Teologiese Kweekskool
Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied onder andere opleiding vir studente van verskillende kerke met die oog op die bediening as predikant en jeugwerkers. Die uitdrukking Teologiese Kweekskool dui op daardie afdeling/skool in die Fakulteit Teologie van die Universiteit wat predikante vir die bediening in die NG Kerk oplei. Predikante van die NG Kerk-familie word sedert 1859 hier opgelei. U voorbidding vir beide bedienings- en akademiese vorming van al die studente, die Dekaan, dosente en al die personeel word gevra.
Die webtuiste (nggrootbrak.co.za)
16 April 2023
1. Ererdiensbediening: Skakel na die YouTube Preek van 16 April 2023.
2. Gebedsgidse: Gemeente se April gebedsgids & Radio Feba se April gebedsgids is beskikbaar op die webtuiste.
3. Bybelstudiereeks:
a) Die reeks Visio Divina het ten einde gekom. Indien u verdere dagstukkies van Ronell wil ontvang kontak haar gerus by 083 281 0547.
b) Die Bybelstudiereeks ‘Ons is die Plan: 9 weke van transformasie’ van dr. Frans Hancke sal van 1 Mei 2023 uitgestuur word per WhatsApp groep. Laat weet asseblief per WhatsApp boodskap – 073 319 9807, met die woorde ”9weke”, indien u belang sou stel om op die verspreidingslys te kom.
c) Die weeklikse bydrae: “Stof tot nadenke: Vrede van God!”.
4. Die Afkondigings word weekliks op die webtuiste geplaas.
5. Die QR kode regs bo is om die toegang tot die webtuiste vir almal te vergemaklik.
Dankfees – Saterdag 22 April 2023 om 10:00
Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Kindertafel:
Ons benodig asb. speelgoed, kinder storieboeke, lekkers en gekookte kondensmelk vir die kindertafel – die donasies kan by die kerkkantoor of De Kaap Eiendomme afgegee word. Ons benodig ook mense wat bereid is om lekkernye te maak vir die tafel asb. Ons het nog niks ingekry nie en sal enige hulp waardeer. Pauline Richards – 079 557 8591.
Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie en kaneel), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman – 082 297 3476.
Gebak:
Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana – 084 764 6155.
Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb. ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
S AMEROEPERS
1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R15 & 500 ml @ R30.
Barbara Gericke – 082 411 1222 / Corita du Preez – 084 265 9487.
Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.
2. JAFELS: @ R20 ELK: Daar sal jafels beskikbaar wees. Om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.
3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Amelia – 072 975 0917.
4. PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476.
5. SOSATIES: Sosaties @ R16 elk. Asseblief geen bestellings!
Eddie Drost – 082 920 1829.
6. GEBAK EN TEETUIN:
Liana Boshoff – 084 764 6155 / Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316.
7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.
8. WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.
9. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.
10. POEDING: 350ml@ R15 ELK: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 of Dorette Visser – 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help. Dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerk of kontak Ina Blom – 083 651 4517.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



