Verjaarsdae
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Sondag 22 Maart 2026 : Erediens en Kategese om 09:00 – Kleuterkerk 09:00
Sondag 22 Maart 2026 : Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal
Dinsdag 24 Maart 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 25 Maart 2026 : Blokbyeenkoms van Blok 13 (Suiderkruis) vind om 18:00
Woensdag 25 Maart 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45.
Woensdag 25 Maart 2026: Wolwedans Boodskap Sop en Brood:
Donderdag 26 Maart 2026 : Bloedskenk in die saal 16:00-19:00
Sondag 29 Maart 2026 : Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje GEEN Kleuterkerk of Kategese nie.
11 April 2026 – Gholfdag
15 April 2026 – Bingo vir 60+ jariges
2 Mei 2026 – Gemeentefees
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 22 – 29 Maart 2026




Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 115 gesinne elke tweede week. Die laaste uitreikdatum vir die tweede kwartaal is 25 Maart. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 8 & 22 April, 6 & 20 Mei en 3 & 17 Junie.
Die Getuienisbediening se uitreikarm na Wolwedans begin ‘n kunsvlyt projek en skenkings van die volgende sal ons baie help: skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleurpotlode, naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!
As Christene weet ons dat gebed die asemhaling van die gelowige is. Ons weet ook dat ons niks kan doen sonder die Here nie. Daarom bid ons ook vir die gemeente en vir mense wat siek is of swaarkry, maar ook vir gemeentelike bedrywighede en werk wat gedoen word tot aan die uithoeke van die aarde.
Ons weet dat daar lidmate is wat die gawe van voorbidding het. Daarom wil ons u nooi om, daar waar jy is, as voorbidder in te tree vir gemeentelike gebedsversoeke. Spesifieke gebedsversoeke sal per WhatsApp aan u gestuur word.
Indien u betrokke wil raak tree in verbinding met die kerkkantoor om jou kontakbesonderhede deur te gee. Hierdie gebedsversoeke vervang nie die maandelikse gebedsgids nie. Ons wil egter meer en meer ‘n biddende gemeente wees wat altyd staatmaak op God se leiding en krag. Kom bid gerus saam!
Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)
Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.
Vir meer inligting kontak: Riana Briers – E-Pos Kontak / Riëtte Jansen van Rensburg – E-Pos Kontak .
Neem asb kennis dat ds Charné Viljoen vir ’n paar dae met welverdiende verlof is (tot 27 Maart 2026). Kontak asb u blokleier, die kerkkantoor of vir ds Leon in dringende gevalle.
Schoeman & Etresia Herbst van Groot-Brakrivier: Blok 05 (Kiewietlaan)
Baie welkom by ons gemeente.
“Laat die regverdige hom in die Here verbly en sy toevlug by Hom soek, laat al die opregtes Hom prys” (Ps. 64:11 Afr83).

Die oorlog in die Midde-Ooste het ‘n sterk reaksie in Pakistan ontlok en gelei tot anti-Westerse optogte. Volgens FEBA Pakistan se direkteur hou dit potensieel gevaar in vir gelowiges, want in Pakistan word Christenskap nog gesien as ‘n Westerse geloof en enige anti-Westerse gevoel kan maklik teen Christene draai.
Ons gebed vir die week: Bid vir God se vrede en beskerming oor FEBA Pakistan en ander gelowiges in die land. Vra dat Hy ‘n einde sal maak aan die oorlog in die Midde-Ooste en dat Hy die situasie in Pakistan ook tot bedaring sal bring.
Nuut op 22 Maart 2026

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

My gebed is dat jy moeite sal doen om gesonde verhoudings met alle mense te bou. Hier is God se Woord spesiaal net vir jou.
Teks: “U het die mooiste dinge in die lewe vir my gegee. Ek kan nie uitgepraat raak oor al U wonderlike dinge nie. Dit maak my baie gelukkig.” (Ps. 16:6 – Die Boodskap)
Liewe Vader, baie dankie vir die mooi verhoudings wat U in my lewe geplaas het. Help my om hierdie verhoudings met liefde en respek gesond te hou en te koester.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
My gebed is dat jy vandag in afhanklikheid teenoor God wat die onmoontlike moontlik maak, sal leef. Hier is God se Woord.
Teks:“Alles wat die Here vir my gedoen het, maak my vol vreugde. Hy is die grootste geskenk wat ek nog ooit gekry het. U sorg vir my, Here.”(Ps. 16:5 – Die Boodskap)
Liewe Vader, baie dankie dat U my grootste geskenk is en dat U altyd vir my sorg. Help my om in volle afhanklikheid van U te leef en te weet dat U nooit sal tekortskiet nie.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Ek bid dat jou lewe ‘n getuigskrif vir almal sal wees wat sien dat jy altyd net jou beste gee. Hier is Sy boodskap spesiaal vir jou.
Teks: “Beskerm my, o God, want ek leef uit U hand. U pas my op.” (Ps. 16:1 – Die Boodskap)
Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en oppas. Help my om vandag my absolute beste te gee in alles wat ek aanpak, tot U eer.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Ek hoop en bid dat jy heeltemal tevrede met die dinge wat God vir jou gee, sal wees. Hier is die Here se boodskap vir jou.
Teks: “Here, wie is werd om by U te mag wees? Wie mag in U huis instap, daar waar U spesiaal teenwoordig is?” (Ps. 15:1 – Die Boodskap)
Liewe Vader, baie dankie vir alles wat U vir my gegee het. Help my om jaloesie te laat vaar en tevrede te wees met die goeie dinge wat U in my lewe geplaas het.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Verwag die wonderwerke van God, sien dit raak. Ek bid dat jy dit selfs sal beleef. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.
Teks:“Dit is net ‘n baie dom mens wat dink God is nie daar nie… Ek bid dat die Here Sy kinders sal help. Dit sal hulle bly maak as Hy hulle gee wat hulle nodig het.” (Ps. 14:1, 7 – Die Boodskap)
Liewe Vader, baie dankie dat U altyd uitkoms gee. Help my om U wonderwerke in my lewe raak te sien en te verwag dat U vir my uitkoms sal gee.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Die 60Plusser-Netwerk in sy huidige formaat het afgeskop in Oktober 2025 as ‘n loodsprogram. Die begin was egter baie beskeie, en reeds agt jaar vantevore in ouma Rens se agterplaas in Wolwedans, onder haar wasgoedlyn! Dit was ‘n uitbreiding van die Getuienisbediening se sop uitdeel inisiatiewe. Na haar afsterwe is verskuif na ouma Miemie se kerkie, oorkant die Wolwedans Gemeenskapsaal waar verrigtinge tans weekliks plaasvind.
Die aanvanklike idee dat slegs kwesbare, en meer verswakte bejaardes gehelp sal word by die byeenkomste, het vinnig plek gemaak vir ‘n meer evangeliserende doelwit vir die nagenoeg 24 vroue en 6 mans wat die weeklikse byeenkomste bywoon. Die klem het dus verskuif toe meer 60Plussers, wat nie noodwendig as “verswak” beskou kan word nie, die byeenkomste begin bywoon het. Bemoediging deur Skrifgefundeerde boodskappe, samesang en gebed (in klein groepies) was van die begin af belangrik en gaan steeds so voort.
Bemagtiging deur verskeie sprekers het tydens die loodsprojek plaasgevind. So was daar onder andere ‘n fisioterapeut wat stoeloefeninge kom demonstreer het, verpleegkundiges wat gepraat het oor die voorkoming van beroertes en hartaanvalle en ‘n somatoloog wat oor bekostigbare voedingsrome uit die yskas en tuin kom gesels het. Die voorkoming van kinderverwaarlosing is ook deur ‘n gesoute maatskaplike werker belig. Hierdie tipe bemagtigingsinisiatiewe word in 2026 voortgesit. Aletia Nortje en Karen Kamper van die Getuienisbediening neem hier die verantwoordelikheid.
Praktiese hulp geskied ook steeds deur die koppeling van die byeenkomste met ‘n sopkombuis (‘n projek wat in 2025 ontstaan het by ‘n interdenominale en veelrassige manne-gebedsgroep en wat tans as die Wolwedans Gemeenskapsinisiatief bekend staan). Ander praktiese vaardighede wat geslyp word sluit in brei- en hekel lesse onder leiding van Carin van Ginkel. Ina Meyer, ‘n veelsydige laslappie kunstenaar in ons gemeente, het ook al ‘n paar klasse aangebied. Daar word beoog om eersdaags ook met naaimasjien klasse te begin onder leiding van Anette Cronje.
Daar is heelwat lesse geleer wat aanleiding gegee het tot ‘n meer uitgebreide formaat van aanbieding in 2026. Nuwe inisiatiewe sluit in:
Die 60Plusser-Netwerk onderskryf ‘n holistiese en verhoudingsgedrewe benadering. Die saamwerk oor kleur -en denominale grense heen is kosbaar en oes ‘n ryke skat van welwillendheid en verhoudingsbou in. Daar is ‘n behoefte om meer gestremdes te betrek.
Ons sluit ons Lydenstyd musiek reeks af, op Dag 46 van Lydenstydreeks #VisioDivina, deur te luister na Audrey Assad se weergawe van die bekende “Abide with me” –
Op Dag 45 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n buitengewone weergawe van die “Kyrie Eleison” deur “Chant of the Mystics”. Dit is musiek wat uiters gepas is om stil te sit en te onthou dat Jesus bid: “Vader, vergewe hulle.”
This mystical gregorian melody gives a climpse of what can be found in the core of western spirituality. It is sung in the traditional roman-catholic liturgy, specifically found in the 11th mass music collection, called “orbis factor”. “Kyrie eleison” is greek and translates to “God, have mercy”. This is my personal heartfelt version of the chant. Text & Melody: XI traditional mass “orbis factor”
Instrumental Arrangement & Vocals: Patrick Lenk
Op Dag 44 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n Oos-Ortodokse oggendgebed. Die Engelse woorde van die gebed:
Almighty God,
you are the way, the truth and the life.
You know how few people walk with you in these times.
There are few who emulate you, their head,
in humility and silence, in poverty and purity,
in diligence and patience.
The path of Satan is open and many are walking along it.
Minister to your small flock,
so that they do not become discouraged,
but follow you along the narrow path until the end. Amen
Czarna Madonna, Abba Ojcze, Barka, …
℗ GAMMA
Released on: 2000-01-01
Composer: Various Artists
Lyricist: Various Artists
Op Dag 43 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons “In Remembrance of Me” soos uitgevoer deur Buryl Red and Ragan Courtney.
“In Remembrance Of Me”
by Ragan Courtney
The Faith We Sing, 2254
“For I have received of the Lord that which also I delivered unto you, that the Lord Jesus the same night in which he was betrayed took bread: And when he had given thanks, he brake it, and said, Take, eat: this is my body, which is broken for you: this do in remembrance of me. After the same manner also he took the cup, when he had supped, saying, this cup is the new testament in my blood: this do ye, as oft as ye drink it, in remembrance of me.” (I Corinthians 11:23-25, KJV)
In Remembrance Of Me Eat This Bread
In Remembrance Of Me Drink This Wine
In Remembrance Of Me Pray For The Time
When God’s Own Will Is Done
In Remembrance Of Me Heal The Sick
In Remembrance Of Me Feed The Poor
In Remembrance Of Me Open The Door
And Let Your Brother In, Let Him In
Take Eat And Be Comforted
Drink And Remember Too
That This Is My Body And Precious Blood
Shed For You, Shed For You
In Remembrance Of Me Search For Truth
In Remembrance Of Me Always Love
In Remembrance Of Me Don’t Look Above
But In Your Heart, In Your Heart
Look In Your Heart For God
Do This In Remembrance Of Me
Do This In Remembrance Of Me
In Remembrance Of Me
Reference: https://www.umcdiscipleship.org/artic…
Music: In Remembrance of Me performed by Robert Kochis with Gretchen Harris @ / robert kochis – topic
Video by Joe Hackney from Pixabay @https://pixabay.com/users/josephphack…
Music Notes Image from Canva @https://www.canva.com
Op Dag 42 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n bekende Engelse gesang: “I Give You A New Commandment” deur Bob Hurd.
I give unto you
That you love one another
As I have loved you,
That you love one another
As I have loved you.
By this shall all men
Know you are My disciples
If you have love one to another.
Chorus
I give you a new commandment, that you love one another, love one another, love one another as I have loved you.
Vs. 1
At supper Jesus showed his perfect love, taking the role of a servant. He took a towel and a basin of water and washed the feet of his disciples
Vs. 2
If I, your Lord and Master, wash your feet, so must you do for each other. Thus all will know that you are my disciples, if you have love for one another
Vs. 3
There is no greater love than this, giving one’s life for one’s friend. You are my friends if you do what I command you. I call you friends, no longer servants.
Copyright 2006, Bob Hurd. Published by OCP.
My gebed is dat jy sal verstaan dat alles wat met jou gebeur, so gebeur dat Hy daarvan kennis dra. Ek gee graag hierdie boodskap van God vir jou.
Teks:“Hoe lank gaan U my nog alleen los, Here? Gaan U my aanmekaar vergeet?… Maar ek weet! Op U liefde kan ek staatmaak. In my binneste borrel dit van vreugde omdat U my uit my moeilikheid help.” (Ps. 13:2, 6 – Die Boodskap)
Liewe Vader, baie dankie dat U van alles in my lewe kennis dra. Help my om te onthou dat U my nooit vergeet nie en dat ek altyd op U liefde kan staatmaak.
In Jesus se Naam.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Soos ons die bladsye in ons “Seisoene in die Kerklike jaar“-reeks omslaan, kom ons by ‘n deurslaggewende oomblik aan—die Sondag wat dien as die groot poort na die heiligste week van die Christelike jaar. Palmsondag is ‘n dag van glorieryke paradokse, van triomfantlike lofprysing en ‘n somber profetiese kruisiging. Dit is die dag waarop ons die Koning van Konings sien ry, nie op ‘n oorlogsperd (Open 19) nie, maar op ‘n nederige donkie, verwelkom deur skares wat binne dae stil sou word.
Vir ons vandag, is die begrip van Palmsondag noodsaaklik om die geheel van die Evangelie-narratief te verstaan. Dit is die begin van die einde van Jesus se aardse bediening, en die begin van ons verlossing.
Lees meer “Die Koning wat gekom het om te dien: Die diep betekenis van Palmsondag”Op Dag 41 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na “The Psalm Project” se verwerking van Psalm 45.
Die “Psalm Project” is ‘n musiekgroep wat al 150 psalms met elke enkele vers per psalm nuut getoonset vir ‘n moderne gehoor.
Op Dag 40 van ons Lydenstydreeks, #VisioDivina, kyk ons na ‘n video gerig op Palmsondag. Daar is geen verdere inligting hieroor beskikbaar nie, behalwe dat die kopiereg aan Sharefaith behoort. Die woorde verskyn op die skerm.
Op Dag 39 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na Andrew Marcus, komponis en sanger se “Abide in Me” . Die lirieke verskyn in die video.
Verse 1
I am the Vine you are the branch
Do not forsake Me
Come and reside with Me
And I’ll show you My glory
Abide in Me
Verse 2
I am the bread of life with Me
You won’t go hungry
I am the way I am the truth
Receive My mercy
Abide in Me
Chorus
Stay close don’t let go
For the seed I plant
Brings peace that always grows
Stay close don’t let go
Abide in Me
Verse 3
I am the first I am the last
I hold the middle
I am the door come enter in
To peaceful meadows
Abide in Me
Chorus
Stay close don’t let go
For the seed I plant
Brings peace that always grows
Stay close don’t let go
Abide in Me
Op Dag 38 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die pragtige verwerking van “Is He Worthy” soos uitgevoer deur Michael Sanchez, twee kore en orkes. Besonderse musiek!
Michael Sanchez en die Shadow Mountain Koor en Orkes is deur die Gathering Worship Collective hoërskoolkoor vergesel om een van hul kerk se gunsteling-liedere aan te bied. Dit is die perfekte liedjie om ons perspektief en hoop te gee terwyl ons wêreldgebeure oorweeg.
“Weet julle dat al die duisternis die lig nie sal keer om deur te kom nie? Ons weet.”
📖 “Die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” Johannes 1:5
Shadow Mountain Gemeenskapskerk