Skep asem vir vandag: 30 November 2025

30 November

In jul huwelik dien julle die Drie-enige God saam. Neem God se Woord vandag ernstig op.

Tema: In jul huwelik dien julle die Drie-enige God saam

Teks: “… en die God wat Ma dien, is ook die God wat ek wil dien.” (Rut 1:16 – Die Boodskap)

  • Rut neem afskeid van die afgode van Moab, en begin om die enigste ware God te aanbid.
  • Jy en jou huweliksmaat kan nie God op verskillende maniere dien nie – julle moet Hom saam aanbid en dien.
  • Praat met mekaar hieroor: Op watter drie maniere kan ons God saam aanbid en dien?
  • Jy sal opmerk dat julle verhouding verbeter en alles in plek begin val.

Gebed

Liewe Vader, help ons om in ons huwelik U saam te dien.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.