Nuusflitse Week 5+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 31 Januarie 2024 :
Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Blokbyeenkoms om 16:00 in Blok3
Sondag 4 Februarie 2024 : Erediens om 09:00. Bevestiging en intreepreek ds Charné Viljoen. Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood: 31 Januarie, 14 & 28 Februarie en 13 & 27 Maart

Stof tot nadenke: Op watter stoel sit jy?

Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede mag vind. In die wêreld ervaar julle swaarkry, maar hou moed. Ek het reeds die wêreld oorwin
Joh. 16: 33

In hierdie wêreld is daar baie teenstrydighede. Daar is woede en kwaadpratery. Daar is mooi praat, vleitaal en leuens; en daar is direkte aanvalle. Daar is baie afleidings en daar is baie mense en dinge wat mens weglei van die waarheid van Christus af. Daar is mense wat spog met hulle boosheid soos duidelik uit Ps. 52: 3-4 blyk (“Waarom spog jy oor ‘n bose daad, krygsheld? God se troue liefde is die hele dag daar. Jou tong beplan vernietiging, soos ‘n skerp skeermes, jy wat bedrog pleeg”) en in Spr. 17: 4 maak Salomo ons bewus daarvan om op die uitkyk vir boosheid te wees (“’n Kwaaddoener gee aandag aan lippe vol boosheid; ‘n leuenaar spits sy oor vir ‘n tong vol vernietiging”). Die Psalmdigter waarsku ook teen die leuen (“Maar hulle het Hom probeer oorreed met die mond en het vir Hom bly lieg met die tong” (Ps. 78:36)).

Christus verseker ons egter dat Hy reeds hierdie wêreld en sy boosheid oorwin het (Joh. 16: 33). Wanneer ons reeds in God gebore is, het ons reeds die wêreld oorwin, omdat die Heilige Gees wat in ons is, groter as die leuenaar van die wêreld is (“Julle kinders, is uit God, en het julle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.” (1 Joh. 4: 4)). Elkeen van ons wat Jesus Christus as ons Verlosser aanvaar het, is wedergebore deur die werking van die Heilige Gees. Dis alleen deur hierdie geloof wat ons die wêreld kan oorwin (“…want elkeen wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin – ons geloof. Wie anders oorwin die wêreld as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? Hy, Jesus Christus, is die Een wat deur die water en bloed gekom het – nie net deur die water nie, maar deur die water én die bloed. Die Gees is die Een wat getuig, want die Gees is die waarheid. ” (1 Joh. 5: 5-6)).

Kan die wêreld sien in jou lewe dat jy hierdie waarheid van Jesus Christus glo? Of is jy soos een wat nie kan besluit op watter stoel jy sit nie? Klink jy soos die wêreld omdat jy nog nie heeltemal besluit het of jy in die lig of in die duisternis wil leef nie? Besef jy wat dit beteken dat die koninkryk van God reeds gekom het? Christus het dadelik die leuen kon erken en beheer oor onrein geeste gehad (“Hy beveel selfs die onrein geeste, en hulle gehoorsaam Hom” (Mark. 1: 27)). Christus het ook beheer oor siektes gehad (“…het baie siekes met allerlei kwale gesond gemaaken baie demone uitgedryf. Hy het die demone nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het” (Mark. 1: 34)). Johannes waarsku ons daarteen om na vals gerugte te luister deur dit teen die Woord van God te toets (“Geliefdes, moenie elke gees glo nie, maar toets die geeste of hulle van God kom, want daar is reeds baie vals profete in die wêreld. Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus Christus vlees geword het, is uit God, en elke gees wat dit nie bely nie, is nie uit God nie, maar is die gees van die antichris, van wie julle gehoor het dat hy kom, en wat nou reeds in die wêreld is.” (1 Joh 4: 1-4)). Laat ons dan die goeie raad van Rom. 12: 21 aanvaar (“Moenie dat die kwaad jou oorwin nie, maar oorwin die kwaad met die goeie”).

Laat ons die wêreld wys op watter stoel ons sit. Laat ons die lig van Jesus Christus aan die wêreld vertoon deur nie afbrekende woorde te uiter nie, maar ander opbou deur die liefde wat deur die Vader, die Seun en die Heilige Gees in ons lewens bewerk is (“Nie ‘n enkele afbrekende woord moet uit julle mond kom nie, maar eerder ‘n woord wat goed is vir noodsaaklike opbou, sodat dit voorspoed mag bring vir diegene wat dit hoor” (Eff. 4: 29)). Ons hoef nie te vrees nie, want soos Job noem, hoef ons nie te vrees vir die verwoesting, wanneer ons op die stoel van geloof sit nie (“Wanneer die tong gesel, word jy weggesteek, jy hoef nie te vrees vir verwoesting wanneer dit kom nie” (Job 5: 21)). Laat daar nie van ons gesê kan word dat ons God slegs eer met die lippe nie, maar hulle harte is ver van My af (“Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle harte is ver van My af; tervergeefs vereer hulle My, want hulle onderrig as leerstellings die voorskrifte van mense.” (Matt. 15: 8-9)). Want ons gedagtes, woorde en werke sal ons veroordeel voor God (“Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het iets wat hom veroordeel; die woord wat Ek gespreek het, dit sal him in sy laasate dag veroordeel” (Joh. 4: 48)).

Laat ons gedagtes, woorde en opregte werke vir ons getuig dat ons die stoel van God se Liefde gekies het (“Ons is uit God, en wie God ken, luister na ons. Wie nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit herken ons die waarheid en die gees van die dwaling” (1 Joh. 4: 6) en “Dit is My gebod: Julle moet mekaar liefhê, net soos Ek julle liefgehad het. Groter liefde as dit het niemand nie, dat iemand sy lewe aflê vir sy vriende.” (Joh. 15: 12-13)). Wie in die Seun van God glo het die nodige getuienis in hom (“Wie in die Seun van God glo, besit die getuienis in homself, wie God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy nie die getuienis geglo het wat God oor Sy Seun gelewer het nie” (1 Joh 5: 10)), en die getuienis is dat Jesus Christus die Seun van die ware God is (“En dit is die getuienis: dat God die ewige lewe vir ons gegee het, en dié lewe is in Sy Seun. Wie die Seun het, het die ewige lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” (1 Joh. 5: 11-12)).

Nuusflitse Week 4+ van 2024

Nuusflitse

Dinsdag 23 Januarie 2024 : Bybelstudieleiers kom in konsistorie bymekaar om 10:00.
Woensdag 24 Januarie 2024 : Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Blokbyeenkoms om 16:00 in Blok 13 (Groenkloof) & Blok 2 (Reeboksfontein & Sandhoogte) in die eetsaal van Groenkloof.
Donderdag 25 Januarie 2024 : Bloedskenk-geleentheid vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
Sondag 28 Januarie 2024 : Erediens om 09:00. Prediker: ds Danie Goosen. Kategese.
Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal
Wolwedans uitreik 31 Januarie, 14 & 28 Februarie en 13 & 27 Maart en na 17 Jan se uitreik is ons vrieskaste dolleeg.

Afkondigings 14 – 21 Februarie 2024

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 21 Januarie 2024 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:

Wiehann & Claudia van der Walt (dogtertjie – Isabella van der Walt).

  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Sam 3: 1-10.

Die tema van die prediking is: Soveel stemme?

  • Kategese.
  • Voorstelling van Kerkraadslede:

Ouderling: Johan du Toit Blok 12A

Diakens: Madeleine Vermeulen Blok 5C&D

Ilse du Toit Blok 12A

  • Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Januarie nie.
Lees meer “Afkondigings 14 – 21 Februarie 2024”

Sendingnuus: Missie Japan – INTER-CHURCH INITIATIVEs AFTER EARTHQUAKE

RELIEF EFFORTS

INTER-CHURCH INITIATIVEs AFTER EARTHQUAKE

The RCJ Diaconal Action Comitee (representing the Reformed Church in Japan) on which I serve, keep on supporting and are raising funds for long-term support, in close cooperation our local leaders at RCJ Kanazawa church (as mentioned in my previous newsflash). Primary relief efforts are ongoing amid snowy weather and includes the distribution of gasoline/kerosene oil cans, water, heaters, clothes, etc. Rev. Hideyuki Urushizaki and his wife regularly visit evacuation centres close to their church with supplies, and are also trying hard to reach the worst hit areas in Wajima. This relief work is done alongside Japan’s Self-Defence Force initiatives, as well as the newly established Christian (inter-denominational) organisation called ‘NOTO HELP’ (https://www.facebook.com/notohelp ). At its second meeting para-church support groups like Crash Japan, Hunger Zero and other organisations, that have been supporting the affected areas, also attended. With their experience and knowledge, cooperation to set up a coordinated support system was rapidly strengthened. Rev. Urushizaki also fulfills a strategic role (finance secretary) on the steering committee of NOTO HELP (能登ヘルプ). Please pray with us for these efforts, and for our brothers and sisters on the frontline who make the light and compassion of Christ shine in the aftermath of the recent earthquake. The recovery process is tough and there is a long, challenging road ahead.  May God’s grace and peace sustain all involved! Stéphan
78e RCJ Sinode in Kobe, waarby die Vredesverklaring aanvaar is
Storage space with relief supplies Photo credit, also for photos here below: https://www.facebook.com/notohelp)
Logo
Copyright (C) 2024 Mission Japan. All rights reserved.

Our mailing address is:
Shobu Ga Oka 3-1-3, Kita Ku, Kobe City, JAPAN, 651-1306

Sendingnuus Madagaskar: The week 7 January 2024

Dries and Thomas have just left to move Gabriel to the north of the island and not without the usual bit of drama. The rain came down heavily as Dries headed out to the boat. We don’t have a dinghy anymore and the kayak was not really made for more than one person or luggage. Anyhow, they made it onto the boat just as the sea turned a bit rough and had to wait a while for the weather to improve before they set off.

Belal, the second cyclone of the season is building up strength in the Indian Ocean and heading straight for Mauritius. The name sounds rather ominous and the wind is predicted to gust at about 170km/h. That is why we are having all this rain at the moment.

Please pray that Gabriel will reach the other side of the island safely and that there won’t be strong wind until the boat is out of the water on Tuesday morning. I’ll be at school early tomorrow morning to see that the guys who will fix the roof have all that they need. Please pray for God’s guidance and protection for the next couple of days.

God bless!

Gabriel Update

January 16th

The rain is coming down incessantly. The hight tide for Gabriel’s removal from the water came and went this morning as the sea was simply too rough. We would have to try again tomorrow morning as the high tide is now rapidly decreasing. Bruno, the boat yard owner does not want to attempt it at less than 3m. Tomorrow would still give us that window. The complication is that the boat cannot come back to Crater where it was before, but to stay up in the north for an extended period of time, will also be problematic weather wise. Dries would have to remain there with Gabriel and with the crisis at school, we simply don’t know what to do. We feel under a lot of pressure at the moment.Please pray for a solution. Thank you for your love and encouragement.

Ooievaarstee vir Nadia

Die oggend van 13 Januarie was vir Nadia, wat gedink het sy gaan ‘n Kerkraadsbraai bywoon,’ n lekker verassing. Die geleentheid was gesellig en met smaak deur die Gasvryheidsbediening aangebied vir die vroue, terwyl die mans om ‘n braaivleisvuur saam gekuier het. Ds. Danie moes ook sy vernuf met doeke omruil wys.

Die geskenke het heelwat plesier verskaf. Die predikants-paar wil almal bedank vir hulle bydraes vir die klein Goosen’tjie wat binnekort die lig gaan sien.

Stof tot nadenke: Na wie se stem luister ons?

En nou vertrou ek julle toe aan God en sy woord van genade, Hy wat die mag het om op te bou en aan julle onder almal wat geheilig is, ‘n erfenis te gee.
Hand. 20: 32

Dr Frans Hancke se preek van 7 Januarie 2023 het dit so mooi gestel: “Ons moet God hoor asemhaal; so naby moet ons aan God leef.” Dis alleen wanneer ons in God se teenwoordigheid leef dat ons so naby aan Hom kan wees dat ons daagliks sy asemhaling kan hoor. Soos Christus dit so mooi stel in Luk. 8: 21 (“Wie na die woord van God luister en dit gehoorsaam, hulle is my moeder en broers.”) en Luk. 11: 28 (“Ja, maar waarlik gelukkig is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou”).

Hoe weet ons egter dat dit wel God se stem is wat ons hoor? Hoe weet ons dat ons nie na vals profete luister nie? Daar is ‘n paar verwysings na die stem van God, soos bv. In Ps. 29: 3-9 (“Die stem van die Here is oor die waters, die God van heerlikheid laat dit dreun, die Here is bo die magtige waters, die stem van die Here is glansryk. Die stem van die Here breek seders, dir Here versplinter die seders van Libanon. Hy laat hulle bokspring soos ‘n kalf, Libanon en Sirjon soos jong buffels. Die stem van die Here splyt rotse met vlamme. Die stem van die Here laat die woestyn bewe, die Here laat die woestyn by Kades bewe. Die stem van die Here laat wildsbokke lam, dit stroop bosse kaal”) gee die Psalmdigter ‘n weergawe van hoe hy die Stem van God ervaar; deur die waters se gedreun; in die natuur gebeure; in die seisonale siklus van lewe; maar meeste van al dat God in beheer is van alles. Ook Jeremia gee die belofte dat ons na God se stem luister, sal Hy vir ons ‘n God wees (“’Luister na my stem, dan sal Ek vir julle ‘n God wees, en julle sal My volk wees!” (Jer. 7: 23) en “Luister na My stem en tree op ooreenkomstig alles wat Ek julle beveel. Julle sal dan My volk wees, en Ek sal julle God wees.” (Jer. 11: 4)). Jeremia neem God se stem en teenwoordigheid waar in die gedruis van waters in die hemel, waar Hy die wolke laat opstyg het volgens sy skepping (“in Sy stem, wanneer Hy dit laat hoor, is daar die gedruis van water in die hemel. Hy laat stapelwolke opstyg aan die einde van die aarde; Hy maak weerligstrale vir die reën; Hy laat die wind vry uit sy vooraadkamers”(Jer. 51:16))

Met Jesus Christus se doop deur Johannes, het God dit vir ons duidelik kom maak dat Jesus nou sy stem op aarde geword het, waarna ons moet luister (“Terwyl hy (Johannes die doper) nog praat, het ‘n helder wolk skielik ‘n skaduwee oor hulle gegooi, en kyk, ‘n stem uit die hemel sê: “Dit is my geliefde Seun, oor wie Ek my verheug, Luister na Hom. ”(Matt. 17: 5)). Ook in Joh. 5: 37 noem Christus aan ons dat die Vader hom gestuur het. (“En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gestalte gesien nie. En julle het sy woord nie blywend in julle nie, omdat julle wat Hy gestuur het, nie glo nie” (Joh. 5: 37)). Mag elkeen van ons dus deel daaraan om een van Christus se kudde te wees, want dan sal ons na Sy stem luister (“My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal tot in ewigheid nooit verlore gaan nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. ” (Joh. 10: 27-28)). Wanneer ons na Sy stem luister sal ons bestaan in die waarheid gegrond wees (“Elkeen wie se bestaan in die waarheid gegrons is, luister na My stem” (Joh. 18: 37)). Dit is waar en seker van Christus dat Hy van die begin af by God was (“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God” (Joh. 1: 1)).

Laat ons, onsself dus nie mislei deur die bekommernisse van hierdie wêreld en die verleiding van rykdom nie, want dit verstik die stem van God (“…maar die bekommernisse van hierdie wêreld, die verleiding van (aardse) rykdom en die begeertes na allerlei dinge dring in en verstikdie woord, en dit bly sonder vrug…” (Mark. 4: 19)), want ons het die belofte van Christus dat ons die ewige lewe het, indien ons na Sy Woord luister (“Ek sê vir julle : Wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en vir hom is daar geen veroordeling nie, maar hy het uit die dood na die lewe oorgegaan.” (Joh. 5: 24)). Mag daar ook van ons gesê word dat ons die Woord van God waarlik as Sy Woord aanvaar het (“En daarom dank ons God onophoudelik dat julle, nadat julle die woord van God van ons ontvang het, dit nie as ‘n woord van mense aanvaar het nie, maar waarlik as die Woord van God.” (1 Tes. 2: 13)), sodat ons God met krag kan dien (“As iemand aan die woord is, laat dit soos die woorde van God wees; as iemand dien, laat dit wees vanuuit die krag wat God voorsien, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort, vir ewig en ewig.”(1 Pet. 4: 11)) as bewys dat ons deur die Heilige Gees gedoop is (“Ek het egter die woord van die Here onthou, toe Hy gesê het, Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.” (Hand. 11: 16)). Laat die wêreld ervaar dat ons die stem van God hoor deurdat daar geen afbrekende woorde uit ons monde kom nie, maar slegs opbouende woorde. (“Nie ‘n enkele afbrekende woord moet uit julle mond kom nie, maar eerder ‘n woord wat goed is vir noodsaaklike opbou, sodat dit voordeel mag bring vir diegene wat die hoor. ” (Eff. 4: 29)); en mag God ook van ons kan sê “Ek ken jou dade. Kyk, Ek het voor jou ‘n oop deur gegee, wat niemand kan sluit nie. Al is jou krag min, het jy vasgehou aan my woord, en het jy my Naam nie verloën nie.” (Open. 3: 8).

Dit alles is moontlik deur die Liefde van God die Vader, die genadegawe van Jesus Christus se kruisdood, en die bystand van die Heilige Gees.

Nuusflitse Week 3+ van 2024

Nuusflitse
  • Woensdag 17 Januarie 2024 :Kooroefening – 17:15 by die orrel.
  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 1 (Gonnakraal, Sorgfontein & Vlakte)
  • Sondag 21 Januarie 2024 : Erediens om 09:00. Prediker: ds Danie Goosen. Kategese. Doop. Voorsteling van Kerkraadslede
  • Rek en strek oefEninge vir seniors : Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00
  • Kategese begin weer vanaf 21 Januarie 2023
  • Ons blokbyeenkomste begin weer vanaf Woensdag 17 Januarie 2024 om 18:00
  • Wolwedans boodskap, sop en brood 17 & 31 Januarie, 14 & 28 Februarie en 13 & 27 Maart
  • Bybelstudiegroepleiers vergader Dinsdag 23 Januarie om 10:00

Lief en Leed Week 3 van 2024

Lief en Leed

Verjaarsdae

1 Januarie – Heather Beukes, Gert Combrink, Wendy de Villiers, Odi Jansen van Rensburg, Kobus Klue, Pierre Lombard, Stoffel Maritz, Elize Oosthuizen, Willem van Langelaar, Ben Vermooten.

2 Januarie – Chris Bouwer, Hannetjie Engelbrecht, Burger le Roux, James Robb, Ockert Steyn, Louisa Wassenaar.

3 Januarie – Fred Maree.

4 Januarie – Belinda Botha, Elza Burger, Mila Esterhuizen, Christo Smith, Koerie Terblanche.

5 Januarie – Simonè Botha, David Bridges, Nadia Esterhuizen, Basie Fourie, Ali Schipper.

6 Januarie – Martha Genis, Marcelle Janse van Rensburg.

7 Januarie – Marcel du Plessis, Lea Fourie, Jan Jordaan, Sue Nel.

8 Januarie – Soné Barnard, Flaffie de Jager, Issie de Kock, Chloë du Toit, SP du Toit, Derek Steyn.

9 Januarie – Dorette Drost, Benita Erasmus, Jan Roets, Berna Terblance, Elmer van den Berg.

10 Januarie – Anita Bosman, Kobus Huysamen, Annatjie Strydom, Leon van der Mescht, Elsie van Staden.

11 Januarie – Hannatjie Cronje, Rolina Lerm, Trysie Schoerie, Elsabé Viljoen.

12 Januarie – Henriette Albertyn, Gerno Coetzer, Amy Fourie, Anzelle Gonse, Johan Pretorius.

13 Januarie – Marie Jordaan, René Klopper, Marie Labuschagne, Lida Marais, Balti Steenkamp, Sarel Venter.

14 Januarie – Monique de Wet, Lizette Delport, Christo Kitching, Sonica Meyer, Hanje Steyn,

Elize Terblanche, Marinda Theron.

15 Januarie – Pieter du Plooy.

16 Januarie – Liané Boshoff, Rika van der Hoven.

17 Januarie – Marié du Pisanie.

18 Januarie – Siemie Botma, Armand de Lange, Mike de Lange, Derick Jooste.

19 Januarie – Lynne Burmeister, Susan Jordaan, Jeannie Koorsen, Bennie Oosthuizen.

20 Januarie – Laela Cloete, Chris Hancke, Rolette Lotz.

21 Januarie – Herman Krynauw.

Sterftes

Dis met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe op 9 Januarie van Aletta Nepgen: Wyk 13C (Groenkloof). Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan sy geliefdes, mag die Here u troos en bystaan in hierdie moeilike tyd.

9 Januarie – Aletta Nepgen: Wyk 13C (Groenkloof)

Afkondigings 14 – 21 Januarie 2024

Afkondigings

Sondag 14 Januarie 2024 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 1: 1-8.

Die tema van die prediking is: Ongebaande weë.

  • Spesiale Offer vir Jan Kriel Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
  • Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Januarie nie.
Lees meer “Afkondigings 14 – 21 Januarie 2024”

Sendingnuus Madagaskar: Step by Step Page by Page

Dries, Norbert and Antonin started on Vola’s classroom today. It had the least damage and was the logical first step. Norbert and Antonin accomplished a lot yesterday by removing all the corrugated sheets that were folded over as well as the wood that it was attached to. We should be able to re-use most of the sheets, but many of the beams snapped like twigs.

I was the designated book dryer today. We managed to save a lot of stuff yesterday and the process continued today. The sun was out for most of the morning and I took the most damaged books and dried the pages one by one. It will take another day or two, but it works remarkably well. The reasons why we have to save as many of the text books as possible are that these books have become so expensive and hard to come by and the current government has not printed a single new text book in what must be almost ten years. I won’t be exaggerating when I say that we are the only Malagasy school on our island where our students have access to a printed book even if they have to share.

Dries and I feel much better today. Thank you for all the encouraging messages and prayer. We pray that some of the classes could return by the end of next week.

E-posadres: lynettedj@gmail.com
Bank: ABSA, Lynette de Jager, Rekeningnr: 1410142909, Takkode: 632005

Sendingnuus Madagaskar: The Week 1 January 2023

2021-12-28 Madagaskar Lynette en Dries

The first week of 2024 went by quietly. My new diary for this year was inaugurated by filling the next week with loads of ‘to do lists’. On Friday, we paid a visit to the boat yard to make sure that everything will be ready for Gabriel’s move onto terra firma. Please make a note in your diary for Tuesday 16 January. The tide will be at its highest at about 7:30 local time and therefore the best time for the move. We are still trying to decide how we’ll organise ourselves to go and live on site while we work. It was decided that it would be best to dig a French drain and use that with the onboard toilet. There are no other facilities and I definitely draw the line at going local and finding a suitable spot on the rocks at low tide. There are limits to roughing it….

Dries has to focus on getting the outboard motors to run perfectly. Thomas is here for a visit from England and he’ll take the boat around with Dries on Sunday morning. I have to load the Land Rover with all the supplies and go to the boat yard early on Tuesday morning. So, lots of details to consider.

I decided to try my hand at making videos this year. We want to share this journey of repairing Gabriel with you in a more visual way. I admit that I have no skills in that department. I tried to figure out how to post a vid on the blog, so some of you might have wondered why there was a video which did not work. I hope to overcome! The fact that Jirama cuts the electricity regularly and for sometimes up to twenty-four hours, does not help. One of the local passtimes is to speculate about the particular reason of these cuts. Politiky! Politics, with a roll of the eyes and a click of the tongue is the default explanation and of course covers a multitude of sins.

God bless and have a super week.

Sendingnuus: Missie Japan: Rampspoedig

RAMPSPOEDIG

2024 begin met reuse uitdagings
Reddingswerkers probeer help naby Anamizu in Ishikawa provinsie (Foto krediet: Japan Times –  http://tinyurl.com/49w3ev5u)
Beste Ondersteuner,
Beste Ondersteuner, 
Aardskuddende afskop in 2024
‘Ramspoedige Nuwejaar!’, is nié wat jy wil hoor op die eerste dag van Januarie nie. Nuwejaarsdag is normaalweg ‘n feestelike dag om iets te doen wat jy elke jaar geniet. Vir miljoene mense in Japan is die eerste drie dae van Januarie gewoonlike ‘n sonderlinge kans om saam met familie deur te bring. En om saam spesiale disse te geniet en laaaang verkeersknope rondom winkel- en tempelbesoeke te trotseer. Rituele wat oudergewoonte vir Japannese ‘n voorspelbare ritme tuisbring.  Maar 2024 het vir duisende mense in die Ishikawa en Niigata provinsies (Noto skiereiland en verder) op ‘n onvoorspelbare, aardskuddende noot begin. Meer rampspoedig as voorspoedig. Traumaties, ontwrig en gevul met verlies. Soektogte vir oorlewendes gaan voort, maar meer as 80 mense is reeds dood en meer as 500 beseer. Duisende huise en ander geboue het inmekaar getuimel en baie paaie is oopgeskeur en omgedolwe, wat reddingswerkers se pogings bemoeilik. Onsself is ongedeerd en ver van die gebied waar die aardbewing se oorsprong was, maar nie onaangeraak nie. Ons is diep bewus van die nood en in solidariteit met dié wat daaronder ly. Herinneringe van soortgelyke rampe (20112016 en 2018) waarby ons betrokke was, is nog vars in ons geheue. Daar is twee RCJ gemeentes by wie ons—as deel van die RCJ sinode se diakonale aksie komitee—betrokke is. Deur middel van twee plaaslike leraars in die rampgebied, is ons ore op die grond om te hoor waar ondersteuning benodig word. In die snerpende winterkoue het ds. Hideyuki Urushizaki (RCJ Kanazawa gemeente) byvoorbeeld die afgelope week deurentyd komberse, flitse, water, kos asook ander middele vanuit die gemeente help uitdeel waar nodig. Hy is ook besig om op allerhande maniere die veiligheid en versorging van veral ouer lidmate en andere te probeer verseker, terwyl Japannese weermag personeel en ander reddingswerkers onverpoos help. Sommige ander kerke in die Wajima gebied is ook erg beskadig en heelwat lidmate se huise is vernietig. Ons diakonale komitee is besig om volgende stappe van ondersteuning te ondersoek.    
Dubbele ramp lê ons weerloosheid bloot
Vanjaar se begin het my opnuut laat besef daar is baie tipes rampe in ons lewens. Daar is gebeure waarvoor ons onsself kan probeer gereedmaak en voorberei, deur paraat en weerbaar te probeer wees. Tot ‘n mate. En dan is daar dié rampe wat ons menslike grense totaal oorweldig en ons ongevraagd meesleur.Een dag ná Maandag se aardbewing was daar ‘n seldsame vliegtuig ramp in Tokio. Alle ondersoeke dui op iemand se nalatigheid. ‘n Kommunikasie gaping tussen Haneda lughawe se terminaal toring en die loods van ‘n klein reddingsvliegtuig het ‘n botsing veroorsaak tussen dié een en ‘n inkomende vliegtuig. Japannese vlugpersoneel (op die inkomende vliegtuig) se kalmte en fokus in die (letterlike) hitte van die oomblik, het ‘n wonderbaarlike noue ontkoming moontlik gemaak. Die haarfyn lyn tussen lewe en dood, vir 379 mense aanboord die brandende vliegtuig, is bepaal deur die foutlose ontruiming. Vyf kuswag reddingswerkers—wat oppad was na die aardbewing rampgebied vir noodlenigingswerk in die kleiner vliegtuig—het ongelukkig nie die dood ontsnap nie.  
Ondersteuning, hoop en gebed
Die nagevolge van hierdie rampe is verreikend en uiteenlopend. Bid asb. saam vir die geteisterdes, veral vir die mees brose slagoffers: bejaardes, gestremde persone, baba’s en geïsoleerdes. Meer as 32000 mense is in tydelike skuilings in Ishikawa provinsie en die ergste winterkoue en sneeu is oppad. Die trauma en skok laat diep wonde, psigies-emosioneel en fisies. Bid ook vir reddingswerkers vir krag en wysheid, en vir Christene se getuienis in woord en daad. Ons is in die tyd van Epifanie. Die Lig, wat opnuut onder ons kom woon het die afgelope Kersfees, (ver)skyn helder in die donkerste nag. Selfs die diepste, oënskynlik hopelose verwoesting wat rampe voor ons slinger, kan Christus se Lig nie uitdoof nie. Psalm 46 se woorde weerklink ook in ons gedagtes: God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur sy onstuimigheid. Mag die Here jou vanjaar omvou met Sy genaderyke teenwoordigheid in alles, tydig en ontydig, rampspoedig en voorspoedig. Vrede, Stéphan, Carina en gesin (ook namens ds. Tobie en Annalie de Wet in Niihama)
78e RCJ Sinode in Kobe, waarby die Vredesverklaring aanvaar is
Soektog na oorlewendes duur voort (Foto krediet (ook hieronder): Japan Times –  http://tinyurl.com/49w3ev5u)
Facebook icon
LogoCopyright (C) 2024 Mission Japan. All rights reserved.

Our mailing address is:
Shobu Ga Oka 3-1-3, Kita Ku, Kobe City, JAPAN, 651-1306

Sendingnuus uit Madagaskar: Lynette: The Week 24-12-2023

The last blog post of the year. As Dries and I reflected on all that came to pass during this year, we were in agreement that a lot of things came together right at the end.

The new classroom looks really good. There was a time when we almost gave up on it; trying to find people to deliver quality work and the time constraint, proved to be challenging. Norbert, Antonin, Vola’s husband, ex-student Bruno and Jeancris one of PM’s workers really gave it their all and worked long hours. Dries finished the gutters and made two of the neighbours very happy by installing pipes and 200 litre containers for them to be able to benefit from the water coming off the huge roof of the school. After more than a year at the new school, people are finally beginning to accept us and this is definitely because Dries made the extra effort to build relationships with them. I did loose my cool with some of them from time to time, but in the end it is all part of the spiritual battle. We are encroaching on evil’s territory and that always brings problems.

The other prayer request which was answered right at the end of 2023 was the matter of Gabriel. Everything is now in place for the removal of the boat from the water between 14 – 16 January. Please pray with us that the damage to the boat will be repairable within six months. Our whole routine and focus will have to be adjusted for the next year as the repair of Gabriel is vital to our ministry.

You’ll remember that one of the reasons for my visit to South Africa was to write the DELF B1 French exam. I don’t think that I have ever been so nervous about any exam, so it was a relief when I received my results just before Christmas. Almost full marks, so I feel more positive now for the next level.

We wish you all a blessed 2024. Thank you for your love and support. Dries and I have hearts filled with gratitude when we see what God has done this past year. Thank you for being a part of His work on our island.