Sondag 14 Julie 2024 :
• Getuienisnaweek Afsluiting & Nagmaal.
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan
ds Hendrik Saayman wat vanoggend se erediens lei.
• Nagmaal – Ds Charné Viljoen.
• GEEN Kategese.
• Spesiale offer vir Sendelinge wat deur die gemeente ondersteun word by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 17 Julie 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Donderdag 18 Julie 2024 :
Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 18 Julie vanaf 15:00 tot 19:00
in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.
Sondag 21 Julie 2024 :
• Prediker – Ds Charné Viljoen. • Groenkloof prediker – Ds Danie Goosen. • Kategese. • Sinodale offer vir Studentebearbeiding by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Bybelblokraaie :
Bybelblokraai 7 & 8 is beskikbaar in die voorportaal asook by die traliehek van die kerkkantoor.
SNAPSCAN
Daar is nou SnapScan QR kodes beskikbaar op die kerkbanke vir u om maklik en vinnig dankoffer betalings na die kerk te maak indien u daarvan sou wou gebruik maak.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 24 Julie, 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
Getuienisbediening DANKIES :
Baie dankie vir die skenking van ’n splinternuwe baba stootwaentjie!
U goedhartigheid word opreg waardeer!
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Sop & sjerrie en kuieraand
(Ten bate van Hartenbos Versorgingsoord)
Dinsdag, 23 Julie 17h30 by Hartenbos Versorgingsoord
Kaartjies @ R60 beskikbaar by Johan Botha: 082 573 5537 of Hartenbos Versorgingsoord se kantoor.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
14 Julie 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 14 Julie 2024.
2. Getuienisbediening:
a) Die weeklikse nuusbrief van Madagaskar is beskikbaar.
b) Videos van al die sprekers en predikers van die Getuienisnaweek sal deur
die week deur middel van skakels op die webwerf gelaai word.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Luister, dink daaroor, doen en praat…”
4. Gemeentenuus:
Bybel Blokkiesraaisels sal voortaan beskikbaar wees in die voorportaal asook
by die traliehek van die kerkkantoor.
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314




