Sondag 21 Julie 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Prediker – Ds Charné Viljoen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Mark 6:30-34, 53-56.
Die tema van die prediking is: Splachnitzomai.
• Kategese.
• Sinodale offer vir Studentebearbeiding by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof prediker – Ds Danie Goosen.
Woensdag 24 Julie 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 28 Julie 2024 :
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Kategese.
• Doop.
• Sinodale offer vir Gemeentebediening by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 24 Julie, 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
• Getuienisbediening DANKIES :
Baie dankie vir die skenking van ’n splinternuwe baba stootwaentjie!
U goedhartigheid word opreg waardeer!

Dankies
Bloedskenking :
Die bloedskenking op 18 Julie 2024 het 63 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 71 mense (waarvan 5 nuwe skenkers was) wat opgedaag
het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel
wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Getuienisnaweek :
Graag wil ons elkeen wat betrokke was by die Getuienisnaweek uit ons harte uit bedank! Die naweek was ’n reuse sukses en ons kon dit nie sonder
elkeen betrokke se harde werk en insette doen nie.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
21 Julie 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 21 Julie 2024.
2. Getuienisbediening:
‘n Gees-gevulde naweek: Oorsig van die Getuienisnaweek 2024.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Keuses…”
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.


Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


