Afkondigings 26 November 2023 – 3 Desember 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier
Vandag – Sondag 26 November 2023 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Jesaja 9.
Die tema van die prediking is: Soekers kan vind.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Kerssangdiens om 19:00
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Spesiale Offer by die deure tydens kerssangsiens vir:
NG Kerk Burgersdorp ter herstelwerk aan brandskade,
asook aan plaaslike bejaardesorg.
• U is welkom om iets te drinke en ete na die diens in die kerksaal saam met ons te kom geniet.
Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 14 November 2023, is ds Charné Viljoen van NG Pellissier in Bloemfontein beroep na Groot-Brakrivier.
Woensdag 29 November 2023 :
• Daar is GEEN kooroefening tot verdere kennisgewing nie.
Donderdag 30 November 2023 :
Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 30 November 2023 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.
Sondag 3 Desember 2023 :
• Erediens om 09:00
• Prediker: ds Danie Goosen.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Hugenote-Kollege by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Desember nie.
Groenewaldfonds
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Desember 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
VUL ’N FLES VIR KERSFEES – Omgeebediening: Desember Kerspakkies
In die voorportaal is ’n houer met leë koffieflesse. Neem een en vul dit met lekkers, koekies of enige iets wat daarin pas – maak ’n hart bly! Bind ’n strikkie om of versier die bottel.
Bring asb terug voor Maandag 4 Desember. Plaas weer terug in houer of gee in by die kerkkantoor gedurende kantoorure.
Omgeebediening :
Baie dankie aan elkeen wat op welke wyse ’n bydrae die afgelope jaar gelewer het.
Ons is steeds dankbaar oor enige bydraes soos kruideniers, beddegoed, gordyne, ens.
Ons het altyd ’n tekort aan kinderklere. Moedig asb die kinders en kleinkinders wat die vakansie kom kuier aan om vir ons hulle “ou” klere saam te bring. Dit sal ons baie help.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en en brood se uitreike vir die laaste deel van die jaar geskied op 29 November en 13 Desember. Ons wil vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek.
Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Daar is ook ‘n deurlopende behoefte aan sop (2 liter verpakking of 250 gram
koffiebottel droë bestanddele) vir die 100 gesinne wat ons tans elke tweede week ondersteun.
◦ Kersprojek – een van ons groot borge van die afgelope
twee jaar het hul deelname aan die 2023 Kersprojek onttrek en benodig ons tans ten minste nog R 35 000 om vir 100 gesinne (R500 elk) en 50 kinders (R 50 elk) ‘n geskenkpakkie te gee. U ondersteuning vir hierdie projek in ons gemeenskap sal baie waardeer word en die sluitingsdatum vir kontant bydraes is 1 Desember 2023.
Een van ons dienswerkers benodig ’n selfoon. Indien iemand ’n selfoon, wat in ’n werkende toestand is, kan skenk kan u dit asseblief by die kerkkantoor indien tydens kantoorure.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.
- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se Etniese Bediening
FEBA poog om die evangelie in elkeen se moedertaal, aan alle mensegroepe beskikbaar te stel. Spanne werk daaraan om preke te vertaal en nuwe inhoud te skep in verskillende etniese tale wat deur minderheidsgroepe, soos die Yao of die Hmong, gepraat word.
Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA se personeel wysheid sal gee in die skep van programme vir etniese minderheidsgroepe, en dat Hy geleenthede sal voorsien vir die programme om mense in afgeleë gebiede te bereik. Bid ook dat Hy luisteraars se harte sal voorberei om die Goeie Nuus te ontvang.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
26 November 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 26 November 2023.
2. Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “‘Koninkrykstyd en Danksegging.”
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Mag die Raadsman u lot beslis wanneer u nie herwaarts of derwaarts weet nie.
Mag die Ewige Vader u koester en vashou wanneer u eensaam is.
Mag die Magtige God doen ver bo wat u bid of dink.
Mag die Vredevors vir u vrede bring in ’n onstuimige gemoed.
Mag u ’n geseënde feesseisoen ervaar!

KERKRAADSVERGADERING
Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 14 November 2023 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:
Ouderling:
Johan du Toit Blok 12A
Diakens:
Madeleine Vermeulen Blok 5C&D
Ilse du Toit Blok 12A
Lief en Leed
Ons gemeente wil graag ‘n familie van gelowiges wees. Daarom gaan ons van Januarie 2024 weekliks die name plaas van lidmate wat die komende week verjaar. Die idee is om vir mekaar te bid en geluk te wens. Kontak asb die kerkkantoor betyds as jy nie jou naam wil laat verskyn nie.
Op dieselfde wyse wil ons ook mekaar se leed en hartseer deel en help dra. Kontak asb jou kerkraadslid, dienswerker, leraar of kerkkantoor oor siekte, sterfgevalle of ander donker driwwe waarvoor die res van die gemeentefamilie kan bid. Met toestemming sal ons dit ook in die gemeentenuus plaas.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525
044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Stof tot nadenke: Luister en doen
“Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener.”
Jak. 1: 25
Ons wonder dikwels of dit geloof alleen is wat ons red. Is dit voldoende om net volkome te glo dat Jesus Christus my Verlosser is? Dit is duidelik deur die hele boek van Jakobus, waarin hy briewe gestuur het vir die twaalf stamme in Diaspora, dat ook hulle soms met hierdie vraag geworstel het. Jakobus maan hulle egter telke male dat om net te glo nie voldoende is nie. In Jak. 2: 4 vra Jakobus “Wat baat dit broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie?” en in Jak. 2: 20 “Wil jy weet, o nietige mens, dat geloof sonder dade nutteloos is?”, in Jak. 2: 24 “Julle sien dus dat ‘n mens op grond van dade regverdig verklaar word, en nie deur geloof alleen nie.”, en in Jak. 2: 26 “Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.”
Lees meer “Stof tot nadenke: Luister en doen”Erediens 19 November 2023 – Sielerus – Dr. Gerrie van Deventer. NGK Groot-Brakrivier
Prediker: Dr. Gerrie van Deventer
Skriflesing: Psalm 62
Tema: Sielerus!
Datum: 19 November 2023
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Erediens 19 November 2023 – Sielerus – Dr. Gerrie van Deventer. NGK Groot-Brakrivier”Nuusflitse Week 47 + van 2023
Woensdag 22 November 2023 : Kooroefening – 17:15 by die orrel
Sondag 26 November 2023 : Erediens om 09:00 Prediker: dr Frans Hancke. GEEN Kategese.
Kerssangdiens om 19:00 Prediker: ds Danie Goosen
Wolwedans boodskap, sop en en brood se uitreike 29 November en 13 Desember
Bloedskenk: Donderdag 30 November 2023 vanaf 15:00 tot 19:00
4 Desember 2023 – Kerfees met Coenie
SSSSS Konsert. Sop Sap Sjerrie Stoepstories en ander Stuitighede
Afkondigings 19 – 26 November 2023
Vandag – Sondag 19 November 2023 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 62.
Die tema van die prediking is: Sielsrus.
- Biddag vir Beskermingsdienste.
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer vir Kankervereniging by die deure.
- Teesal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 14 November 2023, is ds Charné Viljoen van NG Pellissier in Bloemfontein beroep na Groot-Brakrivier.
Alle belangstellendes is welkom.
- Prediker: dr Frans Hancke.
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Teesal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Kerssangdiens om 19:00
NG Kerk Burgersdorp ter herstelwerk aan brandskade,
asook aan plaaslike bejaardesorg.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
VUL ’N FLES VIR KERSFEES – Omgeebediening: Desember Kerspakkies
In die voorportaal is ’n houer met leë koffieflesse. Neem een en vul dit met lekkers, koekies of enige iets wat daarin pas – maak ’n hart bly! Bind ’n strikkie om of versier die bottel.
Bring asb terug voor Maandag 4 Desember. Plaas weer terug in houer of gee in by die kerkkantoor gedurende kantoorure.
Omgeebediening :
Baie dankie aan elkeen wat op welke wyse ’n bydrae die afgelope jaar gelewer het.
Ons is steeds dankbaar oor enige bydraes soos kruideniers, beddegoed, gordyne, ens.
Ons het altyd ’n tekort aan kinderklere. Moedig asb die kinders en kleinkinders wat die vakansie kom kuier aan om vir ons hulle “ou” klere saam te bring. Dit sal ons baie help.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir November 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
G etuienisbediening :
- Wolwedans boodskap, sop en en brood se uitreike vir die laaste deel van die jaar geskied op 29 November en 13 Desember. Ons wil vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
- Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek.
Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
- Daar is ook ‘n deurlopende behoefte aan sop (2 liter verpakking of 250 gram
koffiebottel droë bestanddele) vir die 100 gesinne wat ons tans elke tweede week ondersteun.
- Kersprojek – een van ons groot borge van die afgelope
twee jaar het hul deelname aan die 2023 Kersprojek onttrek en benodig ons tans ten minste nog R 35 000 om vir 100 gesinne (R500 elk) en 50 kinders (R 50 elk) ‘n geskenkpakkie te gee. U ondersteuning vir hierdie projek in ons gemeenskap sal baie waardeer word en die sluitingsdatum vir kontant bydraes is 1 Desember 2023.
Groenewaldfonds
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 30 November 2023 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.
Klub 50
Klub 50 is gestig vir afgetrede gemeentelede wat graag op ’n gesellige manier wil vergader om saam te kan uithang en nuwe kenisse maak.
Ons betaal jaarliks ledegeld en reël ook funksies waardeur ons fondse insamel om aan die einde van die jaar ’n afsluitingsete en ook ander funksies te subsideer.
Ons probeer ook uitstappies reël vir almal om te geniet. Jul bywoning met funksies sal help bepaal wie aan wat belangstel. Ons stel ’n jaarprogram op en lede word aangemoedig om soveel moontlikby te woon.
Ons vergader die 1ste Woensdag van elke maand (Feb-Nov) en sluit die jaar af met ’n algemene jaarvergadering, lede word aangemoedig om dit by te woon, want hier word verslag oor die funksies en finansies bespreek. Ons kies elke twee jaar nuwe bestuur.
Onthou om die kerk afkondigings dop te hou vir verdere besonderhede.
Estelle Uys – 0726756696
Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 14 November 2023 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:
Ouderling: Johan du Toit Blok 12A
Diakens: Madeleine Vermeulen Blok 5C&D
Ilse du Toit Blok 12A
Lief en Leed
Ons gemeente wil graag ‘n familie van gelowiges wees. Daarom gaan ons van Januarie 2024 weekliks die name plaas van lidmate wat die komende week verjaar. Die idee is om vir mekaar te bid en geluk te wens. Kontak asb die kerkkantoor betyds as jy nie jou naam wil laat verskyn nie.
Op dieselfde wyse wil ons ook mekaar se leed en hartseer deel en help dra. Kontak asb jou kerkraadslid, dienswerker, leraar of kerkkantoor oor siekte, sterfgevalle of ander donker driwwe waarvoor die res van die gemeentefamilie kan bid. Met toestemming sal ons dit ook in die gemeentenuus plaas.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Rusland
In Rusland is godsdiensvryheid gedurig onder bedreiging. Bid vir FEBA Rusland se span wat hard werk om te bedien onder moeilike sosiale en politieke omstandighede.
Ons gebed vir die week: Bid vir die beradingspanne, wat meer en meer oproepe ontvang vanaf mense wat moeilike vrae vra en hartverskeurende stories deel. Bid ook vir Dr Viktor Akhterov, Direkteur van FEBA Eurasië, wat die spanne van FEBA Rusland en FEBA Oekraïne in hierdie moeilike tye moet lei.
Die webwerf(nggrootbrak.co.za)
19 November 2023
- Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 19 November 2023.
- Getuienisbediening:
a) Nuutste nuusbrief van Missie van Japan.
3. Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “‘Luister en doen.”
4. Gemeente Nuus:
a) Die video van die SSSSS-Konsert is beskikbaar.
b) Die Kategese afsluiting is beskikbaar in fotogallery.
c) ‘n Kort stukkie en foto’s is beskikbaar van die nuwe 2023 beleidende lidmate.
5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Missie Japan: Besoek Suid Afrika
Beste Ondersteuner,
“Gaan jou hele gesin saam?”, vra die student my nou die dag verbaas toe ek vertel van ons beoogde besoek aan Suid-Afrika in 2024. Vir hom—wat in sy 50’s by KRTS kom studeer het, sonder sy gesin vir ‘n volle 4 jaar—is dit nie ‘n gegewe (soos vir ons Westerlinge) dat ek nie alleen vir ‘n paar maande die groot uittog sal aanpak nie …
Lees meer “Missie Japan: Besoek Suid Afrika”Kategese afsluiting 2023
Die Kategese afsluiting is op luisteryke wyse tydens die diens van Sondag 12 November 2023 gevier. Die jongmense van verskillende ouderdoms groepe het hul getrouheid-sertifikate vir die jaar ontvang, en die jaar met ‘n lekker kuier om die braaivleisvure en op die springkasteel op die kerkterrein afgesluit.
Lees meer “Kategese afsluiting 2023”Belydenis van geloof 2023
Die NG Kerk Groot-Brakrivier se gemeente verwelkom die nuwe lidmate wat vandag hulle geloof by die erediens bely het. Hulle is elkeen ondersteun deur hulle familie.
Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat julle bely wat julle ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is.
Lees meer “Belydenis van geloof 2023”Stof tot nadenke: Water van die lewe
“My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.”
Jer. 2: 13
Dikwels in die Ou Testament speel water ‘n belangrike rol (bv. In Eks. 2: 10 “Toe hy oud genoeg was, het sy hom na die dogter van die farao toe gebring, wat hom as haar eie seun aangeneem het. Sy het hom Moses genoem, “want”, het sy gesê, “ek het hom mos uit die water gehaal.””; In Eks. 14: 22-29 waar die Israeliete droogvoets deur die see getrek het en die agtervolgende Egiptenare verdrink het nadat die see se walle weer deur God se beheer terug gevloei het; In Rig. 7: 6 word Gideon se vegters gekies na aanleiding van die manier wat hulle water gedrink het; en so kan ons talle voorbeelde noem). Selfs in hierdie lewe weet ons dat ons nie kan oorleef sonder water nie. Ons liggame bestaan uit meer as 75% water, en dit is dus vir ons onmoontlik om sonder water te lewe.
Lees meer “Stof tot nadenke: Water van die lewe”Erediens 12 November 2023 – End-uit bly? Ds. Danie Goosen – NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Matteus 25: 1-13
Tema: End-uit bly?
Datum: 12 November 2023
Lees meer “Erediens 12 November 2023 – End-uit bly? Ds. Danie Goosen – NG Kerk Groot-Brakrivier”Nuusflitse Week 46+ van 2023
Dinsdag 14 November 2023 :• Die Kerkraad vergader in die kerksaal
Woensdag 15 November 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel
Sondag 19 November 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: dr Gerrie van Deventer. • GEEN Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en en brood se uitreike 15 en 29 November.
Studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023
Doop: November 2023
‘n Vrolike doop geleentheid toe drie dogtertjies gedoop is uit een gesin. Dit was’ n lekker familiebyeenkoms toe GJ en Bianca Maree hul dogtertjies – Abia, Ilanca en Lizah vanoggend gedoop het terwyl Oupas en Oumas die geleentheid saam gevier het.
Stof tot nadenke: Verganklikheid van die aardse
“Julle rykdom het vergaan, en julle klere is motgevreet. ‘Julle goud en silwer is verroes, en die roes sal teen julle getuig, en julle liggame soos vuur verteer…”
Jak. 5: 2-3
In menige plekke in die Bybel en in die geskiedenis van die aarde, word ons herinner aan die verganklikheid van die hier en nou, die verganklikheid van hierdie wêreld (bv. Jak. 1: 11 “ want die son met sy hitte kom op en verdor die veld, en die blom val af en sy skoonheid gaan tot niet”). Met die media se uitsending van die oorloë en gerugte van oorloë besef ons daagliks hoe vernietigende impak die mens self op hierdie aarde het. Waar stede en al die mense daarin in ‘n oogwink platgevee word met die aarde, soos ook in Sodom gebeur het (“Sodom, wat in ‘n oogwink vernietig is, sonder menslike toedoen.” Kla. 4:6) en tans in die Gasa strook, wat ‘, herhaling is van wat in Sef. 2:4 sou gebeur. (“Want Gasa gaan verlate lê en Askelon gaan ‘n woesteny word…”). Dit is soms uit ons menslike oogpunt onverstaanbare gebeure, maar God waarsku dikwels in die ou Testament teen ongehoorsaamheid aan Hom (bv. Deut. 8: 20 “…soos die nasies wat die Here voor julle vernietig, so sal julle omkom, omdat julle na die stem van die Here julle God nie geluister het nie.”).
Lees meer “Stof tot nadenke: Verganklikheid van die aardse”Erediens 5 November 2023 – ‘n Betekenisvolle lewe? Ds. Danie Goosen – NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Matteus 23: 1-12
Tema: ‘n Betekenisvolle lewe?
Lees meer “Erediens 5 November 2023 – ‘n Betekenisvolle lewe? Ds. Danie Goosen – NG Kerk Groot-Brakrivier”Radio FEBA se E-Gebedsfokus vir November
NOVEMBER 2023
“Jesus antwoord hom: ‘As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon”
(Johannes 14:23 Afr83)
Madagaskar: Lynette se Nuusbrief 1 November 2023: Finally!
After almost a month since my last post, I finally sit down to write. For the most part, I have been spending time with my mom in Moorreesburg. She had to move house a few months ago and it was difficult to adapt to life in town compared to a more rural environment. It helped that we were able to go away for a couple of days. The Cape is still beautiful and my favourite place. Moorreesburg is a small town where the pharmacy sells firewood and the printing shop offers you coffee.
Lees meer “Madagaskar: Lynette se Nuusbrief 1 November 2023: Finally!”Lief en Leed – Week 45 van 2023
Nuusflitse Week 45 van 2023
Dinsdag 7 November 2023 : Die Bestuurspan vergader om 17:30 in lokaal 6
Woensdag 8 November 2023 : Kooroefening – 17:15 by die orrel.
Sondag 12 November 2023 : Erediens om 09:00. Prediker: ds Danie Goosen. Doop. Kategese Afsluiting & Kinderdankoffer.
Wolwedans boodskap, sop en en brood se uitreike 15 en 29 November
Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023
4 Desember – Kersfees met Coenie de Villiers

