Belydenis van geloof 2023

Die NG Kerk Groot-Brakrivier se gemeente verwelkom die nuwe lidmate wat vandag hulle geloof by die erediens bely het. Hulle is elkeen ondersteun deur hulle familie.

Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat julle bely wat julle ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is.

Dit is ‘n belofte wat julle maak om alleen op Hom te vertrou, om te lewe volgens sy Woord, getrou deel te neem aan die erediens en aan alle aktiwiteite van sy kerk deel te neem, en bowenal om te volhard in die gebed en om God op alle terreine van die lewe deur woord en daad te verheerlik. Dit beteken dus dat deur die openbare belydenis van geloof, julle verklaar dat dit julle opregte voorneme is om in hierdie belydenis te volhard en steeds daarinte groei. Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in die gebed.

Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in die gebed.

Rom. 12: 12