Ds. Charne Viljoen het haar beroep vanaf Pellisier in Bloemfontein na NG Groot-Brakrivier aanvaar. Ons verwelkom haar in ons midde.
Nuusflitse Week 50+ van 2023
Ds Charné Viljoen van NG Pellissier in Bloemfontein het die beroep na Groot-Brakrivier aanvaar en sal in Februarie 2024 by ons aansluit.
Neem asb kennis dat die kerkkantoor 13 Desember 2023 sluit en weer op 8 Januarie 2024 heropen.
Sondag 17 Desember 2023 : Erediens om 09:00 Prediker: dr Fanie Bergh.
Ds Danie sal met verlof wees vanaf 26 Desember 2023 tot 14 Januarie 2024
Sondag 24 Desember 2023 : Erediens om 09:00.
Kersdag 25 Desember 2023 : Eredienstye: 07:00; 08:00; 09:00 en 10:00.
Sondag 31 Desember 2023 : Erediens om 09:00. Prediker: dr Frans Hancke. Oujaarsdiens om 18:00
Sondag 7 Januarie 2024 : Erediens om 09:00. Prediker: dr Frans Hancke.
Lief en Leed Week 50 van 2023
Afkondigings 10 Desember tot 7 Januarie 2023
Vandag – Sondag 10 Desember 2023 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 1: 1-8.
Die tema van die prediking is: Ongebaande weë.
Ds Charné Viljoen van NG Pellissier in Bloemfontein het die beroep na Groot-Barkrivier aanvaar en sal in Februarie 2024 by ons aansluit.
Neem asb kennis dat die kerkkantoor 13 Desember 2023 sluit
en weer op 8 Januarie 2024 heropen.
Ds Danie sal met verlof wees vanaf 26 Desember 2023 tot 14 Januarie 2024.
Dr Frans Hancke sal gedurende hierdie tyd vir ds Danie instaan en
is beskikbaar om te kontak – 082 490 5737.
Sondag 24 Desember 2023 :
- Erediens om 09:00.
- ’n Spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:
Willem en Tania Pelser (dogtertjie – Zira Pelser)
Calvin en Hermy van der Westhuizen(seuntjie – Emjay van der Westhuizen)
Shane en Michaela Herbst (dogtertjie – Olivia Herbst)
- Prediker: dr Gerrie van Deventer.
- Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
Kersdag 25 Desember 2023 :
Eredienstye: 07:00; 08:00; 09:00 en 10:00.
Sondag 31 Desember 2023 :
- Erediens om 09:00.
- Prediker: dr Frans Hancke.
- Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Oujaarsdiens om18:00
Sondag 7 Januarie 2024 :
- Erediens om 09:00.
- Prediker: dr Frans Hancke.
- Spesiale Offer vir Persone met Gestremdhede (NCPD) by die deure.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
G etuienisbediening :
- Ons laaste uitreik na Wolwedans is 13 Desember. Baie dankie aan elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike gedurende 2023.
- Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
- Kersprojek – Baie dankie aan elkeen wat hieraan deelgeneem het. Ons gaan op 13 Desember die Kerspakkies aan 100 gesinne en 60 kinders uitdeel.
- ‘n Gesin van 4 (kinders 7 en 12), wat hul werk tydens covid verloor het en nou werk in Groot-Brakrivier gekry het, benodig asseblief permanente verblyf vanaf Januarie 2024 (maksimum R7 000 pm). Indien enige een kan help kontak asseblief vir Cassie Erasmus – 064 759 9212.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oekraïne
Bid asseblief vir FEBA Oekraïne en hul luisteraars. Die span werk hard om aan te hou bedien te midde van die geweld op die front en die lyding tuis. Beraders luister daagliks na talle hartverskeurende stories en bid saam met mense wat die hulplyn skakel.
Ons gebed vir die week:Bid vir die beraders se geestelike- en geestesgesondheid. Bid dat God FEBA Oekraïne se krag elke dag sal vernuwe en hulle sal gebruik om meer mense in hierdie donker tye na Sy lig toe te trek.
Lief en Leed
Ons gemeente wil graag ‘n familie van gelowiges wees. Daarom gaan ons van Januarie 2024 weekliks die name plaas van lidmate wat die komende week verjaar. Die idee is om vir mekaar te bid en geluk te wens. Kontak asb die kerkkantoor betyds as jy nie jou naam wil laat verskyn nie.
Op dieselfde wyse wil ons ook mekaar se leed en hartseer deel en help dra. Kontak asb jou kerkraadslid, dienswerker, leraar of kerkkantoor oor siekte, sterfgevalle of ander donker driwwe waarvoor die res van die gemeentefamilie kan bid. Met toestemming sal ons dit ook in die gemeentenuus plaas.
VAKATURE │ PSD: Sinodale Kommissie vir Diens van Barmhartigheid (SKDB) – Bellville
Die NG Kerk in Suid Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) stel hiermee ’n vakature bekend vir die voltydse pos van PSD: Sinodale Kommissie vir Diens van Barmhartigheid (SKDB), standplaas Bellville-kantoor. Die geskikte persoon is ʼn gelegitimeerde predikant wat beskik oor die vermoë om pligte op ʼn deelnemende wyse, met behulp van en in oorleg met verskeie individue / spanne / spesialiste, suksesvol uit te voer. Die posbekleer rapporteer aan die SKDB.
Aansoekproses:
Die aansoekvorm, advertensie en posbeskrywingkan by die volgende skakel gevind word:
Stuur die aansoekvorm saam met ’n volledige CV aan:
Hulpbronbeampte (Elmien Theron)
E-pos: ngkadmin@kaapkerk.co.za
(E-pos opskrif: Aansoek – PSD: Sinodale Kommissie vir Diensgroep Barmhartigheid (Kandidaat naam)
Sluitingsdatum: 15 Januarie 2024 om 16:00
Baie dankie aan elkeen wat op welke wyse ’n bydrae die afgelope jaar gelewer het.
Ons is steeds dankbaar oor enige bydraes soos kruideniers, beddegoed, gordyne, ens.
Ons het altyd ’n tekort aan kinderklere. Moedig asb die kinders en kleinkinders wat die vakansie kom kuier aan om vir ons hulle “ou” klere saam te bring. Dit sal ons baie help.
Dankies
Omgeebediening : VUL ’N FLES PROJEK VIR KERSFEES
Hoeveel woorde is nodig om so ‘n gemeente te bedank? Baie dankie vir elkeen wat ‘n koffiefles vir ons gevul het. Ons is sò dankbaar vir soveel gewilligheid en liefde waarmee julle dit gedoen het.
Mag hierdie kersseisoen vir elkeen ‘n geseënde Christusfees wees.
____________________________________
Kersfees met Coenie
Graag wil ons u bedank vir u ondersteuning, samewerking en goeie gees gedurende die Coenie de Villiers konsert! Dit was ’n groot sukses.
____________________________________
Die bloedskenking op 30 November 2023 het 66 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 70 mense wat opgedaag het om te skenk en ook aan die 3 nuwe skenkers wat gekom het, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Hartenbos Bejaardesorg Basaar
Hartenbos Bejaardesorg hou hulle jaarlikse basaar op Vrydag 15 Desember
9h00 by Hartenbos Versorgingsoord.
Daar gaan ‘n heerlike gesellige teetuin wees met begeleiding van
Fred Conradie se boeremusiek.
Die poeding en koektafels is altyd ‘n wenner!
Om die honger te stil gaan daar Kerrie & rys, worsbroodjies, pannekoek, vetkoek met maalvleis wees en heerlike tuisgemaakte gemmerbier vir die dors.
Soos altyd in die verlede hou ons die basaar op dieselfde dag as die NG kerk Hartenbos se vleisfees wat by die NG kerk plaasvind.
Ons nooi almal uit om die dag saam met ons te kom geniet en sodoende ons bejaardes te ondersteun!
Die almanakke vir 2024 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan dit asseblief gedurende kantoorure kom afhaal.
Nuwe lidmate
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Die webwerf(nggrootbrak.co.za)
10 Desember 2023
- Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 10 Desember 2023.
- Getuienisbediening:
a) Missie van Japan: Vrede.
b) Lynette van Madagaskar se nuusbrief: “Giving Thanks”.
c) FEBA se gebedsgids vir Desember 2023.
3. Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “‘Wat gee ons vreugde?”
4. Gemeente Nuus:
a) Gebedsgids vir Desember 2023.
b) Kuier saam met Coenie.
5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

.
Kuier saam met Coenie…
Die Kersfees kuier, die aand van 4 Desember 2023, saam met die bekende sanger en liedskrywer Coenie de Villiers, was ‘n heerlike eg Afrikaanse ervaring. Waar ons kon luister na ou en nuwe beryminge uit sy lewe, het die program ons geneem deur ‘n klompie liedere, nl. : ‘n Gawe van bo; Die Katedraal; Little drummer boy; Die Kersfees van die diere; When a child was born; Die ander Bethlehem; The great gig (God is great (GIG)); Namakwaland; Karoo simfonie kort keurspel; Stille nag; Gebed van’n reisiger en As dit reen in die klein Karoo.
Hy het ons onthaal op die oorsprong vir menige van die liedere wat dit ‘n lekker persoonlike ervaring gemaak het. Ons wil vir die Fondsinsamelingsbediening baie dankie se vir ‘n heerlike, musiek-gevulde aand.
Kerkbode e-Koerant – Dr. Nadia Marais – O die goeie tyding!
Adventstyd is vir baie van ons goedvoeltyd, verloftyd, vakansietyd, rustyd. Ons sing in hierdie dae van die goeie tyding, die blye tyding – ja, oral hoor ons dis Kersfeestyd. Dit is ’n tyd van afwagting en hoop, want die Kind is op pad. In ons Kerssangdienste sing ons van die Christuskind wat met vreugde en onder geklank van engelekore ontvang word. Maar wat maak van hierdie dae ’n goeie tyd, en van die Adventsboodskap ’n goeie tyding?
Lees hierdie en ander kerklike nuus op die e-weergawe van die Kerkbode, direk op jou foon deur die kerkbode app te installeer of op hierdie skakel te klik. Kerkbode e-Weergawe



Sending Madagaskar: Lynette skryf vir ons oor: “Giving Thanks”
I pondered upon the Scripture about the ten lepers in Luke 17:11-19 during the week. What I found so profound once again, was verse 14.
“So when He saw them, He said to them, ‘Go show yourselves to the priests.’ And so it was as they went, they were cleansed.”
Lees meer “Sending Madagaskar: Lynette skryf vir ons oor: “Giving Thanks””Stof tot nadenke: Waarop hoop ons?
“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot Sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo”
Eff. 1: 18-19
In ons jong dae is ons hoop so dikwels op die materiële en aardse dinge ingestel as gevolg van selfsugtige redes. Dinge wat dikwels deur ouers aangewakker word, bewustelik of onbewustelik, omdat dit so moeilik is om die onsienbare dinge aan ‘n kind te verduidelik. Ons hoop om gelukkig te wees; om bekendheid te verwerf; om baie ryk te wees; om beter af te wees as die meeste mense om ons; om slim te wees; om geleerdheid te kry. Wanneer jy in ‘n opregte christelike huis groot word, word jy reeds vroeg in jou lewe blootgestel aan die genadegawe van hoop wat daar is in die geloof. In 1 Kor. 13: 13 (”En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie, en die grootste hiervan is die liefde”) word hoop, saam met die geloof en die liefde as die drie belangrikste gawes van ‘n Christen uitgewys deur Paulus. Dis in hierdie wete dat ons ook moet begin besef dat ons as kinders ‘n lewenspad gehad het om te loop wat ons by volwassenheid moet uitbring, soos Paulus so mooi gestel het in 1 Kor 13: 11 (“Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind”). Ons moet ook so groei in die hoop in ons harte.
Lees meer “Stof tot nadenke: Waarop hoop ons?”Erediens 3 Desember 2023 – Hulle Weet nie wat ons weet nie. Ds. Danie Goosen. 1 Thes 3: 6-13
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: 1 Thes 3 : 6 -13
Tema: Hulle weet nie wat ons weet nie…
Datum: 3 Desember 2023
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Erediens 3 Desember 2023 – Hulle Weet nie wat ons weet nie. Ds. Danie Goosen. 1 Thes 3: 6-13”Afkondigings 3 – 10 Desember 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier
Vandag – Sondag 3 Desember 2023 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Tes 3: 9-13.
Die tema van die prediking is: Hulle weet nie wat ons weet nie…..
• Spesiale Offer vir Hugenote-Kollege by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Desember nie.
ALMANAKKE 2024
Die almanakke vir 2024 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan dit asseblief gedurende kantoorure kom afhaal.
Woensdag 6 Desember 2023 :
• Daar is GEEN kooroefening tot verdere kennisgewing nie.
Sondag 10 Desember 2023 :
• Erediens om 09:00
• Prediker: dr Gerrie van Deventer.
• Sinodale Offer vir BADISA by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Desember nie.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Desember 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Lidmate wat ’n besoek verlang kan gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.
- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
VUL ’N FLES VIR KERSFEES – Omgeebediening: Desember Kerspakkies
In die voorportaal is ’n houer met leë koffieflesse. Neem een en vul dit met lekkers, koekies of enige iets wat daarin pas – maak ’n hart bly! Versier die bottel.
Bring asb terug voor Maandag 4 Desember. Plaas weer terug in houer of gee in by die kerkkantoor gedurende kantoorure.
Omgeebediening :
Baie dankie aan elkeen wat op welke wyse ’n bydrae die afgelope jaar gelewer het.
Ons is steeds dankbaar oor enige bydraes soos kruideniers, beddegoed, gordyne, ens.
Ons het altyd ’n tekort aan kinderklere. Moedig asb die kinders en kleinkinders wat die vakansie kom kuier aan om vir ons hulle “ou” klere saam te bring. Dit sal ons baie help.
Getuienisbediening :
• Ons laaste uitreik na Wolwedans is 13 Desember. Baie dankie aan elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike gedurende 2023.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
• ‘n Gesin van 4 (kinders 7 en 12), wat hul werk tydens covid verloor het en nou werk in Groot-Brakrivier gekry het, benodig asseblief permanente verblyf vanaf Januarie 2024 (maksimum R7 000 pm). Indien enige een kan help kontak asseblief vir Cassie Erasmus – 064 759 9212.
• Kersprojek – Baie dankie aan elkeen wat hieraan deelgeneem het. Ons gaan op 13 Desember die Kerspakkies aan 100 gesinne en 60 kinders uitdeel. As iemand nog hieraan wil deelneem kan inbetalings nog gedoen word tot 8 Desember 2023.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Lief en Leed
Ons gemeente wil graag ‘n familie van gelowiges wees. Daarom gaan ons van Januarie 2024 weekliks die name plaas van lidmate wat die komende week verjaar. Die idee is om vir mekaar te bid en geluk te wens. Kontak asb die kerkkantoor betyds as jy nie jou naam wil laat verskyn nie.
Op dieselfde wyse wil ons ook mekaar se leed en hartseer deel en help dra. Kontak asb jou kerkraadslid, dienswerker, leraar of kerkkantoor oor siekte, sterfgevalle of ander donker driwwe waarvoor die res van die gemeentefamilie kan bid. Met toestemming sal ons dit ook in die gemeentenuus plaas.
Dankies
Bloedskenking :
Die bloedskenking op 30 November 2023 het 66 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 70 mense wat opgedaag het om te skenk en ook aan die 3 nuwe skenkers wat gekom het, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA in Tibet
Bid vir FEBA Internasionaal se Gawelyon-projek. FEBA se personeel vervaardig kortgolf-uitsendings in die Gawelyon-Tibettaanse taal vir mense in Tibet, Nepal, Bhoetan en die noorde van Indië. Dié kulture is in Boeddhisme gewortel, wat dit vir mense moeilik maak om tot bekering te kom. In Nepal is dit selfs onwettig om iemand te probeer bekeer! Die Gawelyon-projek se personeel deel ook lektuur uit wat handel oor gesondheidskwessies, asook die Christelike geloof.
Ons gebed vir die week: Bid dat die projek oorvloedige vrug sal dra en dat luisteraars geraak sal word deur die Goeie Nuus wat hulle bring.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
3 Desember 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 3 Desember 2023.
2. Getuienisbediening:
a) Einde 2023 Nuusbrief van Gerrie en Arlene Coetzee van SA vir Wêrelsending.
- Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “‘Waarop Hoop ons.” - Gemeente Nuus:
Kerssangdiens 2023: In Beeld en Klank. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Missie Japan: Vrede
RCJ GETUIG EN BELIGGAAM DIT OPNUUT
Beste Ondersteuner,
Vrede. ‘n Gesogte woord in vandag se wêreld vol haat en konflik. Jesus het vredemakers as geseënde kinders van God beskryf (Matt. 5), maar deesdae word hulle soms geïgnoreer of gekritiseer as romantiese dromers wat uit voeling is met realiteit.
Die versugting na vrede: wêreldwyd, verál ook in Japan
Lees meer “Missie Japan: Vrede”Gebedsgids Desember 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier
Vrydag, 1 Desember: Vakansiemaand
Dit is vakansiemaand in Suid-Afrika. Almal is in ‘n vrolike gees en der duisende mense durf ons paaie aan, geniet ons strande, kuier by familie, kuier by ouers of kinders en dit is so maklik om van ons Skepper te vergeet. Kom ons bid vir die veiligheid van elke vakansieganger en dat die Heilige Gees met elke persoon sal wees en sodoende ‘n verantwoordelikheid in elke persoon sal vaslê.
Saterdag, 2 Desember: Eensaamheid
Lees meer “Gebedsgids Desember 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier”Sending: Gerrie en Arlene Coetzee – Nuusbrief Einde 2023
Die doel van die EMT (ETHNOS MISSION TRAINING kursus) waarby ons as deel van die
opleidingspan betrokke is, is beide om die studente bewus te maak van God se oproep op mense om
Sy boodskappers te word, en ook om hulle te help om te verstaan wat van hulle persoonlik in hulle
verhouding met God verwag word voordat hulle ook soos Jesaja kan se: “Hier is ek! Stuur my!” .
Nuusflitse Week 49 van 2023
Woensdag 6 Desember 2023 : • Daar is GEEN kooroefening
Sondag 10 Desember 2023 : • Erediens om 09:00 • Prediker: dr Gerrie van Deventer
Ons laaste uitreik na Wolwedans is 13 Desember
Lief en Leed Week 49 van 2023
Kerssangdiens 2023: In Klank en Beeld
Sondagaand 26 November 2023 het ons die jaarlikse Kerssangdiens beleef. Watter wonderlike geestelike ervaring waar ons weer die koms van Jesus Christus in herinnering kon bring.
Die program het begin met die opening deur Ds. Danie Goosen, waarna hy en vier jongmense, Adriaan de Villiers, anneke Erasmus, Ewan de Villiers en Ruben Erasmus met afwisseling en voorlesings die wit Christus kers en die vier groen advent kerse aangesteek het. Die vier groen kerse versinnebeeld Hoop (Volvoering van Christus se koms soos deur Jesaja voorspel), Vreugde (oor die koms van die Verlosser), Vrede (want Christus is die Vredevors) en Liefde (want Christus het vir ons kom wys hoe ons mekaar moet lief hê).
Die Gemeentesang is afgewissel met voorlesings, solo sang en kerkkoor liedere wat die verhaal van die koms van Christus vertel, tot die nag van Sy geboorte. Die voorlesings is gedoen deur Cornie en Corrie Pieters, Ds. Danie Goosen en Nadia Marais, Johan en Philene Smit, Johan Miller en Charlotte Eicker.
Die Solosang en kerkkoor bydraes was heerlik om te beleef en het mens in die gees van die kersgety ingelei. DIe aand is op gepaste wyse afgesluit met Stille Nag in ‘n donker kersverligte kerkgebou en die Gees van die feesgety het mens bygebly. Na die diens kon almal feestelik verkeer om die tafels in die kerksaal, wat keurig deur die Gasvryheidsbediening voorberei is.
Ons wil almal wat bygedra het om van hierdie aand so ‘n groot sukses te maak bedank. Die Erediensbediening en klank (Bles en Mona de Wet), program koordineerder (Marida Bridges), blomranskikking (Una Varster), die kantoor personeel (Carmi Kriel, Alfreda Stander en Linda Grobler) en die Gasvryheidsbediening, wat alles so keurig voorberei het. Dit was ‘n onvergeetlike ervaring. ‘n Kort video is van die musiek bydraes gemaak en is beskikbaar op die webtuiste.
Radio FEBA E-Gebedsfokus Desember 2023
DESEMBER 2023
“Maar hoe kan ’n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? … Daar staan ook geskrywe: ‘Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”
(Romeine 10:14-15 Afr83)
Stof tot nadenke: Koninkrykstyd en Danksegging
“…maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe oes. Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie,…”
Gal. 6: 8-9
DIe Kerklike jaar word opgedeel na aanleiding van die genadegawes wat God vir ons gegee het. Tans is ons in die Koninkrykstyd wat net na Pinkster begin en eindig teen die einde van November. Soos die naam van die tyd aandui gaan dit oor die heerskappy van die drie-enige God (Skepper, Verlosser en Trooster). In die tyd voor die Hemelvaart het Christus die evangelie van die koninkryk aan die apsostels verkondig, sodat Hy hulle kon stuur om die evangelie te gaan verkondig. (Matt 24: 14 “Hierdie evangelie van die koninkryk sal oor die hele wêreld verkondig word as getuienis vir al die nasies”); ook in Mark. 13:10 “En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word” en in Luk 4: 43 s136 Christus “Ek moet ook in die ander dorpe die evangelie van die koninkryk van God verkondig, want daarvoor is ek gestuur”
Lees meer “Stof tot nadenke: Koninkrykstyd en Danksegging”Erediens 26 November 2023 – Dr. Frans Hancke – Soekers kan vind!
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Jesaja 9
Tema: Soekers kan vind!
Datum: 26 November 2023
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Erediens 26 November 2023 – Dr. Frans Hancke – Soekers kan vind!”Nuusflitse Week 48+ van 2023
Woensdag 29 November 2023 :• Daar is GEEN kooroefening tot verdere kennisgewing nie
Donderdag 30 November 2023 : Bloedskenk-geleentheid
Sondag 3 Desember 2023 : • Erediens om 09:00 • Prediker: ds Danie Goosen. • GEEN Kategese












