Omgeebediening: Kospakkieprojek

Die NG Kerk Groot-Brakrivier voorsien al vir meer as 20jaar maandelikse kospakkies aan gisinne; tans bykans veertig gesinne. Die gesinne sluit beide mense in die Gemeente asook in die groter Groot-Brakrivier gemeenskap in. Vir die projek is daar beide finansieële skenkings asook skenking vanaf gemeentelede. Die verdere maandelikse behoefte vir die pakkies word aangevul uit die begroting van die Omgeebediening van die gemeente deur aankope by plaaslike besighede.

Daar is tans mense betrokke by die kospakkie projek, nog vrywilligers is altyd welkom. Ons wil elke persoon wat hom/haar-self aangebied het om te help met die projek, hetsy deur skenkings of deur hulp by die verpakking, bedank vir hulle bydrae. Die voordurende beskikbarheid van helpers maak dat die kospakkies projek maklik en glad verloop. Indien u betrokke wil raak by die projek kan u gerus deur die kerkkantoor die omgeebediening se voorsitter kontak.

Discover more from NG Kerk Groot-Brakrivier

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading